Tuiste » Skoor Bek » Daar’s ‘n jol daar Bo

Daar’s ‘n jol daar Bo

Onse Vader wat in die Hemel is – ek weet nie hoe mense na U as ‘n vrou of moederfiguur kan verwys nie.  Verstaan hulle nie dat u as mens ‘n man was op aarde, en die hele ‘My Vader waar ek as Regterhand sit’ nie?  Maar dit daar gelaat, Here.  Ek skryf vandag vir U nie omdat ek wil laster of lelik wees nie, maar Here omdat U daarvan hou as ons baie met U gesels.

Ek weet daar is baie mense wat nie in U glo nie, dis ok.  Ek het ook lank teen die prikkels geskop maar gelukkig van beter agter gekom voor dit vir my te laat is.  Ek worry nie oor ander nie.  Eintlik net oor myself.  As dit kom oor my verhouding met U.

Here, U wil he ons moet U loof en prys wanneer ons tot U bid.  Ons moet dankbaar wees vir wat uit U hande kom.  Of dit hartseer en pyn is, of uitbundigheid en oorvloed.  Ons moet U skadu oor alles sien val, en U riging in alles sien.

Daarom, vandag Here, wil ek U loof en prys dat u vir hierdie geringe Volkie in die Suide, mense gegee het wat ons soms kon troos, soms kon laat lag, soms kon laat vrae vra, altyd stories kon vertel.  In ons eie Taal.  Dit sou so sleg gewees het as alles net vir ons sleg was Here.  Terrible.  Yuk.

En U pluk sommer rof onder die bome in die bos deesdae Here.  Sjoe.  Ek vertrou daar sal weer klein boompies opkom waar U kom oes het, en dat daar sterk bome tussen daardie kleintjies sal wees wat ook die Volk sal kan vermaak met die Taal.

Maar Here, druk tog maar U ore toe as u by die sitkamer in die Hemel verby wandel waar Tannie Dalene, Oom Dirk en nou Tannie Madelein sit en stories uitruil.  Ek dink nie hulle sou hulle sakkies grofgeskut vir mooipraatjies omgeruil het voor hulle die Poorte deur is nie!

9 thoughts on “Daar’s ‘n jol daar Bo

  1. Nee, darie aunties en die oom se grofgeskut sal hul deffinitief nie omruil vir soetpraat nie. Dis diamante! En ek mis hulle…Here, ek mis die meesters.
    Tannie Madelein my gunsteling, malste mooiste tannie!

    Dankie Skoor. Die Liewe Heer weet. Hy weet, al is dit soms so dem seerkry, swaarkry vir ons wat nou moet boontoo kyk vir inspirasie. Dis dalk presies wat dit is? Om net weer boontoe te kyk vir nuwe gedagtes? Ek weet nie…ek weet net nie.

  2. Dankie Skoor, ek sit nog met Beeld se bladsy hier oop waar ek gelees het van Madelein van Biljon se dood…baie hartseer. Die bome in die bos is grof geskud!

  3. Ja Boernig, daai tannie kon vir jou nog lekker lag ook. Mens met humor en ‘n diepe erns.

    Fanks BiB

    Ja Nikita, selfs julle in die vreemde weet van wie daar geskryf word. Sadste is dat julle binnekort nie die mense sal ken nie, ne! Maar soos jy die nuus dophou is daar weinig gevaar daarvan vir jouself😆

    Dankie demoerin

  4. Die mooiste mooi dankie-sê wat ek in ‘n baie lang tyd gelees het, Skoortjie! En ‘n awesome tribute aan die skrywers. Jy sê tereg: daar’s ‘n jol daar Bo! Jip, jip – I believe you’re right.
    En Skoortjie – jy’s so reg as jy sê jy weet Hy hou daarvan as ons met Hom gesels. Jip, jip – Hy love dit!! Maar weet jy wat love Hy ook? As ons die vrymoedigheid het om als, sak, pak en die boksemdaais, versoeke, vrae, hulpkrete, danksegging, lof en prys voor Hom te kom neerlê. Maar meer nog as dit love Hy dié: As ons geloof so sterk is dat ons al dankie kan sê nog voor ons kom vra het – net oor ons weet: “Onse Vader wat in die Hemel is – Sy Wil sál geskied!”.

    Issit ok as ek nog nie wil hemel toe nie?😕 Things to do – ‘n all ‘n all….😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s