Tuiste » Skoor Bek » Koebaai Egoli!

Koebaai Egoli!

Ek is nou nie skaam om te se ek kyk Egoli van die eerste dag af nie.  Ja, as jy al daai half-ure gaan bymekaar tel, het ek heelwat dae op my alie deurgebring, ek weet!  Maar dit was ‘n aardigheid om skielik ‘n Afrikaanse sepie te kry, veral na jare van Santa Barbara.

Vanaand maak dit egter klaar.  Verby.  Finish.  Vir altyd.

Dis nogal sad.  Al daai mense wat vir jare deel van die sitkamer was.  Saam met wie ons gelag en gehuil het (wys jou net hoe mens ingetrek raak in ‘n storie)

Wat meer sad is, is die feit dat redelik baie akteurs nou sonder werk sit.  Wat vir hulle ‘n vaste inkomste was, is skielik weg.  Ek hoor darem Chris Edwards gaan nou in 7de Laan kom speel vir ‘n rukkie.  Waar die res heen gaan, sal net hulle weet.

Dit was lekker, maar nou’s dit klaar.

Fanks Egoli dat julle mense vermaak het.  Ek gaan dit geweldig mis.  My hart is vanoggend klaar lam.  Al was die afgelope paar maande redelik boring en duidelik rigtingloos in julle tydgleuf.  Maar wie het nou lus om stories te bou as jy weet jy moet dit eindig.

Ten minste het Niek en Sonet tot die einde gebly…en swanger daarvan afgekom😆

10 thoughts on “Koebaai Egoli!

  1. Ek het vir ‘n baie kort rukkies Egoli gekyk. Die wonderlikheid van sepies is mos dat jy net so ‘n episode of twee hoef te kyk al het jy dit vir ‘n jaar gemis en jy’t opgevang. Deesdae is daai tydgleuf waarin die sepies is weer net te deurmekaar in ons huis. Maar ek gaan ook die idee dat ek dit nie meer kan kyk nie mis.

  2. Wat ‘n jammerte! Ek het dit ook ‘n paar jaar gekyk, totdat ons getrek het en geen ontvangs gehad het waar ons gebly het nie – in die stad nogal! Ek was dikmond oor ek nie meer Egoli kon kyk nie, maar toe kom 7de Laan en maak darem op vir dit! Egoli was – kere wat ek dit wel af en toe by iemand kon kyk – ook nie wat dit vir my voorheen was nie. Ek hoop 7de Laan is nog die 7de Laan wat dit in die begin was, ek weet daar was ook al so baie verandering van akteurs gewees [wat natuurlik ook goed is en die ding “lewendig” hou!][Skoor, jou pakkie vandag gekry! Dankie!! – so pas hier gekom, dus…] hou jy van hot cross buns soos ek? Ek kan dit 10x per dag eet…gaan nou een hier geniet met my tee…kry vir jou ook ‘n koppie tee (en ‘n hxbun, as jy daarvan hou!🙂 ]

  3. Ek moet bieg – ek kyk nie sepies nie😳 ok nie heeltemal waar nie – ek kyk soms ‘n episode – soos die lus my pak en as ek in daardie tyd op die elyptical is, sal ek ‘n stukkie seep kyk – Egoli, 7de Laan, whatever op is. Ek verloor dus bietjie storiedraad en by die werk in die koffiekroeg bespreek die mense laaaaaaankal nie meer die sepies nie – dis deesdae net nog Grey’s en Heroes en die Desperate Huisvrouens… en watnogals – voordeel – ek hoef nooit een te kyk nie – ek ken die stories. Ek ken almal op die voornaam en al hulle ‘ins-&-outs’! Nadeel – as ek een moet sien, sal ek nie weet wie sy/hy is nie – never seen them, just know about them.
    Terug by Egoli – ek het in die beginjare wel gekyk. Het nog altyd oor Sonet gevrek – en ja, later ook beslis Des – daar’s ‘n paar wat my grensloos geirriteer het, maar ook nie aanhoudend nie – nes maar met baie family-members die geval is😉 Selle vir 7de laan se mensies – Og tog!!🙄
    So, ek is jammer Skoortjie – ek gaan hulle nie saam met jou mis nie. Maar ek sien hulle gaan darem ‘n ‘movie’ maak… ‘n skraal troos vir oulaas darem, nê?!

  4. Ek het in die begin bietjie gekyk, en moet sê ek dink Sharleen Surtie-Richards is die “grand-dame” van Suid-Afrikaanse TV en verhoog. Ek onthou totdat ek so 4 jaar terug uit die area uitgetrek het, het ek haar elke oggend op die pad gekry. Sy het ‘n driver vir haar Merc gehad, en dan het sy met so ‘n moerse beker koffie, en moerse lang sigaret agteroor gesit, moontlik oppad stel toe. Dit het naderhand in ‘n speletjie begin ontaard oor wie sien vir wie eerste raak om te waai.

  5. Twilight, Egoli was op ‘n stadium een van daai sepies wat jy maar MOES daagliks kyk, want dinge het vinnig gebeur. Die afgelope 6 maande was nogal ‘n wroeging met die dat niks regtig iewers heen gegaan het nie.

    Geez, toe vacuumpack hulle vir Louwna in ‘n swartsak vir die final shot. Ek het so geskrik, ek het sommer lelik gepraat! Louwna met al die wonderlike rokke, lyk soos ‘n bikerchick gone mad toe sy teen die trappe afkom!!!

    XP, Des was net plain sexy. Sy kan maklik die Marilyn Monroe van SA kassie wees – sy word net te min gebruik. Jammer haar storielyn het totaal gefade, want ek het darem party dae lekker vir daai loskop geskater.

    Nikita, ek is gek oor hotkrosbans. Met regte botter op, mmmm! Maar toe jy vir my beveel om te gaan tee maak, is ek in Tannie Evita se show gewees. Dis mos Woordfees op Stellenbosch. Dis darem ‘n bittere lekkerte om ‘n fees op jou drumpel te he in jou TAAL! Ek is bly jy het jou pakkie gekry. Jy sal dit love, ek weet sommer. Moet netnie ‘n ingilse te lyf gaan na dese nie😆

    Oe Graatjie, jy werk saam met lekker mense! Jy het eintlik GLADNIE ‘n teewie nodig nie, soos dit vir my klink. Sonet was darem in die doerie jare ‘n wilde klimyt. Jissie, sy het ons arme Afrikaanse Sepie Virgins vreeslik geskok (en later lekker idees gegee, mind you) Die 7de Laan fenomeen is een van Lawwigheid. Met ‘n tikkie waarheid. Dis wat dit so gewild maak, want dis ordinere twak. En daar is bliksemse goeie akteurs daar in. Moenie ‘n fout maak nie. Ek dink net dit kan nogal ‘n riem onder die voet wees as jy as sepie akteur jou buiging maak. Dit bly vir altyd by jou!

    Ai demoerin, jy se dit so raak! Nenna is nou een maal ‘n ongelooooooflike aktrise. Wat nogal funny was, toe sy noudie aand vir Nora se dat lg. die moer in is oor die Senator haar gelos het vir ‘n MEIT! Huh!!! Ons het so geskrik, dis regtig vreemd gewees, want Nenna is Nenna. Ek stem, Sharleen is ‘n Grand Dame. Van Fiela se dae. En sy het sulke mooi stories en waardes wat sy van haar grootword jare af saam dra. Ek is bly sy’t teruggekom Egoli toe vir die laaste tyd.

    Nora is natuurlik die matriarg wat meer k*k as plesier beleef het. Goeiste, en sy het daai rol vertolk soos ‘n pro. Ek haal my hoed vir haar af vir wat sy vir die vrou gedoen het. Indirek het sy gewys dat al is jou lewe swaar en bokslik, jy sal deur die mens wat jy is, en met wie jy jou omring, kan float. Sy deel dus my Grand Dame toekennning.

    Ek sien nogal uit na die volgende 18 episodes waar hulle die karakters uit die 18 jare gaan wys. 😆 ek kan sien hoe skrik ek vir Louwna se hare en Bertie se jeug. Og, Bertie. Wat kan mens se! Hy het nou een maal daai man bleddie briljant en vermaaklik vertolk, die Hennie. Jissie, Bertie is Volksbesit. En nou’s hy nog stink ryk ook.

    Voor ek te weggevoer raak oor ‘n storie…

  6. Ek haat Tiewie!
    Die mense se lippe maak net snaakse bewegings, ne? Dan skiet iemand, iemand anders of hulle soen skielik en dan word iemand anders kwaad en sy lippe maak weer snaaks en soms waai hulle arms…ek verstaan niks. Nadda.

    Jitte, ek kan dit nie eers kleinkry waarom hulle se NEWS of NUUS nie, dan sit hulle `n ou mette pruik oppie screen en sy lippe is onleesbaar dan “wink” hy mette blink oog na so halfuur.
    My kaktusse wat jarrrrrre vat om te groei is beter om stip na te staar vir 5 ure non-stop. Daar gebeur ten minste iets.

  7. Ek like Riaan oore duisend en duisend en duisend en duisend en duisende goeie en slegte tydings. Hy`s my gunsteling TV persoonlikheid.

    Ek joke maar net oor ekke noggie so goed kan liplees nie.

    Daarom is 7de Laan op hierdie stadium my program. Daar gebeur werklik net mooi niks en soms is dit erg irriterend ligsinnig, maar ek`s happy om net so 10 min (ad`s uitgesluit) af te skakel en my brein niks te laat doen nie…en die storie te “lees”.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s