Tuiste » Skoor Bek » Koop Konsternasies

Koop Konsternasies

Ek is deesdae geneig om ‘n t-hempie per week te post, maar gister se gebeure het my so ontstig, dat ek voel ek moet dit deel!

Gister loop koop ek katkos in ‘n kettingwinkel (om my eie identiteit te beskerm, hahaha, sal ek nie name noem nie, netnou herken iemand my hierna) en drentel ingedagte na die betaalpunt, toe my 6de sintuig my vertel om om te kyk. 

So 6 tree agter my, kom een van die voorheen benadeeldes aangestap, maak die yskas oop, neem bottelwater, en stap in die rigting van die kasregisters.  In sy stride, draai hy die bottel oop, neem ‘n groot sluk, trek sy gesig, en dis toe hier wat ek besef ek moet die fliek bly kyk…(sulke goed is soms so unreal, dis asof jy in die movies is)

Draai Ta om, maak die yskas oop, kyk rond (ek staan skuins agter die vars kruie rak), haal ‘n ander geur uit, en sit sy kiembesmette, onwettige water terug in die yskas!!!!!!!!!  Ja!!!!!!!!!!

En dis hier waar my chilled feeling my verlaat, en die ou moerigheid ala Skoor in my siel kom terugspring, en toe hy omdraai, staan ek oorkant hom.  “Did you just put opened water back in the fridge?” “Huh?  No” “Don’t talk shit to me.  Put the bottle you have in your hand back, and take the one you drank from out, and go pay for it!”  Hy het dit nie verwag nie.  Gryp die bottel, maar maak dit vir die agterkant van die winkel.  Seker om agter-om die winkel uit te glip aan die ander kant van die gebou.

Skoor storm die bestuurder uit haar gaatjie van ‘n kantoor, en sy is woedend die winkel binne om te gaan soek na die voorheen benadeelde sonder flokken maniere.

Skoorlief vertel vir my die studente doen dit ook (die glo mos net in die mooi en goeie, gmpf!).  Nou luister vir my mooi, jy wat jou kind Maties toe wil stuur, beter vir hulle maniere leer, want as ek vir hulle kry dit doen, is daar vuur in die kaf!  Hierdie donirse mentaliteit sal vir my ‘n beroerte gee!!!

14 thoughts on “Koop Konsternasies

  1. Mooi so Skoor! Soms moet ‘n vrou vergeet sy is ‘n lady en al die juices laat vloei. Moes hom sommer agter sy agtergeblewe nekkie gevat het tot by die kassier!

  2. Bravo! *applous*

    Vat ek toe mos Saterdag 2 ta’s aan wat met swart asblikke hulle tuinrubbish op die sypaadjie by die skool oorkant ons huis kom dump. Vertel my so ewe hulle sal dit more kom optel. Toe vertel ek mooi vir hulle in Afrikaans: moenie vir my lieg nie! Ek het foto’s en ek gaan NOU polisie toe! (kliphard in die middel van die straat – nie geweet my stem dra so ver as ek vies is nie).

  3. BRAVO!!!!
    Ek dink dit is bietjie tyd dat ons vir ons maniere opstaan. Dit lyk al hoe meer asof mense hulle gatte afsmeeer aan wat hulle veronderstel is om te weet.

    As ons nie nou begin om hulle te “verduidelik” nie sal hulle nooit leer nie.

  4. Good for you, Skoor! Baie ander mense sou net weggedraai het, want “hulle wil nie betrokke wees nie.” Hy het seker gedink dis affirmative shopping!

  5. Erg grillerig. Dankie dat jy die siel aangevat het. Dis ook hoekom ek daarteen is dat iemand enigiets in ‘n winkel eet of drink waarvoor hulle nog nie betaal het nie al sit hulle die papiertjie of leë bottel deur by die kassiere. My kinders moet wag tot ons by die kar is en dan kan hulle eet/drink en basta.

  6. Hi Quintus, lekker om jou weer raak te lees! O jissie, integriteit is ‘n ding waarmee al hoe meer mense deesdae sukkel. Jy kom dit ook seker in jou beroep redelik tee?

    Twilight, ek dink dis nogal ‘n goeie ding om jou kidz aan te leer. Dit is nie minder as reg nie. Kan jy dink as iemand nie konsentreer nie, en daai bottel lippe toe vat oor ‘n dag of 3 en proe die gas is uit, EN ‘n bolling kieme sluk! 😯

    Sonkind, dis hoekom ek elke week duurder moet betaal vir goete. Omdat daai verliese iewers vandaan verhaal moet word, en ons verbruikers is mos die obvious choice!

    Charms, ek worstel met kultuur, opvoeding, genetiese dinge en meer. Wat vir seker groepe totaal ondenkbaar is, is vir ander tweede natuur! Ek weet nie hoe dit moontlik is om daardie mentaliteit te aanvaar nie.

    Gogga, jy reken hy het iets geleer? Ek dink sy skelmstreek was net vir ‘n wyle gestonk, maar as hy dit more weer kan doen, sal ek geld daarop wed, hy sal dit weer doen. Ek dink dit is vir ons belangrik om ons kinders op te voed om behoorlike standaarde te handhaaf, en nie in hierdie vieslike wetteloosheid te verval nie.

    Krista, dis ‘n beautiful storie! Dis so snaaks, en raak sommer moedeloos. ‘Sal dit more kom optel’ Nogal! Jy moes vir J uitgestuur het om bo hulle te gaan uittroon. Daai sou hulle gescare het!

    Anna, jy speel! Wee jy hoe vuil was daai nekkie onder die gevlegde haredos? Nee gits. Dis nie ‘n kantoorwerker gewees nie. Hierdie een was sommer asvaal van die stof en gladnie gehul in ‘n aangename geur nie. Ek dooi net daar!

  7. Skoor ek het hierdie onhebbelike verbeelding wat soms vir my sulke prenties optower van situasies. Toe ek nou jou antwoord lees toe sien ek vir Skoor met ‘n blik Doom wat eers die nekkie goed besproei en dan die nekkie so fyntjies tussen duim en wysvinger, op armlengte en met so ‘n gekreukelde neusie en opgetrekte bolip, beetkry. :mrgreen: Dankie vir die lekker lag.

  8. Glo my Anna, jou geestesoog is baie meer genadig as wat dit sou wees as ek regtig my drade gelatfuse het! Ek loop deesdae egter met te veel genade en verdraagsaamheid in my gatsak. Tot ou PJ het al gekla dat die Skoor naam regtig besig is om te veel verdun te word!😆

  9. Ding wil kots van die nuwe ordentlikheid wat aan die orde van die dag is. Ons is te ordentlik om meer geredelik te doen wat Skoor gedoen het, maar dis maar goed en gaaf om losgat te wees en verskonings te maak daarvoor. Nee, o danner, Ding is te oud en verstok vir hierdie cool lewe. By die lees van hierdie raak Ouding se kuite van vooraf styf, boude kliphard en hart pikgitgietswart, wragtig ook. Skoor, jy moet sommer die bestuurder ook gas gegee het – sommer net vir ingeval.

  10. Ding en Demoerin, wag dat julle vandag se episode hoor. Julle sal saam met my kopskud. Ek moet net opvolg hoe dit met die hoofkarakter gaan, voor ek post daaroor.

    Demoerin, ek gooi eerder swembadsuur as water…

  11. Mooi so! Vir jou Skoor. Ek het ook maar `n redelike kort humeur en `n lang stem. As ek so iets sou moes raakloop, het hy gekak wat hy nie gedrink het nie!

    Jy moet die winkelbaas ook vertel dat sulke dinge mag veroorsaak dat dit in die koerant kom, want dit is onhigihienies en `n bedreiging vir jou gesondheid en uhm grens aan sabotasie van sy produkte en so aan en so aan. Sommer net helemal stoom afgaan in sy keelgat ook, ne?

    Ek en Pick vat so te se amper elke oggend mekaar se hare. Ek wen meestal.
    Ek haat shopping! Dit maak my aggressief.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s