Tuiste » Skoor Bek » Ek het hulp nodig

Ek het hulp nodig

Vrinne, Vyande, Vroue, Verganklikes…

Ek is stomgeslaan.  Ek is woedend.  Ek is verbaas.

Dat een Afrikaanse ‘n ander Afrikaanse in die rug kan steek soos Izak gisteraand vir Okkert gesteek het, het my net weer bewys dat sommige mense net nooit te vertrou is nie.

Ja, ek is behep met my eie.  Ja ek kan uitgekryt word as eng.  So what.  Dis ek.  As jy my nie like nie, kan ek in die verbuigde woorde van Albert Hammond vir jou seg:  ‘Get lost dammit, close the page, don’t eye it!’

Ek sukkel vandag om ‘n geskikte T-hemp slogan te kry.  Ek was in my dag des lewens nooit ‘n fan van Okkert nie.  Hopeloos te windgat.  Die dae toe hy Stellenbosch platgejaag het met sy geel BMW het hy menigte inwoner grensloos irriteer.  Ek was een van hulle.

Maar Okkert het my erg verbaas.  Sy integriteit en manier het vir my gewys hierdie ou sal mens saam jagveld of slagveld toe kan vat.  Jy moet net redelik baie kos inpak, hy lyk of hy kan kos geniet, en het hopeloos te maer geword oor die weke.

Okkert was die een wat omgedraai het toe hy Gys hoor se dat GiGi uitgestem moet word, en hy het nie agter-af nie, maar in sy gesig gaan se ‘dit word nie so gedoen nie – hulle stem nie vir hulle eie nie’

Okkert het nie een lelike woord gese toe hy afgestem is nie.  Hy het eerder opbouende insette gelewer.  Ek sou de moer in gewees het, maar hy het gewys hy het bleddie maniere.  Unlike sommige van daai bleddie eiland bewoners.  Ek is bevrees Gys, jou naam is volgende.

Ou Izak, ek hoop Hekbek byt jou dat die merk lank sit my maat.  Jy is jou donirse koppie koffie van my af, kwyt.  Sonkind moet maar met jou loop kuier.  Sy smaak mos jou mankini😆

Wat sal ons vir wie op vandag se hempie sit?

13 thoughts on “Ek het hulp nodig

  1. Wat van “‘n Seder val”, of “Daar gaan ‘n man verby”, of “Survivor Sucks”?

    Ek kan nie glo hoe die bleddie Ashley almal speel nie!! Of nee, dis deel van die game en seker hoe dit gedoen moet word…maar hoe is dit moontlik dat NIEMAND nog deur haar kon sien nie???

    Ek’s in sak en as vanoggend… 😦

  2. Hekbek is beslis nie stupid nie – enigste probleem is, dat haar ‘alliance’ haar nie noodwendig gaan deurvat einde toe nie. Sy is beslis nie my favorite nie (Mannikini is:mrgreen: ), maar ek sal vir GG die ‘boot’ gee laaaaaaaank voor ek gaan wens dat Hekbek waai.👿
    Maar ja, ek was ook nogal ‘n Okkert fan, so dis vir my ook ‘n great loss😦

  3. Ek het nie die vaagste benul waarvan jy hier praat nie. Afrikaanses? Stellenbosch? Gestemmery? Dit klink soos ‘n komitee of iets en dan weer soos ‘n sepie…huh? o_O

  4. Nee Skoor, Sonkind is net so befok vir Izak. Hy kan saam met die koeie gaan wei. Nou is daar niemand (behalwe Gys dalk) meer op Survivor wat ek wil sien nie, nog minder sien wen nie. Ek is witwarm kwaad oor gisteraand. En ek is ook gemeen genoeg om lekker te gekry het toe Hekbek haarself stukkend slaan met die blokke. En ek voel nie eers sleg daaroor nie!👿

  5. Vlam, ja, Daar gaan ‘n Man verby, sowaar. Goeie ene daai! Kan ons aanneem dat sommige mense net te donirs dom is op Survivor om nie deur haar te sien nie?

    Ek laaik nogal vir GiGi Graatjie. Somehow het ek deernis met haar en ek het nie ‘n kloe hoekom nie!!! Maar in die geval dink ek Okkert sou ‘n waardige wenner gewees het. Survivor wys egter dat die opregte die agterste speen kry. Hier moet jy slinks en skelm en lieggerig wees.

    Ai Kaneelseun! Moenie worry nie, die tannies kak en kerm maar bietjie oor die ouer manne(wales). Ons is nog lank van partye stig en koeksisters bak😆

    Sonkind, ek het net jou been getrek met die laaste opmerking. Jy het mos darem beter waardes as ‘n stingel geklee in rooi😆 vergeef my my stuitigheid!!! Ek het ook gedink ‘die doos weet net hoe’ – dis nou toe die boks vir Hekbek so skrams vang. Maar shame, Okkert het GEEN kloe gehad wat daar moes staan nie, al het hy die lengte gehad om die toring regop te hou!

  6. Ek is nie into name-calling nie – allesbehalwe maar GG is in my oë ‘n opperste t…. sl… sl…. (ek het nie soseer ‘n issue met ‘n girl wat haarself OOPKETELES😯 vir ‘n pornografiese tydskrif laat afneem en print nie MAAR ek gee geweldig om dat sy die audacity het om einste tydskrif by ‘n ‘ou vriend’ se huis te laat aflewer – nogal met ‘n personalized boodskappie en autograph. Ek voel a flying fig vir haar. Ek gee nie om vir watter good ’cause’ sy deelneem nie. Ek gee nie om hoe deernisvol sy voorkom nie en dalk is sy as mens moerse sweet en goed en gaaf – who cares? I don’t – cause she didn’t.👿

  7. Ja Kaneelstokkie! Jy leer vinnig😆
    😯 Graatjie!!! Waar kry jy al jou inside info, of lees jy Die Kaapse Son skelmpies? Ek het die goete nooit geweet nie. Laat die OU oopketel jou nou so kan ontstel, en dit op ‘n Vrydag terwyl die naweek vir jou le en loer met ‘n glinster in die oog!

    Sjoe. Nou kyk ek met ander deernis na GiGi. Shame man. Wat mense nie vir geld sal doen nie.

    Pee-Es: ek het vannag gedroom my boyfriend het jou ontmoet, en se jy is een vreeslike sexy blonde! Hahaha. Kan jy glo.

    Pee-Pee-Es-Es: die boyfriend was naam- en gesigloos in die droom. Het nie ‘n kloe wie hy was nie. Nou wil ek weet: is jy ‘n sexy blonde?? 😆 😆 😆

  8. *GMPF* @ “inside info” – ek het daai Loslap of issit Loslit…. nee man ek kan nie die magazine se naam onthou nie IN MY BESIT – dedicated personalized message ‘n all!!! Jy’s reg met “shame man” – net, daai girl het géén shame nie.👿 (Ek seg weer – ek het niks teen girls per sé wat in die sweet van hulle aangesig en om brood op die tafel te sit (en te botter… én te jêm… what the hell… EN ingevoerde kaas op te kan sit), hulle lywe ten toon stel, verhuur, verpag of watookal hulle daarmee wil doen nie. Dis hulle personal choice – en ek het my eie ou sondes. As hy die boek loop koop, is dit liefie se keuse. Maar as as jy jou moemfie blatant op ‘n ander girl se liefie se visie afforseer, is dit sletterig en onvergeeflik . En as dit jou claim to fame is en jy reken ‘n ander man behoort ‘n gedrukte copy te hê van jou grootste God-gegewe talent, dan het jy meer boks as hart.

    LOL@jou naam-gesig-lose boyfriend het nie dalk ‘n labrador in daai droom gehad nie? En ‘n donker bril? En so ‘n lang wit stok??🙄

  9. Ok Graatjie, nou verstaan ek beter dat jy persoonlike geskiedenis met die vlermuis het!

    Jip, some girls are lower than low! Sorry jy het bad memories as jy Survivor kyk!

    Gits, nee! Ek hang nie met Stevie Wonder nie😆

  10. Ek kan nie glo hulle sien nie deur ou Hekbek nie. Ek laaik nogal vir Sadetjie. En ou Gys. Ek was die dinges in vir Isak, maar besef die ou speel die game – hy is bang vir Okkie. Plas hy is bang vir Hekbek. Hy behoort te wees.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s