Tuiste » Skoor Bek » Klassifiseer dit my as dief?

Klassifiseer dit my as dief?

Dit was nie die eerste keer dat ek ‘n dier by ‘n klonkie afgeneem het nie.  Ek le nie verniet laatnag en snik vir die stories op Animal Cops nie.  Skoorlief vrees die dag wat die Powerball gewen word, want dan het ek ‘n erf soos ‘n rugbyveld nodig vir al my planne met die honde en hoenders en ganse en katte!  Ek dink daar word saggies gebid dat Powerball ons NIE gesind sal wees nie.  Ek droom lustig saam en voort, al het ek nog nooit ‘n kaartjie gekoop nie! 😆

Gister stap ek en ‘n Franse vrou die Neelsie Studentesentrum binne.  My selfoon lui en dis iemand wat ‘n bestelling by my plaas en ek reel vir die afhaal daarvan.  Wyl ek gesels, kom 4 bruin seuntjies (hierna verwys as klonkies) teen ons verby gestap.  Een het ‘n hondjie by hom van nie ouer as 3 weke nie.  Ons oe vang mekaar en hy lees in myne belangstelling en stop.  Ek maak die gesprek klaar, en word die hondjie aangebied teen R60.

Nie links nie, neem ek die hondjie, maar die lyfie se lewe is besig om haar te verlaat!  Ek is eensklaps sonder die kalmerende effek van my Lexamil.  Hierdie kinders is NIE in die skool nie.  Hulle het ‘n hond wat nog by haar ma moet wees, weggeneem, en probeer dit verkoop in die dorp.  Natuurlik het sommige van ons ‘n hart, en natuurlik is daar mense wat, net om die hond te wil red, die geld sal betaal!  En so sterk jy die donirs in hulle kwaad en sal hulle more met nog ‘n hond opdaag.  Hierdie keer vir R100, want R60 het dan so maklik gekom.  En weer sal hulle nie in die skool wees nie!

Hau.  Daar skop Skoor die byekorf om.  Toe ek hulle konfronteer oor die hond se toestand, word daar histeries gegryp na die pap lyfie teen my skouer.  Ek probeer verduidelik dat dit beter sal wees as ons die hondjie by die DBV kry om haar te red, maar hulle wil van niks weet nie.  Die Franse tante, gelukkig al 10 jaar in die land, vlieg weg om die sekuriteit te gaan soek.  Hulle sit en ballasbak in die son aan die ander kant van die sentrum.  Geen saak met sekuriteit nie!  Dit laat my met 4 pare grypende hande, ‘n slap hondelyfie vasgedruk teen my skouer met die een hand, en ‘n selfoon in die ander.  Dankie Here dat U besluit het ek moet langer as 1.8m wees, want al wat af en toe raakgegryp word, is die skreeuende hondjie se stert.  Wat my natuurlik meer beflok maak.

Maar hoe fight jy met kinders?  Slaan ek een hou met my donkie kakebeen, is die Filistyne moer toe, en ek op die koerant se voorblad, en kom kuier Malema vir die ouers van die arme onskuldige bloedjies!  Tussen die grypende hande deur en die late arrival of security, en ‘n wilde moerige Franse vrou wat net wil foeter onder die kinders, kry ek die selfoon in my broeksak, wat een hand los kry vir arms keer.  Die hele kabaal speel af terwyl die hondjie slap le en net skree as haar stert geruk word.  Mense stap verby en bied nie aan om te help nie.  Vir almal van julle wat gister in die Neelsie was, winkel eienaars ingesluit:  Fok Julle Almal.  Mag ek nie naby wees as julle die dag hulp nodig het nie, want ek sal alles doen om iemand te help wat moes sukkel soos ek gister!  Nou’s daai agter die rug…

Ons beweeg die sentrum binne, want ons moet iets gaan optel, en die sekuriteit gaan mos nou die klonkies uithou.  Aikonna!  20 tree verder, en hulle is weer om my.  Grypend, skreeuend.  Ek haal my selfoon uit en bel die DBV.  Die inspekteur waarmee ek praat is net besig met ‘n klient, maar belowe om dadelik te kom as hulle klaar is.  Hier staan ek, trappend soos ‘n volstruiswyfie om die kind van my lyf te kry, Franse vrou wat help keer, en sekuriteit missing!  En die mense wat staar.

Na die vierde keer wat die sekuriteit die eienaar van die hond van my lyf af het, glip ons uit die sentrum.  Buite wag die 3 maatjies en vlieg op toe hulle ons sien aankom.  Hulle is egter met minder bravade gevul toe hulle maatjie nie by is nie, en toe hulle my nader beloof ek om hulle vandag effing vrek te d!  Ek is toe al solidly gatvol en sopnat gesweet en my moermeter is al by kookpunt verby.

Sal die klein stronte nie net daar begin bedel vir geld vir kos nie!  Vergete is die hond.  Nou soek hulle geld.

Ons is in die kar.  Franse vrou het die hondjie op die skoot.  Die lyfie haal skaars asem.  Ek sit die stuk in DBV toe.  Kanselleer die hulp van die inspekteur, en stop in ‘n stofwolk voor hulle deur.  Die veearts is woedend.  Sy dink dit sal beter wees as ek die kinders volgende keer saambring, sodat sy hulle eerder kan uitsit!  Ek dink dis moerse cool.

Ek is gistermiddag weer DBV toe.  Om aan te bied om die diertjie te ‘foster’.  Maar kan jy glo!  ‘n Ma hond het haar laat suip, en die hondmelk het daardie kleine bondeltjie ‘n energie shot gegee wat haar laat kriewel en beweeg!!!  Ek wil later vandag weer gaan loer.  Hopelik leef sy nog. 

Wat ‘n week!  Nou beter die Stormers nie more vasval teen die Katte nie.

13 thoughts on “Klassifiseer dit my as dief?

  1. Kyk, die tipiese diere-lover is ek nie, maar ek gun almal -diere inkluis – geluk en vrede. Dit maak my witwarm as ek sien hoe diere mishandel word, veral as ek magteloos is om iets daaraan te doen. Soos die keer in Angola toe ‘n jong lat vir ons ‘n apie bring ~ ‘net’ $300. En, wys hy ons trots, sy tande is getrek. As daar een Angolees is wat vandag ‘n goeie begrip van Afrikaans moet he, is dit daai ou. Ek het hom gevloek in Afrikaans van my voordeur tot by die hek. Ek het nie $300 gehad nie, maar even so, die mark word geskep en dit sal aanhou en floreer tot in ewigheid. Ek kon al ‘n dieretuin gehad het as ek alles gekoop het wat my aangebied is: uile, krokodille, ape, honde… Ok, die krokodil het my oudste ‘gekoop’ in ruil vir ‘n ou selfoon, en hom toe vrygelaat by die rivier.

    Animal Cops laat my net besef dat beskawing ‘n relatiewe ding is. Selfs in gekultiveerde plekke kry mens gruwelike dinge wat met diere gebeur. Punt is, die mens is ‘n vieslike ding, veral as hy dink niemand kyk nie.

    Laat ek eerder stilbly…

  2. Ok, dankie tog vir die storie Skoortjie. Dit laat my (ná my previous comments et al🙄 ) alhoewel steeds bemoerd, met ‘n WARM gevoel innie hart my naweek ingaan… en ja, dis sad en ja dis gemoedsbek@kkingswaardig, soos Plattstetjie altyd sou sê (VERAL die voelle-flying-fig houding van die omstaanders), maar vir die blood, sweat en tears wat jy bereid was om te shed vir daai klein hondelyfie. Dis al wat saakmaak ini lewe Skoortjie. Mense soos jy.
    PS. Ek hoop julle wen die POWERBALL!!
    (Jy darem ‘n paar franse vloekwoorde ini proses geleer ook??:mrgreen:

  3. Daar is 2 victims in jou storie . . .eintlik 3. Eerstens die hondjie, en dis al wat ek daaroor kwytraak, vir ingeval ek dalk te sterk oorkom. Tweedens die spannetjie klonkies. Hulle is kinders FFS, hulle se ouers moet na hulle kyk. Hulle behoort nie nodig te hê om baba troeteldiere te verkwansel vir hulle volgende gom/tik fix nie (of dalk wou hulle regtig kos koop?) En derdens jy en elke ander landsburger wat daagliks in hierdie situasies geplaas word.

    Raait nou ‘n paar klappe. Een bulder en die klonkies sou nou nog gehardloop het (daar is voordele om 1.8m én 130 kilos te wees) ‘n Spannetjie sekuriteitswagte (al wat hulle goed doen is wag vir tjailatyd) sou elkeen een moerse warm oor gekry het, want let’s face it. Dostinex afgesluk met ‘ mengsel van pis en asyn beat lexamil enige dag as die maatstaf irritasievlakke moet wees. En dan sou ma en pa ook ‘n oorvol gekry het as ek met klonkies op die agtersitplek by die huis opgedaag het.

    Dalk het die universe ‘n rede hoekom dit eerder jy as ek was. Maar jy bly ‘n mensch for not walking away. Unfortunately that also makes you one of the good guys. Good guys don’t win the powerball. Sorrie😦

  4. Ek maak met jou ‘n deal. As jy die powerball wen dan wil ek op jou plaas kom honde/hoeders/skape/wat ook al oppas.
    En as ek dit wen dan gee ek jou die geld om dit nogsteeds te doen.

    Ek het ook sulke groot planne met geld waarvoor ek nie eers speel nie.

    My hart was stukkend in die gedagte die arme dingetjie skree as hulle haar stertjie gryp. Ek is net bly jy was daar om haar te red en ek hoop ook sy leef nog.
    As ek kon sou ek die veearts se voorstelling net daar opgevat het en teruggejaag sentrum toe om daai klonkies te gaan oplaai.
    Blisempies.
    Laat ons asb. weet hoe sy is.

  5. Ek hou van die veearts se voorstel. Ek hoop die ou diertjie is OK. As dit jou nou klassifiseer as dief dan hoop ek jy steel gereeld.

  6. Hier het onlangs ‘n e-pos by my uitgekom oor honde in Moskou wat “commute” met die treine na plekke waar hulle kan kos kry. Hulle klim by die regte stoppe af, gaan bedel/aas en kry weer die trein terug die middag na waar hulle slaap. Hoe slegter dit in ‘n land gaan, hoe slegter gaan dit met die diere van daai land. Mens sal seker nooit wen nie. Maar ek is so bly as een dier darem vir ‘n verandering nie aan die kortste ent trek nie. Dankie.

  7. Ek vrek oor honne en katte, my hart breek om hierdie te lees en te hoor. Ek kan nie glo dat daardie gevrekte mense net staan en staar nie. Dit maak my lam tot in my klein toontjie dat mense net kan staan en staar! Ek moes nou eers hier delete wat ek geskryf het oor mense wat staan en staar…jammer, my bloed kook nou, ek moet liewer niks verder hier se nie. Dis naweek en dit reen! Lekker naweek daar en ek hoop dis al koeler by julle!

  8. A thief? A hero! I’ll keep my fingers crossed for the puppy and I’ll drink to the hero tonight.
    (Sorry, I can read Afrikaans but writing it will be a problem. Do you prefer comments in English of in het Nederlands?)

  9. Ek moes die woelwater vasdruk EN die kiekie probeer neem, dis hoekom dit so half is!

    Maar nou kan julle sien hoe mooi die bondeltjie is! Dit gaan oed met haar!

  10. Hello Flonkie. Tussen my en jou red ons nog die aarde se verlore diere!

    Edwinek, welkom op die blog! Nederlands is fine. Wat ek nie verstaan nie, sal ek vra😆 Maar jy weet seker ons is effe skrikkerig vir die KAT-woord in Nederlands! Hier word dit geuiter op ‘n Saterdag middag as die vaalwyn begin trek in die lywe. Mind you, mens hoor dit nou al in songs ook, so binnekort steier ons nie meer so erg terug vir die Nederlandse Katte nie! 😆

    LOL Nikita – my en jou reaksie is min of meer dieselfde! Ek kan nie glo dat mense apaties kan wees nie. Gits, om te help maak jou nie ‘n aap nie. Ons moet maar voorbeeld stel, al is dit ‘n ou tannie wat oor die straat sukkel!

    Twitlight, ek seg mos al lankal diere is slimmer as meeste mense! Kyk nou net, daar bewys jou skrywe dit.

    Charms, gisteroggend het ons weer gaan kyk, en sy vreet ook al. Hele kop in die bak hondekos! Dis te oulik om te sien. En die pensie staan knuppeldik. En die lyfie het lewe en krag!

    Gogga, ek het lanklaas so ‘n great proposisie gehad. Dis ‘n deal girl! Ek love mense met harte soos jy!

    Cat, jy moet die mamma sien! So ‘n bondel wit. As mens jou hand na haar uitsteek, koes sy, wat beteken sy het heelwat klappe gekry. Maar deur dit alles, is sy bereid om nog te gee!

    PJ, dis tyd dat jy Kaap toe verhuis. Ons gaan ‘n mean team maak. Jy in die F250, en ek in die Trooper. Matching stickers op die deure… O bloed, ons gaan amok maak. Krista sal maar moet spaar om ons uit te bail, want Skoorlief gaan net weghol as ek moerpluk!

    Graatjie, ek heti nog tyd gehad vir luister watse tale daar uitgekom het nie. Jinne, klein mensies het baie guts en harde stemme! Dankie vir die Powerball wens, maar jy sien mos, PJ het my kans klaar gejinx😆

    So jy seg as EK in Angola gewoon het, was my huis ‘n wildtuin? Sjoe! Ja, mense raak diere as die gety dit net toelaat, ek weet van daai.

  11. Dis so ongelooflik vieslik, hartseer. Ek kannit nie hannil as diere seergemaak word nie. Myne is soos kinnirs (en kry wragtag soms pak ok) maar met liefde. Ek meen, man LIEFDE! Sulke gebeure maak my kort van draad en omdat ek nou nie die slimste in die land is of die goedste nie, laat my haat- baarometer bietjie oorloop. Ek sou reken in `n bietjie aggresieiteit oorloop.

    Ek sou soos `n mal straatslet op die kinders afgestorm het en gegil het, lat jy my wie weet waar gehoor het. Ek het regtig nie nog tyd vir sulke onmenslikheid nie. Ek raak effens te oud daarvoor, dan strip my moer baie maklik.

    Ons eie Desember-weggooi kind – sy koes nou nog as ek haar wil vryf, maar hardloop darem nie meer weg nie. En sy begin al haar stert swaai. En VET! Pratig mooi en blink.

    Skoor. Skote Petoors! As sy nou vir jou gegee word, sal jy baie ryk wees. Sommer so sonder die Lotto.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s