Tuiste » Skoor Bek » Een brief vir Steve Hofmeyr

Een brief vir Steve Hofmeyr

Beste Steve

Ek val sommer met die deur in die huis.  Doekies omdraai was nog nooit een van my gunsteling tydverdrywe nie, en ek glo jy het ook nie tyd om te mors nie.

Jy is ‘Volksbesit’ in Afrikaanse Suid-Afrika.  Sedert meer en meer Transvalers afgetrek het na die Suide, kan ek die woord Suid-Afrika gebruik, en nie net die Republiek van Pretoria afbaken as jou aanhangers korps se grens nie.

Ek luister nie na jou musiek nie.  Ek het nie van jou CD’s nie.  My demokratiese reg.  Ek hou nie van dinge wat ek hoor jy doen nie, en ek stem nie met al jou saad wat gesaai is nie.  Maar dit is jou lewe.  Jou keuses.  Jou menswees en jou verwysingsraamwerk.  Jy alleen sal verantwoording moet doen.  Daarom veroordeel ek jou nie.  Ek sou graag NIKS van al die dinge wou weet nie, maar mens staan in laaaaang rye in vandag se winkels, en dan sien jy wat kots Huisgenoot, en wat lieg die koerante (volgens jou).

Weereens my demokratiese reg om nie in ‘n ‘vir’ of ‘teen’ kampie te klouter nie.  Ek het wel Valkuns in my boekrak.  Jy maak mooi woorde in mooi sinne.

Ek lees op sommige blogs praat hulle van jou as GENERAAL.  Mensig, jy word vele titels toegedig!  Nou moet jy net begin khaki dra, en mense gaan jou sien as Siener se ‘Man met die Bruin Pak’!

Soos afkop hoenders hol die Afrikaanse rond.  Hang almal aan wat net ‘n goeie geluid maak, en spoeg vuur as daar van hulle verskil word.

Ek wil jou egter vandag dankie se vir wat jy doen.  Dat jy nie bang is om jou mikrofoon op te neem, en vir ‘n saak op te staan nie.  Jy het vele se mandaat NIE.  Tog staan jy op vir min of meer dieselfde dinge waarin ek glo.  As ek nie so ver Suid gewoon het nie, sou ek saam met die bietjie (wat de hel is dit met witmense dat hulle soos prostaatprobleem piepie by aksies opdaag?) mense kom staan het by elke protes optog wat julle daar bo het.  Ek vertrou jy doen darem nie al die dinge vir publisiteit nie!

Dis goed dat jy soos ‘n lastige muskiet bly rondmaal en herineer.  Irriteer die bliksems.  Hou hulle wakker.  (Moet hulle net nie steek nie!)

Ek daag vandag elke Vaalie uit om aksies by te woon sodat dit nie soos ‘n flop saamtrek lyk op die regerende party se kanale en voorblaaie nie.  Gaan skud julle biscuits my hel, julle hoef nie te toi-toi dat jou tiete jou katswink slaan nie.  Wees net flippen daar.  Praat met gesag.  Staan regop as julle dit doen.  En kyk die mense in die oe!  Praat duidelik, en skud blad met oortuiging.

Fanks Steve!  Hopelik staan die lamsakkige mense bietjie meer saam noudat Malema sulke vieslike dreigimente kwytraak.  Ek is vandag uitgek*k omdat ek dit gewaag het om vir mense in my adreslys ‘n facebook blad te stuur.  Daar is wragtag nog die ENG mense wat glo om niks te weet nie, gaan jou red.  Ek glo ‘n ingeligte mens kan nugterder besluite maak.  Maar hey, dis net ek.  En hopelik jy.

Ciao

Skoor

21 thoughts on “Een brief vir Steve Hofmeyr

  1. Juis oor dieselfde redes is ek ‘n vurige Steve ondersteuner. Is net jammer dat ‘ons’ nie aldag ingelig word wanneer daat optog of protesaksies is nie – en ja ek is lid van Solidariteit en (sovêr my kennis strek) ook op Agri-Forum se omsend/nuusbrief ontvangslys.😕 Dus, lees ek soms eers maar later net in ‘n koerant van ‘n ‘aksie’ wat was. Dalk kan hulle ‘n bietjie wyer/harder uitbasuin?
    En jip ek stem, hy maak waarlik mooi woorde in mooi sinne… maar ek sidder om te dink hy gaan in ‘n bruin pak of two-tone hemp begin rondloop.🙄 dit gaanie mooi maak nie!!

  2. Mooi Skoor! Ek stem saam, mense moet opdaag, bymekaar staan en die “saak” ondersteun. Terloops, ek het daardie Facebook-image op Twitter gesit, ek gaan dit nog ‘n paar keer tweet! Ek het dit sowat 2 weke gelede gekry, vandag vanaf 2 verskillende persone, Malema is ‘n gemors. Ek wil die BBC ook warm gas gee op Twitter, hulle sal my begin haat en “unfollow” , ek voel die wereld moet bietjie gas gegee word met wat aangaan in die land. Ons moet ophou om ‘n houding te he van “ekskuus-dat-ek-lewe”. Ons is ‘n volk wat kan trots wees op wat ons in ‘n kort rukkie bereik het. Hierdie Malema-gemors breek ons land af en doen ernstige skade aan ons land. Is daar ‘n manier hoe ons hom kan laat “poef” op in die lug!? Ek is eerste om daardie knoppie te druk!

  3. Mooi gesê Skoor, lag ek nou oor die tiet wat ‘n mens so katswink kan slaan as jy toi-toi.

    Die sad ding is soos jy sê, mens vind eers na die tyd uit van ‘n saamtrek en glo my vandag as ek sê dat ek ‘n hele paar dinge vir die Julius-Poepol te sê het. Moenie stres nie, ek sal mooi regop staan as ek dit vir hom sê, en sommer perongeluk op sy skoene kots ook.

  4. Graatjie, daar moet ‘n manier wees waarop alle belangstellendes ingelig kan word van samekomste wat vir ons van waarde sal wees? Jy is mos slim man, vind dit en laat ons weet sodat ons kan saamstaan!!!

    Nikita, jy doen goeie werk daar in die land van die EINTLIKE ONDERDRUKKER. Hou so vol. Iewers moet mense begin note vat van ons Boeremense se donirse dilemma.

    Flonkie, ek skryf partymaal dinge wat ek in my geestesoog sal sien gebeur terwyl ek dit skryf. Ek kom eintlik uit ‘n goeie Christelike huis. Hierdie ander sy van my met sy verwoording van my kop se dinge, het NIKS met my roots te doen nie. Dis die corrupt samelewing waaraan ek al vir 36 jaar blootgestel is. En as ‘n swaaiende tiet voor my oog verbykom as ek dink aan moerige Boervroue op parade, dan is dit hoe dit sal oorkom.

    As ek mense offend of skaam maak, ek is jammer. Soms het ek net nie hokke vir al die narre in my kop nie. En almal het ‘n Apie… of so hoor ek noudie dag vir Chris Cameleon sing!

  5. Hey Fisshy

    Ek is maar effe skepties oor die optrede van sogenaamde celebs in SA. Hoeveel word vir die EIE EK se publisiteit gedoen, en hoeveel regtig vir die ‘saak’?

    Ek beskuldig hiermee nie die heer H nie, maar ek vra die vraag, omdat dit ‘n vraag in my kop is.

    Maar om jou tevrede te stel sal ek se Steve is betrokke by baie sake wat onder die mat ingevee probeer word. Ek is net jammer so min mense is saam met hom daar. Fanks Steve dat jy bly krap aan rowe. Jy moet jouself oppas. Die donirs daar buite speel vuil!!!

  6. @ -> Skoor

    Ek stem 100% saam met jou. Dus mag ons as enkelinge nie toelaat dat hulle ons geestelik afpers nie. As ons bly bid en glo, sal alles reg kom. Dit is net ‘n kwessie van tyd. En die ander ding is, hy wat JM genoem word, onderskat ons HEELTEMAL. Hulle verklaar oorlog, en oorlog sal hulle kry, al is dit oorlog met Gebed.

  7. 😆 imagine ons lig nie ‘n vinger nie, maar kry eelte op ons kniekoppe soos ons bid, en die donirs vergaan! Die mure van Jerigo kon tuimel. Kan jy dink wat word van jou mensgemaakte mishoop, Haan Julius??

    God het anyway nog ‘n appel met Thabo ook te skil. Die het mos verwaand aan en opmerkings oor God gemaak. Watch maar, soos wat die mensvreter Machel moertoe is in sy vliegtuig, so moet Thabo ook maar ligloop…

  8. Ek en die L3 (Liewe Lawwe Lyfie) was deel van die @misdaad-optog in Mei 2007/2008(?) saam met die 7de laan akteurs + SH. Ek weet nie of ons ‘n skamele 300 mense was nie . . . en dit op ‘n vakansiedag! Ek dink die Graatjie het nog foto’s gepost van daai dag.

    Ons mense werk deur die dag en kan nie almal af kry vir elke optog en op(stoot)jie wat gereël word nie. Synde dat baie van die volksvreemdes(die res van die massas) sonder werk sit, is dit maklik om hulle in busse te laai en aan te ry na protes-optredes toe. Veral as hulle lunch gepromise word.

    Is die syfers wat tel, skat. Van doerrie tyd af met die groottrek kon ons mense nog nooit saam staan nie. Waar 3 Afrikaners verskil en opsplit, kry jy 13 kerke, 7 politieke partye en 5 skole. Elkeen in sy eie rigting.

  9. Dis nou mooi! Dis nou dem mooi! En ons het iets in gemeen. G`n niks cd`s nie, maar die Valkuns al 8 keer deurgelees en weer so bietjie. Die man maak soveel mooi woorde – en dan maak dit my bly.

    Dit is wel een persoon wat ek so tussen die lyne sien, wat nie grend rondloop na so optog en spog wat hy gedoen het nie. Dis sommer net gedoen. So, ek hou nogals van dit wat hy doen en die woorde wat hy vir die regte mense praat op die regte plekke. Dis op die oomblik meer as wat ek van my eie familie kan se – wat net kla oor die land.

    Verder is ek heel gelukkig as daar dinge gebeur wat moet gebeur. Dis mos nes onse Siener van Rensburgh vertel het. So, ek wag in spanning.

    Skoor? Vertel bietjie meer vir ons waar kom Skoor se naam vandaan, Skoor?
    Skoorbek was mos net so neffens Siener, ne?

  10. Vriending!!!🙄 nou noem jy my ook al so?? A-nee-a!!
    Skoortjie??!!😯 jy is al 36??? He… (amper seg ek Hel!!)😳 … HENG!!! Gedog jy’s nogge springchicken…:mrgreen:

  11. Krista, ja nee, daai is swak vir ‘n vakansiedag! Ek hoor jou oor massas oplaai en vir hulle Kentucky gee as hulle sal voete stamp en ulluleer!!! Hopelik raak ons mense wakker en doen meer, flippet.

    Boernig, Skoorbek is niks besonders nie. Dis maar die k*ksoek deel in my wat die naam gekies het. PJ beweer ek is heel te rustig deesdae. Ek weet nie waarna hy verwys nie?😆 Maar ek hou van stir – soms.

    Tannie Sue van Waardt sou ‘n boek oor die legende Hendrik Skorbek skryf, maar sy is oorlede voor dit gepubliseer is. Ek het eendag na haar geluister en gedink Skorbek of Skoorbek soos sommige hom genoem het, is nogal moerse. Nou hoor ek daar is tot al ‘n SKOOR wat onreelmatighede in die land ondersoek. Is ek ‘n trendsetter of is ek ‘n trendsetter? Ek lieg, tannie Sue het my die idee gegee!

    Het jy al van haar boeke gelees? Dit is ongelooflike boeke. Streeksverhale. Probeer dit kry, veral die Oudtshoorn boeke is fantasties en vol juwele.

    Shits Graatjie. Vingerfout. Moet lees 63! My oe en brein en vingers wil nie meer saamspeel nie.

    Fisshy – watse springchicken? Jys dan ‘n visskub!😆

  12. Eh eh eh! Jyse trendsetter! Skoor! Jip! Darie Skoorbek is waarvan ek praat! Die een wavan die tanie wou skryf. Dis jammer sy was te laat.

    Jy kan die SKOOR dagvaar, ne? Dis mos plagiehaat, ne? Ek het van hulle gelees in Beeld, wavoor staan die afkorting nouwee? tsk tsk, nou kan ek en boerseun al2 nie onthou nie.

    Ek het nog nooit darie antie se boeke gelees nie. Sal bietjie in Benoni gaan shop en kyk wat ek raakloop.

    Ek is so helemal pisstof vandag. Dem dem dem snops! Ek wil vir elkeen `n doniirse balk gee! En `n tou.

  13. BB! Jy loep nie oppe din ys nie – jy loep al met djou nek innie water!

    Ek`s `n springchiekun en is 38! Nou whatsitt net!!

  14. Goeiemôre almal

    ek het ‘n versoek vir julle asseblief. op my blog het ek ‘n post gesit van fondsinsameling, gaan gerus en gaan kyk daarna.

    “sorry skoor, ek hoop nie jy gee om nie 😉 “

  15. Goed gekryf … ek kan baie kritiek op jou aanleiding lewer, maar ek gaan my weerhou. Jou Blog … jou reg … onthou mense lees wat jy skryf …

  16. So gepraat van samekomste, ek kry die by ‘n vriendin:

    NOU MOET AL DIE AFRIKANERS EN BOERE SAAM STAAN VIR DIE OPTOG

    TEEN MALEMA, DIT IS NOU ONS KANS OM IETS TE DOEN!!

    ONS GAAN OPTOG HOU OM TE VEG VIR ONS VOORTBESTAAN.

    VRYDAG 9 APRIL, TYD 2nm.

    BEGIN BY PAUL KRUGER SE STANDBEELD

    (Paul Kruger Straat Klerk Plein.) NABY DIE HOOGGEREGSHOF

    TOT BY DIE MAGISTRAATS KANTORE.

    Nou is ons beurt om ook te gaan ‘MARCH’, vir ons volk en Vaderland!!

    Glo dit of nie, dit is ‘n Indiër (Muhammed Vawda van Barberton) wat vir die

    Afrikaners en Boere opstaan, so laat weet asb. vir almal om op te trek vir die

    OPTOG / ‘MARCH’ nou moet ons ons stemme dik maak en wys waarvan ons

    aanmekaar gesit is.

    Ek laat my kop in skaamte sak, dat ‘n ander ras vir ons moet opstaan,

    wat het van die Afrikaner manne met murg in hul pype geword?????

    ASB. LAAT WEET ALMAL, die OPTOG / ‘MARCH’ is klaar gereel en

    al die dokumente is klaar gereed, dit is 100% WETTIG!!

    KOM AFRIKANERS EN BOERE WYS DIE WERELD HOE PLESIERIG JULLE KAN WEES.

    Trek aan daardie Volkspele rokkies en sit op julle kappies en laat ons in

    ons duisende daar opdaag en die wêreld wys wie ons is.

    SIEN JULLE DAAR!!!!!

    Groete

    (NS) Navrae kan direk aan Muhammed gerig word

    082 xxxx xxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s