Tuiste » Skoor Bek » Verhoudings. ‘n Tag. Miskien SVLN18. Miskien nie.

Verhoudings. ‘n Tag. Miskien SVLN18. Miskien nie.

Yuk, nog ‘n tag.  Jip.  Nog ‘n tag.  Maar ek soek julle repliek hier in my comment blokkies, dat mense nie hoef rond en bont te dwaal om die antwoorde te loop vind nie!

Verhoudings. 

Bliksems opwindend as dit begin. 

Sommige verhoudings is moerse storms. 

Ander net drange. 

Die Honeymoon fase wat vir sommige van korte duur is, en vir ander vir jare aanhou.

En eendag staan jy op en jy soek desperaat na die vonk wat eens was.  Jy slaan die Seven Year Itch.  Jy slaan jou eie middeljare en jy wonder of die keuse goed genoeg was.  Jy maak mense seer.  Verpletter vertroue.  Of kry self seer.

Wat, mede bloggers, doen JY om jou verhouding nuut te hou.  As jy in jou maat se oe kyk, fladder ietsies nog neffens jou naeltjie en as julle soen, raak jy nog bewe-lip? 

Hoe hou jy die ritme van lam, na klam, na tam?

Nikita, BiB, Flonkie, Vlam, Frankie, Johans, Cat, Son, Graatjie, Krista, PJ, Ding, Boernig, Charms, Anna, Ingrid, Xena, Wipneus(kruip uit jou dop), Fisshy, Louwie, Demoerin, Maxie, Antie Koekie, Boervrou, Duskant, Elf, KoP, Kroese, Sammi, Xanika, Witridder, Edwin, Twilight, Gogga, Kaneel, Quintus, Koeksister, Sharpshoot, Vryhand en almal wat ek nie nou uit my kop kon onthou nie.  Ek soek julle VonkResepte.  En moenie worry oor x-rated nie.  Die header waarsku die sissies om weg te bly.

Ek soek die essens om die verhouding te laat warm bly.  Om mekaar so inmekaar te laat smelt, jy WIL nie weer los nie.

Net as nagedagtenis:  alles is faain in die Skoorhuis.  Dis net dat ek al hoe meer van die einas opmerk as ek rondom my kyk, en dink ‘demit, dit kon verhelp gewees het’.   Miskien red ons ‘n blogger, of iemand wat die net surf.  Of miskien gee ons net lekker tips en try ons dit self uit😆

 

48 thoughts on “Verhoudings. ‘n Tag. Miskien SVLN18. Miskien nie.

  1. Somme’ net so how do you do and never you maaind? Niks van please sir, may I have some more, of thank you nie? Sommer net “Ek soek (I demand)”, so in in true S.A. style?
    . . . Ok, ek sal saamspeel. Synde dat die ande maatjies met stomheid geslaan is sal ek nog voor stap ook, ek is mos mooi duidelik!

    Had jy my gister nog gevra, het ek jou ignoreer. Maar synde dat ek hoeka self eerstehoennerpoep daaroor loop gesels het sal ek probeer om my version neer te skryf. Die uwe en LLWD is die laaste 6 weke of so (eintlik dalk al langer) glad nie lekker nie. Soos in moord nie lekker nie (ons glo mos nie aan skei nie, maar moord word nie uitgesluit nie) Tot gisteraand, toe ons uiteindelik letterlik en figuurlik weer die resep ontdek het. Maar laat ek voor begin.

    Ek glo elke verhouding is uniek, so uniek soos die persoonlikhede wat die pole van daai verhouding opmaak, so vergeet maar sommer dadelik van daai huisgenoot tipe one-solution-fits-all tipe goed. Elke verhouding is uniek en het ‘n unieke blend van bestandele nodig om die vonk te hou.
    Vir sommiges moet daai vonk ‘n fire-and-brimstone-tonekrul-lekker-wind-in-jou-hare-sportskar wees. Vir ander is dit die stille behaaglikheid van ‘n luukse Rolls Royce. Vir my is dit laasgenoemde, seker maar oor ekself eerder vir gemak as vir spoed gebou is. Niks is wild en geforseer nie, alles half instinktief. Ek hoef nie te kyk of sy daar is nie, ek kan maar praat – sy luister. Ek hoef nie soek vir haar hand nie, ek hoef net myne uit te steek ons hande sal mekaar vind. Ek kry nie noodwendig meer skoenlappers in die maag as ek vir Lyfie sien nie, dalk net so effense versagting in die oë. ‘n Soen gee my nie noodwendig meer hartkloppings nie, eerder net daai behaaglike warmte van goeie rooi soos dit in jou keel afgly. die beteken nie my liefde vir haar is minder intens as in die stormjare nie, in teendeel. Dit het net metamorfiseer na ‘n ander formaat toe.

    Liefde? Liefde bestaan nie as ‘n werkwoord op sy eie nie. Liefde is ‘n versamelnaam vir ‘n klomp goed: Respek, Vertroue, Kommunikasie, Gemak, Behaaglikheid, Vrede . . . voeg maar self by en laat weg na gelang van jou eie resep. Tog is daar sekere grondbeginsels in elke verhouding wat ononderhandelbaar is, vir ons is dit respek en vertroue. Elke verhouding sal so iets hê, en die afwesigheid daarvan is wat jou sal laat tou opgooi.

    Ewenwel, terug by ons reseppie. Benewens nou resek en vertroue . . . ve cooked! Couples that cook together, stay together. Vir die eerste keer in baie weke/maande het ons gisteraand die TV remotes en keyboards weggpak en die chopping block en swaarboompot uitgepak…and ve cooked. And as ve cooked, ve talked. Nie diep dinge nie, sommer net koeitjies en kalfies, en elkeen van ons het om sy eie manier weer onhou waarom hy/sy die ander een gekies het. Absoluut niks fout met emotional eating as dit deur emotional cooking voorafgegaan word nie.

    En vanmore lyk die lewe sommer weer anders . . .versag deur ywe en soetrissie, sondroog tamatie en knoffel, peppadew en balsamic vinegar. Die sag is terug in die ogies en die behaaglike warmte terug in die binnegoed.

    So ons resep dan . . . sharing. Gedeelde oomblikke, al is dit in die uitvoer van alledaagse dinge. Because shared experience makes for a lifetime of conversation.

  2. Amazing man, is hy nie? I know I’m the luckiest woman alive – ehm, except when it’s full moon and the balck dog is howling at the front door en hy sluit homself in die huis toe en sy sleutels aan die ander kant . . .😉

    Ek beaam alles wat die LieweLawweLyfieDing hierbo gesê het.

    Ek kan bysit: doen moeite. Maak die effort, al is jy moeg en nie lus nie, vryf tog hom/haar se ruggie. Gee ‘n ekstra drukkie en soentjie. Reël naweke weg, maak special kos, koop ‘n persentjie al is dit net bietjie biltong of ‘n tjokkie . . . of ‘n boek . . .

    As jy wil hê daar moet iets spesiaals vir jou gedoen word, moet jy bereid wees om dieselfde te doen. Balance, my ding, balance.

  3. Ons glo in lag, humor en stuitig wees. Lag so bietjie saam. Selfs al (nou in ons geval) slaap die kinders nie en is jy moeg ens – kry iets om oor te lag. Dis ons “gom” (ek is besig met ‘n possie hieroor- al lankal, kry nie klaar nie). En die stuitig gaan dan sommer hand aan hand.

    En maak seker die ander een weet hulle is spesiaal vir jou – of jy dit nou sê of wys, dis jou keuse. Solank hulle weet. Ou Hunter sê gereeld vir my ek is die mooiste vrou in die wêreld – dis nou behalwe Nigella, maar dis ‘n ander storie daai.

  4. Heng, die Narciepit het mooi gemaak hierbo, nê?! Gedeelde oomblikke is die glue, that’s true!
    en Cat… jipjip is netsoos jy daar sê: lag is waaragtig beter as antibiotika óf Myprodols!:mrgreen:

    Anyways hier’s my relaas:

    Jy begin op ‘n dag om op te hou soek om die regte partner te kry en besluit om vir ‘n slag die regte partner te wéés… ek sukkel nog soms met daai een – maar ek weet dat as ek strictly daai een toepas, gaan dit voorie wind, dankie. (Bygesê – ek is fortunate genoeg om iemand te hê wat saamstem en dus ook so optree).

    Ek dink dis behalwe die obvious oorspronklike hetsy physical, spiritual of waffer ookal attraction en die gepaardgaande affection eerstens : Dankbaarheid.

    As jy vanaand gaan slaap en jy het wragtig geen rede in jou hart om dankbaar te wees vir daardie asem langs jou nie – dan weet ek nie wat jou daar hou nie. Nie vrees, nie finansiële afhanklikheid, nie verantwoordelikheidsin, nie luukses, nie beloftes, maar pure siels-dankbaarheid – vir al is dit die kleinste ou dingetjie, dan’s dit ook goed. Dan weet jy jy hoort nog daar.

    En behalwe vir dit (ek het al ‘n paar keer die 7-year-itch toets gedruip😳 ) – het ek op my jeugdige ouderdom hierdie baie belangrike les geleer: You gotto like yourself!! Really really like yourself. Be content with who you are. Be likeable. Be lovable. But first to yourself. Be happy to see you in the bathmirror at dawn. If you connect with other people, be able to say “I wouldn’t mind being my own partner, friend, mother, sister, daughter…..”. Be kind to yourself. DO NOT allow for you (or anyone else) to hurt or harm you IN ANY WAY! Do NOT diminish who you are or talk negatively to or about yourself.

    My pet hate👿 Don’t EVER call yourself a b!tch – DON’T get a t-shirt that says “100% B!tch and proud of it” – DON’T blame yourself for things you have no control over and DON’T allow yourself to take responsibility for all your family’s or friendships’ and or relationship’s problems.

    However you act towards yourself – however you regard yourself – however you carry yourself – that is probably the closest other’s – and especially your partner wil handle, regard and treat you.

    You wear that t-shirt ‘just for fun’? Don’t be surprised if others believe you. You put the sticker on your car? I’ll be sure not to ecpect any courtesy – NEITHER will I give it… True B!tches don’t show or merit respect… Oops off the subject for a moment there…

    You keep crying, because your husband cheats on you? Beats you? Drinks? But then you’re so thankful when he shows up with a tear in his eye and another set of promises you’ve heard before? You wonder why your kids keep getting away with breaking your rules? But when they tantrum or sulk YOU help them break those exact same rules… You’re surprised every time why people seem to abuse you and your kindness? Your husband never tells you you look good, he loves you or that he’s thankful he has you?

    Draw the line! And stick to it! Start ACTING as if you’re worth it – not by being or pretending to be a B!tch – but by consistently loving You and caring for You and establishing all the reasons in the world by you should be refusing anything less than what is good enough for you, cause you believe you’re worth it – and TRUST ME so waar as vet: You will be treated differently!

    And once you know your worth you’re in a far better position to value other people and especially your partner. And you will treat him/her the way you’d like to be treated – and we all know: what goes around really comes around eventually.

  5. Mmmmm. 6 jaar van getroude lewe………
    wel ons slaan so nou en dan die tent in die sitkamer op en speel speel ons is in die BOS. (ek hou baie van daai speletjie)

    Ons steel knypies hier en daar en gee mekaar genoeg spasie om saam met vriende weg te gaan sodat ons herontmoetings soos storieboek treinstasie ontmoetings is.. julle weet moes dit is belangrik om nie in mekaar se spasie te wees al die tyd nie anders is jou maat ‘n gewoonte eerder as ‘n lewensmaat.
    Dit maak daai ontmoetings so WARM soos die movies.

    Wees realisties. Hierdie ding van maak asof jy iemand is wat jy nie is nie is moeilik om so lank toneel te speel. Wees jouself en wees gemaklik met jouself.
    Stel dinge voor en bespreek dit dalk vooraf. Ek kan jou vertel daar is niks so vinnig wat pap gaan as wanneer jy onverwags YS in jou mond het omdat die Cosmo gesê het mans hou daarvan op hulle nippels nie.
    (lang storie en defnitief nie so snaaks as jy “in the mood was nie” en nou met ‘n blou oog sit omdat die skokhou meer instinktief as aspris was.

    Waardeer wat hulle doen as liefde nie net uit gewoonte nie.
    My man stryk elke oggend my werks klere voor ons werk toe gaan en ek sal dit elke dag eerder wil hê as blomme of iets.

    Geniet jou maat maak nie saak hoe hy/sy verander nie. Onthou jy verander ook.

  6. aaaaagg! ok die Paashaas kruip gou so bietjie uit haar gat vir asem:mrgreen:

    Skorie jy moet onthou my huwelik kom saam uit die “ossewa-tyd” 🙄

    Eerstens bewonder ek “my skildery” nog daagliks ai! dis alles in daai lyf, oge en arms …. 😉 Ek vertel hom dit ook….. Indecent proposal – “Did I ever tell you I love you? – No. – I do. – Still? Always”
    Dis ook in die klein dingetjies – hoe julle vir mekaar ogies maak (jip mens is nooit te oud om te flirt), dit laat my ogies blink soos die suiderkruis op ‘n wolklose aand 😉 Aanraking – die manier wat hy/sy jou vashou, ‘n sjokelade op sy/haar kussing ….. iets wat hy/sy nie gaan verwag nie, verrassings om dinge interessant en lewendig te hou. (Ek luv presente en my Teddie weet daai ding, baie slim man😯 ) Daar is niks so sieldodend soos roetine nie, mens moet soms wegbreek of losbreek solank jy net iets breek….

    Laat daar lag wees, swaai aan die kandelare rond, niemand wil met ‘n brompot en/of klakous die lewe deur wroeg nie.
    Wees daar vir mekaar (veral in die donker tye) – sekuriteit (lojaliteit, respek en eerlikheid) is baie belangrike boustene in enige huwelik…. moenie alles vanselfsprekend aanvaar….waardering.

    Die lewe is ongelooflik besig en mens moet soms tyd maak vir mekaar, jy weet reël ‘n date of romantiese naweek weg “dine en wine” mekaar… (soos Jaco en Krista they cook!!! (baie goeie raad) )😆
    Behou altyd daai “kind wees” doen snaakse goed – ek dink buitendien nie ek het al groot geword nie en ek wil ook nie groot word nie.

    Die huwelik is ‘n reis (magic carpet ride) , die lekkerste reis van jou lewe maar niks in die lewe is verniet nie, dit kos werk maar gelukkig is hierdie lekker werk😉

    Geniet die paaseiers …. uhmmm sit vir Skoorlief ‘n lekker groot Lindt bunnie op die kussing.
    Bunnie kisses xoxo

  7. Oee hierdie een gaan lekker wees. Ons ken nie van skoenlappers nie, ons ken net goue vissies, want skoenlappers verdrink in water en ons speciality is die stort. Man! (en vrou), as julle nog nie die plesiere van ”n stort uitgevind het nie, dan mis julle major uit. Daardie blinkende gladde seeplywe… brrrr…rrrr (en dis nie van koue nie). Dan praat ons nie eens van daardie gedroogvryyyyywery agterna nie en die gang-af-kamer-toe-dans… laat ek liewer los, netnou is daar kinders wat hier lees….😉

    Weet julle van die nog kinderlose ou wat sy vriend, ‘n vader van ses, gevra het hoe dit gedoen moet word? Wel toe antwoord die vriend hom: “Maak haar in die oggend stadig en saggies wakker met liefderyke soentjies so al teen die nek af en vertel haar sommer al vroeg hoe verleidelik sy is. Bel haar dan so vier keer deur die dag en vertel haar hoe jy na haar verlang en hoe haar stem jou hoendervleis gee. Stuur vir haar ‘n bos rose en wanneer julle vanaand by die huis kom, neem haar uit na ‘n baie duur, eksotiese restourant. By die huis gekom, sit haar in ‘n lekker geurige bad in ‘n kersverligte badkamer met sagte musiek in die agtergrond, was haar rug en vryf haar droog met ‘n sagte handdoek terwyl jy haar die hele tyd verseker van jou onsterflike liefde en vir haar in detail vertel wat jy met haar verleidelike lyfie wil doen. Vryf haar in met heerlike olies en trek vir haar haar seksieste neglige aan en sit haar in die bed….

    …en dan bel jy vir my…..

    Waarheid is: Na 34 jaar, met rumatiek en oldtimers is daar baie ander, minder energieke dinge wat baie meer belangrik is…

  8. as ek my mening mag lig, wel ek het immers opdrag gekry van skoor af.

    Jou huwelik/verhouding werk soos ‘n driehoek. Hoe nader julle aan God beweeg, hoe nader sal julle aanmekaar beweeg, dan volg die res wat kom.

    sorry julle geen SNVL van my kant af nie. ek dink dit is maar die goue reël wat jy in jou huwelik/verhouding moet onthou.

    almal gaan een of ander tyd deur ‘n moeilike tyd, solank jy net nie vir mekaar gaan kwaad slaap nie.

  9. Sjoe!, ek het ‘n paar dae gelede op my blog ‘n noodkreet uitgestuur, juis oor jou topic Skoor. So hierdie posting van jou kon nie op ‘n beter tyd kom nie.

    Ek lees almal se raad, hou van die saam kosmaak en die stort😉

    Ek en Kuifie is nou 21 jaar lank getroud en ja, op die oomblik is die “spark” m.i.a. Maar weet jy wat ? Ons gaan nie skei nie hieroor nie, ons sal “werk” hieraan, dis tog wat die huwelik is. Dit gaan miskien nie dadelik gebeur nie, maar ons sal eventually hierdeur kom.

    My raad is: bly mekaar se beste pelle, dit dra julle deur alle ups en downs wat julle paaie gaan kruis.🙂

  10. Ag Skoor, jy maki mooi nie! Hier sit ek by myne own lonely self en sou so graag al die raad wou uittoets en kommentaar lewer en my eie eiertjie wou lê, maar nou sit ek op die kantlyn en drool!!
    En ek het ook nie ‘n wenresep om te deel nie, nie na 4 skoonma’s nie!! Ek weet net die beste was maar altyd om te onthou dit is nie werk nie, maar uit en uit plesier! So, klim in met als wat jy het en ……. Go for it!
    Mag julle almal ‘n orgasmesoriese tyd hê!!

  11. Ek dink die nommer een ding vir ons is om die ander een toe laat om ten alle tye homself te wees. Indien hy vandag iets doen wat jou afpis, onthou, jy hoef nie altyd te hou van hy doen nie. Solnak jy in jou hart weet jy is lief vir hom, en hy is nog ‘n mens met ‘n hart. Dit help natuurlik ook om te weet hy is lief vir jou en jy vir hom.

    Die dag as seks die gom word wat jou huwelik/verhouding aanmekaar hou is daar moerse fout.

    Ek glo in liefde, kontak en dialoog. Moenie kwaad gaan slaap nie, fight en skop eerder tot die son opkom en soen mekaar dan nag, of koebaai vir werk (hang af watse dag dit is).

    Ek is ‘n lui huisvrou, maar kyk, daai bad intap waneer hy dit nie verwag nie, en ‘n koppie wat daarmee saamgaan, werk wondere tussen die lakens.

    Sê wat jy voel, sê jy het lief, gee spasie en koester die her-ontmoeting.

  12. Ps: Skoortjie, ek is so emosioneel vandag, ek tjank nou soos ‘n crack addict se kind met geboorte. Alles is vandag net te erg en intens. Nietemin, my huiswerk is gedoen.

  13. “Ek het PJ en Krista met my eie oe gesien voor moord vir hulle ‘n opsie was, u Edele, en hulle hande vroetel nie met mekaar nie, maar rus op mekaar. Soos ‘n skuit wat teen ‘n jettie vasgemeer le en tevrede weet daar is nie storms op pad nie.” So sal ek getuig as daar problems kom PJ!

    PJ het die gawe om met die geskrewe woord, menigte vroue lekker jaloers op sy Wyfie met die Lyfie se vangs te maak. Maar uit sy skrywe kan ek SAAM KOSMAAK ondersteep (en onderskryf, mits ‘n man nie jou townhouse se kombuis ontwerp het, en jy met iets sit waar jy buitentoe moet gaan om jou mind te change nie…) By jou versamelnaam vir die liefde PJ, sal ek later kom. Wees egter bitter versigtig vir skerp messe met die Cooking Foreplay saam!!! Saam kosmaak is voorwaar iets wat baie meer in SA kan gebeur.

    Krista, deur my vorige verhoudings het ek die volgende besef en geleer: JY GEE GEWOONLIK WAT JY KRY. As ek instap en die bekkie is dik, dan sink my hart vir die aand ook tot neffens selfmoord punt. Maar soms is dit net moegheid of ‘n slegte dag, en dan maak jy ‘n OPOFFERING en verlang na gister toe julle hardop saam gelag het. Mens moet dit as ‘n leefwyse en ‘n groot onthou aanpak. Dan maak dit jou automaties meer sensitief. Julle twee het nou al beleef Skoorlief like van klets, en soms as ek tuis kom, dan word dit sommer vir my vertel daar is nog so 4000 woorde oor vir die dag, want die klient het meer gepraat as die sielkundige (die word mos betaal om te luister!) Dan kreun my ore sommer, en my gesig vertel my misnoe, omdat ekke, die introvert, bietjie wil relax en na my eie kop se stories luister. Maar soms is so ‘n ekstrovert in jou lewe tog te belangrik om vir jou jou eie balans uit te wys. Dan luister ek maar, en aan die einde van die dag het ek ook al my woorde opgesels en is ons gelukkig.

    Cat, Nigella is mooi, maar Anna Mart vd Merwe is mooier. Vertel daai bietjie vir Hunter, en dan LAG julle sodat ek julle kan hoor. Jy is reg. Soms lag jy die einas weg, en ek het vandag gelees dat humor, en die leef daarmee, baie baie goed is vir jou. Spreuke 17:22 “’n Vrolike mens is ʼn gesonde mens, ʼn neerslagtige mens raak uitgeput”

    Aag jinne Graatjie, ek sou jou graag wou antwoord, maar toe neuk jy met die britse taal hier tussen beide en jy weet hoe stomp maak dit my tande, nou sal ek jou maar net so antwoord soos ek reken jy sou hier kom uitpak (en seersekerlik weer die draad kom verloor het, soos ons jou ken)

    Ek stem met die WEES DIE EEN WAT JY WIL He DIE ANDER EEN MOET WEES. Tog is ‘die ander een’ soms die opperste boks wat jou en jou menswees heeltemal vernietig. So ons praat hier van ‘n verhouding waarin geweld en verneuk nognie ter sprake is nie…Ja vir DANKBAARHEID. En ook Ja vir DANKIE Se. Al is dit ‘dankie dat jy in my lewe is’. Of ‘dankie dat jy verlede week my klere gestryk het’. Dan weet die ander een dit word raak gesien, en dit word gese. Dis soos aanraking, die woord DANKIE.

    Ja nee wat, om jouself te degrade gaan jou nie ver bring nie. Maar ek het ook nog nie dit reggekry om soggens vir myself in die spieel te smaail en ‘hello jou mooi ding’ te uiter nie. Dit voel vir my te veel na bloedskande!😆

    Gogga, so warm soos ‘druk hom teen die gangmuur vas en soen hom soos in die movies’?? En dan sleep jy hom tentjie toe en julle speel Bos-Bos?? Sjoe, dit klink awesome. Jou aanbeveling kom dus kortom op VRY neer. I like.

    Hello Liefste Wipneus Paashaas Sterrekyker! Jy meen mens moet jou maat BEKYK en van voor-af BEGEER? Jitte vrou, jy gaan ‘n klomp mense soos hase laat raak. Sjoe, imagine almal in die sitkamer in ‘n tent, ala Gogga, besig om haas-haas te speel!

    Swaai aan kandelare rond….ek lees EKSPERIMENTEER hierin. WAAG jou lewe met vandag se vakmanskap. Sjoe Wipneus, is jy seker jy lei nie die volk die afgrond in nie?

    Jong, Skoorlief eet mos nie tjoklits nie. Ek aan die ander kant, verslind dit. Ek bly pms voorhou. Dan sien ek daar word na my maand se pilletjies geloer om te sien of dit dan nou werklik die rooi zone nader, en skalks geglimlag. So daar gaan nie Lindt tjoklit hase (weer jy en jou hase!) wees nie, want my rooi pilletjies le doer in die toekoms!

    Vir een met ‘n huwelik uit die ossewa tyd is jy nogal die mees begeesterd deur hierdie vraag gewees, en gaan ons ‘n bevolkingsontploffing kry as ons jou raad volg!!!

    Annaaaaa. Gits. Saam vuil. Saam nat. Saam glad. Saam skoon. Saam ligsinnig. Dit klink soos die lewe moet wees. STUITIG en blink gevry! En ‘n lekker skoon handdoek wat ruik na son, om mekaar mee af te droog en te TROETEL. Naais.

    Fisshy, moenie kwaad gaan slaap nie, is iets wat ons ook al probeer volg het, maar gaats, soms werk dit nie so nie. Daai seven year itch en daarna, laat dit nie meer toe nie. Jitte, dis maar terrible as die rug vir jou le en staar snags. Ek het al lus gehad en vat ‘n permenente koki en teken oe daarop. Of so iets! Ek stem met jou. God is baie belangrik in enige verhouding!

    LAG Twilight. Heeldag. Jy stel hoe eise. Dis wonderlik. Lag maak jou lig. En dan kan jy sommer goed naaldwerk doen! 😆 😆

    Koeksister – ek hoop regtig dat beide van julle meer as bereid is om effort in hierdie lang verhouding te sit. En ek hoop dat hier iets tussen al die gepraat is, wat julle teen die hart kan gryp, en wat julle kan help om dinge weer soos gister te kry!

    4 Skoonma’s Antie K? Jy vatikaki ne!!! Ek dink jy moet sommer weer ietsie daar gryp langs die Weskus en lag lekker hard dat jy jou siel kan hoor vibreer.

    Flonkie, ek is nogal ‘n bleeksem wat ‘n ‘wrok’ kan dra. Ek vergewe en vergeet nie sommer nie, want my selwande laat dit nie toe nie. Mens moet dus WEET WAT JY HET, en onthou hoekom jy daai maat gekies het. Ek kan nie meer met jou saamstem nie. As jy dan ‘n crap maat het, het jy crap smaak en maak jy crap keuses. Oeps!

    Nou kom ek terug by PJ, en ook steeds by jou Flonkie – KOMMUNIKASIE. As mense nie praat nie, dan stuur jy op ‘n ysberg af. En nie twakpraat nie, maar regtig se as dinge jou pla. As jy nie van iets hou nie. As jy bang is vir iets. As ‘n sekere posisie jou nie aanstaan nie, of whatever. PRAAT, PRAAT, PRAAT.

    Dankie julle wat hier kom insette lewer het. Dankie PJ wat die ys kom breek het op die regte oomblik, dankie vir almal wat ek opgekommandeer het, wat nog op pad is met hulle wyshede en sextips.

    Flonkie, straight mense is darem ook welkom hier😆 ! Drukkie vir jou seer hart.

    Skoorlief, jy gaan weer eendag nuuskierig genoeg wees en kom posts lees. Daarom, vir jou: Jy is my LAG, my LIG, my LIED, my LUS en my LEWE!

  14. Ag ja, agteros kom ook uiteindelik in die kraal. Ek bly saam ‘n volslae introvertiese (is dit ‘n woord?) pessimis en als moet soos chewing gum uit hom uitgetrek word, so, dan doen ek dit maar. Ek is maar ‘n stubborn klein bleeksem en gee nooit op nie. As ek sien die dag was te lank, dan nooi ek hom kombuis toe en ons skil, en kook, en roer, en PRAAT – sommer net of ons sit in die bar, gooi ‘n vleisie op die vuur, drink ‘n Miller (of twee of drie). Daarna is die ys gebreek en hy voel beter met minder stres en sien weer die ligte kant van die lewe. Moenie fout maak nie, soms is ek nou ook nie ‘n ray of sunshine nie, dan los ek hom dat hy maar broei en probeer dan maar die volgende dag weer. Ons hou nog hande vas en soen soos tieners – selfs ‘n onverwagte piksoentjie doen wondere glo dit of nie. Hy sluip suutjies rond in die oggend sodat hy my nie wakker maak nie, want lets face it, ek is NIE ‘n morning person NIE. Ons doen meestal dinge saam, maar soms het ek me-time nodig en hy het nie ‘n probleem daarmee nie. Hy het nou al agter gekom wanneer hy my moet uitlos (so een keer ‘n maand) en versigtig moet loop om my, om te verhoed dat hy koploos die toekoms moet in en is gesteld op my moods, nes ek is op syne. Jy leer mekaar ken, jy werk elke dag aan ‘n verhouding, jy gee, jy neem, jy deel, jy doen, jy stry, jy baklei, jy vry, jy praat, jy skree (soms), jy soen, jy druk, jy vat, jy vryf, jy leef – en al hierdie goeters doen jy met oorgawe. En ja, ek sekondeer nogal die stort ene – dit doen wondere🙂. So, dis gee en neem en neem en gee die hele tyd. Die dag as jy ophou werk daaraan dan kan jy of hy maar begin tasse pak. Die doodsteek in ‘n verhouding – volgens my – is as jy gewoond raak aan mekaar. Hy/sy is maar daar en “so what”. DAN het jy ‘n probleem. Ek kry nog flutterbies en soms hartkloppens ook (miskien het dit deesdae meer met bloeddruk te doen??) en dis fantasties. Dis nie altyd maanskyn en rose nie maar as ‘n dorinkie jou steek dan is dit nogal nice as daar iemand is wat vir jou ‘n roompie en ‘n prentjiepleister opplak en sê moenie worry nie, dis OK.

  15. Kan ek maar agteros wees hier…ek het net die post gelees, niks van die comments nie.

    Ek het iets gesien van kommunikasie. Skoor? Anyway, dis die geheim. Meeste mense is onseker wat dit beteken, en dis moeilik om dit perfek te verduidelik. Kommunikasie is nie net praat met jou stembande nie, dis die minste.

  16. Sjoe! Dit was nou ‘n lekker lees van wat almal se en ek dink meeste het gese wat ek sou se. Daardie een van nie kwaad gaan slaap nie, 1 Korintiers 13. (hoekom lyk my spelling van Korintiers so snaaks? of is dit ek?) Respek vir mekaar te alle tye. Ek weet van nie een keer waar ek of manlief vir mekaar geskree het nie of mekaar kwaad geantwoord het. Ek is seker geseen. Manlief is ‘n groot Christen en ek dink ek kan my skoene agterna gooi vir die man wat hy is, ek kon nie beter gekry het nie. Klein dingetjies soos kaartjies met mooi woorde op spesiale dae, blomme wanneer jy dit nie verwag nie, iets waarvan net jy hou koop, bv vars vye!, dinge doen in en om die huis [maw huiswerk deel/kinders grootmaak deel…niks word net vir my alleen gelos nie], alle verantwoordelikheid word gedeel, dit maak dit net soveel makliker vir jou as vrou/ma as dit gedeel word, want dit is tog waaroor dit gaan, ek glo nie aan sekere dinge net vir mans en sekere net vir vrouens. Manlief het vuil baba doeke omgeruil sonder blik-of-bloos/kla – as ek winkels toe was en hy tuis was, hy het nagte opgestaan en bottels gegee…en my gelos dat ek slaap.[iets wat my pa ook gedoen het soos my ma ons vertel het, dit versterk net daardie bond tussen pa/kind] Ek het in SA ook gras gesny/tuin gemaak! – dit was my lewe om buite in die tuin te wees, manlief sou eerder vir Piet aangekeer het om gras te sny…lol. Kommunikasie belangrik, soos almal reeds gese het [of meeste], want ek meen, jy het hierdie maat gekies vir die res van jou lewe. Ek hou ook van daardie stort-idee! – en die bad! Sjoe, hoeveel keer het hy my beenhare geskeer! maar nou’s ons bad net-net te klein, ons pas net-net in, bietjie ongemaklik…haha..ons stort-spasie ook te klein. Saam dinge doen, bv gaan stap! (tent/kampeer vir ‘n paar dae! …nie straat-af stap nie). Kommunikasie ook van wat jy van hou en wat nie! — want hoe gaan jy weet as jy nie daaroor praat nie. Ek dink oor hierdie topic kan mens ‘n boek skryf.

  17. Haai Skoor, hoe skaam kry ek nou! Het jy ons miskien afgeloer… kan nie wees nie want in daardie dae was jy seker nog ‘n ou babatjie😉
    Dit was baie tong-in-die-kies geskryf. Wat ek egter in alle erns kan se is dat ek(en ek dink hy ook) gewoonlik wanneer ons krapperig was met mekaar, of sommer net, onthou het dat geen mens of huwelik 100% volmaak kan wees nie, so konsentreer maar liewer op die 95% goed en vergewe die 5% foutjies. Liefde wat hou begin met die stortstories, maar eindig gelukkig nie daar nie. Uit dit groei ‘n baie hegter band. Daardie een van ek weet wat jy dink deur net na jou gesig te kyk… ek weet hoe jy voel deur net in jou oe te kyk… ek hoor wat jy nodig het deur net na jou stem te luister… en ek weet jy ken my op dieselfde manier.

  18. Emma doen dit goed hier. Sy weet waarvan sy praat. Jipja daai ene.

    Skoor, Ding moet nou eers hardloop, maar Ding sal graag hier kom gesels oor hierdie. Ding het nog nie kans gehad om die kommentare te lees nie. Gelukkig is dit amper af-naweek…

  19. Skoortjie – imagine ek het nog oor verhoudings gepraat waar geweld en verneuk wél ter sprake is🙄 – daai scroll button regs sou so kleeeeeeiiiiiiiin geraak het…
    Al wat ek wou seg is dit:
    As Liefie vir hom in 1980 ‘n Ford Escort gekoop het en die verf dop af en hy’s geroes en hy het Marie Biscuit tyres op en hy’t geen meer intrade value nie EN liefie het nie die geld of means om dit tot sy volle glorie te herstel nie, gaan liefie óf nie ‘n dinder omgee hoe hy met hom ry nie, of hy olie lek en waar hy hom stamp nie. As liefie jou spiksplinternuut gekry het in 1980 en jy kyk nie na jouself nie en heg nie genoeg waarde aan jouself om daarop aan te dring dat hy na jou kyk nie, (unlike die arme kar wat nou nie ‘n sê in die saak het nie), gaan jou waarde (ook in liefie se oë) daal – die eerste roesplek wat jy nie aanmeld en aandring op herstel (en deeglike opvolgpolish sessies) nie. Die eerste stel mags wat jy ter wille van ‘n nuwe Ventertjie opoffer – die eerste kraak in die voorruit wat jy jou later teen blindstaar, want ‘ek kan darem nog weerskante verbykyk’ – en vir dié model is ‘n ‘nuwe uitsig’ darem seker oorkapitalisasie🙄 en voor jy jou oë uitvee – en glo my daar is meer vrouens wat 20-30 jaar into relatiewe stabiele doodgoeie gewoonte verhoudings is wat ook nog wou oë uitvee – koop hy ‘n spiksplinternuwe BMW… convertible… vir die nuwe pop, met die lang lokke wat in die wind kan waai (want jy het joune téén sy sin in 1990 afgesny en geperm vir wash’n wear) – En frankly, my dear, as jy jou worth geken het en hom bietjie meer ‘elbowgrease’ laat insit het vir jou, nie toegelaat het dat die kinders op die agtersitplek eet (en kots) nie – sou jy dalk nog in mint condition gewees het en ‘n collector’s item daarby. ‘n Man (partner) wat trots is op sy vrou (partner) – en ek praat nie van bloot looks en uiterlike nie – ek praat van die full package (die enjin, die ratkas, die bedrading, die bodyputty en als ingesluit) – en aandeel daaraan het dat sy in haar volle glorie steeds begeerlik is, want haar waarde styg, ‘coz hy weet: jy kry nie meer sulke modelle nie!
    Help veel jy wil ‘n blogger red of iemand wat die net surf met : ons-is-lief-vir-mekaar niks-kan-ons-skei-nie – so-maak-mens-vonk…
    It takes two – en in meeste gevalle probeer EEN altyd die spark hou – die vonk terugsit – die asem terugblaas. Bittermin dat altwee ewe veel moeite doen. Die raad: gaan vir ‘n make-over! Selfs ‘n spiritual/mental makeover sal jou ook al beter doen. Be all you wanted to be. All you can be. Do all you can do to feel really good about yourself – watookal dit is wat jou soos ‘n million dollars laat voel… glo my, liefie gaan sy g@t baaaaaaie vinnig van daai bank af lig, as jy bietjie meer soos ‘n vlinder act en die son en blomme en LEWE geniet en nie soos ‘n mot al om sy ou vlammetjie draai nie.
    DAN kan julle saambad, kook, chat, giggel en what-not-als…

  20. Skoor
    Ek het my omtrent verkneukel van plesier toe ek die blog met al die kommentaar lees – Ek dink ons moet al die kommentaar iewers publiseer- so lekker gewees om dit te lees. Sommer lus en print dit uit as ek by huis kom!!! Ek sit vanoggend hier by Pringlebaai en kyk virrie see- Vroulief slaap nog , maar ek gaan sommer nou opstaan en vir haar soentjie gee!
    Met alles wat julle gese het wil ek net ok ‘n eiertjie le (ek sukkel vanmore om die kappies op die e te kry)
    As ek aan die huwelik dink: dan kom die woorde “aanvaarding” en “aanpasing” by my op. Om mekaar onvoorwaardelik te aanvaar en nie te wil verander nie- Dink bietjie daaroor . ‘Aanvaarding beteken nie dat jy mekaar se “nukke en sondes” moet aanvaar nie – daaraan werk jy , maar dit is om mekaar se persoonlikhede te “celebrate”
    Verder dink ek -ons moet almal bokant ons kamerdeur die woorde skryf : Het ek vandag al by my maat aangepas? want sowaar -as jy nie by jou maat wil aanpas nie of aanpassings in jou lewe maak nie, gaan die huwelik bitter swaar wees. Dink net mense wat nie bereid is om “verstellings” in hulleself te maak nie, moet maar liewer alleen bly. Julle het my sommer gesinspireer om weer oor die wonderlike ding wat ons die huwelik noem te begin skryf.

    Ek weet ook dat baie mense wat jou blog lees – dalk nou met ongelooflike stukkende harte lees- want hulle verhoudings het lelik skeefgeloop- Wel dis more Goeie Vrydag. Jesus het ook vir daardie seer betaal en gelukkig het Hy opgestaan – so daar is vir elke stukkende mens en verhouding nuwe hoop!!!

    Wag ek moet gaan- daar roep vroulief noual om koffie te bring en ek het nog nie eers die oggend soentjie gaan gee nie!!!!
    Mooi Paasfees vir julle almal

  21. Charms, roompies en prentjiepleisters en weereens kommunikeer. Mans is mos maar enig moeilik om aan die praat te kry. As mens so ‘n man het, is jy geseend onder die vroue. Maar ‘n introvertiese man wat ‘n vrou kry wat hom kan laat ‘oopsluit’ is meer geseend!

    Ai vriendin Emma, dis mos waaroor die hele ding gaan – as jy nie se daar is dinge waarvan jy nie hou nie, sal jou maat nie weet nie. En as julle vies kan raak en dinge uitpraat, dan is dit asof die herfsblare sommer sonstrale in hulle lendene het!

    Nikita. Ek wonder of jy al gekyk het of daai man van jou nie dalk vlerke onder sy hemp het nie? Want wragtag, jy het die jackpot geslaan tannie! Die OPOFFERING wat ek in julle verhouding lees, en die LIEFDE met RENTE wat ek van hoor, maak my hart sommer warm. Bly aan mekaar waardeer en vir mekaar lief wees. Asb!

    Anna, as ek toe nog ‘n baba was, sal ek aandring op ‘Tant Anna’ as aanspreekvorm😆

    As mens nie spontaan kan vry nie, kan jy nie spontaan praat nie, en nie spontaan leef nie.

    My jimmel, ons Calvinistiese Afrikaanses moet ons g-strings ‘n slaggie uittrek en kaal voor die TV verby stap en sien hoe lekker die volgende maand gaan wees. Gooi ‘n rooi serp oor die bedliggie en ‘n rooi serp tussen jou tone deurgevleg en roep jou maat om daai rooi serp oor jou kaal rekmerke te kom streel. Shits, ons lewe net een keer, en as ons nie in die stort gaan vry nie, dan gaan ons nooit weet of dit kon werk nie. Relax. Praat. Lag. Leeeeef!

    Graatjie, ek gaan binnekort ‘n post daaroor doen. Wat gebeur as jy nie kon patch nie, hoekom het dit gebeur, en waar is jy nou… Tot dan gaan ek my Escort VOL Stormers stickers plak dat die roes nie wys nie, en ek gaan net sit en giggel vir jou verduidelikings!

    Quintus, druk gou jou ore toe…(meisies, gaan sien hierdie man se kiekie op sy werf. Gits dis mooooi, sy vrou kan nie kla nie!😯 )

    Quintus, jy is meer as welkom om hierdie replieke te gebruik om vir iemand in die hand te stop. Dis ‘n klomp gesels tussen gesiglose vrinne, maar miskien, net miskien, is daar iewers ‘n link wat ‘n liggie kan aanskakel. Ek is seker jy word bitter baie met hierdie gekonfronteer. Onverstaanbare dinge.

    Ek is absoluut gek oor jou idee van ‘HET EK AL VANDAG BY MY MAAT AANGEPAS’ Ek gaan dit doen. En ek weet ek gaan kort kort met ‘n vonkel in die oog daaraan herinner word!

    Aanvaar die keuse wat jy gemaak het. Ja. As jy leef om jou maat te verander, en die verandering vind uiteindlik plaas, IS DIT REGTIG WAT JY WOU He? Ek wonder. Verander wat jy kan, en lief wat jy nie kan nie.

    Veilige Paasfees vir jou en joune. En se vir jou vrou, namens die bloggers dink ek sy is eerstens baie gelukkig, en tweedens slaap sy te laat! 😆

  22. Seg ek mos ook Skoortjie!! Gaan BOS!! Ek moet nog my Vriending se handige (beter??🙄 ) helfte:mrgreen: vra om daai paal in my kamer te kom plant – want as my tien-duim-twee-linker-hande Helge dit moet doen, sien ek my g@t én rekmerke en issit verbande en Deep Heat in plaas van rooi serpies en KY😳
    (ek begin hierdie maand amtelik met my paaldans lesse…😉 )

  23. Sjoe, ai! Ek wil bitter graag iets sê, iets van my ideale deel, maar ek kan nie uit ondervinding praat nie. Ek ken van die WARM verhoudings, maar die BLY daarna was nog tot op hede nie my forte nie😉

    Oor die drange en die vonke kan ek my wel uitlaat, maar ek is seker julle het nie ‘n probleem in daardie area nie, of hoe?

  24. BeeBee, mag ek jou waarsku om nie deurmekaar met die KY en die Deep Heat te raak nie. Ai, daai glip van die paal af, en dit wyl jy eintlik op die paal wou wees en die DEEP heat van Deep Heat. 😯 ons moet dadelik hierdie praatjies op hok slaan, want ek het ‘n vuil idee hier kom dinge oor pale uit waaraan ons nognie gedink het nie, en ek is seker jy wil nie vir PJ & K die skrik op die lyf jaag voor daar ‘n paal is nie! 😆

    My liefste Kaneel jy kan hier kom loer en lees en leer en luister, solank jy vir ons ook eendag gaan vertel wat dan skort! Jy koop dus net ‘n ticket vir die ride, maar nie ver verblyf nie? Jitte. Soos ek vroeger gese het, ek post later ‘n post oor daai ding van aanbeweeg, of oorbeweeg, of terugbeweeg. En die wegbeweeg. Gaan jou wel tot dan vriend, en gooi nog ‘n houtjie op die vuur! Hierdie gaan ‘n lang winter wees.

  25. Nuwe navorsing het getoon dat uiters gunstige resultate verkry kan word deur 2 of meer van die bogenoemde rate te kombineer.
    Dit is byvoorbeeld baie interresant om met soveel oorgawe te kook dat jy nodig het om te gaan stort voor jy kan opskep.
    # Tip: vind net ‘n manier om die kos warm te hou. Jy gaan honger “gestort” wees😉

    Ewenwel. Life is short en die lys is nog laaaaank. Ek hoop dit reën die hele naweek soos dit nou buite reën

    P.S. Kry ‘n voorskoot wat die ribbetjies ook bietjie toemaak. Die warm goed wat spat van die baldadige gekook brand blase op kaal vel.

  26. Kom Boernig pak die rouste eerlikheid op jul pragtige gewetens. Jul maak mooi praatjies. Party glo ek….amper.
    Jul maak liefde praatjies. Party glo ek…amper.
    Jul maak kom-ons-bly-altyd-bymekaar-tot-wie-weet-waar. Ek weet daarvan.

    God weet, en dis nie maklik nie.

    En seks is nie die gom wat als aanmekaar hou nie, maar daarsonder gaan dit gou-gou uitmekaar val. Glo ek.

    Nou maak ons twee. Ek en Boerseun so! Dis nou 22 jaar en ons ken mekaar. Dis nou 19 jaar, toe bly ons saam. En ons BLY en BLY en BLY. Soms is ek nogals bly ook oor ons so bymekaar bly. En dis eintlik maklik. Nie sonder trane nie, net maklik. Jy bly net.

    Om altwee warm en gelukkig te hou, skreeu ons op mekaar as ons so voel. Ons gaan slaap demoorin as ons so voel, en ons vark-jou! ja, oukei! vark-jou-ook! as ons so voel en basta met opkrop. Dit veroorsaak soms moerse spanning en trane en so aan, maar een ding wat ons darem weer bymekaar bring is die seks. Glo my, dit voel net of als dan weer in plek gaan le.

    Verneuk was nog nooit `n opsie nie. Ons is dag in en dag uit in mekaar se dem hare. Ons drink en slaan nie aan mekaar nie. Finish en klaar. Vertroue is deur jare opgebou en gaan so bly.
    Respek is soms wankelrig, want ek kan nie altyd so beledigend soos Boerseun wees nie, maar ek sal dit haat en gril om aan iemand anders gewoond te raak. So, dis NIE maanskyn en al daai jazz nie. Maar ons is peers. Dis wat tel hier…ek dink so. As hy iets kan doen of se, dan kan ek ook. As hy `n orgasme het, gaan dit later my beurt ook moet wees. So, hy beter uithaal en wys.

    Siende dat hy nie van soetgoed hou nie, kan ek hom nie verlei met kos nie, maar wel met koek. So, dis dan maar soos dit is.

    Dan kom die lekker deel, ne?

    Praat. Jitte! Mens kan mos nie ruik wat die ander ene wil he om gelief te word nie. Dan praat ons hom by name. Na soveel jare nog steeds. Als verander mos, en giere ook. So, praat en vra en praat en vra. Maar `n rugkrap bly die lekkerste.

    Op al die plekke in die huis, was die tuin in die donker nog die lekkerste vir my. Ek giggel my amper in `n tiener in en dink glad nie aan al die spinnekoppe op daardie tydstip nie. Ek is vrekbang daarvoor ne, maar die opwinding! Niks beat kikijoegras nie.

    En altyd opsoek na nuwe smeergoedjies. KY is NET bedoel om rektale koorspenne te gebruik! Jitte, Skoor? Het julle nie `n Clicks nie?

    Dag en nag maak ook nie verskil nie. Mens maak plan as die nood druk.

    Nog een ding, `n goeie sessie laat ons altyd NA die tyd lekker stuitig wees. Dan lag ons tot wie weet hoe vroeg innie smorens.
    Daar is niks wat ek en Boerseun so laat lag…

    Soos die HAT nie!

  27. Net om verwarring te voorkom, ek sal wat wil gee om die ticket vir verblyf te kan kry. Ek probeer baie hard en ek hoop om iewers die fout te vind wat ek maak. Die ride is al wat ek kan kry at the mo.

    Koeksister, ek wonder of jy nie dalk beter as ek weet wat skort nie, want ek is pretty clueless… (in general, nie gemik op iemand spesifiek nie😉 )

  28. En hier’s die genuine agteros. 😉

    Ek en my geliefde kom baie goed klaar. Doen regtig meeste goed saam. Ons lag vir mekaar se grappe, hy maak vir my koffie en ek sny sy toonnaels en wenkbroue. Ons kan aande filosofeer oor ‘n bottel rooiwyn. Baklei regtig, egtig baie min.

    Maar soos jy se, somtyds is die vonk net weg. Dit voel of jy saam met jou beste tjommie in die bed kruip. 😆 Dis wanneer ek dan die volgende doen:

    Probeer onthou wat van hom aan die begin my tone laat opkrul het van lus en listigheid.
    Ek kyk en voel en vat aan sy lyf, sien dit weer met nuwe ogies. (Want regtig, hy het ‘n paar mooi boudjies.)
    En dan, seks sonder ophou. Hoe meer jy dit doen, hoe meer wil jy dit doen.

    Of was dit nou te veel detail? 😳

  29. Sagtheid doen dit vir my. Dis in die oe, in soene, in aanraking, in die woorde. Sagtheid wakker die liefde in my aan. Die sagtheid van ‘n vrou se oe as sy jou wasemrig in jou nek soen. En die sagte rondings van haar kurwes. Oordadig soos ‘n ryp adamsvy. Soet en sag.

    En soos my ouma altyd gese het: my kind ‘n man is soos ‘n lig-jy switch hom aan en jy switch hom af. Maar ‘n vrou-sy is soos ‘n strykyster-as sy eers warm is, vat sy lank om af te koel!

    Die koestering van ‘n vrou se lyf as jy in die koue donker alleen ure agter haar rug inkruip en sy sag sug wanneer jou koue lyf haar omsingel.

    Maar dit is die lag en die speelsheid wat julle tussen die sagte tye dra. Soek dit, skep dit, email dit, lees dit en bulder dit uit vanuit jou naeltjie. Lag deur die seer tot elke harde kolletjie sag word. En dan staan ons weer en weer.

    By sagtheid.

    Dankie Skoor, vir die Lag, die Lig, die Lied, die Lus, die Lief.

    En die Sagtheid.
    Joune.

  30. …. Skoortjie en dis mos nou die stuff waarvan fairy tales gemaak word. Ek voel nou soos Flintie met die trane en menopause saam 😆 “You are loved girla”!! (Hy lees toe wel jou blog, hulle doen altyd😉 😆 )

  31. Ek is seker hier is al genoeg kommentaar om ‘n hele bylaag in die Sarie van te maak . . . en doom Quintus kan die opening skryf en Skoorlief die slot.
    Aai die stukkie van Skoorlief is so mooi, ek het nou al glad drie maal my bril loop skoonmaak maar die wêreld bly mistig.

  32. “…sy sug sag wanneer jou koue lyf haar omsingel…”
    —Ek wil net vir Skoor-se-lief se…ek sug nie sag nie, daardie koue lyf is altyd so koud en maak my koud en my gilletjie wat daar uitkom as hy my “omsingel” is beslis nie “sag” nie. lol….3 hoeras vir Skoor wat “sag sug” Jy is ‘n deugsame vrou, Skoor..dis in Spreuke ne…”jou waarde is ver bo korale”..🙂

  33. Jou raad sal ek graag wil hoor, koeksister. Dit mag my dalk net help in die toekoms. ‘n Ma tel baie op uit klein leidraadjies. niosu@yahoo.com of enige plek, asseblief.

  34. Ding is so laat met hierdie dat Ding nie eers kwalifiseer as agter-os nie.
    Skoorlief skilder presies wat Ding geleer het en ondervind. Verbatim.

    Skoor, op die oomblik is Ding se liefde nie jare oud nie en tog eeue oud. Ding se liefde is nog soos die aand toe Ding daarvan bewus geword het: privaat. Ding kry net nie reg om te verbaliseer aan die wye wêreld nie, Ding vermurwe eenvoudig. Maar ja, God se mooiste skepping laat vir Ding vaster as Tafelberg staan en stokbedonnerd raak EN brooddoeksaf. Dis die eerste vrou wie vir Ding sy Cats laat verruil vir balletskoentjies. Ding probeer regtig dink aan die vonk-resep en dit is reeds alles gesê. Ja, kommunikasie IS belangrik. Ding kan praat van ons ses sleutels, maar Ding wil nie, want dit is ons s’n. Vir nou. Ding kan praat oor die omdop in ‘n verhouding, maar Ding wil nie, behalwe die geheim wat Skoorlief reeds so netjies geskilder het: sit aan, sit af en strykyster.
    Ding reken uiteindelik is dit balans en genade. Balans in kommunikasie – Ding het geleer dat mistiek en misterie net so essensieel is soos openheid; Ding het geleer dat roetine net so belangrik is as verrassings; Ding het geleer dat vasvat net so belangrik is as vertroosting; Ding het geleer dat gee en neem ewe belangrik is en so kan Ding aangaan – oor balans. Genade: is die geleentheid om lief te hê en liefde te smaak nie suiwer genade nie. Lank terug het Doom Attie verduidelik oor genade en Ding sal daai nog lank onthou – om genade te betoon en genade te ontvang. Juis wanneer dit nie voorsien, verwag of verdien word nie. Jipja, Ouding reken so.
    Ouding is nog jonk in sy liefde, maar Ouding weet ook dat hy sy Veertjie nie sal vashou en lei wanneer sy vlieg nie, maar hy sal haar vlug volg; hy sal haar nie vang wanneer sy val nie, maar hy sal haar inwag, haar gelukwens met ‘n prag landing wanneer sy op haar voete land en so kan Ding aangaan – sy ken die res. Ten slotte van die relaas: Ding het sy Veertjie lief met Ding se verstand, Ding se siel, Ding se hart en Ding se lyf. Ding geniet haar ongelooflike breinvermoë; Ding vind aanklank by haar siel – Ding se sielsvriend. Ding se hart klop in pas met hare. Ding se lyf hunker maar altyd weer na Ding se Veertjie s’n – DIT is darem maar wragtig die onverwagte bonus … geeneen kon nog ooit vir Ding roer soos sy doen nie. Gits. Ja, goed, Ding KOOK by die blote gedagte daaraan… Ding kan nie wag om saam met haar oud te word nie.

  35. Ek sien ook nou die tag, Skorie

    En Ding het dit alles verduidelik – dankie Hedgie…
    Kan mos nie in woorde uitdruk nie…weet net van hoe met landsake.

    Wil net byvoeg: leer jou partner KEN en gee ERKENNING. Dit het my laat blom

    Dankie Skoor en Skoorlief

  36. PJ, kan ek die volgende aanbeveel vir die kookslag, net ingeval die krag uit is en die kos nie warm gehou kan word nie, of julle nie van uitgedroogde kos hou nie….Kaas, beskuitjies, wyn. Sny die kaas langsamerhand in stukkies en blokkies en vormpies…en dan gaan stort julle!

    Nou vir die vraag: was dit toe ‘n baldadige naweek? 😉

    Boernig – jong, smeergoed laat my koud, maar VERFGOED werk beter. Heuning…tjoklit…room. Dis nou as nagereg, NA die bakleiery, maar VOOR die vryery😆

    Vlam, ‘n bottel rooi doen wondere vir die gemoed. Is waar. Ek hou van jou ‘remember the roots’ teorie. Mens moet wragtag soms gaan stilstaan en dink wat was dit wat jou dag 1 gegryp het van die ander persoon. En dan soms hard konsentreer, maar mens kry dit gewoonlik weer raakgesien!!! Seks seks seks??? Wow. Nou ja, daar het almal dit. It’s addictive the more you get.

    Skoorlief – my jinne, jy kan toe actually ‘n rekenaar werk! Ek is beindruk. Ek dog jy werk net met my gal! 😆 Dankie myne, ek sal nooit die dag vergeet toe jy in my hart kom inhop het teen die trappe af nie. Daai dag het my lewe eintlik regtig eers begin. Voor dit was alles trial en error, met meer errors as fun. Ek lief jou. Van jou deurmekaar hare as jy opstaan, tot jou koue voete as jy kom le!

    LOL @ Nikita!

    Koeksister, ek insist dat jy Kaneel se raad hier neersit, want ons is almal geweldig nuuskierig!

    Ding, wanneer jy die dag reg is om die 6 Sleutels met ons te deel, stap terug op hierdie link, en kom maak asb so. Enigiets wat kan help om ander se paaie meer gelyk te maak, ne!

    If you can’t be with the one you love, love the one you’re with. Interessante song. Ek dink mens kry by elke mens wat jy ‘n deel van jou lewe gedeel het, iets om saam te vat. Sommige dra ‘n sakvol seer, ander ‘n broekvol verlange.

    Ek stem Sammi, wees openlik en eerlik sodat jy geken kan word, en mag ken. Slegs dan kan jy met respek kommunikeer en liefgehe word.

    Ek salueer vandag elke verhouding in gister. Wat my geslyp en verpletter het. Want vandag kan ek met oortuiging se ek het wat die beste is vir my. Ek was gelukkig om die maat te vind wat uit dieselfde stuk hout as ek gesny is. Ons meer teen mekaar vas as die storms om ons woed. En in ons baai is dit kalm.

    Ek hoop dit is vir julle almal ook beskore.

    Dankie dat almal, of byna almal, kom deelneem het.

  37. Skoor, net gou vinnig om jou te laat weet dat ek nie my gat aan jou afgevee het nie.

    Ek het egter geen raad nie. Een van die min goed waaroor ek niks te se het nie. Ek leer maar so saam met die res.

  38. XP, ek stel voor jy lees dan maar die hele post en al haar comment kuikens en leer iets vir future reference. Het so gehoop julle jongetjies kan bydra tot gesprekvoering, maar julle sit rook seker heeldag dagga in die son. Ai! 😆

  39. Dagga! Snork!

    Ek kan jou vertel hoe om ‘n suksesvolle verhouding met jouself te he. Maar dan, ek is maklik om te please.
    😳 Ek was nog nooit in ‘n langtermyn verhouding nie. 😳

  40. Vredestwakkies… hmmm… was nie ‘n sleg idee nie tot die groot val…Weet Ding steeds nie of vredestwakkies is vir jongmense en Ding nie meer jonk is nie en of vredestwakkies juis nie vir jongmense is nie en Ding wel nog jonk is. Maar jipja, vredestwakkies laat ‘n brein so vinnig werk dat alles anders vreeslik stadig gebeur en so buitengewoon lank neem voordat dit gebeur.

  41. Skoortjie my ou maat, jy is nou op BAIE dun ys.

    Ek is ook jonk, en ek sit nie en rook ‘n zol heeldag in die son nie, iemand moet werk vir ‘n lewe.

    moet niks vir vanselfsprekend vat nie, werk hard aan jou verhouding en maak seker dat julle saam kan stem oor ‘n besluit. Werk hard aan die verhouding en jy sal die vrugte daarvan pluk. weereens soos ek boontoe gesê het, MOENIE gaan slaap as julle nog kwaad is vir mekaar nie.

    o ek weet dit is so bitterlik moeilik om nie kwaad te gaan slaap nie, maar dis die moeite werd om dit uit te praat. Gee die ander een ‘n kans om sy/haar kant te kan stel, en luister wat hulle te sê het. Hy/sy is veronderstel om jou beste pel te wees. Daardie ding van ‘n vriendin aan die kantlyn WERK NIE!!!! julle het of gesamentlike vriende of glad nie.

    Solank jy respek het vir mekaar, is jy nog op die regte pad. mens mag mekaar nie name noem of vloek nie, dit maak so so seer. jy mag niks vir mekaar weg steek nie, AL is dit iets baie erg, stel my eerder gou teleur en ek eet ‘n sak sement, bollie ‘n baksteen uit, en bou ‘n brug en kom oor die gevoel as wat jy vir my jok, en vir my goed weg steek. as jy dink ‘n ander vrou of man is hot, Sê dit. jy mag kyk maar jy mag nie vat en begeer nie, because why? because i said so! Stel bietjie belang in mekaar se doen en late, gaan sit met ‘n kers en ‘n lekker glas wyn en praat oor die gebeure van die dag, praat lag en huil saam met mekaar, troos jou man as hy huil en hartseer is, ja dis ok vir ‘n man om te huil, want hulle raak ook emosioneel.

    Onthou respek en liefde, vertroue en sekuriteit is die 4 belangrikste feite wat ‘n verhouding moet hê.

    Skoortjie, ek hoop my comment beteken darm iets vir die ander mense.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s