Tuiste » Skoor Bek » Luister, my mense

Luister, my mense

Vandag wil ek ‘n ope brief aan almal skryf wat wil lees.  En ek vra jou om my nie te veroordeel of aan te val nie, want dit is my opinie, en net soos jy, het ek die reg om dit te lug.  Ek behou dus die reg voor om jou comments te delete as ek voel dit hoort nie hier nie.  Maar in die lig van die ANC se sogenaamde DEMOCRACY woord, sal ek egter twee keer dink voor ek dit doen.

Eugene Terreblanche is dood.  Fyn gekap met pangas en knopkieries.  Of pangas en staalpype.  Mens moet mos maar die nuus glo wat jy hoor.   As jou baas jou nie betaal nie, slaan hom dood.  Moenie onderhandel nie.  Slaan hom dood.  Dan bel jy die polisie en laat jou vang.  Alles sal okay wees. 

Ek was geen ET aanhanger nie, alhoewel ek gedink het hy lyk darem erg spoggerig op sy pragtige perd.  Ek het nie sy politieke sieninge aangehang nie, en ook nie sy ideale nie.  Ek is NIE verregs nie.  Net regs.  Ek glo in my God, my Land, my Volk.  In Suid-Afrika.

Ek het myself skuldig gemaak deur vrees te saai deur eposse en artikels aan te stuur oor die langnaweek, totdat ek tot ‘n stille besef gekom het (en ek glo dit was God wat my tot kalmte gedwing het – moenie dink ek dweep nie, Skoor het net vele fasette!)

Ons mense moet DADELIK stop om mekaar op hol te jaag.  Asseblief.  Vrees maak mense lam.  Ons het nodig om nugter en kalm te dink en flink te reageer.

Ongelukkig, as jou vel vandag wit is in SA, gaan niemand jou stop en jou pedigree vra as die kak gaan spat nie.  Niemand.  As jy ingils, Frans of Italjaans of ‘n Boeretaal praat, en jy is wit, is jy ‘n BOER in die oe van die massas wat opgesweep raak.

Die woord BOER uit die vryheidslied wat die sot malema so sing, beteken blykbaar die Apartheidsera se Veiligheidsmagte.  Jajaja, kakpraat is ‘n siekte, en malema en sy handlers is vrot siek.  Hoekom sal hulle nou die massas opsweep teen die ‘veiligheidsmagte’ van hulle regime? 

Mense, hou asb op om mekaar bang te maak.  Ons voormense kom uit moord, haat en opbou.  Ons het gehoop dit sal ons gespaar bly, maar dit mag dalk net wees dat ‘n sot die kruitvat per ongeluk omtrap wyl die vuur te naby hom brand.

Wees nugter, en wees voorbereid om jouself te beveilig.  Onthou ook dat ons ‘n spikkeltjie is in ‘n reuse heelal.  Ons is nie die alfa en die omega nie.  Ipv emails stuur, gaan op jou kniekoppe, en BID soos jy nog nooit tevore gebid het nie.  Ek glo God gebruik sot malema en ET se moord as teken vir sy mense om hulle terug te keer na hom, en om aan die bid te gaan, want niks anders kan ons red nie.  Ons is getalloos, wapenloos, en binnekort grondloos.  Wat is die witmens in Afrika? 

Om met swartmense te probeer redeneer, en in gesprek te tree, bring net frustrasie mee.  Hulle redeneer NIE soos ‘n westerling nie, en hulle sal jou gek maak.  Vra vir Freek Robinson of hy nie gefrustreerd was na vanoggend se RSG onderhoud nie!  Ek wou swepies vleg met my moerigheid.

Raak rustig mense.  Onthou asseblief – mense kan jou liggaan vermink en vernietig, MAAR JOU SIEL BEHOORT NIE AAN HULLE NIE, EN DAARAAN KAN HULLE NIKS DOEN NIE.  Ons is almal een dood skuldig.  Moenie vrees nie.

Liefde en Vrede vir julle almal.

As nagedagtenis:  gelukkige Stigtingsdag vir die wat nog onthou!

26 thoughts on “Luister, my mense

  1. Ja Skoor. Ek is meer aksie bewus, so ek stem saam met beveiliging en al daai, vertel my net hoe doen jy dit na al wat blank is duer die regering ge “de-weapon” is die laaste paar jaar?

  2. Flonkie vriendin, daar was ‘n klomp lamsak ruggraatlose bastards wat vuurwapens gaan inhandig het, bloot omdat hulle te donirs lui was, en nie in hulle rugby tyd wou gaan toustaan om aan die nuwe wapenwet onderwerp te word nie.

    Die ANC regering het geweet daar is luigatte daarbuite wat eerder sou inhandig as om moeite te doen. En dis hoekom soveel mense sonder wapens sit.

    Ek is nie ontwapen nie. Ek het my wettige lisensie.

    Ons het ‘n volk van gemak geword. Enigiets buite ons comfort zone, en ons hokkies is gerattle, en ons wil blou moord skree. Vir wie om te luister? Hoe harder ons huil, hoe duideliker kan teen ons geplot word.

    Shut up, wees stil. Laat die wat ons haat, worry oor ons nie hof toe hol oor elke poep nie.

  3. Skoor, jy is reg met die “vrees”. Die duiwel weet dat hy baie met mense kan regkry wat ‘n “vrees” het. Die ANC weet dit ook [hulle is die duiwel]. Hulle weet hoe om mense te intimideer in mobs en hoe om daardie mobs te gebruik om vrees aan te jaag by mense. [mense vrees mos daardie “mobs” wat jou gaan/wil aanval]. Malema en sy gespuis het op twitter gese hulle wil hul mense intimideer en mobs gebruik. As ons kalm bly en bid – soos jy se – dan kan min gebeur. Ons bid, maar verkeerd…sonder geloof. Die Bybel se vir ons in die NT dat ons bid, maar op die verkeerde manier. Ek het nog gister van Stigtingsdag onthou, dankie vir die “reminder”. Ek moet my blogentry van laas jaar gaan opsoek🙂 Ek moet ook se, dat met al daardie links wat ouens my op twitter gestuur het, was ek vir 2 dae so depressief…ek moes myself net bietjie wegskeur gister net om bietjie positief te dink oor alledaagse dinge.

  4. My jinne PJ, ek dog jy’t keelseer vandag, nou sien ek jy werk met gesigsuitdrukkings om jouself oor te dra. Naais brother, naais. Ek wens ons het ‘n ‘waai’ pic om te plaas. Waai, soos in ‘hallo daar’!

    Nikita, ek was teen gister ook self anderkant depro, en my wese was effe rou geskaaf. Dis die dat ek maar die Dragon fliekie gaan kyk het. (En ek verstaan jou Babe movie ook nou beter) Mens moet wegkom en perspektief kry. En dan asem haal en aangaan. Om nou op ‘n hopie te gaan sit gaan boring wees. Die miere gaan my byt van so stilsit!

    Ek is besig om geweldige flikkers te gooi by ons dominie Quintus vir ‘n gebed sodat ons die mense weer kan leer bid. Ek stem, ons het ons Geloof om te Glo in die krag van gebed, verloor.

    Ek wil nie oor oorlog praat nie. God kan ‘n sot wegvee soos ‘n korreltjie sand. My jinne, as Hy kon water in wyn verander (een van my favourites), wie is ons om nog te twyfel oor hoe hy Sy volk sal beskerm?

    Fanks, ek sien saans jou gebed op Twitter vir almal in SA. Miskien moet ons begin bid vir ons leiers. Dat hulle monde ten minste gesnoer sal word teen roekelose uitsprake. Want daar is min anders aan hulle te verander, maar dis my persoonlike opinie. Moenie dit as feite lees nie.

  5. Skoor, ek gaan elke aand daardie gebed op Twitter sit, die wereld moet bietjie wakker geskud word as hulle besef dat dit al so ernstig is dat mense dit op twitter doen, meer mense moet dit doen – dalk sal die wereld begin notisie neem…dalk nie…

  6. Die keelseer is omdat mens nie veronderstel is om ‘n dieselenjin te over rev nie, maar dis ‘n anner storie.
    Dis meer omdat die twee vingers waarmee ek tik baie sensitief is vanmore van die heel naweek se geverduidelik hoe dit voel as die menigdes op jou afstorm en waarom oorlogpraatjies ‘n sleg idee is.
    Intussen moes die kluis ook oopgesluit word, nie vir die skeibriewe die keer nie, maar om seker te maak dat die skietgoed in orde is. Hoop vir die beste, maar beplan vir die ergste.

  7. Dankie Skoor vir hierdie pos. As jy bang was dat die mense sou dink jy dweep, wag tot jy sien wat ek wil se. Ek glo dat niks sal of kan gebeur as God dit nie toelaat nie. Die duiwel is wel magtig, maar God is almagtig. In hierdie hele situasie kan ek nie, en wil ek nie kant kies nie – ek glo dat albei uiterstes verkeerd is en my begrip le by die mense wat tussen die twee kampe vasgevang is, beide wit en swart. ‘n Vuurwapen besit ek nie eers nie, het nog nooit een besit nie, en wil ook nie een besit nie. Dus is die enigste hoop en verweer wat ek het my vertroue op die almag van God in wie ek met elke greintjie van my wese glo. My enigste wapen is gebed, vir beskerming, vir wysheid en vir genade, nie net vir my nie, maar veral vir diegene wat nou emosioneel is en daarvolgens wil handel. Ek onthou die gebedsveldtogte wat voor die ’94 verkiesing gehou is en glo tot vandag dat dit die rede is waarom die oorgang daardie tyd so vreedsaam was. So, weereens dankie vir jou oproep tot gebed, ek weet dat God die antwoorde het, al is dit nie altyd wat en soos ons dit verwag nie.

  8. Ek was so 5 uur die oggend wakker gemaak met die nuus, ‘n sms wat baie laat deur gekom het. Half deur die slaap gaan soek ek mos verdere inligting, net om oorlog dreigemente te sien.

    Toe skrik ek myself wakker.

    Gebed is ‘n veel beter poging as bloed vergieting. Veral as ‘n mens kyk wat vandag by die hof gebeur het.

  9. Cut en past die onderstaande asb en stuur aan mense in jou mailbox wat jy dink dit sal kan gebruik…

    Ek dink die realiteit van die woorde ‘ om lam te word van vrees ‘ het baie van ons die afgelope paar dae getref. Die aaklige politieke omstandighede waarin ons skielik gedompel is, het veroorsaak dat hordes eposse oor en weer gestuur is en dit alles het bygedra tot paniek en angs. Wanneer ons bang is, vul dit ons hele wese en ons daaglikse handel en wandel.

    Ons vergeet, omdat ons mense is, die belangrikste ding, en dit is dat God reeds weet wat gaan gebeur, ongeag of ons in die minderheid is teen die aanslag van satan, ongeag of ons gereed is of nie.

    Ek het Quintus Heine genader en gevra om ‘n gebed vir Suid-Afrika te skryf. Ek hoop dat elkeen wat hier lees, ‘n kalmte sal ervaar wat al die vrese van die afgelope tyd sal besweer, en ons rustig sal maak – elke dag.

    Stuur asb. hierdie gebed aan. Niks gaan gebeur as jy dit nie doen nie – dit is egter beter nuus vir jou siel as al die bangmaak eposse wat van Sondag af jou inbox getref het! Lees, bid en GLO dit met oortuiging.

    Onthou, jou liggaam kan verwoes en geskend word, maar jou siel behoort nie aan die booswigte op aarde nie!

    Vrede en Veiligheid vir julle almal!

    ——————————————————————————–

    Here ek bid vir ons land! Quintus Heine – 6 April 2010

    O Here ek staan vandag voor U, omring deur ʼn veelheid van emosies. Heeltyd bewus van dit wat ek hoor en sien – wreedheid, uittarting, wraak en hartseer. Ek voel aan hoe mense rondom my bang, onseker en bedreig is. Saam met hulle het ek soveel vrae en so min antwoorde.

    Terselfdertyd gaan my gedagtes terug na Goeie Vrydag waar ek daaraan herinner is dat U al my skuld betaal het. Daar het U my weer gedring om die sondekleed wat so aan my vasklou uit te trek en voor U neer te sit.

    Ja Here – by die kruis het U my kaal gestroop van my eie pretensies en eie geregtigheid wat ek so graag in stand hou. U het my gestroop van gedagtes dat ek ʼn goeie mens is, van gedagtes wat my tot hoogmoed teenoor misdadigers verhef.

    U het my voor die kruis laat buig waar ek net kon uitroep – Here wees my genadig!

    Dankie Here vir die derde dag – Opstandingdag.

    U het my weer opgehef, klere aangetrek. Hierdie keer was dit Koningsklere, u klere – die klere van liefde, die klere van genade, sagte inklusiewe klere!

    U het my ook nuwe oë gegee waarmee ek anders kan kyk.

    U het my nuwe voete gegee waarmee ek nuwe paaie kan loop,

    Nuwe gedagtes waarmee ek anders kan dink,

    Nuwe ore waarmee ek anders kan hoor,

    Nuwe oordeel waarmee ek nie meer veroordeel nie,

    Nuwe vrede wat al my vrese verdryf.

    O Heer – ek bid dat U ons in die moeilike emosionele tyd so vol van u liefde sal maak, dat daar nie plek vir ons eie haat is nie. Dat U ons vol van u vertroue sal maak dat ons nie sal vrees nie. Dat U so ons vol van u vrede sal maak dat ons in vrede met mekaar sal leef!

    Dankie, Here, dat ons vandag selfs in die warboel van emosies u troos kan ervaar. Dankie dat ek my hande in u hande kan plaas.

    Amen.

    http://quintus.heine.co.za/

  10. Dis reg Nikita. Ons moet probeer.

    Is so PJ, as jy my nou wil oorverhit, dan rev jy ‘n diesel te hard, veral net na opstart. Ek het mos ‘n teorie dat sommige mense gereinkarneerde brommer is, veral as mens hoor hoe hulle ‘n diesel ry!

    Jong, ‘n hou agter die kop, net so waar die ruggraat die skedel binne-gaan, werk wondere. Jy moet net ‘n hou kan inkry. Onthou daai!

    Ons bid Anna, ons bid ons kniekoppe weer skurf. Ek het die land te lief om nou al ingespit te wil word! Gits.

    Xena, ek het ‘n idee ek wil ook nie meer nuus kyk nie. My moerigheid kook soos melk op ‘n te warm stoof oor wanneer ek die dom arrogansie so kyk. Ek is nie meer bang nie, maar raak stadigaan effe moerig. En dis ook nie goed nie. Netnou skop ek die melkman. O ja, hy het nie meer werk nie. Die posman dan.

  11. Skoorsus, hierdie is een van die twee inskrywings wat Ding oormerk as skoorsiel s’n.

    Oor vuurwapens: 1. net soos dit nie altyd help om by ‘n gun fight met ‘n mes op te daag nie, so is die omgekeerde ook waar. 2. inhandiging van onwettige vuurwapens sluit nie oorspronklik gelisensieerde vuurwapens in nie. 3. om werklik sterk te staan, het elke individu nodig om die basiese hulpmiddel wat die Liewe Here manman mee geissue het, te gebruik: manman se gesonde verstand. Ding kyk na die opholraak met vuurwapens en nuwe lisensies en inhandiging daarvan en ET se moord en Ding vra Dingself: wie is nou eintlik wie se vyand hier en Ding reken soooo: ons bid, maar dan laat ons ons gesonde verstand onbeskermd. Ons laat onsself oop vir indoktrinasie; vir intimidasie en vir massa-histerie.

    Ding wil nie verder praat nie. Bid, ja, bid. Bid vir die gebruik van gesonde verstand. Kyk deur die mistigheid. Volg God blindelings; nie sogenaamde leiers en alle wette nie. Fok, hoekom soek ons so vreeslik hard na “leiers” en hoekom soek ons so desperaat na “leiding”? Hoekom wil ons so graag “skape” wees wat tog net nie uit die voetpad wil trap nie??? Ding dank vandag in Ding se gebed die individue en organisasies wie en wat NIE net blindelings sogenaamd wetsgehoorsaam is nie.

    Dankie, Skoorsus. Dankie dat jy, wanneer nodig, jou siel uithang. Hierdie was nodig. Vrede vir jou.

  12. Daai stem. Ai, daai stem.😦 Kon gedigte voordra sonder gelyke. En die hemel huil toe sommer heelnag en heeldag…

  13. Ek bly op ‘n Eiland
    Fisies verwyder van alles wat my kan raak. Fisies om my is sypaadjies, paaie en skole goed versorg. Mense kan nie kla nie, want daar’s werklik niks om oor te kla nie. Die son skyn wanneer dit moet, die wind waai wanneer dit moet, dit reen in die winter. Die lewe rol net voort. Alles is georden.

    Ek bly in ‘n Rural area
    Vullis lê die stofstrate vol. Daars nie plante nie. Daars rookwolke innie nag wat ek moet inasem van vure vir kosmaak en warmword. My ouers werk iewers in ‘n Stad. Ek word groot by my tannie. Ek ken nie van beter nie. Maar die man langsaan verkrag sy vrou en hul kinders gaan nie skool nie. Ek gaan skool toe want ek wil eendag in die Stad gaan werk.

    Ek bly in ‘n Stad
    Ek’s bang vir my veiligheid. Ek sien bedelaars oral. Mense is kwaad vir mekaar. Die motors en taxis neem die paaie oor, toetend om hul sin te kry. Ek moet ‘n groot huis hê om aansien te kry. Ek moet sekermaak dat ek vanaand wanneer ek slaap, agter tralies kan wees vir my veiligheid. Ek moet werk om te kan oorleef. Ek moet kan oorleef om te werk.

    Ek bly op ‘n Plaas
    Dis myne wat my voorouers voor gewerk het. Dis ‘n lewensaar. Dis broodnodig. Ek verskaf kos. Gaan hierdie noodsaaklike diens aan ‘n einde kom? Gaan ek en my gesin more lewendig wakker word? Ek vrees vir my lewe.

    Vier Scenarios
    Vier Gemoedstoestande

    Hang af vanwaar ek bly

    Vraag: Vir wie gaan dit makliker wees om ernstig en passievol te bid? Vir diegene met wie dit goed gaan of vir diegene met wie dit minder goed gaan?

  14. Hang seker af wat die gebed se inhoud is, Sammi. Maar ja, in ‘n land van diversiteit is Ding maar dankbaar dat Ding nie die gebede hoef te verhoor nie.

  15. So pas ‘n email van my sus gekry, sy gaan haar wapen inhandig, blykbaar te veel lang stories as jy hom wil hou. Wens ek kan haar sover kry om dit liewer te hou en deur al daardie drama te gaan. Lyk my hulle maak soveel moeite vir jou om dit te hou dat mense nie lus is vir al daardie drama nie. Ek het nie een nie, nog nooit een gehad nie, maar sou dit beslis nie gaan ingee het nie, liewer deur die drama gaan.

  16. Dis nie regtig soveel drama nie, ons het dit ook gedoen. Jy moes dit net gedoen het wanneer jy dit gedoen moes het, dis al.

    Jy doen jou kursus en jy gaan gee jou vormpies in. En dan wag jy . . . tot in lengte van dae voor jy geinspekteer en gedokumenteer en gelisensieer word . . . en tot dan is jou lisensie nog geldig.

  17. Haar probleem is dat dit ‘n haelgeweer is en ek kan insien waarom sy nie die kursus wou doen nie. Ek het haar nie uitgevra oor die “heropleiding” ens ens nie, maar sy sien nie kans om met die lomp geweer te sit nie, wat jammer is, maar ek sien haar punt nadat sy my weer gemail het na myne waarop ek weer haar tot ander insigte laat kom het. Dit klink als so eenvoudig soos jy dit stel, maar nie soos sy dit laat klink het nie. As dit ek was, sou ek beslis deur al die drama gegaan het – al was dit net om seker te maak die wapen gaan nie na “hul” hande nie, want dis waarheen dit beslis sal gaan.

  18. My ma (69) her heraansoek gedoen vir ‘n vuurwapenlisensie ‘n hele ruk terug al. Sy het deur die hele storie gegaan en net hulp van die owerhede gekry. Die lisensie is sonder probleme hernu.

  19. THEY CAN TAKE OUR LIVES… BUT THEY WILL NEVER TAKE OUR FREEDOM!!! william wallis aka mel gibson in braveheart… haha.. ek stem saam ou skorie. God laat hierdie dinge nie met ons gebeur nie… maar Hy gebruik hierdie dinge om ons op ons knee te kry… het die “BOER” verleer hoe om te bid?
    1KOR10:13- ” ONTHOU, DIE VERSOEKINGS WAT OOR JULLE PAD KOM, IS NIE UNIEK NIE; ANDER ONDERVIND DIT OOK. GOD IS GETROU. HY SAL KEER DAT DIE VERSOEKING TE STERK VIR JULLE WORD, MIDDE-IN DIE WERSOEKING SAL HY VIR ‘NUITWEG SORG SODAT JULLE KAN VOLHOU.

  20. Ek lees baie op van die Engelse blogs en ek sien hulle praat baie negatief van ‘die afrikaners’. dit pla my nogal. ek wonder hoekom praat hulle nie eerder van die verregses nie, want ek dink die mense wat skade doen is HULLE en nie noodwendig “afrikaners” nie.

  21. Frankie. Ek verskil van jou. Ek het vir die goed gewerk ook. Die ingilse het ‘n genetiese afwyking wat alles Afrikaans verafsku en afkraak. Ek moes baie die woord Dutch hoor, en as my ma my nie so goed grootgemaak het nie, het die Dutch girl ‘n graaf in mense se kele afgebreek, ek sweer.

    Hulle kan nie iets goeds se van ons nie. Of jy links of regs is. As jy ‘goeiemore’ se, is jy ‘n doos.

    Hulle vreet hulle self lekker dik aan die infrastruktuur wat ons dan sodanig geskep het, maar eintlik is hulle patetiese draadsitters wat hulle eie hakskene gaan beskyt die dag as hulle agterkom hoe die stronk in die appel pas.

    Moenie verder daaroor worry nie. Het jy nou al uitgereken hoe oud die aarde is? 😆 sorry ek moes net.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s