Tuiste » Skoor Bek » Hoekom ‘n dorp ‘HUIL’ noem?

Hoekom ‘n dorp ‘HUIL’ noem?

Laurika sing daarvan, BiB noem dit in ‘n post, en ek trek die streep telkens mis, tot ek my boeke oopslaan en lees dat Weenen ook bekend staan as Bloukrans/Blauwkrantz/Blaauwekrans.

Net nog ‘n hartseer verhaal in die soeke na vryheid, begeerte om te verbou, en die smagting na ‘n plek wat die Blanke Volk, HUIS kon noem.  Maar toe word die plek HUIL.  Weenen.

Piet Retief se verminkte liggaam op ‘n paal troon in die lug.  Met die Boere se harte uit hulle borskaste gesny, neem ‘n waansin van die Zoeloe koning en sy hordes onderdane besit.  Hulle is onkeerbaar.  Hulle het bloed geruik, en gesien hoe sag en kwesbaar die indringer witmense is.

Op 17 Februarie 1838 stuur ‘n waansinnige Dingaan sy impi’s na Rensburgspruit, Doringkop, Moordspruit en Bloukrans, langs die Boesmanrivier op.  ‘Vernietig die indringers’.

Vir 41 mans, 56 vroue en 185 kinders was dit die laaste dag wat hulle die son se strale op hulle wange gevoel het.  252 Hottentotte en Basutu werknemers sterf ook saam met hulle werkgewers.

Die treffendste storie wat ek van FA Venter se boeke, wat ek as 8-jarige gelees het, onthou, was van Johanna vd Merwe wat 21 keer met ‘n assegaai gesteek is, en oorleef het waar sy flenters in ‘n boom geskuil het.  Johanna, jy verdien ‘n medalje.  Ek wonder wat van jou geword het.  Jy kon seker nie nasate voortbring na jou vieslike aanvalle nie, maar ek is seker daar loop steeds dapper mense met verdunde Johanna vd Merwe-bloed in hulle are rond.

By Rensburgspruit het Hans van Rensburg en Andries Pretorius daarin geslaag om hulself te verdedig nadat hulle die laer moes verlaat en met die rug teen die kranse van Rensburgkoppie selektief moes skote vuur, omdat hulle ammunisie gevaarlik skaars geraak het.

Marthinus Oosthuizen het egter tot die groepie se redding gekom deur met sy perd na die kamp te jaag en ammunisie te kry en na hulle terug te bring.  Hy het deur verstarde Zoeloe linies gejaag.  Onaangeraak.

Die Zoeloes is opnuut onder die koeels gesteek, en het die aftog geblaas.

op 15 April 1838 is besluit om die dorp Weenen daar te stig.

Ek wonder wat jy daar sal ervaar op 17 Februarie van elke jaar?  As jy in die ongereptheid van die natuur gaan stilstaan en die bloed weer hoor droogword in die aardkors.

Hoeveel offers gaan nog gebring word om grond?  Met name wat mens sommer hartseer stem lank voor jy die aaklige geskiedenis daarvan gehoor het.

Geskiedenis op skool het ‘n joke geword.  Binnekort sal die boeke in ons rak, die enigste verwysing wees van waar ons vandaan gekom het.

39 thoughts on “Hoekom ‘n dorp ‘HUIL’ noem?

  1. St 3 Geskiedenis, as ek nou reg onthou. Noudat jy die datum noem, dit is interessant dat Bloedrivier eers 1o maande later plaas gevind het.

    Was jy al by Bloedrivier?

    Ek is nie passievol oor Voortrekker Geskiedenis nie (al onthou ek nogal wat ek in die skool geleer het). Tog raak dit ons plig om ons kinders die “ou” weergawe te vertel. Een of ander tyd gaan hulle met die “nuwe” weergawe gekonfronteer word en kan hulle self besluit waar die waarheid le.

  2. Ek is nogal tempted om dit ‘n skandaal te noem, maar dit is skokkend hoe min van SA se Boere geskiedenis op die web beskikbaar is. As jy meer wil weet, is jou enigste uitweg om na boeke te gryp en museums (waarvan party se personeel minder weet as jy) te besoek.

    Ek haat dit om ‘n blog as verwysing te gebruik. Ongelukkig is dit al manier hoe van die Geskiedenis op die net gedokumenteer gaan word. En daarmee het jy vandag ‘n baie goeie diens gelewer.

  3. Solank daar grond is, sal daar bloed vloei want grond is die enigste ding in die wêreld waarvan jy nie meer kan maak nie.

    Jy sê geskiedenis het ‘n joke geword, opvoeding in die geheel is ‘n joke. Ons groepie, die wat al verstand gehad het in ’94, is die laaste dun wit lyn. As ons nie al die geskiedenis waarop ons ons hande kan lê bymekaarmaak nie is dit waarskynlik vir ewig verlore.

  4. Puik inskrywing Skoor, dankie! Ek is mal oor sulke inskrywings, nou het jy ook weer my geheue verfris met Wenen. Ek moet eerlik se, ek moes soveel datums leer in St4 (dis waar ek ‘n gly gekry het in Geskiedenis LEER) dat ek seker nie eers ‘n kwart kan onthou nie. Ek vrek oor Geskiedenis, Boere-geskiedenis en dan WWII geskiedenis, maar moenie dit vir my gee om te gaan leer nie, ek lees dit graag, besoek museums ens, maar ai, as dit by die leer kom soos ons dit op die tradisionele manier moes leer, dan maak jy my moeg. Geskiedenis moes op ‘n ander manier op laerskool vir ons (en vandag nog) geleer word/bewus gemaak word…doet so voort Skoor! Dit is ‘n stukkie hartseer geskiedenis waarvan jy hier geskryf het.

  5. Dankie vir die agtergrond. Ek moet self maar weer die Trekkergeskiedenis gaa opswot. Ek is skaam om te erken dat in my kop Weenen en Bloukrans twee verskillende plekke was.😳

  6. Ja, gaan kyk maar na die huidige geskiedenis boeke, beslis net ‘n eensydige deurgee van inligting. My vrou neem anderdag ”n boek uit oor ons nuwe geskiedenis, maar alles daarin handel oor die struggle, met verwysing na boeke en koerantberigte as verwysingsraamwerk. Ou geskiedenis geskrifte en boeke word nou onvervangbare skatte.

    Ek is verheug om te sien daar is skielik weer ‘n oplewing tussen onse mense om op te staan vir ons regte. Ons het lank genoeg boetedoening gedoen oor ons verlede. Daar verkyn selfs boeke oor die bosoorlog wat vir baie lank ‘n totale taboe was.

  7. XP, ek is ‘n Stellenbosser – ons lewe begin en eindig mos binne die grense van die Eikestad. Ek kan nie glo jy weet dit nie? 😯 Nee, was nog nooit by Bloedrivier nie. Ook nie by die Voortrekker monument nie. Wil so graag nog gaan. Die beste sal wees as ek die lotto kan wen, en ‘n trip deur ons land doen om die geskiedkundige plekke te besoek.

    Kids van vandag dink anyway nie geskiedenis is cool nie. As dit nie op ‘n rekenaarspeletjie pas nie, is dit nie van waarde nie. Ek mors nie my asem nie, en het nie van my eie om te breinspoel nie😆

    Jip, min is beskikbaar, en soms is die feite ook maar betreurenswaardig. Maar ja, wat is ‘n feit as dit in 1838 gebeur het!!! Oorlewering? Hoeveel kon skryf en het behoue gebly? Klip in die bos uit my kettie…

    Dit is so Kaalvoet, maar kry ‘n kind om stil te sit en na ‘n storie te luister? Ek koop vir jou ‘n medalje.

    Jaaa PJ, kom verduidelik jy toe nou die hele k@kspul in 2 sinne! Grond is ‘n euwel. En so ‘n seening. Ai, ek kan liries raak, maar dan is ek weer depressief vir 3 dae as dit kom by grond.

    Opvoeding….what a joke. Die teelsyfer, sorrie, geboortesyfer behoort eers onder beheer te kom, voor die opvoeding behoorlik aangespreek sal kan word. Maar dis maar ek en my eng manier van redeneer. Dis mos ons demokratiese reg om te teel en geld by die staat te kry wat wil he ons moet teel want hulle kry mos geld by die wit melkkoei. Here, wat ‘n bose kringloop!!!

    Nee jong Nikita, jy sien mos wanneer ek al begin het. Toe ander dogtertjies gewonder het hoekom Cupie poppe se hare geverf is, het ek FA Venter gelees. Raas met my ma. Vandag wil sy horries kry as ek so vurig raak, maar sy vergeet dat sy gedink het dit is ok as ‘n kind sulke groot woorde soos assegaai geleer het.

    Ek het nog altyd my mense se geskiedenis gelove. Oor hulle so uit niks uit, iets gemaak het.

    Sien BiB, dis hoe wonderlik die net is. Jy het die saadjie geplant, en ek het hom natgemaak. Nou eet ons altwee van die vrugte!

    Charms, ek verstaan dis ‘n nagmerrie. Soos Bloedbek beduie, dis een groot gesanik oor die struggle. Nou hoe struggle jy vir ‘n land wat niks en niemand VOOR jou gehad het nie??? Anyway, ek onthou ek het van die Boesmans en die San en die Khoi en die Zoeloes en Xhosas en al daai ander stamme geleer op skool. Want hulle was hier. Hulle is nie misken nie.

    Bloedbek, jy moenie dat jou vrou twak uitneem nie! 😆

  8. Skoor, die vrougeslag laat hulle nie meer voorskryf nie, selfs hulle het nou regte (LOL). Sy het haar fout baie gou besef, maar dit was nogal interesant om te sien wat word vandag as geskiedenis beskou. Selfs artikels van die huisgenoot kan as geskiedenis gereken word te oordeel na die boek se bronne.

  9. Dit is regtig skokkend hoe min daar van ons geskiedenis op die net is. So soek ek na inligting van die mens agter die man Chrisjan de Wet ~ sweet blow boggerol. Wel, nee, darem so bietjie, maar nie genoeg om ‘n paragraaf oor te skryf nie. En hy was voorwaar ‘n held. Geen Engelsman kon hom vang nie, en hulle het hard probeer.

    Anyway, ek was eintlik op soek na jou kookblog se addie. Weet nie meer wat om met al die tamaties hier te doen nie. 😉

  10. tamatiekonfyt, tamatiesous, tamatie atjar, tamatiesap, gedroogde tamataties, kyk in kook en geniet of huisgenoot se wenresepte*.

    * Seker die enigiste nuttige ding ooit afkomstig van Huisgenoot

  11. Vlam, ek wens ek was jy met al die tamaties!

    Die vinnigste vir nou:

    Groot pot
    Sny tamaties op
    *Kook
    Blitz dit fyn as dit afgekoel is
    Gooi in Ziplocks en druk oortollige lug uit
    Vries

    *jy kan knoffel en ui en sout en peper en chillies ingooi, maar dan beperk dit jou latere gebruik, so hou dit oorspronklik

    Gebruik in soppe, pasta, bredies, souse and what have you not

    http://www.skoorkos.wordpress.com

  12. Skoor…jy’t ‘n stappie uitgelos…[lol]

    ek haat die skilletjies van die tamaties…ek “gril” partykeer daarvoor
    ek laat eers die tamaties in kookwater le en trek skilletjies af..dan kook ek – ek weet nie of ander ook so “gril” vir die skille soos ek nie…😆

  13. Ja Nikita, jy is hopeloos te vol fiemies vir ‘n Boer!

    Ek het netnou o.a. Ina Paarman pastasous gehad vir ete, en sowaar, tamatie velletjies was daar!

    Nee wat jong, om ‘n boks tamaties te ontvel is eens te veel, ek dink nie Vlam gaan wil nie.

  14. Ahem…ek wou eintlik die comment anderkant gaan los, maar siende dat almal so belangstel in tamaties… 😆

    Die probleem: twee lande vol tamaties en rooi pepers.

    Ek het aanvanklik tamaties, die pepers en uie opgesny en saam gekook, vel en al. En toe in sakkies gegooi en gevries.

    Toe’s ek lus vir iets anders.

    Kry ek toe ‘n ‘spaghetti sous’ oppie net. Hoewel bietjie arbeidsintensief, is ek in my skik met die resultate.

    Jy vat een wasgoedmandjie vol tamties. Sny die boonste stuk af en ‘core’ hom sommer ook. Gooi in kookwater, dan yswater, trek velletjies af. Dan squeeze jy die sade en juice uit. Ja, ek het ook gedink dis ‘n vreeslike vermorsing, maar blykbaar is al die nutrients in die vleis. 😉 Klaar gesqueeze, gooi jy die squozen tamaties in ‘n vergietes dat daar nog juice kan uitloop, en dan gooi jy dit in ‘n groot pot. Daai hele wasgoedmandjie maak ‘n groooot kastrol net halfvol.

    Daarna neuk ons met die Braun-choppertjie daarin, sommer terwyl dit kook, om dit ‘n gladde bedryf te maak. (Gister het ons die aartappel masher gebruik, maar die Brauntjie werk 1000 % beter.)

    Gooi daarby: 6 gekapte uie, 4 – 5 peppers, fyn gekapte knoffel, so 6 huisies, gedroogte of vars basil en oregano 6 eetlepels elk, ‘n kwart koppie rooiwyn, ‘n kwartkoppie suurlemoensap, swartpeper na smaak. Sout ook, as jy wil, maar ek het gedink ek sal dit bygooi as ek dit eendag gebruik.

    Het gisteraand ‘n ma se spaghetti-sous daarvan gemaak!

    NS. Dis makliker as twee mense dit maak. :mrgreen:

  15. O ja, natuurlik kook jy die hele storie tot dit dik genoeg is. Jy kan ook tamatie pasta bygooi om dit dikker te maak. Gooi in sakkies en vries.

  16. Skoor…ek eet BOEREkos..nie daardie “goggas” nie🙂 …maar ek eet nie bokkoms en mopaniewurms nie…dus weet ek nie of ek nog kwalifiseer vir “boer” nie…haha..maak ‘n inskrywing op jou blog…”vereistes om ‘n boer te wees” en ons kyk aan hoeveel vereistes ek voldoen😆

  17. Nou’t ek die dem grend naam vir so ‘n tamatiesousie vergeet.

    Bietjie nuttelose feite: as jy bemesting by jou munisipaliteit se rioolwerke sou koop en jou tuin bemes, kan jy verseker wees van ‘n tamatie oes van ‘n soort!!! Tamatiepitte word nie deur die spysverteringskanaal verteer nie, en bly heel deur al die prosesse tot dit weer in die grond beland. Amazing ne!

  18. Jy moet daai rooipepers rooster, velle aftrek en hulle inle in ‘n asyn, sout en suiker oplossing. Heerlik weereens in disse en selfs slaaie of op brode!

    Of jy gooi bietjie peppers in ‘n houer en met die Braun klits jy olyf olie, witwyn asyn (biki) en ‘n knoffelhuisie by. Gevolg deur sout en peper en rond af met ongegeurde yoghurt. Jammies oor spaghetti.

  19. Skoorsus, jy wil nie by die Voortrekkermonument ‘n draai maak nie – dit ruk te rou en diep. Ding het nog nie die Bloedrivierding gedoen nie. Maar die Voortrekkermmonument – jong, dis ‘n ander storie daai.

    Jipja, manman kan nie help nie, die seg Ding jou vandag klaar.

    As jy suintoe gaan, dan gaan jy juis met vooropgestelde idees (dit maak dit soveel beter). Jy vertel jouself EN jy glo daai – dat jy ‘n reënboogkjent is wie helemal blind is en in harmonie alles doen en lewe. Jy oortuig jouself jy gaan nou na ‘n gebou soos enige ander gebou. Jy glo jouself dat jy net na geskiedenisgebeure se uitbeelding loop kyk.

    En dan loop jy daar in… En dan KYK jy hoe jy voel terwyl jy daar staan tot lank na jy daar vertrek het en jy weer jou stem teruggekry het. Skoor, daar, by daardie plek, praat alles wat desjare binne-in manman ingeteel is waarvan bloedontleding, wetgewing, DNA en duiwelensymoer weet wat nog, net NOOIT kan getuig nie. DAAI plek; DAAI uitbeeldings skop tot binne-in manman se wortels wat boeke en stories net nooit sal doen nie. Dit loop haal ‘n onthou uit jou uit van goete wat jy nie deurlewe het nie en besef jy tog ken. Dit skok jou wakker tot die besef dat fokol heilig is; dat mens soos dier kan wees; dat niks vloei soos lewensbloed nie; dit laat jou besef presies hoe weerloos en broos lewenslig is en dit laat jou warm en ys-yskoud met ‘n woede wat manman nie kan verklaar of verduidelik nie; ‘n vasberadenheid wat jou laat tjoepstil word … en paraat laat wag.

    Ding gaan nie terug suintoe nie. Al wil Ding eintlik. Maar die besef dat NIKS behalwe die wapens miskien, verander het nie, is te oorweldigend.

    Meester inskrywing van jou. Baie dankie daarvoor.

  20. Dis rou..dis seer…en nodig. Om geskiedenis te gaan herbesoek. Want ons behoort…aan mekaar en God. Laat ons nooit skaam wees vir ons geskiedenis nie. Die Boer het nog nooit die eerste skoot geskiet nie.
    Dankie Skoor, baie dankie

    Hierdie is nou die amptelike temalied oor Bloedrivier. (Wou dit graag deel)

    ‘Bloedrivier’

    In 1838 is God se hulp gevra om die boere in hul nood te steun, te behoed en te bewaar
    ‘n Monument sal hulle bou en die dag sal heilig bly,
    Hul grootste wapen – hul geloof – met die Here aan hul sy …

    Die nag was kul en donker, die impi’s staan en wag,
    die lampies op die ossewaens soos Mahlozi’s in die nag
    ‘n Strandwolf sluip daar tussendeur, hy’s onheilspellend daar
    Die mis sak toe, die vyand druis, hul wag op die bevel.

    In die geslote walaer, in ‘n see van heidendom
    is daar ‘n lig wat helder skyn – die lig van Christendom.
    Die stemme van ‘n mannekoor weerklink deur digte mis
    Psalm agt-en-dertig, stel almal weer gerus.

    KOOR
    Maar dieselfde God van Bloedrivier is steeds ons God vandag
    Hy verstaan ons grootste vrese, Hy staan by ons deur die nag
    Kom ons almal vat weer hande, erken sy grote Mag
    Want dieselfde God van Bloedrivier is steeds met ons vandag

    Twee skote van ‘n dubbel-loop, die stryd het pas begin
    Die isilongo kondig aan Dingaan – ons sal oorwin
    Maar God ons Vader is met ons, die vyand word verslaan
    Die veld drink bloed, soos op Golgota – dit moet ons verstaan

    KOOR
    Maar dieselfde God van Bloedrivier is steeds ons God vandag
    Hy verstaan ons grootste vrese, Hy staan by ons deur die nag
    Kom ons almal vat weer hande, erken sy grote Mag
    Want dieselfde God van Bloedrivier is steeds met ons vandag

  21. BiB ek vertrou jy sal iewers ‘n tamatie inneem hierdie week? Nie net oor jy lus gelees is nie, maar ook oor dit GOED is vir jou.

    Dankie Ding vir die vriendelike waarskuwing en die omskrywende beskrywing. Skoor is egter is die diepste vesels bewus van de laaste gevoel wat ons toekom, lank voor ek nog geweet het van daardie monument. Ek wil soos jou oom PW my vinger in die lug indruk en skree ek was daar. Maar ek glo nie in reinkarnasie nie. Wel dat gebeure en ervarings in jou wese is van jou voormense. Soos deel van jou DNA (ek hoop Frankie lees nog vir lank nie die site nie want sy beskeit haar net daar oor ek so twak praat)

    So dit sal vir my soos tuiskoms wees. Ek weet al daai dinge. Ek voel hulle soms.

    My blaas sit vandag weer in my oe, ek voel dinge nou weer ekstra sterk. Seker oor my kat op ‘n drup le met ‘n bleek toekoms. Maar ek kan sommer emosioneel raak as ek dink aan my voormense. Die plunder-gees teen die bou-gees.

    Ek wil nie verder verduidelik nie. Ek dink jy verstaan. Sonder dat ek hoef te woord.

    Sammi, dankie dankie dankie vir jou woorde, en die Bloedrivier lied. Ek sal nooit glo dat daardie dag ‘n stroke of luck was nie. Stroke of luck sal wees as ek die lotto wen. Daai was serious dinge waaroor ons vandag se dag kan dink.

  22. “Die plunder-gees teen die bou-gees”
    DIS die verskil Skoor.

    Weet jy, net vanoggend het ek daardie presiese woorde van jou: “ek kan sommer emosioneel raak as ek dink aan my voormense”, teenoor Hedgie gesê.
    Ek raak sommer diep, diep bedroef dat ons onsself nie meer na waarde ag nie en dit NADAT ons voorouers BEWYS het van watter stoffasie ons aanmekaar geslaan is. Fnok man, waarom is dit vir ons so maklik om te sê dit lê ver terug. En/OF ons tyd is verby? Dit lê NIE ver terug nie – Dis NIE honderde jare gelede nie.

    Ons is ‘n JONG nasie wat geweldige dinge in ‘n kort tyd kon uitrig. Ons was jare lank die land met DIE mees ontwikkelde banksisteem in die w^reld (ja die hele wye aarde) as net een voorbeeld. En kyk na die wapentuig wat ons vervaardig het – die Rooivalk was ligjare vooruit. Met die hulp van die buiteland? N ope…juis NIE oor die buiteland se hulp nie. Ons het vegtersgees, ons het ondernemingsgees. Hoe dan anders as ons al die Europese voorvaders se bloed in ons are ook het en dit onder die AFRIKA son. N^rens anders ‘n plek soos hierdie nie. Ek seg vir al ons Afrikaner-Boere: Kom huistoe en kom WERK weer in hierdie land wat ons s’n ook is.
    Demmit, wys my ENIGE ander nasie wat binne ‘n honderd jaar nadat hulle woeste terrein betree het en gemoor is, kon doen wat ons reggekry het. Sonder die uitmoor van indigenous peoples.

    Mens se tyd is net verby as mens daardie glo.

  23. Ja, dis juis wat Ding probeer storie, Skorie – daai lat manman se voormense se ervarings en gebeure in manman se binnegoed is, of jy wil of nie. MAN! Jy maak Ding se ou ticker sommer lekker in pas skop wanneer Ding sien daar is nog mense wie soos Ding smaak oor sy mense en sy goedjies sy goedjies, wragtig ook.

    Wil Ding jou sommer amper vra of jy ook ‘n traan pik as jy terugdink aan Die Stem en Ons Vlag en al daai nommers. Ai, seg Ding vir jou, mense kan maar vir Oom PW uitmekaar ruk, Ding weet hoe ‘n warm gevoel dit nog steeds by Ding los dat Ding ten minste WEET hoe dit voel om trots te wees tot anderkant barstens toe omdat Ding behoort. Ding kyk die jonger geslag en hulle het nie ‘n idee wat hulle mis nie – daai gevoel van trots, geborgenheid. Hmmmm. Dis van Ding se mooiste herinneringe. Ten minste kan Ding sê: ek weet hoe ‘n mens behoort te voel oor jou land. Klaar. Ek hoop Oom PW donner daai tikmasjien nog LANK by Die Anker, ja.

  24. Jitte Sammi, skrik ek vir die woorde ‘plunder gees of bou gees’ en toe sien ek dit was ek wat vanoggend so nydig was met die vingers en die sleutels!

    Ek ken mense wat weggehol het oor geld. Uit vrees. Uit ‘dit was die in-ding’ om te doen.

    Maar daar is ook mense wat weggegaan het met beelde van verminkte geliefdes in hulle breine geets. Ek sal verstaan as hulle nooit ooit weer wil terugkom nie.

    Maar ek wens ons was meer sodat ons die hordes ook kon gas gee. Die arrogansie wat heers sedert paasnaweek is nogal kotsingswaardig. Voorheen was daar ‘n mate van versoeningsgebare. Ek behandel almal met dieselfde respek, en voorheen was dit met dankbaarheid erken (sukkel ek nou om myself uit te druk) maar nou is dit ‘n houding van F JOU!

  25. Sammi, ja Ding wonder ook hoekom ons so maklik verwys na “lank terug”. Seker juis omdat dit makliker is.

    Van politiek weet Ouding NIKS. Maar Ding weet Ding hou van harde lap teen Ding se vel; Ding se spiere aan die werk; Ding se voete gaar geloop op en in die grond; Ding se hande en lyf wat ruik na grond en sweet in die son. Ding weet van ploeg en plant en grootmaak en oppas en dokter en oes. In die sweet van manman se aangesig. En al kan Ding daai nie in hierdie rondte ooit weer heeldag en aldag doen nie, sal dit nie wegneem van die feit dat DIT is wat Ding definieer nie: grond, lewe, werk, vertrou – reguit net soos ‘n ding is. En dood sal Ding dood in hierdie land se grond.

    En dan kom daar dae soos vandag dat Ding sy Cats se sole merkbaar wegloop in Pretoria middestad se strate. Dan loop Ding sielalleen sonder ‘n askies-ek-is-bewebroek-bang; dan loop Ding met ‘n klip in elke Rakaklou vir ingeval, maar groet wyd en syd, want hierdie stad behoort ook aan my. En g’n oorweldigende getalle en g’n militante, waarskynlik haatdraende, kyke sal vir Ding ‘n aks laat terugdeins nie, want hierdie land is ook MY goedjies, my goedjies. Basta. En Ding wil niemand se niks van iemand wegneem nie en sowaar sowaar sal Ding ook nie toelaat dat iets van Ding sonder stamp of stoot of klipklap weggeneem word nie. Het Ding vandag weer gewonder: hoekom kruip ons in motors weg? My fok, LOOP met jou voete man, dan is jy nie ‘n potensiële motorkaping-slagoffer nie!

    Askies Skoor – Ding skryf alweer koerante hier op jou werf.

  26. Ja Skorie, Ding tel ook daai op – dat daar ‘n byna tasbare arrogante fjou-houding is. Maar dan trek manman mos die skouers net so ‘n aks regopper en stoot die borskas net so ‘n ietwat verder uit en kyk net so ‘n titseltjie dieper en reguiter in die oë en smile aansienlik wyer en spreek die persoon uitdrukliker aan as Meneer of Dame … Sodat ons almal presies kan weet ‘n smile is net nog ‘n manier van tande wys en wat andereen DINK Meneer of Dame beteken en wat Ding WEET dit beteken, is lank nie noodwendig dieselfde nie. Weliswaar ook maar beperk, maar daar IS verskillende maniere van fokjouook. Hoekom is dit so moeilik om te besef manman is buitendien een dood skuldig? Hoekom loop lê en rol soos ‘n ingebreekte triekgeleerde hond; as jy kan dood soos ‘n leeu met ‘n bekvol vleis?

    Hoe gaan dit met jou kat?

  27. Meneer of Dame! Jitte, jy is behoorlik ordintlik Ding. 😆

    Ek kyk ook maar sommer ‘n barshou. Een aand was ek weer diep geirriteerd toe die carwatch op ons afstorm, en kon nie anders as om geld uit te haal, met die woorde ‘Piet Retief gee dit’ nie. Skoorlief het geproes in liberale spoegies, maar ek sal maar dit toeskryf aan serious pms. Want waaaaar het daai woorde uitgekom!? Ai, daar is darem min goed wat so lekker dra soos CATS wat al ingeloop is. Die hakke so effe parmantig teen ‘n hoek gestap, en die leer sag en koesterend…

    Kat het nou 8 van haar 9 lewens op gebruik. Ek het nou haar spaarrekening gaan check, en daar gaan net mooi koffol aan! Al die bleddie sakgeld is gespend op muisgeur chips en akkedis geur koeldrank. Ek het so gehoop sy sou die een verantwoordelike wees onder die lot, maar heellaas is ek kniediep in die sh!ts want die rekening gaan by R2000 trek. En behalwe om te hoor sy het ‘n vergrote nier, en witbloed telling wat te laag is, en geen feline aids of leukemia, het niemand ‘n idee wat fout is/was nie.

    Maar sy is tuis en raas aanhoudend met my oor ek haar durf laat oorslaap het. Asof ek wou! Sal maar later vandag vir haar Woolies mince gaan koop. Haar favourite. Rou. O ja, ek het nie geld oor nie. Sy kan maar droe pilletjies vreet tot ek weer op my voete is. In 2011.

    Skryf maar koerante, ek hou van lees. Veral as dit sense maak.

  28. O ja Vlam, ek het gisteraand ‘n lekker boek in my rak gekry oor Cristiaan de Wet. Tweedehandse shoppie bargain gewees. Miskien moet jy boekwinkels loop besoek en op die onderste rakke loer!

  29. Izzit, Skoor?! 😯 Wat’s sy naam? Jimmel, as ek nou liries kan raak oor iemand, is dit oor Generaal de Wet. En om te dink hy’s in taamlike armoede dood… Gelukkig is hy darem soos ‘n held begrawe, aan die voet van die Vroue Monument.

  30. KRYGSMAN CHRISTIAAN DE WET – ‘n Lewenskets van Genl. CR de Wet deur Ben Olivier.

    As jy belowe jy sal hom op pas en terugstuur as jy klaar is, sal ek dit vir jou vanmiddag pos.

    Stuur jou adres na skoorbek@gmail.com en ek pos dit vir jou. Wou dit scan, maar gaan te lank vat.

  31. Dankie, Skoor, maar dinge is nog erg deurmekaar hier en netnou raak hy weg, never mind verniel. Kan ek ‘n rain check vat op daai een? 😉

  32. Uitstekend geskryf! Dit laat my hartseer op verskeie vlakke. Dit voel soms of die Afrikanergeskiedenis ‘n hoofstuk is wat stadig tot ‘n einde kom. Dit waarvoor daar geveg was, en waarvoor soveel mense se bloed gevloei het is stadig besig om tot niet te gaan.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s