Tuiste » Skoor Bek » Siener Skoor

Siener Skoor

Ek is baie dinge al genoem. 

Rassis.  Bliksem.  Tweegesig.  Liegbek.  Kort van draad.  Grapkas.  Nonsensprater.  En so en so en so.

Maar as Ashley Hayden, aka HEKBEK nie hierdie Celeb Survivor wen nie, dan is my naam nie Skoor Bek nie!  So noem my ook sommer van nou af SIENER.

Kyk, so min soos ek van die vrou gehou het, en hoe meer ek moes terugdeins elke week as sy leliker en maerder en vol blou kolle op my skrien verskyn (ek het intussen ‘n flatskrien gekoop, so sy is nou sommer erg groot in my sitkamer), so meer het ek nogal gesien hoe slinks ‘n mens kan wees en hoe skinaaiwieng.  Kyk, Survivor is ‘n game, en mens moet slimmer as jou opponent wees, en dit was ou Hekbek beslis.

Ek kry steeds horries as ek dink dat Proverb ooit eendag in die parlement moet land, want hy is so lui, hy sal effol doen, en sy departement sal ook net op die Uniegeboue se lawn le en in die verte intuur en duur karre ry en vet paytjeks kry.  Maar Pro het nogal ‘n paar eerbare gese wat my effe meer respek vir hom gegee het.

Gigi, alhoewel ek ‘deernis’ aan die begin met haar gehad het, en deur Graatjie baie vinnig reggehelp is, voel ek, behoort nie daar te sit nie.  Sy het op genade en in die skadu van ‘vrouwees’ deurgeglip.  Dan eerder Sade.  Maar Gigi?  Aikona.

Vir my, stoere Boervrou van formaat, is Okkert natuurlik die ultimate kampioen.  Nie net omdat hy half fladderinkies hier in my maag veroorsaak met sy lyf en woorde nie, maar omdat hy ‘n Edele Boerseun is wat guts gehad het, en konsekwentheid en eerlikheid.

Maar Hekbek, hats off to you.  Jy het hulle almal effe disnis gespeel.  Sista’s to the end!  Ek vertrou die 100 kids vir wie jy gespeel het, sal decent grootmense kan word.

19 thoughts on “Siener Skoor

  1. Dis nou soos my ma altyd sê – gee die duiwel wat hom toekom. Ek kners letterlik op my tande om vir Hekbek te gee wat haar toekom, maar ek moet met jou saamstem. Sy het die ander ore aangesit en kringe rondom hulle ge-connive. Wel, ek verkies om te sê dis nie omdat sy so goed was nie, dis omdat die ander te stupid was om aan die begin deur haar te sien.

    Nee wat, as ek nog die eindresultate kon verander, sou ek dan maar eerder vir ou Gigi wou sien wen – kaal kardoes en al😈

  2. * Gaap *
    Maar wat sal mens nou maak. Jy moet deur die rugstekery sit om by vuilbek Ramsey se kitchen Nightmares uit te kom.

    Solank die geld by die kids uitkom en nie in vrot tottie se neusgaaie op nie worry ek nie regtig wie wen nie. Well played hekbek, daai ander suckers het dit nie sien kom nie.

  3. Dagse “Siener Skoor”

    Jy dink Proverb sal die eerste luigat in die Parlement wees?

    Hy sal nie kwalifiseer nie. Reeds bewys dat al die kwaliteite daar is soos jy dit beskryf het, maar ongelukkig vir daai pos sou hy meer skelm as Hekbek moes gewees het. Dus gaan hy die “armste” een onder hulle wees as hy wel daar sou uitkom.😀😉

    Alles wat mooi is, sien weer op ‘n keer.

    Groete

  4. proverb klink oa parlement materiaal. ek kyk nie werklikheids programme nie. dit pis my af. wat ek egter wel weet, is dat die 100 kindertjies net die helfte van r1miljoen kry. raai wie kry die ander helfte? as sy haar laaste teenstander kan ore aansit.

  5. Ai AM, kaalkardoesenal! Ek sluk maar swaar aan die ‘aanvaarding’ van Hekbek, maar ek dink Suid-Afrikaners se goedgelowigheid is hier duidelik uitgewys. En jy’t net een skelm ingilsman nodig om die hele lot deur die ore te werk!!!

    Ou PJ, jy weet natuurlik dat Ramsay deesdae heelweek om 2026 op my screen kuier. Ai, en vertel tog vir Lyfie ek gaan hom by die Good Food & Wine kuier…kan nie wag nie!

    White Knight, dag man! Jip, noudat jy die ander angle verlig, besef ek Pro het maar min kans op sukses in die parlement. Hy’s redelik in sy dinges, want hy kry ook nie die geld vir Survivor nie. But hey, so am I. 😆

    Eish Olga, ek het noooooit besef hulle kry ook geld nie. Helsems. Hier dog ek die game gaan vir charity, nou sien ek dis toe gladnie so eenvoudig nie.

    Ja Demoerin en Frankie, sy het almal outplay. Ek sou regtig graag vir Okkert wou sien met die bucks, maar dis nou maar my eie droom.

    Geluk dan Hekbek. Ek reken jou hele fan base stem hulle blou om jou die titel te laat kry. Miskien is GiGi se kliente ook besig. Ek gaan egter nie geld mors om te sms nie. Anyway nie na die Idols debakel met die sms’e nie.

  6. Goed gesê skoortjie- sy het die game gespeel, al voel mens hoe. En ja, lui bliksem Pro het in sy finale kommentaar regtig homself redeem – soos my Hubster gesê het, man die ou is ‘n eerbare mens. Ek sou ok eerder vir Sadetjioe daar wou gesien het – of oom Gys, of natuurlik Okkie.

    Ek weet ek moet wordpress toe, maar ek haat vernadering – gaan loer gou gou op my ou bloggie – ek het Saterdagoggend in PE die spulletjie gesien absail – Okkie ok. Man en was hy wintie.

  7. Geweet jy en oorle van Rensburg het iets in gemeen, Skoor!

    Ek`t myself belet om Siewaaiwir te kyk…en dit reggekry. So, ek`t net nuus gekry oor hul doen en laate by jou en Rosalint. Nou voel dit of ek gewen het!

  8. Ja nee, gee Hekbek wat haar toekom, en dan het die girl nogals TWEE gameplans gehad, ver ingeval die een nie gewerk het nie!. Sou ook graag vir Okkert en Gys in die finals wou gesien het.

  9. Aaaag man XP. Ek het geweeeet GiGi gaan wen, ek wou net bietjie die munt aan die ander kant ook blink vryf!!! Hoe kon jy twyfel? Hekbek was ‘n rugsteker en ‘n konkelaar.
    😆

    Nee gits. Ek moet se, my wind was uit my seile. Sit ek met ‘n blou liggie in die mond, besig om my tande te bleik, toe Okkert se ‘gewildste onder die kykers’ aangekondig word (wragtag, die meerderheid mense verkies eerlike ouens, en hier dog ek SA is in sy moer). Amper kom die bleikmiddel deur my neusgaaie so opgewonde is ek!

    Daar is geen manier dat ek daardie uitslag sou kon raai nie. Wys jou net wat moerige mense kan doen voor hulle sielkundige behandeling kon kry, en weer heuning om die mond gesmeer kon word.

    Mooi GiGi. Jy was wel nie my eerste keuse nie, maar ek vertrou jy sal oordeelkundig met die fondse te werk gaan, en besef mense kyk op na jou.

    Geez, dit klink heel verkeerd. Het mense nie nog altyd maar na haar opgekyk nie? Sy’s mos ‘n girl of the stage😆

    Nou ja. Afrikaans bo!!!

  10. Ja, ok trots op die Afrikaanse girl. Wys jou dat mense verby vooroordele kan kom. Ek het ‘n baie sagte plek vir Gigi se charity (hospice), so daaroor is ek bly. Ou Hekbek het die fatale fout gemaak deur heel op die einde nie strategied slim te wees nie – met Pro aan haar sy sou sy verseker gewen het.

  11. So – toe kry ek ook soort van my sin, want as Hekbek gewen het, sou my koffie vir maande galbitter in my keel bly vassteek het.

    Een ding van Survivor, dit het my genees van my ‘liking’ in rooi-broekie-Izak. En sommer sakke vol respek gegee vir Okkert.

  12. Die ander deelnemers was bad losers regtig, net Proverb het erken sy het hulle gespeel dat hulle ore tol. Kyk hy was nou die argetipe-lui ene maar ek het respek vir hom gekry dat hy groot genoeg was om nie bitter te wees nie en te erken Ashley het die beste gespeel.
    GiGi was nice maar sy het nie nie beste gespeel nie.

  13. Cat, ek stem met jou soooo heelmal saam. Dit was ‘n reuse fout van haar kant.

    Hospice is great. Ek is bly hulle maak iets uit die deal.

    Ja XP, jy’t seker sit en kwaad doen daai tyd van die aand. Ons ouermense het maar voor die TV sit en droom oor ons kwaad doen dae😆

    Haai AM, en jy wou hom op ‘n stadium warm vry! Wat my genees het – totaal – van rooi onderbroeke, is daai klokke-hop wat Louw uitgevoer het. YUK met hoofletters, in Bold en Onderstreep!!!

    Jip Frankie, ek dink met Pro sal mens ‘n paadjie kan stap. Mits jy kort-kort ‘n kansie gun vir op-die-rug-le-en-niksdoen! Ek dink in retrospek sal almal dit beaam. Net jammer kameras is selektief. Ek droom van ‘n Survivor wat 24 uur verfilm word soos met Big Brother. Wat ‘n splitscreen wys, wat ons dan kan kies watse span se groepie jy wil afloer! Select en enter. Voila!

  14. Kan iemand my help asseblief? Is my rekenaar moerland toe of het ek net `n verkeerde knoppie gedruk? Ek is NIE Anoniem nie.
    Haai! Dis Boernig hieso.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s