Tuiste » Skoor Bek » As ‘n Gewel val

As ‘n Gewel val

Ek hoor vanoggend onder die stort (ja, ek het ‘n draadloos IN my stort) dat die bekende Hannes Meiring oorlede is.  Sommer net so.  Op 75.

En ek dink terug aan toe ek hom noudie dag sien stap het, en gedink het dat hy moeg lyk.

Nou het ons dorp ‘n kampvegter vir die bewaring van ons geskiedenis verloor.  Oom Hannes het nie teruggestaan as dit gekom het by geldgierige skurke wat ons dorp wou kom bederf met afbreek van die oue, en oprig van monsters nie.  Hy was nie altyd suksesvol nie, maar hy was nie bang om te baklei nie.

Hy was ‘n groot man.  Letterlik en figuurlik.  Dit was ‘n voorreg om dorpstoere naby hom te stap, om die stories en feite op te raap.  Hy was ‘n talentvolle kunstenaar.

Dis jammer dat hy dood is.  Hy kon nog baie bydraes lewer.  En baie sketse maak.  En baie mense vertel van hoe dinge was.

As ‘n gewel val, is dit tjoepstil daarna.  En wanneer die stof gaan le het, is niks ooit weer dieselfde nie.

8 thoughts on “As ‘n Gewel val

  1. RIP

    Dis goed om te lees dat daar mense is wat nog omgee vir geskiedkundige geboue en plekke.
    Ons dorp het `n stokou skooltjie wat nog van klip gebou is. Dit is nie in gebruik nie, maar word so mooi opgepas. Eendag het ek histeries die plaaslike koerant gebel toe ek sien hulle begint die plek afbreek. Dit was toe al die tyd net `n nuwe dak. Die oue was vodde en die reent het lekplek gemaak. Tsk.

  2. Ps..Skoor? Ek wou net net die skoolbrief pos, toe val daso dinge voor…ne? toe seg ek askies mette ektra skrywe by. Hoop jou posbus kry dit.

  3. Dis jammer as ons mense sulke mense verloor. Ek wonder baie keer oor my geskiedenis-dosent wat ek op Kollege gehad het, ek het Museumkunde as opsionele vak gehad en hy was ook daar ons dosent, mensig, ‘n interessante man, sulke mense moenie doodgaan nie! Daardie man kon vir jou geskiedenis lewendig maak en vir jou vertel van plekke en dinge. Ons was saam met hom by plekke in waar die gewone publiek nie toegelaat is nie. Jy’s daar in Stellenbosch, hoor vandag my oupagrootjie se oupa is daar gebore…ek moet kom kuier!🙂

  4. Ai Sigeuner, soms moet mens maar so gat oor kop in ‘n ding ingaan. Dit wys darem jy gee regtig om! Het die brief ens gekry, fanks hoor!

    Ek hoop hy het in sy leeftyd die regte saadjies geplant by die regte mense dat sy goeie werk voortgesit sal word, Nikita. Anders is dit ‘n verlore stryd!

  5. Hi Skoor – daar skryf jy nou oor Oom Hannes. Ek is ‘n argitek en as student het hy ons so bekoor met sy pragtige handsketse en staptoere deur Pretoria se geboue (hy het toe nog hier gebly) . Hy was regtig ‘n besonderse man (en groot soos jy se) met ‘n pragtige stem. Ek sal my getekende boeke van hom styf bêre.

    Ek het gedink ek moet blog oor hom, maar my gehoor is nou nie in daai dinge nie.

  6. Og! My pa het ‘n collection van 6 van HM se drawings in sy studeerkamer – twee daarvan sover ek onthou is Lanzerac en Libertas… dalk die enigste van sy versameling in die hele Duitsland? (Papi is ‘n vurige historian – het eiehandig die ou museum (ou Fort) in Grootfontein Suidwes op die been gebring… en talle geboue daar in die jare toe hy daar gewoon het, geskiedkundig laat verklaar – (my oupa was ‘n argitek, wat seker dié liefde verklaar – ek is netso verknog aan ou geboue en kry hartskrampe as ek die verval daarvan (veral hier in die Jakarandastad en ook Jhb sien). Dis hartsverskeurend!
    (Paps het ook die wiki page (in duits) oor Grootfontein begin en hou dit opgedateer – dis supercool, nê?!)
    Dis hartseer, ja – die stilte wat HM se afsterwe laat – silence is not always measured in volume, not always the opposite of noise, nê… sometimes a silent hand leaves a greater void than any speechless voice could ever do.
    My pa se favorite saying mbt heritage: “what you cannot make, you shouldn’t break”…

  7. Die wereld is klein ne Cat! Blog uit jou hart – jou gehoor moet soms iets anders ook lees, dis soos om eendag skielik te besef die blogger het vele fasette!

    Jis jou pa is great Graatjie! Ek veronderstel as bewaar en beskerm en in stand hou nie deel van jou verwysingsraamwerk was nie, jy nie juis daaroor gaan worry nie. Maar what you didn’t make, you also should not break!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s