Tuiste » Skoor klets met » Skoor klets met..Peter Thomas

Skoor klets met..Peter Thomas

Ek klets met berugtes, beroemdes, bemoerdes en bederfdes.  En sommer ander interessante en onbekende karakters.  Dis ‘n nuwe angle op my blog, en ek hoop die wat graag lees, lees lekker aan die brokkies.

Peter Thomas en ek het ‘netvriende’ geword na ek my besoekerskaartjie op sy besoekersblad gaan vassteek het, en hy my geantwoord het (in eg ordentlike Afrikaanse tradisie).  Ek noem hom ‘oom’, maar vir die doel van die onderhoud is hy vir jou en die ander, ‘jy’.  Gelukkig nie u nie! 

Oom Peter bly besig deur ander besig te hou.  Hy is soos ‘n miskruier wat nie stilsit nie, en rol almal op vir ‘n lekker storie en sorg dat sy webblaaie vol lekkertes vir oud en jonk is.  Hy kan ‘n lekker kortverhaal skryf, en vrek oor lang wit beskuite en varsgemaakte koffie langs ‘n rokerige kalahari vuurtjie waar die koue hier neffens jou niere so byt-byt, en jou hande teen die blikbeker brand.  Jy sien hom nooit op foto’s smile nie, maar as jy met hom oor die foon praat, is sy stem vol lag.  Sy hond Ado steek hom soms in die skande as hulle gaan wandel, maar verder sorg hy dat die ‘oumense’ hom bederf as hulle bymekaar kom en koek en tert vat.  O, en oom Peter verloor gewig soos ‘n bles ou hare sal verloor.  Hy het ‘n metabolisme soos ‘n erdwurm.  Vandag besluit hy hy moet 2 kg verloor.  Oormore het dit gebeur.  Tipies man!

Wat het jou laat besluit om n webwerf te begin?

 Ek het maar sedert die internet begin het, belang gestel  in alles wat daarmee te doen het.  Ek het vir FNB gewerk en op ‘n stadium was ek die skakel tussen die verskillende besigheidseenhede en die web ontwerpers, dis waar ek geleer het om webwerwe te ontwerp.

Natuurlik moes ek toe ook my eie weberf ontwerp.

Hoe oud is die webwerf?

Ek het begin met my Engelse webwerf, toe word die Afrikaanse deel te groot en ek begin toe die Afrikaanse een op sy eie. Omdat my naam te Engels geklink het, het ek dit Ver-Afrikaans deur dit Peterjasie te noem.. So om en by 4 jaar oud. Engelse een is heelwat ouer.

Voor die kierieverlof (aftrede) ingeskop het, wat het jy gedoen?

Ek was al my werksjare in die bankwese. Nogal lekker gewees, het in baie dorpe en stede gewerk, selfs twee keer in Botswana.

Is jou beter half ook so geinteresseerd in die tegnologie, of is sy n tuisteskepper met hope geduld vir die alewige biep van die selfoon, en ding-dong van die epos?

Nog nooit belang gestel nie, maar het onlangs vir haar ‘n kamera gekoop, lyk my die belangstelling is nou wakker gemaak.

Daar is n wye verskeidenheid onderwerpe op die webwerf. Hoe het jy besluit op die verskeidenheid en groei dit steeds?

My Engelse webwerf is baie suksesvol met Tradisionele Suid Afrikaanse resepte, die respteblad het al meer as ‘n miljoen besoeke gehad, dus moes die hoof trekpleister op Peterjasie ook resepte wees.

Die hoofdoel van Peterjasie is die bewusmaking van Afrikaans op die internet. Veral die mense wat die land verlaat het hou daarvan om Afrikaans op die internet te lees. Dis ook ‘n ideale plek waar ek my fotos en artikels wat ek skryf te plaas. En dan my Afrikaanse  nuusbrief ook wat wêreldwyd versprei word. Ek is altyd op die uitkyk na inhoud wat tipies Suid-Afrikaans is om die webwerf interessant te hou.  Ek het begin om resepte e-boeke saam te stel en het ook twee CD’s met resepteboeke beskikbaar wat ek op my webwerwe verkoop.

Hoekom een in engels en een in Afrikaans? Is dit nie baie tydrowend nie?

Soos hierbo genoem, die Engelse een het te groot geword met die Afrikaanse deel by, en ek wou ‘n suiwer Afrikaanse webwerf gehad het.En ek het baie tyd!

Hoeveel lesers ontvang maandeliks die skakel herinnering na die webwerf?

Om en by 1500 vir die Afrikaanse nuusbrief, die getalle groei stadig

Wat is nog op jou agenda vir die toekoms? Enige planne en drome?

Nommer een is om meer geld te maak deur die webwerf. Ek kry reeds lekker kommissie van adverteerders.  Dan nog baie rondry en probeer om mooi fotos te neem. Ons dink daaraan om een of ander tyd die Amasone te gaan besoek.

Wat die webwerf betref, is ek maar gereeld op die uitkyk vir lekker Afrikaanse inhoud en om die nuusbrief meer interessant te maak.

Dan wil ek ook nog daardie een besonderse foto naam wat wêreldwyd pryse gaan wen!

Jy reis graag. Wat is die mooiste bestemming waar julle al tent opgeslaan het?

Nommer een by verre is die Kgalagadi, veral by Nossob. Dan gaan ons so dikwels moontlik ook Kruger toe.

Jy is ‘n kranige fotograaf. Wat is in die kamera sak wat die herinneringe vasvang vir terugverlang dae?

Belangrikste is ‘n Canon EOS 400D met 18-200 en 150-400mm lense. Daarmee kan ek omtrent alle situasies hanteer.

Wat is jou gunsteling ‘model’ om af te neem?

 Diere eerste (Kgalagadi en Kruger) en natuurtonele tweede.

Lag jy graag? Waarvoor die meeste?

Ja, hou daarvan om te lag. Ons Afrikaners het ‘n besonderse sin vir humor.

Waar kan al Peter Thomas se aktiwiteite besigtig word op die www?

 www.peterjasie.co.za  Afrikaans

www.funkymunky.co.za (Engels)

www.peterthomas.co.za (Fotografie)

14 thoughts on “Skoor klets met..Peter Thomas

  1. Heya vriendinna, doen die rondtes van Vader Kloete, toe besluit ek maar om bietjie te kom gesig wys. Lekker lywig die posts wat jy deesdae so uitsit vir ons genot. Doen so voort vriendin!!!

  2. Ja Vriendin! Ek is nou gatvol geskryf van slegte nuus en moord en bangmaak. Jy weet mos – dit vreet mens se dermwande dun.

    Nou sit ek maar ander gesiggies hier neer as die van dooies. Dis mos darem lekker om so in lewende lywe met famous mense te klets! 😆

  3. Skoor

    Dis die beste wat iemand my nog laat lees het op die bloggosfeer. Dankies!
    Dis juis sulke efffense privaatgeit van gewone mense/of celibrities waaroor ons nuuskierig is en oor wil lees.
    Jou skets van Peter Thomas is genadiglik nie op Huisgenootprofiel gebasseer nie en dit lees positief en lekker!! Lekker verby.

    Nou het ek so bietjie meer van `n baie interessante persoon geleer en boonop `n nuwe web geleer wat lekker resepte het!

    Dis nou verfrissend anders.

  4. Ja Demoerin. Dis lekker daar. Veral om die temperatuur uiterstes te beleef en wragtag te voel of jy LEEF!

    Ek het net een probleem…ek verkies Kalahari Gemsbokpark. Daai ander naam voel vir my so na ‘kaalgatte’ op die tong. Dit wil net nie mooi prentjies maak in my oog as ek dit uiter nie!

    Sjoe Sigeuner, dis ‘n mamoerse kompliment! Nou kan ek asb. hot chocolate ook kry om te wys jy bedoel dit😆 😆 😆

    Ja, laat Huisgenoot maar die skinner opdiep, ek is te vlak om diep te gaan soek! Teken in op sy nuusbrief, dan bly jy op hoogte van die resepte. Altyd ‘n bargain.

  5. Hot chocolat vir Skoor. Vra as jy weer praat ne? Een tip vir die gepeupel wat net `n digitale mik en druk het – hoe kan ek een wereldpragtige foto neem? Asselief Oom?

  6. Hallo Sigeuner
    Wêreldpragtige foto?
    Leer jou kamera KEN! Lees die handboek, leer elke dag een van sy vele funksies.
    ‘n Mik en druk het beperkinge, so jy gaan sekerlik nie prysewennende aksiefotos neem nie, dink aan natuurtonele, portrette en makro fotos, jou tuin is vol mooi en interessante insekte en goeters.
    Sluit aan by ‘n kameraklub in jou omgewing, jy kan BAIE daar leer en hulle help graag.
    Dra ALTYD jou kamera by jou sodat jy nie daai spesiale foto mis nie.
    Kry goeie sagteware en leer doe program, die neem van die foto is 50%, die res gebeur op die rekenaar

    En siedaar, binnekort neem jy baie mooi fotos!

  7. Oom Peterjasie, en hier SIT ek met die boek en so waragtag! ek lees nie als nie. Nou sal ek, dankie!
    Ek dra egter al swaar aan gadgets van my klankmakers – dis remote crontrols, batterye, noodhandsak met pypverstoppers —-en dis `n dem moet, nagals.
    Ek dink ek sal egter leer om meer kere my mik en druk aan my nek te hang. Net om te leer om meer vriende te maak daarmee.
    Dan moet ek ook afleer om net deur die lens te loer as myy kinders in visie is, ne? Agh, en hulle maak nogals oulike pics.
    Wat ek redelik irriterend vind van die goedkoop mik en drukkertjie is dat as ek naby fotos wil neem (en ek stel hom op naby) dan blurr dit nog steeds! My hare verdwyn dan sommer so in my vuiste in.
    Sal eendag as ek baie geld het op Junk Mail `n tweedehande ene koop met `n groooooooot lens.
    Met `n boek natuurlik.
    DANKIE!

  8. Hallou!
    As jy wil opgradeer kyk na die Sony Cybershot DSC-H20
    Die ding doen die dinkwerk vir jou en het ‘n heel skaflike 10X zoom.As jy bv na ‘n gogga mik gaan hy vansigselwers in “Macr mode” en siedaar, ‘n skerp foto.
    Maar ek dink jy is nou al mooi groot en kan gerus opgradeer na ‘n DSLR, die laer modelle is nou al heel bekostigbaar. DSLR beteken dat jy deut die lens na jou onderwerp kyk en die reaksi as jy die knoppie druk is onmidelik, lekker vir aksiefotos wat jy nie met ‘n mik en druk kan kry nie.
    Kry vir jou ‘n 18-15 of 18-200 standaard lens en jy is reg vir groot avonture.
    Onthou net , die DSLR se boekie wat jy moet bestudeer is tweemaal so dik soos die mik en druk s’n
    Lekker speel.

  9. BeeBee, nou kan jy darem sien HOE ‘n funkymunkey lyk! Staan so ewe geposseer met die kamera. Die Boere van ouds sou ‘n geweer so in die hande gehou het vir die kiekie!

    Mind you, oom Peter kan seker net spekSKIET, so dis maar beter dis ‘n kiekiemaker en nie ‘n geraasmaker in sy hande nie😆

  10. Hallo oom Peterjasie!

    Nou eers weer kom loer. Dankbaar is ek alweer, dankie-dankie! Nou gaan ek al die inligting in my wensboek neerskribbel, navorsing oor pryse maak en dan kyk of ek onder 6 maande kan vat om te spaar vir my volgende doel…`n laaaaaaaaaaaaaang kamera – `n regte ene!

    Ek hou van dik boeke, skrik nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s