Tuiste » Skoor Bek » As naweke 2 dae te kort is

As naweke 2 dae te kort is

Hier sit ek.  Uitgeput.  Die naweek rush is verby, en die week grom vir my met goudgeel tande.  En ek wonder wat mens kan maak om aansoek te doen vir ‘n HER!

My muesli het ekstra cranberries gekry vanoggend, want gister was Good Food & Wine in die KIKS, en soos elke jaar, klok ons oopmaak tyd in.  Aag jitte, ons en die res.  Teen ‘n uur later voel dit by sommige stalletjies of ons stoet stappers is.  Mense soek angstig na happies kos.  Darem vreemd hoe ons vreet-mal is! 

My indrukke van GF&W 2010…  Die groot name soos P’nPay en Checkers en Spar het geskitter in hulle afwesigheid!  Die kos proesels was aansienlik minder.  Dit is immers die rede hoekom mens na die GF&W gaan – om te proe en te drink en te kuier.  As hulle nie dringend dit gaan aanspreek nie, kan almal net sowel Saterdae na die Slow Food by Oude Libertas in Stellenbosch kom, en presies dieselfde kry wat daar was!

Verder was die Klipdrift stalletjie goed benut deur die uwe.  Ek het so ‘n paar jaar gelede brandewyn ontdek.  Nie die soort wat jy met Coke meng nie, maar van daai soort wat sommer duidelik oor R1300/bottel trek hierdie jaar, en ek stem vir ‘n goeie, goeie brandewyn op ys.  NIE ‘brannas’ op eish nie.  Maar van Rhyn het weereens nie opgedaag nie, en ek het maar met die Klipdrift Premium vasgestaan en heerlike herinneringe opgebou.  En great freebees gescore soos die ingilse sal vertel.

Die boeke was beperk tot die chefs wat by die show was, en ek persoonlik dink dit suck bigtime.  Voorheen kon jy ‘n magdom heerlike boeke aanskaf.  Ek is seker Ramsay het iets hiermee te doen.

Nou, gepraat van… ek dink mos die man is vreeslik sexy.  Maar dan het ons die afgelope tyd erg baie van sy shows op die kassie gehad, en as my pms net so neffens die ewenaar gaan draai, en hy ‘jesuschrist’ elke tweede woord, dan raak my toonnaels sommer vaal en trek my spoeg sulke taai drade.  Hy verloor punte.  Daai selle jesuschrist wat hy so uiter, kan met die knip van ‘n oog maak dat sy vrou perongeluk oor altwee sy hande ry met hulle grendste kar, en moertu is sy kookloopbaan!  Nee wat Gordon.  Ek het hom nie gesien nie.  En die snaakste was dat ek sy tweets volg, en hy niks gese het van waar hy is en wat hy doen nie.  Tensy ek dit gemis het, maar nou ja. 

Maar chef Georgio Locatelli was ook nog altyd vir my lekkerder op die oog as ‘n heuning toastbroodjie in die voordag.  Hom het ons sommer live gaan sien kook, en ek dink steeds die man sal heerlik…nou ja.  Kosmaak😆

Koop ek vir my ‘n stel Jamie potte.  Ek moes die vrou net smeek dat die chef NIE by die stel ingesluit is nie, want ek het min tyd vir ‘ou spraakgebrekkie’.  Hy is nie my koppie Boeretroos nie.  Nee dankie.

All-en-all was die brandewyn en my Thai massage die lekkerste van die dag.  Ek dink dis ‘n skande dat mens nie meer proesels gekry het nie.  Bring terug die GF&W van 5 jaar gelede!

En dan my span.  My span my span my span.  Het julle geweet die Stormers het OOK met hulle B-span gespeel Saterdag?  Jip!  Naqalavuki het nie gespeel nie!!!

Toe doen die Bulls ons ‘n guns.  Doelbewus?  Ek weet darem nie.  Nie die Bulls nie.  Elkgeval, ons is deur, en ons speel die Tahs op Nuweland.  Nou moet die verdomde Computicket net hulle kaartjies vrystel dat ek kan sien of daar nog enigsins iets vir ons plebs oor is.  Ek wil weer vir Jaque en Bryan en Gio en Skalla en die res gaan cheer.

Die naweek was te kort.  En buite skyn die son, so ons kan wasgoed was die week.  My neef se vrou en seuns is in Libie en wag vir DNA identifikasie op hom.  Van die 96 lyke wat hulle gevind het na die noodlottige vlug, was net 2 semi-uitkenbaar.  Die res was vermink en verbrand, en tandheelkundige rekords en DNA monsters moes oorgevlieg word.  Die lewe is kort.  Gaan sit stil en dink daaroor.  Miskien is die ‘maak of jy nie jou buurman sien nie’ die laaste.  Of die vies woorde vir jou geliefde oor die toiletsitplek weer nie afgeslaan is nie, die laaste.  Ons moet maar lig deur die lewe stap.  Jy weet nooit wanneer jy op jou laaste vlug is nie.

Groete uit die sonskyn Kaap!

31 thoughts on “As naweke 2 dae te kort is

  1. Nou is ek honger

    Ek sien die Stormers maak sommer van voor af die trofee kabinet skoon, lughawens in Nederland is weer gesluit oor die stof. Dit is nou wat ek positiewe denke noem. Ek staan natuurlik nog steeds agter my span.

    Go STORMERS!!!!!

    Sterkte aan jou en jou familie. Ek dink aan julle.

  2. Hierdie is nou ‘n geval van “weekends imitating life” Altwee is te kort. Meegevoel met jou en familie, en veral sy vrou en seuns. Dit is so hartseer.

    Jy praat andersins lekker dinge, skaam jou om dit om ‘n Maandagoggend te doen terwyl die donkerbruin ‘n meter-by-‘n-duim loop en die wêreld op sy kop staan. Maar so waar as vet. ek praat saam.

    Ek wou eintlik bittergraag skelm twee cheap-cheap special kulula kaartjies gekoop het vir my en Liefie om dit te kom bywoon, net om die aandag bietjie af te lei. Blykbaar het my besluitloosheid hierdie keer in my guns getel. Ewenwel, neef Gordon moet maar self oor sy vuilbek loop please-explain eendag. Ek gaan hom nou nie daaroor pla nie. Hy kan in elk geval nooit kersvashou by my se Liefie in (net) ‘n klein voorskootjie in die kombuis nie, sorry Gordie – no hard feelings yeah?

    Jammer oor van Ryhn. Angel’s Share is darem pure engeltjiepiepie. Die ekonomie druk seker maar oral. Skaam jou om neef Jamie so sleg te beduie. Sjaaim man, dis mos nou die TFAL wat die AMC ‘n pot noem. Hoe sal jy nou voel as iemand so so spot oor jou houtoog en horrelbeen en daai verkeerdom vasgewerkte vingertjies hmmmm? Its all showbiz

    Die blouspan wat die Weepee ‘n favour doen? Het die hel dan gevries?…of het Tranvaal die super 14 gewen? Business is business het die ou Jood altyd beduie. Dit bly egter ‘n dolk in die hart van hierdie os … well done Stormpies, selfs teen die B-span is dit een helse score. Sien ons julle in Soweto oor 2 weke? Kom net daar met jou eie kar, daar sal genoeg busse wees om almal weer huistoe te vat na die tyd.

    Wag la’ek sharrap. Lunchtyd is oor en die moeilikheid loop dik.

  3. Sterkte vir jou en jou familie. Dis waar, die lewe is baie kort. Hulle sê eerste indrukke is baie belangrik, maar laaste indrukke is onomkeerbaar.

    Jy maak darem nou nie mooi nie. Hier sit en eet ek gevlokte bokse en saamgepersde saadkoekies terwyl my verbeelding vir my prentjies teken van sulke bekoorlike snoephappies😦

    Gelukkig is ek nog op ‘n hoogtepunt na die Stormers se oorwinning. O ja, en ek stem 100% saam oor die brandewyn met ys.

  4. Skoor jy is ‘n vrou so na my hart. Net wat ‘n mens nodig het om die week op ‘n lekker manier aan die gang te kry. Hierdie Limpopol kan maar net drome droom en gesigte sien as sy van van die GF&W hoor… kom nie eers op die Biltongfees op Potties uit nie.

    Jammer om te hoor van jou neef. Sterkte vir julle en veral sy vrou en seuns.

  5. Sien nou eers my groen gesiggie raak. Wanneer en hoe het ek so mooi geword, om nie eens van jonk te praat nie. Net die brilletjies herken ek. Wonder wat het gebeur.

  6. Jinne PJ!!! Great minds… and all that jazz!! Ek was so hittete aaaaamper ini Kaap die naweek – en na ek nie kaartjies kon kry vir Hell Gordon nie, het ek nog steeds gewik en weeg – en het daai besluiteloosheid toe ook in MY guns getel…
    Maar ek kon eintlik ge’doen’ het met ‘n Klipdrift stalletjie dié naweek… Birals proe nou eenmaal nie dieselfde – op ys ook nie…
    Oits! Jamie se ‘spraakgebrekkie’ laat my altyd bietjie gril… ek picture al die ‘french kiss’ of issit ‘drool’🙄 en as hy so tsch-chat terwyl hy kook – dat die ‘sop spat’… aijaijaijaijai!!! nie lekker nie!!
    Daai houtoog en horrelbeen verwysing was ook nou weer heeltemal onnodig PJ!! Nes ek begin dink julle jok vir my en Skoortjie is eintlik ‘n hupse sexy bruingebrande langbeen pop, kry ek weer die reality check – ek sidder!😯
    Ek weet jou laaste preek/wens/hoop is goed bedoel. Ek is tans nog in ‘n “what-the-fff” houding… ek is verby effort insit in daai department – ek was baie ingestel daarop – seen too many people without time left for saying sorry of goodbye… moenie moeite doen vir my in daai regard nie. Just be who you are. Dan weet ek dis opreg.

  7. Jissie. Ek voel kompleet asof ek nou net raas gekry het . . . en ek sweer ek het boggerol verkeerd gedoen

  8. Die lewe stap aan, dis waarnatoe almal oppad is…AAN. Dis waarom jy moet doen wat jy moet doen. Geniet goeie kos, duur brandewyn, goeie vriende, beskaafde familie en baie tyd met jou kinders, terwyl hulle klein is.

    Maak die lewe pragtig.

    Nes die naweek vir my ook te kort was, toe sitttttt ek mos nog so op die Maandag en maak my kinders se bedskoene net-net klaar voor hulle uit die skool kom. Ten minste was dit klaar vir vanaand en hulle loop nou lekker warmvoet hier rond.

  9. ek haaaaaaaaat swak diens!!!!! en vir iemand wat *funksie beplannig studeer het kan ek jou se dis swak swak swak van die organiseerders. regtig waar, om nie die chef met sy boek of potte weg te gee nie, a nee a!!! ai my ou vriendin, dalk moet jy vir chef gordon oor jou skoot trek en hom lekker wiks as hy so siesa praat, ek sal self nie omgee om dit te doen nie.
    *ek het verlede week eers uit gefigure dat Events co ordenating funksie beplanning is. is al 6 maande gekwalifiseerd en nou vind ek eer uit wat ek geswot het.

  10. XP, ek sal nie te gou bekers skuif as ek hulle is nie, maar nou ja, positiewe vooruitsigte en ingesteldheid het niemand nog skade berokken nie.

    Dis juis oor my gebrek my vriend, of eerder gebreke, dat ek hom so ‘n bietjie kan karnuffel. En die ou windgat het nodig om te hoor hierdie Boer dink nie veel van sy image nie. En nou sit ek met ‘n demitse stel potte waar sy naam groot op staan. Hoe sad is dit😆

    Jy is hopelik al uit die vrot tjoklitsous uit. En gebad. En weer goed op dreef? Ai, om darem ‘n Maandag so kniediep in die jy-weet-wat te begin, was nog nooit my idee van pret nie.

    Jong, ou Lyfie sou anyway daai wegbreek geniet het. Want die Kaap was weer moooooi die afgelope naweek. Antie Helen se dorpie is sowaar ‘n pragstuk. En raai, julle sou darem geskrik het as julle vir Graatjie ook by die wyn raakgeloop het klink dit dan nou vir my. Toemaar, die show is op pad boontoe. Google dit en bespreek!

    Ek moet darem ter versagting van Gordon vertel dat hy gisteraand ‘n tweet gesit het om dankie te se vir almal in die Kaap. Die ou donnil.

    Soos ek nou hier sit, is computicket op ‘n ander skermpie aan die ‘hang’ en kan ek nie deurkom vir tikkits nie. Dis darem sad dat mens so in die eeu nog moet sukkel met tegnologie. Ek is wel een van drie wat spook vir kaartjies, maar lyk my ons al drie is ewe gefnuik.

    Charms? Dieet jy?? Ek ook. Die wat ek sien, die eet ek! En drink ek… Nee sjit, ek drink darem nie alles nie. Sit wel hier neffens 2 bokse wyn wat my suster vir my gestuur het. En ek het genoeg by die huis. Die eerste blogger wat ‘n lift het, kan dit kry…

    Ai Anna, om darem te lees van iemand anders se naweek om jou eie te kickstart, laat my wonder of ons nie maar die wyn vir jou moet email nie! Jy moet jou vlerke sprei en by daai biltong fees uitkom. Dit kan net wondere doen vir jou cholestrol.😆

    Graatjie, ek dink jy skuld my ‘n mail. Vir wat is jy op Birals? 😯 Raak famous mense ook soms bietjie ‘af’?

    Jy en ek vrees dieselfde glipse van ou Jamie. Imagine daai spoeg as hy kook. Hy het seker ook kliere wat gekielie word soos die geure loskook… Nee yuk man. En aan soen het ek nog nooit eers gedink nie. Pass ek nou amper uit!

    Hoe kan jy vergeet? Het ek jou al ooit gebel? Gits, ek raak mos so nervous, amper gaan ek aan die hakkel op die sleutelbord! Nee, sexy en bruingebrand die tyd van die jaar kry jy net in die ander woonbuurtes. Jy weet. Nie by Skoor nie. Asvaal soos ‘n kalbaskraal. Dis ekke. Nou.

    En nou wag ek regtig vir my brief, veral na jou laaste opmerking. You hear me you German Graatjie??

    (Ja nee PJ, ek het ook gekoes!)

    Sigeuner, waar doen mens aansoek vir bedskoene? Ek se vir jou, wat ek van brei weet, is dat my ma op laerskool my trui gebrei het wat ek ingehandig het. Nee wat, my rug raak te seer want vir my is dit emosionele inspanning. As my knoop afbreek, dra ek die item nooit weer nie, of dra dit sonder knoop. Dis hoe erg dit is.

    Haai Johanna! Lyk my jy is so verdiep in jou priesterlike verleiding dat jy skoon gegraduate het sonder om notisie te neem. Koue stort vir jou meisie. Sommer YSKOUD!

    Ek raak ook vies vir bad planning. En wat die tugtiging betref…klink vir my erg aanloklik, die hele opsie!

    Dankie almal wat goeie wense gelaat het vir ons familie. Waardeer dit!

  11. Dieet – hahaha oe hoe lekker giggel ek nou. Nee, dis ‘n groot NEE in my lewe. Ek eet net kartondose ens in die dag sodat daar nou ‘n plekkie oop is vir later se chocolates en room en roomys en doughnuts en jelly babies en ‘n tjoppie met ‘n vetjie en en en en en …..

  12. Jammer oor jou neef Skoor. ‘n Ander blogger wat ek lees se Oom is in dieselfde ongeluk dood. Is dit dieselfde persoon? Ek wonder?

    Ja, pappie het hier by ons op en af gespring oor die Stormers. On praat oor 2 Saterdae in Orlando weer.

  13. Brandewyn en coke, dis al hoe ek ‘n brandy afkry Ek sal maar saampraat en se ek is bly vir die Stormers, want met die lang weg wees, weet ek nie of die Bulls nog is soos ek hulle onthou nie🙂 [maar ek kan ook ‘n ‘tweegesig’ raak en anderdag vir die Bulls se ek is bly hulle het gewen…hang af van die pelle saam met wie ek is…lol!

    Oor jou oom is ek jammer. Ek kan net dink wat jou tannie en die seuns daar moet deurgaan. Sterkte vir jou en jou familie ook met die verlies, dit klink als verskriklik.

  14. Skoor – dis nie gebrei nie – ek brrrrrrrrrrrreigh nie! Dis lappe-bedskoene en is die cosy`ste dingetjies denkbaar. Cjee jou size skoen en ek gat kyk wat kan ek vermag.

    Hoor wat lees ek iewers-iewerster in Beeld uhhhuh, dink dis iets in Plus of so, ne?

    Ja, okei—-ek lees jou stil-stil hartseer. Sorry Skoor, sorry. Ek dink net nie dit gaan help nie. Dis als nogals scary-hartseer, al die lelikgeit van darie vlug. Sterkte, want ek weet net nie hoe op aarde gaan die wat agterbly aangaan sonder die pyn nie.

    Dis waarom ek se – lewe.

  15. Charms jou skurk! Om op hierdie koue dag sulke goete voor my te kom neerskryf is mos nou heeltemal onregverdig.

    Cat, die wereld is so klein, miskien is dit dieselfde persoon. Hahaha, sonder ou vuilvuis Bakkies, wie gaan die opponente nou letterlik uitskakel vir julle?

    Nikita, is jy ook van daai wat glo die babbelas word deur die Coke veroorsaak? Gee my nou Coke en ek kruip netnou hande viervoet van die maagpyn. Daai goete is gif jong. Nee, probeer vanaand ‘n doppie skoon op ys en teug lank en innig. Speel met die smaak. Miskien word jy gehook! Dankie vir jou wense. Flouride-vrye dag vir jou…

    Og my liewe Sigeuner! Jy gaan te min lappies het om die plaaspote toe te maak! Jy is heel te braaf.

    Quintus het laasjaar ook ‘n familie lid in ‘n vliegongeluk verloor – die gesin is steeds seer. Niemand het gese die lewe is maklik nie. Dis seker maar hoe mens cope met die moeilik, wat jou vastrap plek op die reis gee.

  16. Sterkte aan julle almal Skoor, sulke sad nuus!

    GO Stormers!!!!!! (Van ‘n Lion supporter down under)

  17. Skoor…ek is glad nie ‘n liefhebber van coke nie. As ek brandewyn drink sal dit net met coke moet wees🙂 Jinne, hoekom dink ek nou aan die halwe bottel Red Heart wat ek byna opgedrink het toe ek in die Hoerskool was, ek het in die berg gaan stap, pootuit teruggekom, byna die halwe bottel opgedrink …ek het nooit daarna weer Red Heart gedrink nie. Het jy? Wee jy, nog nooit in my lewe het ek aan daardie dag gedink nie, sommer net nou skielik…snaaks…hoe iets mens se gedagtes prikkel. [ek kan nie onthou hoe dit smaak nie, maar weet dit was daardie dag nogal lekker lol]

  18. (vir die wat nognie weet nie, ons het toe kaartjies gekry. ons staan en loer wel van agter die pale, maar die GEES gaan so groot wees, ek moan nie – hoop julle soweto lifts is gereel, en die van julle wat hier onder is, en wat gaan: skree hard!)

    Leka Cupcake. Kom ek verduidelik gou vir die res van die wereld. Die Leeus en die Bulle is nou wel bitter naby mekaar, maar as WP teen die Bulle speel, support die Leeus vir ons, en omgekeerd. En net vir interssantheid….as enige span in ‘n finaal teen die Bulle speel, is dit die Bulle teen die RES VAN DIE LAND! Hoe is dit dan met die Bulls???😆 Ai, ek hoor my oupa nou Daar Bo lag vir my. Hy’t my geleer van!

    Ja Charms, tel jou woorde (en calories 😆 )

    Oe Nikita, ek het so ‘n episode gehad met bitter dors en ‘n beker witwyn. Maar ek moet se, ek het vir jaaaaaare nie my mond aan wyn gesit nie. Kinders MOENIE DRINK NIE! En ek is goed grootgemaak hoor. As my ma hulle dit moes uitvind het my gaivelle gewaai.

    Ek het rum van ‘n vriendin gekry die ander dag. In ‘n dem plestiek 500ml bottel soos ‘n Coke bottel se plestiek, ne. Sommer so ‘n sticker lable op. RHUM nogal. Uit Mosambiek. Suster, ek se vir jou, heuning op die tong. So ‘n vanilla agtersmakie. Ek weet daai gaan seer maak as ek te diep gaan ruik, toe maak ek hom maar staan in die kas.

    Ja demoerin, iemand moet nou weer snoep wees, en toe’s dit jy! Is dit nie snaaks hoe vinnig die naweek se ure vlieg teenoor ‘n dag van die week se ure nie. Ek wil nog gaan sit en die horlosies dophou op ‘n naweek. As ek eendag weer bitter verveeld is😆

  19. Skoor, ek raak ernstig! Tjee jou lopernommer nou, toe? Ek sit hier met `n nommer 20, moet ek dit stuur? Genuine, genuine…so 2 jaar terug vir `n laitie van 16 van PE `n nr 21 gemaak. Gepos en so aan en so aan, toe plak hulle die prent van sy lopers in sy bedskoene in Rapport. Sy bynaam was Bigfoot. Wonder wat het van die tjint geword?

  20. hi Skoor
    Die Red Heart was my swaer s’n. Kyk, ek dink ek en jy is dieselle groot gemaak – uit vorige “gesprekke” ens. Ek het as kind nie wyn in die huis “geken” nie, maar moet se by my swaer geleer om biershandy te drink. Ek moet hier se dat die tyd waarheen ek hier verwys, was my matriek jaar…nog kind ja🙂 want dit was toe hulle by ons op die plaas gebly het en soos jy, was ek daardie dag dorstig en toe ek die koelkas oopmaak en die koeldrank opgedrink, kon ek nie gou genoeg die RH drink nie…enige iets net om my dors te les…soos ek se, ek kan nie eers onthou of dit lekker was nie…nooit weer gedrink nie. Nou nog hou ek van biershandy en verkies ek dit ook hier as ons Pub toe gaan, ek is nie eintlik ‘n wyn-persoon nie. Drink net as ek dit persent kry…koop dit nooit uit my eie agv manlief wat ‘n geheelonthouer was [na sy “dae” in die Army as byna ‘n alkoholis] – gelukkig het ek hom toe nie geken nie.🙂

  21. Hahaha Nikita! Ek weet nie hoe jy daai sterk goed net so kon wegslaan nie. Ek sou wegslaan en NEERSLAAN!!!

    Jong, ja, jy het duidelik nie ini Kaap met Gatiep en Meraai grootgeword nie, ander sal jy met meer deernis van wyn gepraat het… Maar jy kan dit aanleer. Eendag as julle terug trek (wanneer die Kaap weer Hollands is) dan kom woon julle hier onder, ek se vir jou tannie, en leer jou wyn drink! Klink goed, ne!

    Ek is bly jou man het sy army streke gelos. Ten minste het hy heel goed uitgedraai sonder die ekstra tier in sy tenk!

    Haai Sigeuner, jy is darem oulik met vreemdelinge. Daai mannetjie trap seker iewers anders diep spore. Google hom en kyk of jy nie ‘n kiekie kan kry met daai looplappies nie?

  22. Skoor, jy weet net nie, ek ken Gatiep en Meraai vir jare… lol en Ben en Bapsie met hul keffertjie…sjoe,”bestaan” hulle nog?😯 Vir my is die Kaap altyd Hollands! En as jy my tannie wil staan en noem, noem ek jou Oumie…oppas!🙂 Ja-nee, gelukkig sal ek nooit hoef te worry oor daardie army-streke nie. Ek dink baie ouens in die weermag drink oor die maats ook drink en soos hul in range opgaan, so raak dit ‘n “ernstige” storie. Ons kook uit diekant! en hul se ons gaan ‘n baie warm naweek he…lekker!! -vir ‘n verandering

  23. Hey Skoor!

    Ok, eks weer terug op my blog!
    Geniet dit maar weer!
    sal probeer om nou at leaste een keer per week nuwetjies op te sit!
    ek het nou weer ‘n spreekwoordelik kleinhuisie se inligting opgebou!

    Groete

  24. Na daardie ongelooflike Bulls en Stormpies ondervinding het ek al weer ‘n paar ure hierdie naweek ge-“misplace”. tsk tsk tsk.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s