Tuiste » Skoor klets met » Skoor klets met…Kobie Nel

Skoor klets met…Kobie Nel

Op die webwerf egafrikaans.co.za het ek een jaar ‘n advertensie geplaas om uit te vind of iemand weet waar ek ‘n seldsame Landrover plakker kan vind.  ‘n Antwoord na my epos het gelui:  ‘stuur ‘n foto en ek maak vir jou een’  Al die pad uit die Transvaal.  (ek is oortuig dat die Transvalers altyd bereid is om te help!)

Ek het die kiekie gaan neem, en mates bygesit, en oom Kobie het vir my ‘n perfekte plakker gemaak.  Ek kon nie glo dat ek iemand gevind het wat dit kon doen nie.  Wat bereid was om dit te doen nie.  Sedertdien is oom Kobie op my SPEEDDIAL as ek ‘n plakker soek, of ‘n ontwerp wil omsit in ‘n plakker.  Hy is die 50% goedkoper as ander winkels wat soortgelyke goed doen, en ek gee graag vir ‘my mense’ werk en geld.  Maar dis nie al wat hy kan doen nie!!!

As jy dus jou eie besigheid wil promote, of plakkers, sleutelhouers, sandblaas werk of gravering wil laat doen – kontak hierdie oom.  Hy sit jou idees oor in realiteit!  Vra my vir sy epos adres, ek verskaf dit graag.

Hier volg dus my klets met ‘n man vol idees en toerusting om die idees tot lewe te bring.

 

Oom het as plaasseun grootgeword, maar vandag sit oom omring deur teerstrate.  Wat mis oom die meeste van plaas?

Die mense van die plateland, die plaas, die diere, die lewe. Wat is daar wat ‘n plaasjapie nie sal mis as hy weg is van sy wortels nie?

 Waar gaan draai ‘n boer dat hy kreatief begin raak en ‘n beroep volg waar ander se drome omgesit word in ‘n realiteit?

Jong ja, dit is deel van ‘n boer om kreatief te wees.  Hy moet wees. Die bietjie kuns insig, wel, jy sal verbaas wees hoeveel plaas seuns het meer as net ‘n klein gevoel daarvoor. Hulle steek dit goed weg, maar dit is deel van die ander dimensie wat die natuur ons skenk omdat ons na aan haar leef. Soms is dit net om iets moois in iets te sien, nie te sê jy kan dit teken of daaroor sing nie.

Oom het deur regstellende aksie en al die politieke skommelinge gedwonge oom se eie besigheid begin.  Wat behels dit wat oom doen?

Daar moet ek erkenning aan my vriend en gebore interpreneur, Pieter Jordaan, gee. Beide met die spookasem waarmee ons ons eerste  waag tree gegee het, en met die laser graveer masjien en sand-blaas toerusting.

Ek doen heelwat graveering op vlekvrye staal toerusting vir ‘n firma wat myn veiligheids moniteer toerusting vervaardig, my grootste klient. Dan doen ek redelik sand blaas werk op troefees vir ‘n troefee besigheid waneer die werkdruk hulle inhaal, of sommer omdat ek ‘n aanvaarbare diens lewer.

Dan is daar natuurlik die plakkers wat ek maak, vir mense wat vurkhysters herstel en oorbou, en so lawwe meisiekind wat ou karre restoreer, ek dink haar naam is Skoor!

Wel ek kan omtrent enige hanteerbare artikel vir jou ‘verpersoonlik’ as jy dit so wil noem. ‘n Naam en/of logo op ‘n meslem, op ‘n wynglas, op leer, marmer material.  Vra en ek probeer as ek dit nognie gedoen het nie. Dit is lekker om saam met iemand iets spesiaals te skep.  

 Hoekom is oom se werk so bekostigbaar?

 Dit is eenvoudig omdat ek uit my eetkamer uit werk met ‘n geduldige vrou.  Soms.

Dit beteken dat ek nie ‘n perseel hoef te onderhou of huur hoef te betaal nie. Dan doen ek ook die werk self, en het nie iemand wie ek ‘n salaries moet betaal nie. Ek hoop dat ek eendag iemand kan aanstel en oplei. Veral iemand van ons mense.

Dan is ek ook my eie tegnikus en onderhou en herstel al my toerusting self. Dit is vir my net ‘n voortsetting van my werk as beheer stelsel/instrumentasie tegnikus, so ek is baie gelukkig in daardie opsig. Dus kan ek my pryse bekostigbaar hou. Ek begin so stadig aan leer om ‘n stywe arm te hê wat nie so maklik gedraai kan word nie, maar dit is maar moeilik.

Wat  is oom se een groot droom om nog in die lewe te vermag?

Ek het nie veel drome nie, behalwe om eendag in vrede en veiligheid op my plasie te kan gaan aftree.

Miskien ‘n paar huisies daar op te sit sodat ‘n gesin vir ‘n naweek of so kan wegbreek en die noord Vrystaat kom geniet. Sodat die kinders die veld in kan vaar en vuil en vol skrape huis toe kan kom as die son onder gaan.

 Soos ek gedoen het as kind. Miskien met ‘n padda in die hand vir die seuns en ‘n bossie veldblomme vir die meisies.

Wat was oom se eerste kar, en hoe lank het hy gehou?

 Dit was Masinjane (Lammetjie). ‘n Wit Mini. Die oues met die ronde liggies en die 1000cc enjin. Slim karretjie. Sy het presies geweet wat ek elke maand verdien het, en het op die helfde aangedring. Ek het haar so 4 jaar gehad, maar moes maar verkoop toe ek my twee jaar diensplig voltooi het. Sy het nog goed geloop en ek het baie “fun” gehad met haar as student.

As plaasseun het julle seker soms julle eie kos gevang en gaar gemaak soos alle plaaskinders destyds maar gedoen het.  Wat was die vreemdste ding wat julle op die vuur gaar gemaak het?

Padaboutjies. Wou weet wat die Franse daarin sien. Was nie eintlik beindruk nie.

Dan was daar Dassies, nogal nie sleg nie, Ystervark, dit kan vorentoe smaak.  Slang, tarentaal, fisant, mossies, vinke, haas, die normale, maar vir likewaan kon ons nie genoeg moed bymekaar skraap nie!

Hoe ouer ek word, hoe blyer word ek oor daai gebrek aan deursettings vermoë, met die likewaan.

Watse stoutigheid het oom aangevang wat gemaak het dat oom daai een pak slae vir altyd sal onthou?

Ag ek was maar ‘n soet seuntjie. Nie eintlik ‘n keuse gehad nie. Ek kan nie ‘n spesifieke pakslae uitsonder nie, miskien toe ons die kraalmuur met tuisgemaakte buskruit om geskiet het. Dit was ‘n eksperiment, maar nou ja, die herbou met seer sitvlakke was erg.

Waar op die internet kan mense gaan loer na wat oom doen?

Ek het nognie veel op die net gesit nie. Ek moet daarby uitkom.

Ek het ‘n web tuiste begin by http://kobienel.co.za/ 

Let wel, sonder die “www”  ek moet nog foto’s opsit en die ding ontwikkel. Dit is darem al ‘n begin. Wil mos altyd alles self doen, dan bly meeste halfpad klaar. Dit is nie ‘n goeie ding nie.

8 thoughts on “Skoor klets met…Kobie Nel

  1. Cool!! Ek sal vir jou se ‘oom’ Kobie loop kuier – hy sal dalk kan help met ietsie wat ek nodig😉

  2. Thanks Skoor, sal die omie kontak, net jammer ek het nie al laasjaar van hom geweet nie, so met die troue saam, maar daar is altyd iets wat gedoen moet word.😉

  3. Thanks Skorie. Sal elke dag kom loer vir iets nuut vir die maag. My mense soek nou ruskans na al die avo broodjies.

  4. Graatjie, ek is oortuig hy kan jou help.

    Ingrid, hou hom in gedagte vir die herdenkings parties! 😆

    Bella, avo broodjie klink nou vir my gladnie te versmaai nie, maar ek glo jy sal op skoorkos ‘n paar idees kry om jou vir ‘n rukkie besig te hou. En daar is http://www.netresepte.wordpress.com om ook te gaan loer na.

    Jy kan nie se ek bied jou nie baie opsies nie🙂

  5. Whaaaaaaaaaaat? En hieso moet ons nou eers by oom Kobie hoor van die ou karre! Dit sal nou `n gawe post wees om te sien. En dan wil ons ook oom Kobie se Landrover kunswerk sien, ag toe?

  6. Dis gaaf om te weet dat ons nog sulke mense onder ons het wat die vaardighede het en dat hy dit selfs wil oordra aan iemand. Dis sulke kosbaarhede wat nie verlore mag gaan nie. Met moderne tegnologie ens dink ek daar is sekere beroepe aan die uitsterf. Dis juis wanneer ons moet sorg dat dit nie uitsterf nie. Ek stem vir die ou karre, Skoor. Toe, wys ons! Hier arrive my slap chips nou so pas…oeee…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s