Tuiste » Skoor Bek » Post sonder titel

Post sonder titel

Ek is te lig aangetrek vir hierdie dag.

My nek maak my mal en ek moet by die chiro uitkom.

Naweke wil ek vroeg opstaan.  Weeksdae wil ek laat le.

My naels is vodde.  Ons het die nuuste reeks van 24 gekry, en Jack Bauer stel nie teleur nie.  Alhoewel…van die goed het ek al gesien.  Mens kan net soveel nuclear threats uitsort voor alles dieselfde ritme kry.  Tyd vir ‘n nuwe storielyn.  En ons het 12 episodes oor…

Mense en hulle kleinlikhede maak my steeds moerig, en die groot ego’s in die klein SA poeletjie versmoor my. 

Egbrekers walg my, en verneukstories maak my woedend.  Soms wens ek dat EK die wiel kon draai en daai mense aan die onderpunt vaspen, en dan gaan vir ‘n smoke break terwyl hulle suffer soos hulle mense rondom hulle laat suffer.  Die WALG my wat mense aan ander doen.

Dit irriteer my dat sommige bloggers ander oordeel oor die inhoud van hulle blogs.  Bly op jou mishopie en perform vir jouself in ‘n spieel, maar weerhou jou daarvan om uitsprake en beledigings te slinger teenoor mense wat jy nie ken nie.  Omstandighede wat jou nie aangaan nie.  En onderwerpe waarin jy nie glo nie.  Doen jou dayjob en onthou:  behandel ander soos JY behandel wil word!

Ek wil in Vrijheid 4 (ja, daar is weer ‘n Vrijheid 4, maar ek dink nie die naam pas heeltemal nie, want dis nie ‘n Series nie) klim en my musiek vreeslik hard sit soos toe ek nog op die plaas gewoon het, en nie worry oor enigiemand anderkant my ruite nie.

Ek wil my CD’s insit en luister na die goddelike stemme van Rudi & Corlea, en wegraak en soms so emosioneel raak dat ek wil grens daarvan.  Want sowaar, al is dit ou liedjies, is dit perfekte harmonie.  Perfekte stembeheer.  Perfekte klanke.  Perfek. 

Hierdie twee kids het iewers gehoor dat hulle kan sing.  Iewers gehoor dat hulle saam, heel skaflik klink.  En toe dit probeer.  Ek ken nie die geskiedenis van hoe wat waar en wanneer nie, maar al wat ek weet is dat dit dalk twee engele van die hemelkoor is, wat in Afrikaans neergedaal het om ons te kom vermaak.

Ek voel sommer beter as ek iets van hulle KLIPHARD geluister het.  Vir ‘n oomblik vergeet ek van al my dinge, en raak weggevoer in note.

Ek wens so hulle kom in die Kaap optree een of ander tyd.  En ek hoop ek loop dit nie mis nie.  Want ek wil graag hoor of ‘n lewendige optrede ook so hemels klink soos die CD!

Die van julle wat hou van musiek en vrek oor ‘n mooi stem – kry vir julle hierdie twee se CD’s.  Maak die kamer donker.  Steek ‘n laventel lampie aan, en le op jou rug terwyl die klanke oor jou spoel.

Instant feel-good.  Good.  Very Good!

29 thoughts on “Post sonder titel

  1. Iewerste het ek iets gemis. . . .

    Ek dink ek moet die volgende 35 dae kanselleer weens ‘n gebrek aan belangstelling. Ek gaan ook vir die SABC skryf en vra vir kwytskelding van 1 maand lisensie gelde oor die sokker. Sal seker nie ver kom nie.

    En nou praat ek wragtig snert.

    Ek sal met graagte wil hiberneer. Naweke is ook te koud om op te staan.

  2. 😯 jy betaal actually jou TV lisensie?? Kyk DVD’s. As jy naby was, kon jy oorkom en by my kom leen. Ek het baaaaaie copies😆 😆 😆

    Voor ek toegesluit word, en jy my nie kom red nie: gryppeboek. Dis die regte ding om te doen!

  3. Wat kan ek sê, kon nie ‘n TV koop sonder een nie. En kan nie ‘n swak krediet rekord bekostig nie. R250 ‘n jaar is goedkoop genoeg om die regte FICA en RICA dokumente te kry.

    Natuurlik sal ek jou kom red. Hoe lank moet jy stil wees voordat ek in my kar moet spring om Stellenbosch toe te ry?

  4. “Omstandighede wat jou nie aangaan nie. En onderwerpe waarin jy nie glo nie. Doen jou dayjob en onthou: behandel ander soos JY behandel wil word!” Niemand sal ophou om dit te doen nie, almal se altyd iets oor ander, dit is tog waaroor posts, blogging en kommentare gaan, nie waar nie?
    Anders gaan mens tog waarlik net met jouself praat.
    Betaal jy nie jou TV lisensie nie Skoor🙂🙂 Wat doen jy as jy ‘n nuwe een moet gaan koop, dis hoe hulle my aan die betaal gekry het.

  5. Sowaar, Frankie leef nog! Hoe het dit gebeur?? 😆

    Ek moes. Vani lisensies. Want toe wil ek ‘n groot skrien he. En toe moes ek. Maar nou gaan ek trek. Want dan kry hulle my nie.

    Sien, die lisensie geld gaan nou in die chiro se beursie moet in, want van so sit en links-regs-links-regs in my klein townhouse sitkamertjie, het my nek nou inflammasie in. En hy is doodsexy, en dood duur!!! Ek kan nie gaan kuier om te kyk nie. Dit kos geld. En hel, Skoorlief se kantoor is op dieselfde stoep. So ek gaan nie wen nie. Lisensie of te not.

    Herriemoer, hulle moet my eers vang om my op te sluit. Maar ek sal gil as ek wil hulp he. Promise. Dan kom jy en bring nog saam vir die party.
    😆

  6. Hulle gaan jou vang skoor….ek die laaste keer wat ek in die tronk was, was dit nie nice nie. promise.
    natuurlik leef ek! as ek dood is sal ek ‘n post stuur.

  7. 😯 Fankie! Lieg jy nou vlot. Dis dan waar ons ontmoet het. Nou was dit kamma nie lekker nie.

    Nee maar ek wil dit he dat jy sal mail uit ‘n ander dimensie!

    skoor.opiaarde.plat vir ingeval jy vergeet. kontak my😉

  8. Ek het ook daai kik gewoonte – weeksdae moet die H3 my opsleep tot teen die headboard en my regop hou soos ‘n ou vrou om die eerste paar slukkies koffie in te kry – oits – ek kan vir jou sukkel om die taai uit die oë te kry- ek’s al ‘n uur by die werk dan begin ek agterkom ek’s ‘op’ – Naweke as hy wil ‘inlê’ (hahaha voel ek nou soos ‘n kênfroet😆 is ek voor die duiwe op die dak al op – laaaank voor die hadida’s land (eendag moet ek tog vertel van die hadida’s…) en is die huis onder gevee en gemop en ‘n kombuiskas of twee al uitgepak en gewas of die stoof gespuit en 2 bondels op die draad, voor die man al dikbek en deurie mis die trappe afval om te kyk hoekom ek nie broei nie. NIKS persoonlik nie seg ek altyd – is net pure joy om terug te kom van shopping en breakfast en allie ander naweek dinge na ‘n blink plek. (tot toiletskrop en stortskrop voor 7 op ‘n Saterdag is vir my pure lekkerte😕
    Ok, so ek weet ek is nie wel nie…
    anycase wáár was ek nou weer?

    Ai Skoortjie – weet jy wat walg meer as egbrekers? Die martelaars wat bereid is om te bly… te glo. te hoop. Fnok tog!! ‘n Egbreker is uiteindelik net ‘n swakkeling wat elke keer oh so jammer is… wanneer hy/sy uitgevang word. ‘n Martelaar is iemand wat willens en wetens sy hele menswees opoffer vir ‘n ander se swakheid. ‘n Martelaar walg my amper meer as ‘n swakkeling. Makes no sense, ek weet – dalk kan ek dit eendag verduidelik… AS jy jou weer verwerdig om daar by my te kom lees:mrgreen:

    Oja – wat my nog meer walg as die swakkelinge en die martelaars is 7de Laan – goeiste genugtige genadige friggin’ flying pumpkin!!! Kan iemand ASB daai spul net waarsku teen onderslaap/trou en -aanneem??? Selfs my hiper moderne en opbviously geemansipeerde tegnologies gevorderde 14-jarige wil nie meer 7de Laan kyk nie!! Herder tog!! is dit nodig dat die spul so onder mekaar tekere gaan?! As hulle so aanhou, gaan hulle oor tien jaar ‘n nuwe reeks moet skep – “7de Spesie”…

    anyways ehhhhhmmmm ek lees nie vrek baie blogs (meer) nie… ek stem saam met jou daar, maar ek vies my (nie meer) daaroor nie. Dis jou blog, jou sitkamer… if I don’t like it there… as ek nie meer daar tuisvoel nie, kom maak ek dalk nog die een of ander tyd ‘n draai uit pure lojaliteit (jaja, noem my maar ‘n Golden Retriever:mrgreen: ) – en as ek een te veel kere nie meer happy is met jou daaglikse g@tkrappery nie, kom ek net nie weer nie. Easy. MAAR onthou ook net Skoortjie – almal het die een of ander dag ‘n ‘bad hair day’ en as iemand nie op sy eie blog net soms kan afgaan soos hy wil nie, is dit ook nie die hele mens soos ons hom/haar leer lief het nie… So ek gun elkeen maar sy afblaas oor watookal jeuk (of issit neuk) en môre voel hulle ook alweer beter en stem ons weer saam oor iets waaroor gister hare sou kloof.

    Oits – voor ek vergeet – dankie Skoortjie vir jou se blog. Dit tel onder my persoonlike feel-goods. x

  9. Ek wou nou net trots kom verklaar dat ek die enigste ou hier is wie se liksense van vis tot fica allemal op datum is, toe onthou ek van daai blêrrie lorrie . . .

    Ek oordeel graag politikuste, egbrekers, skelm kleinhandelaars en dieremishandelaars op my blog, of ek hulle nou ken of nie. Ek kraai koning op my eie mishoop want dis die enigste plek waar ek nog die baas is.

    Ek het geen clue wie Rudi & Corlea is nie en ek ondersteun die blou span.

    Ja toemaar, ek weet waar die kommin hoekie is. Ek sal my eie pad vind. En as ek daar kom en een of anner ou het my plek onner die wiel gevat gaan ek hom ook slegsê op my blog.

  10. Dit moet iets in die water wees, maar die gatvolheid vir mense wat alieg en kroek en verneuk is lankal ‘n ding wat my krap.
    Gelukkig comment daar nie genoeg mense op my blog vir my om kwaad te raak oor nonsens wat ander kwyt raak oor my sêgoed nie.
    Ek sal in elkgeval my alie so met dit afvee. Ek was ‘n renoster in my vorige lewe ek sweer.

    rondomtalie dinge in my kop en jou blog is lkeer om dit te loop lees.

  11. Dit moet iets in die water wees, maar die gatvolheid vir mense wat alieg en kroek en verneuk is lankal ‘n ding wat my krap.
    Gelukkig comment daar nie genoeg mense op my blog vir my om kwaad te raak oor nonsens wat ander kwyt raak oor my sêgoed nie.
    Ek sal in elkgeval my alie so met dit afvee. Ek was ‘n renoster in my vorige lewe ek sweer.

    rondomtalie dinge in my kop en jou blog is lekker om dit te loop lees.

  12. Haai Graatjie, benewens die feit dat ek groot en donker, en jy klein en blond is, het ons steeds NIE baie in common nie😆 Want ‘n fnokken toilet skrop ek NIE daai tyd van die oggend nie. Easy Off Bang… werk soos ‘n droom.

    Man, ek gaan my bek hou oor egbrekers, want ek voel om lelike vloeke uit te spreek en ek en jy moet maar eendag met ‘n hubbly bubbly tussen ons, al die dinge deurpraat. Dink jy?

    Jy meen Emma se kid se kid kan dalk met ‘n p. nis vir ‘n neus gebore raak oor 20 jaar, terwyl Gita se spookasem die hele plek vol waai? Eish. Klink vir my heel moontlik. En ons dog INGROEI toonnaels is erg😯

    Aai is olsow feeling betters. Vandat die uber sexy chiro met sy mooi voortande en sagte oe my nek mishandel het, is dit asof ‘n deur na my kop weer oopgebreek is. Ek sal more iets beters skryf😆

    PJ, ek sweer jy het my nou laat mo0rgroot skrik. Want ek het noudie dag die Trooper s’n betaal, Vrijheid4 s’n is nog ‘n jaar geldig, en toe val dit my by van die wit olifant ini motorhuis en ek sweer alles gebeur in Mei. Tot ADT staan bakhand in Mei vir ‘n bedraggie x12! Bliksem. Nei man!!!

    Ek stel voor jy en jou Wyfie meti Lyfie vat biki die shops en sit oorfone op en luister na mooie musiek. Jy lyk vir my darem na ‘n oukie wat ietsie goeds kan waardeer, of sit ek nou die kurk mis?

    Gogga, ek het my alie ook so aan alles afgevee. Tot eendag. Toe vat ek mos ‘n brandnetelbos!!! Nooit weer nie. Nou vat ek maar note.

    Jajaja demoerin. Met die nuwe een in jou arms. Met ‘n vere boa om die nek. Ons weet, ons weet. En vir die wat nie weet nie, is leesbrille nie uitgedeel nie. Waarsku die voels en die hoenders en vir die volstruise, want demoerin is verlief en wil vere pluk by die hoogste krans by Wupperthal!

  13. 😯 DMi verlief??? Regtig? Egtig???
    Die vraag is nou net – is SY ook verlief?? Netso baie?? Regtig?? Egtig??

    KEEEEWWWWLLLL!! So ini begin vannie winter!!! Wie’t dan nou rooiwyn en babelaas nodig?😉

    Og, kom ons gooi hom tog ‘n party, ja? ‘n Virtuele een!! Wag, laa’k ‘n rooie loop gooi… ek is tans nog biiiiiiiiiiiiietjie ten gunste van babelaas:mrgreen:

  14. Wat my meer afpis is die mens wat met almal saam praat. Op die ver regse se blog is hulle rassiste sonder weerga. Op die verlinkse se blog, is hulle natuurlik nee, 4k. Ek gaan kots.

  15. LOL! Ek het nou lekker gelees…aan die blog-entry EN aan al die kommentare…Skoor…jy blog so reg in my kraal! Hou so aan! Ek is net te besig om te blog…daarom net die “gemorsies” op my oue… sal weer in Aug tyd he, maar dink ek is klaar met WP. Ek het my al te veel kere gewip vir WP, klaar gewip en moeg gewip ook. My alie is al ‘n eelt! lol! jy le nou al en snork dat die byle huil daar in Skelmbosch! Ek’s nou oppad…lekker dag more! Hoe lyk die vlaggies en vuvus daar…ook so erg soos in Durban? [= soos ek op twitter lees]

  16. Graatjie, blykbaar so. Al wil hy nie uitkom met die storie nie. Miskien is dit nie ‘n SY nie! Miskien het hy ‘n hond gekoop!!!

    Ooooo Olga. Nou slaan jy ‘n seer duim raak. Ek ken van daai. Wragtag. Vandag so, more anders. Mense weet (of nie) dat ek eintlik ‘n rassis is – en ek luister nie SH nie… Vredeliewend, dog moerig. Soms. Al gedink dat hulle miskien emosioneel onstabiel kan wees? Wipplank menings – wipplank breinlobbe!

    Ai Nikita. As ek maar net nog klein bietjies kon snork, sou ek ‘n beter mens gewees het. Vandag wil ek my kaggel eerder stook, en NIKS met die samelewing te doen he nie. Nie ‘n vuvuzela hoor nie, nie ‘n donirse vlaggie op ‘n kar se dak, of vlagkousies oor ‘n kar se kantspieels sien nie, net mooi niks.

    O. En ek wil koffie he.

    Ai tannie. Ek is amper eiehandig die oorsaak dat jy nader getrek het. En hier vertel jy my jou huis se mure kraak, en die fondasie sak. Jy wil weer gaan. Solank ek persoonlik ingelig word waarheen die trek plaasvind, sal ek poskaarte stuur en soms tjoklits oorbring. Deal?

    Ek het gister die blog verander. Die header is mooi ja. Heel herfserig. Ek sien die plaaswerkers het darem gehark ook – die blare hopies langs die pad getuig daarvan. Nou moet die wind netnie opkom nie! 😆

  17. Ek stem met BB, mens moet darem jou se kan se op jou blog so nou en dan, anders is dit mos effe boring. Mens wil darem sien ‘n mens skryf dit en nie ‘n koputir nie?

    Hoekom blog ons? He? Om gedagtes te ruil en te chat!

    Check myvoorbeel nou weer vir Plasie, kyk hoe jok hy alweer. Sy hy is nie enigste een wie se liksensies op datum is🙂 aeieieieieieiei. Ek het dan ‘n lisensie vir my fiets, my honde, my 3 vroue en my kernkrag-lab.

    Ek gaan sommer nou by Gogga comment so gaan dit nie aangaan nie.

    Waar is die verlinkse blog? Wow,,, se tog ek wil tog kyk ek dog almal is so regs soos Skoor.

  18. So pas Mathys se nuutste CD geluister, die man mag maar – nog steeds.

    Sal uitkyk vir die boonste ene.

  19. Ek blog om die stemme in my kop stil te maak deur hulle woorde op ‘n blaai in die kuberruim te stoor.

    Dat iemand dit lees, is bloot toevallig. Dat ons daaroor klets, is bloot fab!

    (Rosa, ek kyk vir ‘n mini Schnauzer vir die gesin. Jy’t mos ene? Is hulle okei honne??)

    Toemaar, noudat my regse komplot weer ontbloot is, is die hele spul links Frankie, kyk maar more op die blogs. En oormore. Sal eers weer normaliseer hier na Julie se kant toe. Dink jou kernkrag praatjies het anyway die spul nou heel op hol. (kyk jy 24??)

    En los vir Gogga. Sy’s myne. Ons drink kanne wyn saam onder ander blogs se tafels. Netnou leer jy haar so verkeerd soos jy my destyds ini tronk staan en leer het. 😆

    Hallo vriendin in die Noorde!!! As jy Matthys musiek like, is ek seker Rudi en Corlea gaan op jou harsings kom groei. Laat tog maar weet. En groete vir die ou beer😉

  20. Skorie. True, Corlia & Rudi sing soos engele uit die hemel. Ek het hulle debuut cd maar moet nog die 2de aanskaf. Lekker aand vir jou.

  21. Moenie worrie nie, ek weet jy was nog altyd regs, nog allie jaarrrre…
    Nee ons het nie so ‘n hond nie, ons het ‘n Airedale, en sy is baie bewus van die feit dat sy so ‘n edele hond is. Dit maak op vir haar ouers se bad genes, jy sien.
    Maar die mini-schauzers is lieflik.

    Nee flip toe kom toe nie vir Gogga kry nie…wat ‘n jammerte.🙂

    Die eksperimente met die kernskrag-reuseturbulensie-wekker digby PTA vorder goed. Ons begin die naweek met eksperimente op mense, katte en hoenders. Ons skat die sterfgevalle onder die mense en katte behoort nie te hoog te wees nie, veral nie as die kerkragaandrywingspoeiertitaan-aanvullers (GMO-vry) by alle melk gevoeg word nie.

  22. waqr le di logika? Jy mut n tv lesensie he om n tv te koop maar jyt nie n bestuurslesesie nodig om n moterfiets te koop nie??? Wierd.. Ek is ook in, wil ook die volgende maand kanseleer.. Ek wil my hare uit my kop uit trek as daai vervlajste sokker advertensies aan kom.. Alles is sokker ek wag net vir die Always ultra add om ook sokker te word… Geluki is daar liewe dstv wat min gepla is met SA en sy 2010 dan weer ek lag my n papie as bafana eintlik gatskop en wen… Sal dit nou vir jou n ding wees

  23. Wat is ‘n tv lisensie? Ek kannie met my tv ry nie.
    Ek blog ook om die stemme stil te maak, net jammer daar is stemme wat aanhou en aanhou want ek kan nie hulle ‘n spreekkans in ‘n publieke forum gee nie.

  24. Daasy, don’t believe me…luister na Bella!

    Johanna, fawk, imagine jy gaan TRONK toe sonder tv lisensie, maar jy kom los op moord in die land. Moerse lekker deurmekaarspul.

    Ja demoerin, stemme, boas, liedjies, tinteling, sparkles, sterretjies. Al daai goete maak vreeslik geraas. O, try biki daai van jy kani tv ry nie, vir die inspectors vertel…’eish ja baas, mar helle ry baie OP jou tv!’ 😆

    Frankie dude, jy skok my telkemale terug na realiteit dat ek nou weer hier onomwonde moet verklaar dat jy en jou spesie maar moet klaar speel met die GMO-vrye kernkrag speensels, sodat ek en die ander boere wat niksfokolnada van die goete verstaan nie, maar onse erdwurms kan kom insit om weer die grond, mens en dier te kom probeer red.

    Laat tog weet as hulle jou weer opsluit. Ek wil jou parole officer vergiftig dat hulle bietjie van jou vergeet😆 dat die skade kan minder raak.

    Man, het ek nou my vinger in my neus gedruk om jou ‘slegte geen’ Airdale ‘n MS te noem! Sorie. Ek soek ‘n lift van Knysna se kant af vir die hond. Anders bly dit net ‘n droom. As jy daarlangs kom na jou eksperimente, sal ek nogal waardeer as jy jou radiasie kan afwas in die rivierwater, en dan sommer die hond ook op te laai. Ek wil haar Klara noem. Sy gaan moooooi wees. Soos Anna-Mart wat Klara was in Klara Viljee se storie.

  25. Skoor…ek het nogal gedink daardie “sokkies” vir die spieeltjies was nogal cool…hoekom hou jy nie van dit nie…ek het gedink dis heel oorspronklik van die Suid-Afrikaners… of het dit van “iewers” oorgewaai na ons toe? My hoof het vandag juis genoem dat hy nog daaroor dink HOE om dinge te bewimpel dat die kinders een Woensdag [wat Engeland speel], vroeer huistoe gaan…hy gaan aan ‘n rede/verskoning dink om vir die ouers voor te hou. Ek dink baie skole sit in daardie posisie..hulle wil almal die sokker kyk…maar…[skool]

  26. Egbreukers? Die wetters sal nooit regkom nie…sjame, sjame, sjame…al is dit glo die eerste keer bla, bla, bla….en die laaste keer, bla, bla, bla wie demoer gee om? Boerseun vloek vreeslik, skreeu soms, is bles en al die ander lekker dinge, maar hy weet nie van rondloop nie…nie eers van rondkyk nie…dis net trekkers wat sy oge kan laat rek…so ek se DANKIE tog!
    Dowe bliksims! EK WEET DAN van Rudi en Corlia.
    Altyd seeninge! Ek kan my Widex-ore afsit as die mal wetters darie word-doof-pype blaas.
    Het my hare duskant my verhemelte gesny. Om dit uit my kop te trek klink net te seer, maar die sokker irriteer die laaste bose kak uit my uit…een na die ander laat ek dit vry in die universe. Mag dit iemand wat sokkermal is of so iets loop staan en opskroef.
    Nou klim daso 3 vroue uit Rosa se kas…vok! Ek is nie eers verbaas nie…”stik in spoeg!”

    Miniatuur Snauzer is die beste in die wereld virre honsjekind. Myne 4 jr terug dood…maar so lelik soos die nag met al die baarde in die gesig!

    Gees…net so effentjies…ek`s moeg

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s