Tuiste » Skoor klets met » Skoor klets met…Dine van Zyl

Skoor klets met…Dine van Zyl

Met my eie Skoorkos al ‘n hele paar bladsye oud, sit ek een warm Desembersdag en blaai deur ‘n geskenk resepteboek.  En tussen die blaaie van ‘Agter die Lekker aan’, verloor ek myself, en speel ek wegkruipertjie in die donker sitkamer in Ouma se huis, hoor ek die horlosie tik, tik, tik terwyl almal tjoepstil moet wees omdat Oupa slaap, en ruik ek die frikkadelle van skaapboud en die skorsies uit Oupa se tuin.  En dit net oor ek besig is om ‘n resepteboek te sit en lees!

Dine van Zyl het ingewillig om sommige vrae (en ander nie) te antwoord.  En as jy volgende keer wonder watter boek om vir iemand te koop…soek op die rakke na een van hare.  Dis ‘n resepteboek van ‘n ander geur!

 

Duik jy self, of staan jy met ‘n geblomde somersrok en belowe die manne wat met die rooi lywe uit die see kom, ‘n heerlike ete as jy ‘n persentasie van hulle oes kan skollie?

Ek hou daarvan om saam met vriende op die opblaasboot uit te gaan.

Wat is jou gunsteling brekvis?

Tee en beskuit. ‘n Vrug en joghurt. Ek hou nie van brekfis as ‘n maaltyd nie.

Beduie bietjie wat jy rondom jou sien as jy buite in jou tuin staan.  Net so om ons almal vieslik jaloers te maak.

Valsbaai tot by Kaappunt, Klein-Hangklip, Rooi-Els kop, speldekussings, proteas, heide, fisante, bobbejane, my wasgoeddraad.

Is jy ‘n Chef of ‘n Kok.  En hoekom?  Wat is die verskil?

Ek is ‘n kosmaker. ‘n Chef is iemand met ‘n eie stempel, altyd innoverend. Ek maak tradisionele kos, hoewel daar altyd so ‘n ietsie ekstra bykom wat in my huis is of waarvoor ek lief is. Dis mos maar hoe mens kook.

Wanneer sien ons Dine van Zyl op die DSTV kos kanaal?  (Of het jy dit teen kook in ingils?)

Nooit. Ek stel nie daarin belang nie.

Lys maar met die nodige spoggerigheid jou boeke van eerste tot nuutste, sodat mense kan sien watter veelsydige towenaar jy is met die pen.

Ag, nee jislaaik, dis te veel. Dit is op my webblad www.dinevanzyl.co.za

Wat is jou kosbaarste kinder herinnering?

Ek sit met my voete in die watersloot en kou die been af van Sondag se skaapboud.

Wat was die snaakste dis wat jy al ooit moes maak?  (soos in ‘hel ek het nog nooit met DIT gekook nie’)

Kan nie eintlik dink nie. Maar dit is altyd ‘n uitdaging om met die vreemde seekos te kook wat mens op jou Oos-Afrika toer kry.

Is daar een iets waarvoor Dine van Zyl haar neus sal optrek as dit op haar bord land

Kos waarby ‘n pakkie sop gegooi is, of speserye uit ‘n potjie met klompe MSG by.

Wat beteken dit vir jou om teen die see te woon (behalwe dat jou kar seker roes)

Dis lekker by die see, maar ek verlang ook na die Boland. Ek mis die sneeu in die berge, die wingerdstokke swart in die reën, die eerste botsels.

Mense raak heel die kluts kwyt van nostalgie as jou kosboeke nader getrek word.  In my eie huis is snot en trane afgevee.  Wat maak jou nostalgies?

Tuine wat oortuimel in die straat. Mens sien dit nog op sommige dorpe waar tuindienste nie die hele straat in ‘n woestyn van gras verander het nie, of waar dit nog veilig genoeg is om heinings van kamferfoelie en bloureën te hê. Hoekom plant mense deesdae sulke blêrrie lelike struike wat nie blom nie?

Kry jy bestellings van Suid-Afrikaners wat oorsee woon, en wat graag jou boeke wil bekom?

Ja, dikwels.

Jy laat jou boeke oorsee druk.  (as ek reg onthou)  Is ons kwaliteit nie goed genoeg nie, of besef jy dat jy paaiemente van ‘n mansion betaal waarin jy nie woon nie, wanneer jy plaaslike drukkers sou gebruik?

Die plaaslike drukwerk is uitstekend. Die kwotasie om drukwerk in China te laat doen, was baie goedkoper, invoerbelasting en transport tot by die verspreiders, On the Dot ingesluit. Hoewel ek die plaaslike mense wil ondersteun, het ek die goedkoper opsie geneem en die drukwerk van “Nog ‘n stukkie” is selfs beter as “Agter die lekker aan.” Dit was ook een van die redes waarom ek twee jaar later die nuutste boek teen dieselfde prys kon aanbied as die vorige een.

Kom daar nog uit jou pen.  Stories?  Resepte?  Waar kry jy inspirasie?

Ja, daar kom nog boeke.  Waar kry die by sy heuning?

Is jy ‘n introvert of ekstrovert? 

Ekstrovert.

Veroorsaak jy stories, of kyk jy uit vir stories wanneer jy in ‘n groep is?

Beide.

Jy was die ander dag op die draadloos – sulke blootstelling, veral op RSG en die manier waarop dit aangebied is, het seker vir jou heelwat nuwe blootstelling en bestellings gegee? 

Blootstelling is altyd goed, anders weet mense nie van jou nie.

Jy is Marine Minister in president Zille se kabinet….  Wat sal jy dadelik verander langs ons kusstreke en in die see?

Ek moet nou begin werk. Dankie vir die geselsie!  Ek sal ongelukkig nie vir jou die laaste een kan beantwoord nie, want het nie tyd om daaroor te dink nie – dit is buite my veld.

19 thoughts on “Skoor klets met…Dine van Zyl

  1. ‘n vriendin het my ‘n resepteboek van dine van zyl gegee. Tradisionele berekos. Het reeds verlede week breyani of biriyani soos sy dit noem daaruit gemaak.

  2. Dié girl kóók beslis – en soos sy selfs sê…. soms in die kombuis ook:mrgreen:
    Is Dine haar regte egte naam? Want dan’s dit nogal cool, hê? Ek meen, haar se ouers kon haar ‘eat’ of ‘munch’ of ‘lunch’ genoem het – maar ‘Dine’…😕 …destiny perhaps? Of ‘n slim verbuiging?

  3. Ek ook, Bella! Miskien moes ek haar gese het om in ‘n ligte trant te antwoord, dan sou ons iets gekry het soos: maak sakke vol perlemoenskulpe om stropers se enkels vas, en drop hulle duskant die wasmasjien by Hangklip, en roep toe vaaljassies met die skerp rye tande nader! Bokker human rights.

    Berekos Olga? Bestaande uit bessies en vars, rou salm? Klink vir my na ‘n bleddie goeie plan😆

    Graatjie, dalk is dit iets soos SarDINE? Weetie. Sy’s ‘n Boerekind, so agter die Dine sit seker ‘n stewige familienaam!

  4. Graatjie, jy weet mos daar is min dinge wat ek jou kan weier.

    Dus….die baan is joune. WAT SOU JY DOEN INDIEN JY MARINE MINISTER IN PRESIDENT HELEN ZILLE SE KABINET IS?

  5. Ek sal onmiddellik allie Portugese verbied om in die see te swem! Hulle los ‘n ring ommie rand! En die hemel behoed die mamma wat met Handy Andy by Valsbaai inklim!!
    Save a whale – harpoon a chick!!!
    Dankie.

  6. Skoor ek wil die minister wees, maar eeers wil ek weet hoeveel gaan my pay wees, ek soek hom die airplane tickets, a gautrain pass en rugby tickets for my wifes end children, One more small request seblief baas, eish baas ek wil ok die huis by clifton he, I cen watch good the see from wer. Hoe laat is teatime en kry ons kentakky ok, anners ek sal hom die toi toi dans maak.

  7. Graatjie…

    As jy die kiekies het van daai Porra span wat geland het in ons land, worry jy bokkerol oor ringe om die bad se rand, jy KLOUTER SAAM in so hot soos daai Porra-Porras is! En dis nie leuens nie. Vra en ek forward vir jou. Maar sit eers ‘n borslappie aan, want kwyl en leeeelike gedagtes gaan deur jou wese pols. As ek oortuig kon word, hellsbells, hoeveel te meer nie jy nie😆

    Sorry Bloedbek om jou bubble met ‘n kentakky been te bars, maar ek het gese PRESIDENT ZILLE, en NIE Zuma nie😆 Hier word nie net belowe om te perform nie, die word gedoen ook. So jy sal maar moet verder noord gaan klop en luister of daai luis mugabe nie vir jou sitplek het nie. Wat jy met die Clifton demand gaan doen, weet nugter alleen, maar vang ek jou plak in MY Clifton huis, of daarnaby, trek ek skote af met my pomp-aksie haelgeweer. En moenie se die missies het jou nie gewaarsku nie!😉 Eish, julle mense wil ook vir alles dans! Dans is sonde. Dit lei tot seks, en seks, nou ja, dit is ‘n heel ander kopseer om nie met ‘n knoffel en beet genees kan word nie.

  8. Die porraganse issie ‘n patch teen die ringe wat BP deesdae op die rand los nie, en handige anna werkie daarvoor nie. Ek dink nie hulle moet nog die groen blaartjies as logo gebruik nie

    Harpoon ‘n chick(en) is niks. Dis die grot toe sleep waar die moeilikgeit begin.

    Neewat, ek willie ‘n minister wees nie, nie die kerksoort of die politieke soort nie. Kerk ministers doen die vreeslikste goed aan seuntjies en ek issie so nie. Politieke ministers kyk soveel rugby dat al daai biltong met vet hulle voortydig langboompies toe gaan stuur weens kolllestrolle. Dis baie meer fun (en minder werk) om net te sit en twak verkoop op my virtuele voorstoep.

  9. Jinne Skorie en Dina, duisend dankies vir die stukkie hemel waarvan ek nie geweet het nie! Njamlik opvreetlik! Onmiddelik gaan ek vir boek(e) bestel om ver oorie see vir my inspirasie te gee! (Pffft en dan rym ek nogals ook).

    Dankie, dankie!!

  10. Ek wil ok Marine Minister wees!!
    Ek wil ‘n groot seiljag hê waarmee ek op en af teen die kus sal vaar…. vir ewig. Gemonteer met bazookas waarmee ek die perlemoen diewe kan blaas.

  11. Skoortjie, perlemoen jy ook? of kreef jy net?? Ek vra net, want ek worry dat DMi jou eendag gaan bazooka… en dit gaanie ‘n mooi site weesie😯

  12. Demoerin ek maak jou minister van oorlog en jy kry sommer byvoorbaat ‘n increase en ‘n bonus. Ek check van my stoep af hier op my cliffton huis dat ons sommer hier ook ‘n paar vuurpyl werpers kan opstel vir die perlemoen boewe. Ek soek nou net ‘n kontek vir die bazookas.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s