Tuiste » Skoor Bek » Om vir ‘n wyle Oranje te wees

Om vir ‘n wyle Oranje te wees

Met die berg aan my regter skouer, en die stadsaal helder verlig neffens my agterkop, staan ek daar en kry hoendervleis en trane.  En dit oor stemme.  Musiek is ‘n groot deel van my bestaan.  Moenie vir my draaitafel krapsessies en doef gedruis gee nie, maar ‘n stem kan altyd verby kom, ek sal luister.

Die Gugulethu Tenors is toe die stemme op die Fifa Jolkol Verhoog wat my ore aangryp en my oe dwing om te sweet.  Ons laaste trippie Kaap toe.  2 Keer vroeger in die vakansie dit gedoen, en gewonder of die land nou nie maar so kan bly nie, omdat mense mekaar effe meer respekteer, en gesels oor grense heen, en lag en die spanning is min.

As die laaste bal geskop is, sal die politiek weer begin roer aan die kookpot, en mekaar opsteek, in die rug steek, net steek as ons sekeres se gewoontes ken, en die volkere van die land aanhits om mekaar te haat en te wantrou.  Dreigimente van geweld teen blankes en mense uit ander lande, doen nou ‘n geruime tyd die rondte.  Altyd dieselfde ou retoriek.  Die smeulende haat.

Maar ons het die sokker gehad.  Ek was gladnie opgewonde nie.  Was nie positief nie.  Was nie lus nie.  Maar die gees het my beetgepak, en ek cheer saam.  Ek dink steeds meeste van die sokkersterre se bulbs sal short as Schalk Burger hulle regtig moet tackle, en dan wil ek die performance sien, maar die sokkerdiva mentaliteit is ‘n post vir ‘n ander dag.

Die Kaap was vir ‘n wyle weer Hollands.  Terwyl stoere anti-blanke Suid-Afrikaners op die rand gestaan en kyk het hoe vreemd ‘n witmens kan optree met oranje hare en klompe aan die voete, het die meeste ‘Kaapse Kallits’ gisteraand die ‘onderdrukkers’, oftewel die direkte oorsprong van die ‘onderdrukkers’ ondersteun, en met die oranje-ste klere opgedaag om teen Uruguay te skree.  Darem vreemd.  Het ek by myself gedink. 

En ten spyte van die wereld se poging om Afrikaans te onderdruk en te verkleineer, kan ek met trots getuig dat die oorgrootte meerderheid mense wat ek op fanwalks, die treine of in die stad hoor praat het, Die Taal gebesig het!  Kry vir julle, julle bleeksems!!!  My Taal laat haar nie sommer dooddruk nie!

Of jy nou soos ek, Duitsland se eerste doel IN ‘n BOOM neffens die fanpark moes kyk omdat dit binne vol was, of gedrool het oor Ronaldo se wipkuif, ek hoop dat daar iewers ook ‘n bietjie opwinding in jou dag was.  En dat ons gewone mense hier in die strate, die hoop van ‘n veiliger en beter SA vir sy regmatige inwoners sal saamdra en probeer verwesenlik.

Felt It…It was Here!

28 thoughts on “Om vir ‘n wyle Oranje te wees

  1. Die Hollanders se passie is iets om oor huis toe te skryf. Wat was dit? ‘n 6 km lange konvooi met ondersteuners. Hulle verdien dat hulle span goed doen.

    Ek hoop die Duitsers wen vanaand. Dan sal ek maar ‘n munt moet opskiet vir wie om in die finaal te skree.

    Daar is wel nog die bittereinders wat nou nog die sokker wil weg wens.

  2. Ek het voor hierdie twee maande nooit sokker gekyk nie, maar iewers het ‘n verdwaalde gogga my aan die stert gebyt en nou kyk ek ewe als. Ek het gisteraand so gegil toe Holland hulle tweede doel aanteken dat R (wat rustig op my skoot lê en slaap het), met ‘n moerse gejuig opgespring het asof iemand hom aangeval het😛 Dis nie my skuld as hy nou nie die gevoel het nie😉

  3. SCHLAND!!!!!!!!!!:mrgreen: Ag sorry man, ek weet ons eindig nou wel 3de – maar iemand moet tog darem happy wees virre 3de plek ook, hm? Ek sal maar Sondagaand my oranje overall aantrek en Hup-Hup gaan skree in Menlyn (gaan die final live in 3D kyk!!)- gaan sal ek gaan, want dis regtig great fun so tussen die spul fans. En ek sal my Germany hoedjie dra – en die ander bietjie extra rede gee om NOG trotser te wees dat hulle wel die final gehaal het…
    Jip-jip it was here!! En dit was AWESOME!!

  4. Ek was nogal geskok oor Duitsland wat gisteraand teen Spanje verloor het, maar verder is my bloed ook oranje. Mag Nederland Sondag wen. Ja, ek is self ook maar erg bekommerd oor die dreigemente van xenofobiese geweld wat kan voorkom na die sokkertoernooi. Mag dit nie realiseer nie.

  5. Mag ons tog maar die hoop behou dat iets van hierdie ongelooflike gees sal agterbly na die sokker. Ons was Saterdag in die Kaap en nog nooit het ek so baie mense op een plek gesien wat hulle so mooi gedra het nie. Op die treine, op die sypaadjies, in die FanFest – oral. En oppad terug, op ‘n stampvol trein, so vol dat mens maar net kan staan sonder om vas te hou en die trein se ruk laat jou nie eers omval nie, het Argentynes ondersteuners en Duitse ondersteuners skouer aan skouer gesit en sing om die tyd om te kry terug huis toe – van Wave your Flag tot by baby Chocolates. Dis mos ‘n volk🙂

  6. Van sokker tot whatshumjoekolit? geweld, ne?
    Vrees – dis wat dit aanlok. Moenie vrees nie!
    I was here!
    Signed – Sigeuner

    Ps als is nog nie eers oor voor Sondag nie, maar hier`s iets wat ek voel…iets in die lug? die Winter? Ek weet nie. Ek voel bedruk. Dalk seisoenale depro? Sokker depro?
    Dit kry my onder, want ek voel meer jags in die Somer as nou.

  7. Ek haat oranje, maar het ongelukkig as sommer alas jaar met die Olimpiese spele hulle as my 2de span gekies… so tot Sondag sal ek maak of ek oranje aanhet. GO HOLLAND!

  8. SKORIE! Hmmm… sokker – vir Ding nog iets nuuts in Ding se lewe: Ding en die gesin kyk wedstryde saam; praat Afrikaans met Ding se Little Shit en selfs die woef toer die werf vol met ‘n sokkerbal! Vroeër het Bafana vir Ding gered van ‘n weddenskap se verloor wat krappe vang in die nag sou behels… al het hulle Ding nie gered van ‘n oor die 100m sprong nie😉 Skorie, Ding wil maar net vir jou kom vertel dat Ding se Kaap hemels is; nevermind Hollands/Brits!

  9. 😥 toe werk dit nie vir hulle nie. Ek sou ook graag die trofee in Amsterdam wou sien. Ek stem saam met jou Skorie, I felt it and it was here, what a pity that we will also now loose the feeling.

  10. Ja wel, daar het die Hollanders toe nie gewen soos ek ook gehoop het nie, dalk was hulle nie oranje genoeg nie..lol..maar ek moet se ek was terleurgesteld in hul spel, Spanje was dalk die beter een en Paul moet ook seker die blaam kry.🙂 Die Kaap was weer Hollands vir ‘n wyle en ek glo dit was lekker gewees om die maand in SA te kon bly “vry” van al die neerdrukkende nuus wat weer begin oppop het, dus: dit is def polities geinspireerd, want hoekom kon SA vir ‘n maand sonder soveel “crime” gaan as voorheen en nou skielik nie? Goeie vraag, volgende…

  11. Nikita, cause the poeple that eind vegeterijan, thei dont want the wold to no how many meat thei are comsjoemieng en the addirs, thei are not vegeterijan eithir, bhat thei are veggies.

    Soveel te se oor die damn vleisvreters.

  12. More XP, PJ, Charms, Graatjie, Vuurslag, AM, Sigeuner, Demoerin, Ding, Bella, Ingrid en Nikita.

    Die sokker het gekom en gegaan. Ek dink dit was ‘n boring game, die final, maar nou ja, dis maar my beskeie, opdringerige opinie.

    XP, die Oranje ondersteuners was iets om te aanskou. Net hulle entoesiasme was iets om te sien. Daar kry die Boere hulle ‘laertrek’ mentaliteit.

    PJ jy is steeds te pragtig. Dankie dat jy ons produktief wil hou. Ek gaan niks se van jou rondritsery in ander provinsies nie, ok?

    Charms, pasop vir hartkwale by slapendes aanwakker oor ongekende opgewondenheid. Dis tog so moeilik om te behandel! 😆

    BeeBee, hoe werk daai 3D? Ja jou span was nie te bad nie. Baie geluk.

    Vuurslag…ons kort ‘n moeriger president wat nie k@k van kabouters vat nie, en wat die belhamels uitruk en van hulle ‘n voorbeeld maak. Maar nee, ons paai eerder. Dis baie meer diplomaties, minder menseregte skendend en ai, miskien stem ons in die stilligheid saam. Wie sal weet?!

    AM, die enigste ding wat my afpie is dat sommige dele van die SA bevolking nognie geleer het om hulle te gedra met drank in die lyf nie. As mens ‘ons’ met die Kaaskoppe vergelyk, is ons ‘n skande. Daar is nie opdringerigheid en vieslike taal betrokke by ‘n Kaaskop wat te veel bier in het nie. Maar gee ons land se mense ‘n kappie, en jy raak gou lus vir klappe uitdeel. Die gees was nietemin goed, ja. Sou lekker wees as dit so kon bly.

    Sigeuner….die mens se libido moet ook rus en herlaai. Go with the flow girl. With the flow!

    Demoerin. Nou kan jy weer die oranje wegpak. Tensy jy natuurlik soms vir die Cheetahs skree😆

    Ja Ding, die Kaap is Hemels. Hollands. Heerlik. Soveel dinge om te se, en dit net van die letter H!

    Bella, ek hoop maar jy skree ook bietjie vir die Cheetahs? Darem so ‘n waste al die oranje klere wat aangekoop is en nou moet gaan le vir 4 jaar!

    Ingrid, kyk maar weer die kiekies van daai dae. Soms wel die ou gevoel weer op in mens se ribbekas. Dis nou nie sooibrand nie hoor! En dis nou te se as daar kiekies geneem is om die goeie tye te dokumenteer!

    Ai Nikita vriendin, jy weet mos al die dinge wat jy weet. En wat Paul betref…ek dink dis tyd vir leka calamari en chips. Gelukkig is die lewensverwagting van seekatte nie te lank nie. Ek hou mos nie van ‘n gevoorspellery nie. En die een het nog 8 pote ook om mee te wys. Yuk!

  13. Miskien moet ek net eers 4D verduidelik – of issit nou 5D😕 nee, jong ek is tegnologies somewhat gestremd… dalk noem mens dit RealiD:
    As ek op 7 Augustus 2010 in Somerset-Wes in ‘n koffieshop sit en jy stap in en jy kan actually die koffie ruik en dan vat julle my na julle se favorite oog toe sodat ek die Skore behoorlik kan sien en voel hoe hulle ‘die lewe doen’ – dan het jy mee my ge-RealiD…😉
    3D werk amper netso – jy sien hulle so ASOF jy daar langs hulle staan of saam hulle rondhol – ASOF jy mee hulle kan praat en aan hulle kan raak, maar hulle voel en sien net mooi fnokol van (of vir) jou nie:mrgreen: (klink maar vir my soos ‘n klomp verhoudings wat ek van weet – dié 3D ding…🙄

  14. Dit sal 10DubbelD wees as jy jou datums beter neertik en nie ‘n naweek kies wat die Skore nie hier is nie!

    Wanna try again?

  15. Issit a biiiiird??😕 Issit a plane???🙄 Noooooooooooooo!!! It’s SuuuuuuperMmmmmmurphy!!!😯
    Kannie anders nie skat😦 Die H3 skeidsreg daai naweek die Coastal Interprovincials in Somerset West).
    Og, tog!! Nou sal ek vir Koos moet bel om my te kom red uit die dungeons of blood, sweat and take-aways…

  16. Seriaas?? Jy’s in Somerset-Wes Saterdag die 7de Aug?? Rêrig-wragtig-êrig?? En jy sal vir my ‘n ou tydjie inruim?? Og! SUPER!! Aits!! Voel my hartjie nou sommer weer baaaaaaie beter!!

  17. Rondrits Skorie? Ekke?
    Ek verkies die term navorsing.

    Ewenwel. Hierdie laaste week het my “navorsing” bewys dat SS Wes steeds net so mooi soos altyd is….maar die Weskus is mooier!

  18. Om vir `n wyle verlief te wees.

    Wie`t gese dis aangenaam, dis laf, dis lekker, dis goed, dis om jonk te voel, kind te wees. vry te voel, die lewe te ervaar?

    Bulshit! Disse kak gevoel en ek wens dit waai nou oor.

    Maar damn, die man is pragtig verby – Cesar Millan

  19. Eya Skoor, daarom soek ek so man…ekke is `n opregte teef. Oe!! Ek`t selfs eenkeer gesien hy dra `n dogtooth Amethyst, toe kry ekke vir myself ook een…beautifull.
    Ek wonder?? Ek dink hy weet die mense raak maklik op hom verlief, maar sy ego is nie groot nie. Wel sy selfvertroue, ne?

  20. Welkom Madele! Hier op Skoor se krans sit ons wintertyd met onse ruggies lekker in die son, met die berg skuins agter ons, en die see wat klots-klots om ons voete. En in die somer sak ons onder die oorhang krans in, en soek vlooie op ander. En ons kry gewoonlik. Bring net bokshandskoene saam – soms raak dinge erg rof!

    Sigeuner, hoe lyk ‘n Dogtooth Amatis? Ek wil ook ene he. Cesar het daai x faktor wat van hom ‘n pack leader maak. Ek trek hom enige dag plat vir lesse. 😆

  21. Jou Dogtooth Amethyst, ruil ek enige dag vir lekker los blare tee, solat Sigeuner kan fortune vertel. Die kleur is so, ne? Donkerpers met `n bree gatkant, dan loop hy skerp af soos `n hondetand wat helemal uit die hond se tandvleise geruk is met geweld en so aan en so aan, en eindig in `n skerp punt wat spierwit is. Soooooooooooo beautiful

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s