Tuiste » Skoor Bek » Hoekom altyd ‘n Vannermerwe?

Hoekom altyd ‘n Vannermerwe?

Hello, is this the South African Police?’
‘Eish-Yes. What you want?’
‘I’m  calling to report my neighbour, Hendrik van der Merwe! He is hiding dagga  inside his firewood.’
‘Eeeh-Yes…Thank you for your co-operasheen and  informasheen in combating crime and violence, in our society suh’
The  next day, the SAP descends on Hendrik’s house. They search the braai lapa  where the firewood is kept. Using axes, they chop open every piece of  wood, but find no dagga. They shout and swear at Hendrik and leave.
The  phone rings at Hendrik’s house.
‘Hey, Hendrik! Did the SAP  come?’
‘Ja!’
‘Did they chop your firewood for the braai  tonight?’
‘…Ja….’
‘Happy Birthday  Boet!’

21 thoughts on “Hoekom altyd ‘n Vannermerwe?

  1. Ek ook Ingrid – elke aand as die hout vir die kaggel gekap moet word…

    Hallo AM oftewel oggend!😆 jou nuwe naam

    Bella, ‘n boer maak ‘n plan

    Neelsie, is so. Ek het dan ook vannermerwe bloed in my, volgens die wat weet!

    BB, ek dink ons kan Janvannermerwe laat registreer as volksbesit. Dis soos biltong en boerbeskuit. En eiers natuurlik😆

  2. I aint no getting my wood chops, maar ekke is `n volbloed ene – en uhm? So gebore, nie so getroud – so dis nie `n deadloss nie.

  3. Issie met DAAI byl wat daai hout gechop issie – daai byltjies word bemark as een hou teen enigiets en jy sit klaar met splintervuurhout eenkant en yster anne’kant…

    Skorie, vannie os oppie jas: wie’t daai gedig van die Byltjie gedoen nou weer???

  4. Ja Ding, daai stronkie moet mens sommer vinnig vervang met ‘n behoorlike dik pyp wat vasgesweis word, anders praat mens net heeltyd lelik!

    Ek weet nie van daai gedig nie, miskien weet Nikita. Sys mos die gedig ghuru. Sal haar vra.

  5. Jammer Skoor! Eers nou tyd gehad om rond te krap…is DIT die gedig?
    Ding sal moet kom bevestig.🙂

    Gert Vlok Nel (geb. 1963)

    van ons korrespondent

    dit dan ook boonop. daar was ’n flippin horribale moord
    nou die dag eergister. in prins albert in. ou oom en tannie
    opgetjop met ’n byl. ’n moerse hakkejag daarna daarna. yl
    die wind die suidpoolpoep. die maan die oog
    deur die alewige cirruswolkies, immer bespiegelend, soos
    toe die heer se gees gesweef het oor die teer

    en saggies was die roepstem van jesus, reg aan die begin.
    dit begin later liggies te reën. ou en nonesuch dinge
    haal Peet uit sy toksak. ’n stuk polonie, ’n traktaat, ’n knuppel,
    .38 special. 4 goed. goeie hemel. dit reën later dat dit kak oor die
    skepping. alles lyk gesmelt. my ik drop met 50. skielik skrou
    iemand daar brand lig in daai skuur doer en dis altyd verlate

    daar. ’n local piel. die skuur suig die mans soos ’n stofsuier. het
    prins albert ’n stofsuier? moet wees. stofsuiers is meer volop
    as bylmoordenaars. ek, poet, dink aan stofsuiers toe ek op
    daai skuur afhol, .22 in die hand. poet-in-residence.
    poem-in-progress.
    in die skuur is daar ’n leer na die solder. Peet roep luid:
    kom af jou kak. en toe dié afklim pluk ons Peet die leer

    onder hom uit. (ek visualiseer wars die dans om die gevalle
    bok. bees. die gehyg van honde. bajonette) al daai en sulke tjol.
    maar niks van daai. Peet se siegrets is op en hy skaai hom ’n zol
    uit die bylmoordenaar se sak. die polisie het lg. in die vên. ons
    res moet natuurlik terug stap. dit reën dit fokken reën. en
    skielik val ou Peet op sy knie. modder. dis al. stop press.

    Gert Vlok Nel (geb. 1963)

  6. Hi Toortsie, Nee kyk, ek het self nie geweet so ‘n gedig bestaan nie, ek Ding het nou nog nie kom se of dit die gedig is van die “byltjie” nie. Kyk, eers toe ek hom hier neergeplak het, lees ek toe die hele ding deur [na ek eers net gescan het en die “byltjie” gedeelte gesien het], toe voel ek darem sleg oor ek so ‘n gedig hier kom neerplak het…LOL! Skoor is sommer heeltemal stil-geskrik oor die gedig hier van “my” af. [hehe]. Vra my weer oor my geheim in ‘n email en ek sê jou.😆

  7. DING/NIKITA….

    N.P. Van Wyk Louw

    Ek kry ’n klein klein beiteltjie,

    ek tik hom en hy klink;

    toe slyp ek en ek slyp hom

    totdat hy klink en blink.

    Ek sit ’n klippie op ’n rots:

    – mens moet jou vergewis:

    ’n beitel moet kan klip breek

    as hy ’n beitel is –

    ek slaat hom met my beiteltjie

    en dié was sterk genoeg:

    daar spring die klippie stukkend

    so skoon soos langs ’n voeg:

    toe, onder my tien vingers bars

    die grys rots middeldeur

    en langs my voete voel ek

    die sagte aarde skeur,

    die donker naat loop deur my land

    en kloof hom wortel toe –

    só moet ’n beitel slaan

    wat beitel is, of hoé?

    Dan, met twee goue afgronde

    val die planeet aan twee

    en oor die kranse, kokend,

    verdwyn die vlak groen see

    en op die dag sien ek die nag

    daar anderkant gaan oop

    met ’n bars wat van my beitel af

    dwarsdeur die sterre loop.

  8. Skoor, dankie, hierdie is mos wat ek ‘n gedig kan noem!…nie daardie ander stukkie…watsenaam deur GVNel nie. Jammer as ek die ou hier beledig, maar daardie is darem nie my “smaak” nie.

  9. Proes!!!!!!!!!!!
    Dis die juiste ene waaraaan ek geloop dink het Nikita. Ken NP van Wyk Louw se goetertjies-mooi woorde van kindbeen af. Hierdie ene is sommer mooi!
    Ek loop so en dink – nogals seer en lekker gelyktydig. Ding?
    Ding wat se stokou woorde in my kop bly maal – van dat die lewe tog `n mooi doel met elkeen van ons het en dat ons nie te hard moet soek en soek en mis nie….net lewe en bly en tevrede moet wees. Dis ook mooi.
    Die lewe loop staan en maak my happy vandag!

  10. Mensig – Ding het Dingself des moers van die stoepmuurtjie afgelag – PRYSLOOS! Ding het weer ‘n hele begrip vir Ding se halwe woorde genodig. Dankie, Skorie – dis daai ene waaraan Ding gedagte gehad het toe Ding die byl so in Ding se hanne kon voel – mos net so magtig. Ding het net alles gesien oopkloof, man. En toe praat Ding van byl ipv beitel, maar dis mos hoekom Skoor Skoor is, onthou jy nou weer. Maar DIE moet Ding bieg: Ding is ‘n groot aanhanger van Gert Vlok Nel met sy temerige stem wat so dralend vir Kleinding kan rustig maak met sy musiek; al wis Ding NIKS van daai byl-nommer van hom nie!
    Jipja, Ding glo steeds onwrikbaar dat die lewe loop presies soos hy bedoel is om te loop; dat daar niks in die lewe gebeur wat ooit net sleg is nie; dat geen mens net sleg of net goed is nie; dat die lewe, hierdie rondte, ‘n skool is waarheen Ding gekom het om weer en meer te leer voordat Ding teruggaan huis toe om eers weer ‘n bietjie te rus. En oor al daai nommers wat Ding so glo, is Ding uiteindelik heel rustig en tevrede, ja. Jipja, Ding hou van die lewe.

    En Ding hou besonder baie van daai gedig, al beteken daai gedig vir Ding iets HELEMAL anders as wat die gewone interpretasie daarvan is.

    Vannie os oppie jas: luister, Skoor, hoe lank moet Ding nou nog in hierdie landskap van jou oorstaan sonder om vir jou te kan sien, huhmmmmm?

  11. Ding – kyk waar jy loop want ek loop ook en heel moontlik loop ons mekaar raak in die lopery! Of Skoor sal altyd ‘n skim bly, want die wat Skoor gesien het, is nou nog flou geskrik! Het jy die guts:lol:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s