Tuiste » Skoor Bek » Moewie Memories

Moewie Memories

There’s method in the madness of age restrictions.

Ouderdomsbeperkings is daar om kids te beskerm.  Al wil kids nie altyd beskerm wees nie, en in vandag se lewe is die beskerming van kids nie meer so erg prioriteit nie.

Ek onthou sekere flieks wat vreeslike indrukke op my gemaak het, en ek wonder watter indrukke die flieks wat ek wel gemis het, op die kids gehad wat voor die TV verstrengel was en dit gekyk het.

Ons is maar beskermd op die plaas grootgemaak.  Ek dink ons het eers ‘n videomasjien gekry toe ek deurgedring het na die WP Platteland byeenkoms in atletiek (my pa was foolish genoeg om te se as ek deurdring, kry ons ‘n videomasjien – ek het baie sulke dares gewen)

En dan het ‘n vriend vir my MNET flieks getape en ek het naweke oopmond sit en fliek. 

Maar voor dit, was daar ‘n tyd toe ek, as laerskool kind, NIGHTMARE ON ELM STREET gekyk het by ander mense, en te bang was om op te staan en weg te hol.  Freddie Kruger met sy messe vir vingers en sy verminkte monster gesig het menig aande in ons Kaaps Hollandse huis se gange afgestap met die messe wat teen die muur krap.  Op pad om my te kom haal, en in ‘n bodybag in die gang af te sleep dat die bloed so ‘n streep los!  Van al die flieks wat ek nie moes kyk nie, was Nightmare on Elm Street die ergste. 

Dan was daar Jaws!  En om dan, 10uur in die aand in ‘n swembad in te gaan en te begin hiperventileer omdat die kreepy crawly snaaks lyk in die skynsel van die lig teen die muur!  Ek het daai aand swem vir baie lank afgesweer.  En bad was ook ‘n ernstig angswekkende gebeurtenis.

Vroeg in die hoerskool het ek en ‘n maat ingeglip in ‘The Accused’ met Jodie Foster.  Die verkragtingstoneel het my gewalg, en ek was geskok dat ek nou nog skrik net as ek haar sien.  Jip, ouderdomsperk is geignoreer, en niks kon my beskerm teen wat ek gesien het, en nie moes sien op daardie kwesbare ouderdom nie.

En dan was daar natuurlik Pretty Woman.  Toe ek dit die dertiende keer gesien het, het ek amptelik ophou tel.  Dit was vir my ‘n ongelooflike fliek.  Vandag nog, as ek verveeld is, sal ek dit opsit en smile ek die hele fliek deur.  Ek dink steeds, na al die wonderlike flieks wat ek tot op hede gesien het, met al die special effects en klankbane, bly Pretty Woman my ultimate fliek.  Niks kom daarby nie.  By daai gevoel wat ek ervaar het as ek dit gekyk het nie.  By die klankbaan (ja, natuuuuurlik het die Roxette song ook iets met die saak te doen) kon min klankbane daarna, kers vashou.

Watter flieks het jou sox gerox, en watter het jou naels laat kou, en wakker laat le?

Ek kyk steeds nie rillers nie.  Maar ‘n goeie aksie of suspense, en ek is soos ‘n tevrede hond onder ‘n vere duvet.

33 thoughts on “Moewie Memories

  1. Skorie. Ek het net een gunsteling en sal dit oor en oor kyk….. A walk to remember…… Ek het omtrent gehuil. Dit gaan oor ñ meisie wat kanker het en geboelie word by die skool oor haar klere ensv,
    Scary movies wel ek kyk dit nie baie nie.

  2. Scary moewies is nie naastenby so scary soos real life nie, so *gaap* hou maar verby.
    Maar ek is glad nie onpartydig teenoor ‘n goeie skop-skiet-en-boomklim nie. The good, the Bad and the ugly, Fistfull of dollars, For a few dollars more, Platoon, Apocalypse now, Full metal jacket, Gladiator, Star Wars (Episode 4, 5 en 6), Terminator, Indiana Jones, Saving Private Ryan, Lord of War ens. ens. ens….
    Dan, once in a blue moon, kom daar ‘n moewie verby wat by jou spook. The Mission, Schindler’s List, The green Mile, Forrest Gump, My sister’s keeper, Eternal Sunshine of the Spotless Mind, Bucket List, Secondhand Lions, Hotel Rwanda, The Ghost and the Darkness, Amistad, Shooting Dogs….ensovoorts en so aan
    En daai once in a bluemoon movie maak al die crap wat jy moes kyk om dit te kon sien die moeite werd.

  3. The Brave One met Jodie Foster. Daai fliek sal nog laaaank by my spook. Ook Tears of the Sun, Taken en die onlangse The Blind Side. Ek like nie gore en guts nie, soos Halloween en Freddy en so nie. ‘n Fliek moet ‘n storie he, nie net sinnelose geweld nie.

  4. Ek laaiks chic-flicks – ek weier om te monster/vampire/en gremlins – maar ek hou tog soms van goeie suspense movies – en aangesien ek ook graag C&I kyk – hou ek van who-dunnits. My favorites bly steeds die feel-good movies en die ‘lag met ‘n traan’ flieks – Driving Miss Daisy, Fried Green Tomatoes, Steel Magnolias, Thelma & Louise, How Stella Got He Groove Back…
    Ek was ‘n Patrick Swayze fanatic (ooit sy en Wesley Snipes se To Wong Foo… gesien??? So cool!!)
    Onlangs die eerste keer gesien en saam met my middelste gentle giant teddy-kind gekyk (daar sit ons en snik dat ons hik – hy (22) nie ‘n skaam haar op sy kop oor hy so lekker tjank saam mamma nie:mrgreen: “The Green Mile” – oits! En Tom Hanks is daarin netso awesome as in l sy ander moewies…
    – en ek het by my Jani jaar voor hy ko’ haal is die dvd gekry: The Angel, the Bicycle and the Chinaman s Finger gekry. Dis ‘n juweel van ‘n egte SA movie! Kry dit!!! Ek het einste teddy-kind het dit al 3 keer saam gekyk!! Dis WOW verby!!

  5. Bella, ek belowe om daai movie nie te kyk nie. Ek is soooo dik vir huil by movies. En ek doen dit so goed, dis eintlik ‘n skande.

    PJ, dis nou nie ‘n movie nie, maar Band of Brothers, en The Pacific is fantastiese reekse – jy sal dit love as ek so na jou smaak kyk.

    XP – vra liewer hoeveel spasie het die blad! Skryf suster, laat ek sien of jy ooit fliek en nie net renosterdiewe wil ontman nie😆

    Oggend, dit was die eerste Jodie movie na The Accused wat ek kon aankyk sonder om herinner te word. Jip, dis voorwaar ‘n lekker fliekie. Taken ook. Action en Suspense. Doen my maagseer soooo goed😆

    Graatjie, sjuuuut, maar ek en jy het dieselfde taste in chick fliex! Seker oor ons polisievroue is😆 😆 😆 Jajajaja vir Patric. North and South, onthou jy? Nou wel nie ‘n fliek nie, maar steeds.

    The Angel en die fiets en die vinger is absoluut een van DIE beste SA flieks ooit. Ek het op die grond gekruip soos ek gelag het, en ek het gesnot en trane kort daarna. Dis ‘n juweel.

  6. PRETTY WOMAN!!!!! my all time fovouritse movie. Het al ophou tel na die 13 de keer wat ek dit gekyk het. Het weer gisteraand. Dis net magic…..van begin tot einde.
    Wat is jou beste scenes? Ek het so baie…die shopping spree, die polowedstryd, Kid met a name….give me a name…Cindaf******nrella! Die opera …… die scene waar Vivian vertel van haar dogtertjiedrome van ‘n prins op ‘n wit perd wat haar van haar voete afsweep tot by die slot…..if you have a dream…..come to Hollywood. En natuurlik ….daai klankbaan. As ek een van die liedjies daaruit oor die radio herken
    kom daar sommer so ‘n lekker gevoel oor my.
    Dit is net die mooiste mooiste fliek ooit!
    Wens die lewe was ‘n sprokie!
    Maar vir daardie 90 min wat jy dit kyk…..is dit.

  7. Uiteindelik iemand wat verstaan wat ek geskryf het!!!! Schabbers, daai scene met die uber sexy nagrok en die los hare waar sy se ‘he sleeps’ en hom op sy mond soen.

    En die Prince song in die bad. En ek lag altyd saam as hy haar hand in die juweleboks vasslaan. En in die fliek, onthou jy as die limo na die vliegtuig toe ry as hulle opera toe gaan, dan vang die son die blink wieldop so. Dan sug ek diep en wens ook die lewe was eerder ‘n sprokie.

    En as Cindefuckingrella die foon aan die begin antwoord, en “MA?” uitroep. Dis kostelik.

    Ai. En as sy in die limo wegry en ‘it must’ve been love’ speel, dan kan my surroundsounds nie hard genoeg speel nie!

    Wag, ek is besig om die movie oor te skryf. Dankie vir die inloer!

  8. All time favourite: Ghost! ek like nie rillers nie, nie omdat ek bang word nie, omdat ek opeindig om die goed te analiseer en die hele storielyn op te dons met hoekom dit of dat onmoontlik is, verkies iets wat op real life gebaseer is.

  9. Hi Skoor – snaaks genoeg was Pretty Woman gisteraand op een van die tv stasies hier in Amsterdam – luv dit om sulke ou gunstelinge weer te kyk!

    Ek is ‘n fliekverslaafde en elke Vrydagaand draf ons een of twee flieks deur by die bioskoop….so ek sal Xena ‘n “go” kan gee!! Rillers, sci-fi en gogga-maak-vir-baba-bang flieks kom ek nie naby nie, die res word of een keer of tien keer gekyk……afhangende van hoe goed dit is.

    My gunsteling – Someone like you (met Ashley Judd en Hugh Jackman) – “These are people Jane, not cows!!!”.

  10. Mamma Mia is seker my ultimate favourite. Ek het by 15 keer opgehou tel en dit was terwyl dit nog op die grootskerm is. Ek het natuurlik die DVD al seker ‘n 1000 keer gesien. Ek is oor die algemeen gek oor musicals. Chicago is nogal ‘n groot gunsteling.

    Chick flieks soos Pretty Woman (luv dit as sy die vrou met die kougom spoeg), Dirty Dancing; Ghost ens.

    Ek hou glad nie van sci-fi nie, maar Outbreak is briljant. Sal dit oor en oor kyk. Children of men is baie scary, juis omdat dit so maklik kan waar word.

    Enige fliek waarin daar gesteel word. Dink Italian Job, die Ocean 11 flieks, The Inside Job. Ek is ook gek oor National Treasure en enige ander skattejag fliek.

    Romantic Comedies – Two week notice; The Ugly Truth; How to loose a guy in 10 days; The Holiday, The Proposal, Meeting the Morgans en kan ek Shrek sommer hier ingooi?

    Enige fliek oor die tweede wêreld oorlog. Ek het onlangs ‘n Hollandse Fliek genaamd the Black Book gekyk. Ek het ook baie van The Pianist gehou. The Reader is ook een wat kop en skouers uitgestaan het. Absoluut freakin briljant.

    Ek het ook baie van Trans-America en Pricilla Queen of the Desert gehou.

    Ek hou van flieks wat morele vrae vra. Ek dink nou by aan My sister’s Keeper, Nell, Million Dollar Baby, The Green Mile ens.

    Amper vergeet ek van Aksie flieks – veral die wat met ‘n goeie skoot komedie versier is. Lethal Weapons; Mr & Mrs Smith; Bourne Flieks; Miss Congeniality, Charlies Angel. Ek is nogal ‘n groot Rocky aanhanger – wel eintlik net van Rocky 1, 2 en 3.

    Ek het reeds genoem dat ek nie van rillers hou nie, maar Silence of the Lambs is freakin briljant. Ek moet nog die hele fliek deur kyk, daar is ‘n punt waar ek altyd my oë toeknyp.

    Feel good stories soos The Blind Side is ook gewild by my. 😉 Ek het dit eintlik net gaan kyk om Sandra Bullock ‘n Oscar gekry het, maar het van die storie gehou.

    Nou weet almal dat ek so vlak soos ‘n paashaas is. Ek is nogal ‘n maklike iemand om saam te sleep fliek toe. Ek is redelik oop vir enige iets.

    O ja, ek wil nie die renosterdiewe ontman nie, ek dink net hulle gebruik die horing verkeerd. 😉

  11. Ek kan wraggies nie meer onthou van al die goed nie maar ek het van kleintyd af gemaak of ek slaap en dan skelmpies my ouma se rillers saam met haar gekyk.
    Van al die wat ek gesien het is die Tales of the Crypt vir een of ander rede die een wat my die bangste gemaak het en dit is nie eers scary nie.
    Ek het eers jara later bang geword en dan in die bad geslaap wnat niks sal my mos daar kom soek nie.
    Ek hou nie so baie van rillers nie maar ek sal dit kyk as dit nie te bad is nie.
    Ek het nou die dag The Blind Side gekyk en moet sê ek het dit baie geniet.
    Ek het ook onlangs meer na lees flieks begin kyk en hou nogal van hulle. Die Franse films is nie te bad nie. Hulle maak my oe moeg maar nie bang nie so dit is OK

  12. Wou nog vertel ook, ek huur gewoonlik op ‘n Vrydag ‘n movie vir die trein op my iPod en ek moet mooi dink en hard sluk as ek huil movies kyk. Mens kan snaakse kyke op die trein kry.
    En natuurlik moet ek maar mooi hou as daar stoute tonele op my foon is op ‘n gapakte trein.

  13. Ek het nou nie al die kommentaar gelees nie maar daar is nog twee flieks wat vir my uitstaan saam met Pretty Woman. 1. Dirty Dancing… 100de kere gekyk. 2. An officer and a Gentleman… Ek dink dis tyd dat ek hom weer bietjie kyk. Die eerste riller wat ek ooit gesien het was by ‘n jeugbyeenkoms by die KERK!! Bless my soul, en die ding se naam was Gigantic Spiders…. Net daar het ek ‘n ewige vrees vir die arme goed ontwikkel… Grootmense darem. O ja en ek het ook op ‘n keer Blue Lagoon gekyk en my morsdood geskrik vir ‘n sekere toneel waar die girl haar eerste maandstond gehad het. Shirbet ek was bang dat dit met my ook gaan gebeur! 😀

  14. En daar vergeet ek van my gunsteling gunsteling van alle tye!!! Ghost! Daai fliek doen net iets aan my binneste!

  15. skorie my ou mater, ek ken elke woord begin tot einde van Dirty dancing, ons het dit een vakansie letterlik elke dag twee keer gekyk en as ons dit nie gekyk het nie het ons tonele uit die fliek op gevoer… Ek het die ander dag n fliek met “Baby” in gekyk en toe ek haar sie se ek en my huismaat op die selfde tyd “noone puts baby in the corner” pritty woman is ook special en dan is daar altyd Empire Records en Love Actualy… flieks wat jy kyk met so n goofy grin op jou gesig en wanneer die sexy “enigmatic head designer” Karl vir Sarah vra om te dans en hy in die slow dans haar hare vryf en dan ryk freake ek elke keer uit, amper so erg soos wanneer sy op die trap by haar huis uit freak as hy in kom vir koffie “of iets”. ek love feel good movies haat rillers ek kan tot vandag toe hansworse nie hanteer na ek IT gekyk het nie en poppe wat praat freak my heltemal uit… HI I’M CHUCKY WANNA PLAY??? JIKS!!! amper maak ek my nat..

  16. Ek kyk enige riller, enige tyd! En slaap nie alleen darie aand nie. Ek weet nie wat my makeer nie. Eintlik hou ek van moewies – enige moewie – ek kan nie kort films kyk, moet `n hele uur en meer `n ding bekyk om agter die kap van die byl te kom….want ek lees nie lippe nie en darie TV word op (no sound) gesit, want ek wil nie hoor hoe hulle gil nie. En kan anyway nie hoor hoe hulle gil nie.
    Ek wens ek kan die klankbane van die nuwe films hoor – ek onthou net liedjies en deuntjies van toeka se tyd.
    Pretty Woman – Roy Orbison – walking down the street….
    Damn! My kids hou ook van skop, skiet en boomklim en bloed! So ek keer maar as dit bo 13 gaan. Eh eh eh en hulle is noggie 10 nie!

  17. Ingrid, ek het noudie dag weer Ghost gekyk. Sommige van die effects is effe af in vandag se oe, veral omdat ons hierdie moerse effects gewoond geraak het, maar ai tog, wat ‘n pragtige liefdesverhaal!!!

    Neelsie, al sit jy ver, is die movies darem universeel, of is dit soos gom wat jou met ons almal hier verbind. Jissie, sommer 2 per aand?? Ek snork sommer gewoonlik na so 20 minute as die dag effe lank was😆

    PJ, ek het ook eers in die tweedelaaste episode van Pacific, dit regtig begin geniet. Maar BOB is ongelooflik. Probeer dit in ‘n donker vertrek kyk, met earphones op. Ek het myself vang koes vir die koeels!!!

    XP, ek en jy sal lekker saam movies kan kyk, ek dink so. Het ek Notebook raakgelees daar? Ek het steeds nie The Reader gesien nie. En ek wil sooooo graag Amelia sien. Moet die DVD uitneem een of ander tyd.

    Gogga ek like nie van so sit en lees nie. Ek dink as iemand MY moet dophou sal hulle verbaas wees dat ek soms op my eie gelaat word😆 Vraag: hoe huur jy ‘n movie om op jou iPod te sit?? (en watter stoute fliekies kyk jy dat jy bloos omdat ander dalk sal bloos?)

    Pikkie, ek het nou so gegiggel vir jou Blue Lagoon opmerking! Dit was nogal ‘n hectic fliek vir sy tyd. Sien my comment aan Ingrid oor Ghost. Lekker om jou weer hier te sien!

    Johans, IT was sommer ‘n kak fliek. Ek het ook nogal effe rillings gekry vir hansworse daarna. Ek weet nie watse siek mense so iets maak nie, en daai bleddie poppie Chucky wil ek net petrol gooi en brandsteek!!! Hoe oud wat jy toe die opvoerings plaasgevind het, net so vir interessantheid…

    Ja Sigeuner…skopskietenboomklim. Met ‘n rowwe ma, hoe de hel verwag jy jou kids gaan Barby en Hannah Montana freaks bly, huh? Jou kat is dan nie eens normaal nie😆 Maybe it’s in the name, who knows…

  18. Ek het rillers gekyk toe ek ‘n student was, maar is oor daardie “fase”. Ek hou net nie meer daarvan nie. Ek hou ook nie van skop-skiet-en-doodmaak flieks nie. Gee my ‘n doodgewone Cowboy-fliek [westerns!!] of ‘n goeie realistiese storie. Ek kyk nie wetenskapfiksie nie – Stargate SG1 is hier die afgelope week op TV – hele paar episodes sommer agtermekaar en manlief slurp dit op!- nie vir my nie-al is dit ‘n reeks. Hy versuip homself in Star Wars en al daardie goete. Gee vir my “Out of Africa”/Pretty Woman ens. -Sissy Spacek, Jack Nicholson – WAS in my verlede, maar nie meer nie.🙂

  19. Hier by ons in die Ingelse land kan jy op iTunes movies huur. Dan laai ek die huur movie oor op my foon en sit lekker en kyk. jy het 30 dae tyd om dit te kyk maar net 48 uur as jy begin kyk om hom klaar te kyk.
    Partykeer kan daar ‘n (mamma se maak jou oe toe) toneel wees waar hulle bietjie rondrol en dan raak ek bloedrooi omdat ek op die trein is. as ek vir sulke klein toneeltjies bloos gaan ek lyk soos ‘n sonbrand blond lyk as dit ander movies is.

  20. Nikita, ek kan nogal NIE glo dat jy rillers sou kyk nie! Seriaasly nie.

    Wel, Oggend, dit kon ook Morning Glory gewees het, hahaha😆

    Gogga, ons het ook seker so iets? Ek het nognie eens my iPod behoorlik gebruik nie, wat nog te se van movies op hom laai! Maar ek is seker as die pad lank raak, kan ‘n fliekie dit verkort. Hang net af of met moet koes-kyk😉

  21. Skoor, jy kan my trust vir daardie een. Sissy Spacek en Jack N se fliek en Fatal Attraction – was my heel laaste riller… [dink ek]🙂

  22. My gunsteling is enigiets met emmers vol bloed in (lees Tarantino) wat nog steeds ‘n goeie storie het. Ek dink die eerste paar kere wat ek Pretty Woman gektk het was net om vir Julia Roberts oor en oor te sien😆

  23. Die lys gaan aan en aan na al die xcellent movies wat julle hierbo noem:
    Dead Poet’s Society
    The Shawshank Redemption
    Chocolat
    Under Tuscan Sun
    As Good as it Gets
    Castaway
    Forest Gump
    Mona Lisa Smile
    Troy
    Legends of the Fall
    A River Runs through It
    The Curious Case of Benjamin Button
    OK – Ek is bietjie van ‘n Brad Pitt-fan!
    …en daai een waar Nicolas Cage se hare so wapper…..
    en ek was mal oor Avatar!

  24. My broer het in PE by ‘n inry gewerk, toe daar nog sulke goed was. Hy was nie so goed met die ingils op daardie stadium nie en toe iemand hom bel om te vra wat wys, toe kyk hy die rolprentlys met sulke skrefiesogies aan en verkondig heel selfvoldaan: “Deet poet sokketie!” (Dead Poet’s Society)
    Op ‘n ernstiger trant – en verkies ook rillers, emmers bloed, okkult en monsters. Zombies – ek kan my doodlag. Demoerin – Planet Terror. Klassiek.
    Ek hou ook van Julia. Notting Hill is heel kykbaar…

  25. Yip, Planet Terror gaan nog ‘n cult classic word… as sy eers daai masjiengeweer aanstrap. Moet sê Death Proof was ook nie te onaardig nie.

    Ek is glad nie ‘n drama/liefdesverhaal fan nie, maar moet sê om een of ander rede het Under The Tuscan Sun ‘n indruk op my gemaak. Dan is daar natuurlik Paradise Road wat ek seker al 20 maal gekyk het… o ja, en ek is ‘n huge Jack Nicholson fan.

    Dan is daar natuurlik die LOR trilogie (ek dink die enkele scene uit movies wat die meeste impak op my ooit gehad het, toe Pippin daai haunting song vir Lord Denathor gesing het, nadat Denathor sy seun na certain death gestuur het om te gaan baklei)

    Ait og, daar is so baie. Ek love sommer net ‘n goeie movie. (O ja, amper vergeet ek van Star Wars).. ek dink ek moet nou net die comment post en stilbly😆

  26. Nikita…jy kyk iedere dag in die Pommies se gesigte vas, die nagmerrie hou nooit op nie😆

    Aag nee DMI! Emmers bloed? Ek het jou misinterpreteer. Ek is shocked silly. Loop werk bietjie by ‘n slagpale😆 😆 Ek sit sommer bietjie vir asem kry oor die emmers bloed idee.

    AM, gaan JY op die ou end weet wat jou naam is, of speel jy met my kop? Mnr. Nicolas Hok se enigiets kan maar wapper, ek sal kyk. Hys tog te parmantig pragtig. City of Angels…

    Lekker gelag vir jou comment ou Dion! My aardryskunde onnie het altyd vertel hoe hulle teruggekom het van die inry, en die speaker steeds aan die venster gehad het!

    Jack Nicholson julle, laat my gril. Regtig. Lyk vir my soos ‘n pedofiel. Ek is bang vir hom. Ek sweer ek sal gil as ek alleen met hom in ‘n vertrek gelaat word, en ek kan NIE gil nie. En sy wenkbroue friek my uit.

  27. Ja DMI, ek onthou Pippin se lied goed. Roerend. Veral as daardie geluidlose pyle so begin vlieg na Faramir en sy ruiters…
    ‘n Ander een wat so amper trane ontlok en wat my hard laat sluk aan die knop in my keel – daardie oomblik wat Bruce Willis die knoppie drup in Armageddon en sy lewe en beelde van sy dogter so voor hom verbyflits. “Sluk”… hoendervleis…

  28. Kyk hierso ne. 1986 en Nightmare on Elmstreet met Freddy, toe ek 13 was.
    Ag nee, daai was ‘n oordeelsfout van my kant af om daai fliek te gekyk het (op video) by my maatjie se huis. Nee fok fanie ek het vir ‘n jaar lank met die bedlampie aangeslaap en obsessief my kaste in die nag beloer vir lemme vol bloed.

  29. Gits Frankie, wys my jou ID en ek wys jou myne, want dit klink ons was ewe oud en het soms vir dieselfde dinge geskrik! Freddie: not naais!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s