Tuiste » Skoor Bek » Uit ‘n dagboek – Emily steel my laptop

Uit ‘n dagboek – Emily steel my laptop

My naam is Emily*.  My ma dink ek is net die moiste hond op 4 pote.  Maar die katte in die hys dink ek is ‘n terrooris.  Ek loop skool maar daar is so baie mixed breeds, ek leer eerder vloek en sleg spel daar want hulle skryf pousis met pie teen die mure.  Die mannetjies honde.  Dan kyk ons wyfies wie die hoogste en langste woord kan pie.

Ek het tog laas Vrydag aand ‘n groot stuk biltong gevreet en toe drink ek te veel water toe pie ek 4uur ini oggend op my ma se bed sy het eers gedink dis net biki opi mitras maar toe sien sy dis deuri kombers EN die vereduvet sy het toe gese as sy kon het sy my doodgeslaan toe het ek maar die hele Saterdag gemaak of ek siek is sy was bekommerd.

Ek kom mos van ‘n plaas af van hosnok huis.  Die DBV het my en my ma afgevat ek weetie of ek alleenkind was nie, dis te lank trug.  Toe kom haal my ma my daar weg van my dierema.  Ek is Fox en Jacx en miskien biki windhond ook.  Maar almal dink ek is mooi.  Die hele buurt ken al my naam ek haat die kinders onderin die straat hulle jaag my en maak my bang dit friek my so uit ek het gisteraand sommer my ma natgepie toe sy my red van hulle klein vet handjies.  Vir wat is party kinders so treerig?

Ek het al vir tannie BB ontmoet toe wat ek nog baie klyn ek het ook op die stoep gepie.  Ma stuur soms vir haar kiekies van hoe ek nou lyk maar ek het nie baie verander nie ek is steeds oulik maar stout.

Skoorlief woon nou vir lank nie by ons nie.  Dis lekker want dan het ek die bed vir myself en ek kan uitstrek.  Ma se ek moet ophou die katte van die bed afjaag want hulle was eerste daar en ek moet respekte he, maar die katte se hollies ruik sommer suur en ek wil slaap en nie gepla word deur reuke nie.

Ek moet aanmekaar hoor ek het nie ore nie.  Ma kyk darem sleg, ek het ore.  En o ja, ek jaag graag hadedas op die parkie.  Ma se ek moet ene vang.  Ja die wit kat wat my al bloednees geklap het het die ander dag ‘n mol gevang toe gee ma haar ‘n hele pakkie Whiskas dis unfair.  ‘n Mol is darim baie klyner as ‘n hadeda maar eendag gaan ek nog een vang.

My beste maatjie is Alex hy het ook by die DVB gewoon vir lank die hosnoks het hom in sy kop gesteek met ‘n mes hy spring baie hoog so hoog soos  ma se kop amper ek kyk verstom. 

Ma neem altyd kiekies van my sy stuur dit die wereld vol om met my te spog dis lekker.

Vanaand gaan ons sushi restaurant toe ek gan al daar van ek klyn is dan slaap ek net op ma se skoot en pla nie want anirs moet ek by die hys bly en disi lekkir nie want die wit kat donir my op.

Ek sal weer kom skryf.  Dis lekker want ek het geleer tik in die tikklas.  Ek wil nou eers pillekies vreet en gan slaap biki.

*Emily is ‘n skuilnaam anirs google Alex my en spot my by die skool

32 thoughts on “Uit ‘n dagboek – Emily steel my laptop

  1. Hello “Emily” ek is bly jy’t leer tik, nou kan jy altyd hier vir ons kom kuier. Jy’s reg die katte moet padgee as ‘n vername hond wil gaan slaap.😆

  2. Hallllllooooooooooooooo my favorite Poelieshondjie ini hele wye wêreld!!! As ek té laat in die aand vleis eet kry ek vrééslik nagmerries – is g’n wonner jy’t in die bed gepiepie jou arme, arme ding!! En biltong akkodeer anycase ook nie met my nie… dalk aard jy tog ‘n klein bietjie na my?🙄 (siende dat jy ‘n poelieshond ook is n-all-n-all…)
    Jy weet wat is my gunsteling foto van jou? Die kaggel een. Daai plek doen dit ook vir my. Jy’s baie BAIE lucky om daai ma van jou te gekry het… (sy’s biiiiietjie mal-lerig) soms, maar moenie worry nie… dis niks wat pille nie kan fix nie😉
    Pas haar mooi op, ja?
    Moet nou nie dat jou ma jou leer Sushi eet nie, hoor jy?! Ek is hoogs allergies vir dit!!😯 en met dié dat ons so baie in gemeen het, gaan jy beslis op haar bed kits vanaand – nevermind pie!!🙄

  3. Dagsê Emily! Hierts! ‘tsêk! Ok, kom lê maar…😉 ek moet jou aan my kat voorstel. Sy naam is Fonzi. Van “The Fonz” of so-iets uit die 70’s? Grys-gespikkeld en gestreep en laat net sy pa toe om hom op te tel. Sy pa noem hom soms “daai blêrrie streepgat-kat!” as hy iets stouts aangevang het. Ek het hom by ‘n fabriek gekry – sy ma het op die hoofweg gaan speel en nie teruggekom nie. Hy het 7 boeties en sussies gehad, almal 1 dag oud. Hy is al wat oorleef het, want die ander mense het nie geweet hoe om dag-oud goedjies na te kyk nie. Ek het met hom in my handpalm huistoe gery met ‘n kar wat op walms geloop het, en ‘n belofte afgelê dat as die Vader die petrol sal laat hou tot by die huis, ek goed agter die dingetjie sal kyk. Hy is oer-oud; 17 mensejare, en hy gaan ‘n leë plek in my hart los wanneer ek hom eendag moet begrawe.

  4. Hello Emily,
    Jy moet daai katte hel gee, as hulle eers dink hulle is baas slaap jy dalk nooit weer oppie bed nie.
    Jy tik so mooi dat ek hoop jou Ma jou meer computertyd sal gee dat jy vir ons mooi verhale kan vertel van jouself.

  5. Hello “Emily”. Jy moet oppas, netnou wil jou ma vir jou ‘n doek aansit soos daai wat apies dra en dan gaan daai katte en Alex jou lelik terg.

  6. Hi Emily, jy moet by my kom kuier, dan leer ek jou die katte byt. Ek hou eintlik baie van katte, maar toe kry ek vir Mila, sy is ook ‘n hond, maar mense noem haar ‘n Labrador. Sy is VREESLIK nuuskierig en sy is glad nie bakleierig nie. Sy lek net almal, so nou kan ek nie ‘n kat hê nie, want sy sal hom doodlek. Sy sal jou ook lek as jy kom kuier. Ek dink sy sal inbrekers ook dood lek. As jy hie rkom kuier, dan kan ek en jy op die strand gaan speel.

  7. Aag jinne, ek sien ek het sommer baie briewe toe ek weer so skelim hier kom loer ek het al gesien hoe om op Skoor te kom!

    Tannie Ingrid my ma sal my in die koue laat slaap maar daai katte is mos soos goud vir haar ek wil juis een lekker byt maar haar hare is so dik dis ‘n tamaai affering soos ek sukkel. En dan is my bekkie vol hare. En dan het ek hare op my tande😆

    Tannie BB, ek IS ‘n poelishond ja. Jy se my ma is effe mallerig maar jy moet vir my sien as ek gebad is ek hol deer daai hys van ons dis net katte en stof wat waai ek raak heel mal. Ek staan stil lat my ma my was met daai krep sjampoe wat kamtag vlooie doodmaak maar hulle lieg te veel daar noudie dag toe hol wragtag ‘n vlooi op my oor ek dog my ma kry kloinkies! Anyway, dan raak ek heel uit my kassie en hol oor die leerbanke en dink ek is cooler as Pack Jarow! Ek eet alles tannie BB. Soos in alles. My ma se sy gan my rondstoot aan my agterpooikies dan moet ek net skoonmaak alles wat voorkom! En ek le nie meer by die kaggel nie wat dit raak nou saans te warm. Dit suck want ek is mal oor die reen dan kan ek aspris in die huis pie.

    Haai oom Deon ek het nou so hartseer geraak oor Fonzi se storie want daarbyte is baie van ons dierkies wat net liefde en ‘n huis soek, maar ons kry niks kos nie en moet baklei vir ‘n warm leplekkie. Dis so mooi dat jy belowe het om te sorg.

    Gogga? Is dit ‘n naam vir ‘n mens? Mind you, as ek my regte naam hier moet neertik pie almal hulle nat soos hulle lag! My ma GEE nie die laptop nie. Ek VAT dit as sy nie hier is nie. Ek is gatvol gele en maak of ek slaap. Kort-kort blaas ek net hier by my kezoz uit lat sy darem nog van my onthou. Gewoonlik vlieg sy op en waai voor haar neus. Ek dink my plan werk om haar oefening te gee😆

    Charms. Ek is eintlik oulik hoor. Ek vat myself vir stappies. Ek het so ‘n camo jassie. As ek dit aan het is ek vol brawade. Dan byt ek sy agterpunt vas, en maak of ek myself trek. Dan hol ek mooi vorentoe soos een wat wals. Nou, met ‘n doek aan, sal ek dieselfde doen. Ek sal net my tanne tussin my bene druk, die doek vasbyt en rol. Gelukkig is ek nie ‘n seenkie hond nie, anirs was da dalk prombleme!

    Oggend Son😯 julle mense het snaakse name. Amper soos ek. Ek WIL gelek wees hoor. As ons elke dag in die parkie gan stap dan raak ek so opgewonde om ander honde te sien ek raak heel oorhoops. Dan hol ek heen en weer en blaf vir hulle en ons speel so lekker ek is eintlik platmoeg as ons weer aanstap. So jou hond kan my maar lek. Ek is nie ‘n inbreker nie hoor. Miskien sal jou hond nie net lek nie, maar ook biki speel met my. En ek hou van die strand. Dan kan ek seevoels jaag. Dis lekker. Ja!

  8. Skorie, jy is darem baie gelukkig om so ‘n oulike kind soos Emily te hê . . .

    Emily, jy moet vir Skorie en Skoorlief (wanneer sy terug is by die huis) mooi oppas, hoor! As ons weer in die Kaap kom kuier, sal ons vir jou ‘n oulike persentjie saam bring!

  9. hi ou emily, hoe lekker het jy my darm nou laat lag en terug verlang, jy sien, ek het self n jackie gehad, haar naam was lali soos die koos kombuis liekie. hulle het haar met Two step vergiftig maar sy het dit gemaak, toe word sy Lli TWO STEP soos n regtig bellamafia… sy het vir nog so 3 weke daar na gelewe, mooi reg gekom en toe een aand net weer siek geword, sy het galkoors gekry. ek het haar probeer dokter maar iewer in die nag het die moeghied my oorval en ek het aan die slaap geraak, die volgende oggend toe ek wakker word toe hoor ek net hoe hyg sy, ek het haar op getel en laat sy by my kom le, daar was niks wat ek kon doen nie en n rukkie daar na het sy op gehou asem haal en toe voel ek haar hartjie en hy het al dowwer geklop tot hy gestop het… ek verlang my dood na haar, ek het nou n kat gekry sy is wit en swart en haar naam is Jesse James hulle se swart en wit katte is die slimste sy hou daarvan om my 1the help tik soos jy kan sien. en as sy nie meer lus is nie dan byt sy my vingers. ek dink jy s
    al van haar hou want sy is baie lief vir honde, as koos die poedel slaap gaan le sy somme4 r-+++++++++++4 bo op hom en slaap… kom kuier asb weer

  10. Haai Emily, ek is vreeslik lief vir diere, maar moet asseblief nie vir my huismense vertel nie, want dan sal ons huis ‘n dieretuin word. Dogmatix is my hondekind en sy is die mooiste hond op ons dorp. So ‘n swart en wit steekbaard Jack Russel😯 Ek weet sommer jy en sy sal vreeslik lekker saamspeel as julle net bymekaar kon uitkom. Sy sal jou nie net lek nie, sy soen sommer, so reg op die mond as sy net ‘n halwe kans kry. Sy is nie ‘n polieshond nie, sy is ‘n waghond. Wag vir haar kos en wag om op jou skoot te spring. Jy moet asseblief weer kom kuier en vertel maar meer van die katte… eintlik is katte die regte soft spot in my lewe, maar moet dit asseblief nie vir Dogmatix vertel nie.

  11. Hi “Emily” – ek sal vir Zandie moet stuur om vir jou “hallo” te sê. Jy moet vir jou ma sê om vir my ‘n spesiale foto te stuur en dan kan ek dit op Zandie se blog sit, ek moet juis een van haar onlangse maatjies weer ‘n inskrywing maak. Dit lyk my jou ma het jou mooi geleer van “Internet Safety” – dis reg, mens moet maar vals name gebruik, jy weet nooit wat gebeur om die volgende hoekie nie.😆

  12. Pssssttttt Poelieshonkie… hoor hier…. wee’ jy hoe die kinders se oë gaan rol as hulle sien hoe ‘n klomp grootmense hier agter jou ma se rug met jou chat, hm?? Miskien moet jy bietjie daar by Pokkeljonsie inloer – daai is my gunsteling kinders hierrond… julle twee sal nogal sommer baie van mekaar hou, hoor!!

  13. Hoorie Emily. As mamma-Skoor lelik is met jou oor die katte dan ko’ loop jy weg na oom Plasie toe hoor! Hier kan jy na hartelus die katte jaag wat in die nag vir oom Plasie uit die slaap hou, los net vir Kerneelsie uit. Hy vreet klein honkies vir brêkfis.

    Smôrens kan jy aggerop die F250 ry met jou se snoet innie wind as ons die taxis aanjaag, en laatmiddag kan jy saam met Muffin en Jonty en Taxi bones-in-the-light innie son lê en bak.

  14. Woef! Emily! Jy moet jou ounooi moeg maak! Gooi sy ook die bal vir jou? Jy lyk vir my na ‘n slaaphonne hier bo, ek dink jy moet bietjie opstaan en die bal gaan haal!

  15. Ek kom net gou vinnig hier vertel ek was veearts toe. My ma worry oor my een oor effe hang ek het gehoor sy se sy wil my terugvat want sy’t ‘n dud gekoop. Toe pie ek sommer op haar vloer! Ek gaan nerens. Toe gee die veearts my ‘n flippen inspuiting! Nou is ek ingeent vir kleinhonkiesiektes en al daai en nou se my ma ek moet nog net reggemaak word. Ek verstaan nie van regmaak nie want ek is nie verkeerd nie!

    My ma het my gister agter in die Discovery laat le toe gaan ons Muizenberg toe en toe luister ons Pack Jarow en jissie nou drink ek ook my Ricky Louw drie vingers! Woefff.

    Tannie Krista, jy en oom Jaco, ek het van julle gehoor. Julle hou glo van drink op die strand tot die reen julle bangmaak. Ek weet van julle ja, en ek sal love om ‘n pisenkie te kry!

    Haai Johanna, dis bitterlik hartseer die stories wat jy vertel oor die arme Jack honkie. Ek gaan nou biki op my kussing le en dink oor dit alles. Jesse James, Jesse James…Cher sing mos ietsie van Jesse James? Ek gan my ma se CD’s lyster en sien of ek reg raai.

    Tant Anna, ek en die een kat (my ma se hart se punt) het vannag heel mooi geslaap op ons bed. Ek was te moeg om nog amok te maak, maar vanaand moet sy net verbykom!

    Stier asb vir my Zandie se blog adres dat ek vir haar p-mail kan stuur!!!!

    En Pokkeljonsie se adres asb tannie Poeliesvrou.

    Nee wat oom Plasie, my ma sal noooooit lat ek agterop staan nie – sy sal flou val! Mar bouns in the light is ek graag😆

    Pikkie, my ma se ek is te sensitief. Ek koes nogal. Dis geneties dink ekke.

    Nee demoerin, moet toggie lat my ma sien van jy wat niks van katte hou nie, sy merk netou jou as sperm. Of so iets. Van iemand wat nie mag kommentaar nie. Dit is mos sperm?😯

  16. 👿 Ekke sal nie sê ek hou niks van katte nie… maar definitief 1000 maal meer van honne.
    Uhm… die sperm het meer iets te doen met jou regmaak, maar mamma moet maar eerder dit verduidelik.

  17. Woef-Woef! Emily. Ek voel so jammer vir jou. Ek ken ook van inspuitings en regmaak. Ek het ook gedink niks is verkeerd nie en ek dink nog steeds so. Jy moet vir jou mamma vra om ‘n blog te begin dan ek ek lekker met jou woef-woef speel en ons kan saam ons sterte swaai. my blog is hier: zandie.wordpress.com ek sal graag nog ‘n maatjie wil he om mee te woef, want Zumie het nou opgehou woef. Woef! Ek hoop die inspuiting is al beter!

  18. Mama wil my niks verduidelik van sperm nie. Sy se as ek eers reggemaak is sal dit nie van belang wees nie. Ek verstaan nie.

    Nee Zandie, ek moet kom skelm tik hieso, so ek moet maar hier kaskanades he. As ek my eie blok begin kom pie Alex netou daar! Nou gaan ek slaap en hase jag in my drome. My ma het my so styf vasgehou vannag, my spiere is skoon seer. Sy het darem vir my lekker blikkieskos gegee nou net, so my pensie is vol. Sy wil netie die hieter vanoggend ansit nie sy se dit raak nou somer. Dis koud hier by haar voete! Gelukkig het sy nuwe leerskoene aan, dit ruik darem nognie sleg hieronder nie.

  19. Hallo Emily. Jy klink vir my na ñ baie oulike hondjie. Ek het ñ duitse herdershond en hy hou ook niks van katte nie. Hy raak so kwaad as hy ñ kat sien dat sy hare orent staan op sy rug. Moenie vir jou mamma vertel nie hoor. Kom kuier gou weer.

  20. Woef Emily, vir wat wil julle nou gaan staan en die “regmaak” ding doen waar daar dan nie fout is nie? Jy moet maar gaan “Google oor die regmaak ding, dalk is daar ‘n ander oplossing en kan jy dit vir Skorie wys😉 Emily maar hoe wil jy dan nou ‘n Hadida vang? ek het dan twee mak hadidas en ek belowe jou hulle is baie vriendelik, raas baie en skyt oral oor, maar nou dink ek nou so, as jy nou een kan gevang kry wat wil jy dan met hom maak? Die goed is dan amper net so groot soos jy 😆

  21. Ai tog, en dis die hartseer stories wat my bybly – moenie eers praat nie!!!! Oor jare jeen soveel kere gat staan en lief raak vir dieretjinnirs en daarna….en daarna….

    Heita Emily!! Jy moet meer byrie tiewie gat loop stilsil en jou ma se pc loop uitlos, ne? Dan kyk jy bietjie op darie een kanaal van oom Cesar Millan wat kinders soos jy wat biltong eet laat die water loop, ne? Hy leer sikke kinders hoe om nog steeds siveel water soos die groot dam daso by jille te drink en aan jou ma se kant te bly. Hy is die beste skool meneer in die werolt vir sikke mooi kinders soos jy en my kinders leer al sy raate en so aan. Se groentee vir jou ma en ek hoop sy kry jou oor so paar maande reg – want sien, dis nie lat jy verkeerd is nie, dis net lat sy helemal reg moet wees en dis niks met sperm te doen nie – nie direk in jou geval nie, maar die eiers of tronk of so iets….selle, ja dissie woord, vra jou ma. Dis lat jy mooi soet moet wees, dan belamt jy nie in dieselle moeilikhyte as voorheen op die bet nie, of so iets?
    Blaf mooi!

  22. Beste Skoor, ek mis om jou nuutste binneplesiertjies, -gevegte en -skoonspoel te lees op jou blog. Alhoewel ek jou elke naweek kom raaksoen daar op die Bos, is dit darem ‘n vuurtjie wat jy brandsteek in my binneste as ek hier met die sweet op my aangesig my brood verdien op die Weskus. Kom sit hier op my bank en vertel my …

  23. Hallo Lief – daar is liefdeskos in die yskas, en die wyn staan en haal al asem, want vanaand is jy weer tuis waar jy hoort en Emily kan sirkels om jou hol en jou sommer natpiepie van blygeit oor jy biki tuis is. Veilig ry xxx

  24. Toe ek nou jul boodskappe lees, toe herinner dit my sterk aan die gedig van William Carlos Williams en die “reply” wat gevind is op die gedig.🙂 en in 2008 het ek ‘n inskrywing gemaak [meme – getag deur “Reisiger”] en hier is my weergawe wat ek daardie tyd daarby geplaas het. lol
    This is just to say

    This is just to say:
    I’ve just eaten
    ALL the Mingles
    in the box
    behind the TV
    -which you don’t like
    because of the wooden smell-
    Forgive me
    they tasted so creamy
    and I felt so pampered
    and rotten spoiled!

    [mingles is vrek lekker, ek sit juis weer met ‘n boks hier naby my]

    This Is Just To Say
    by William Carlos Williams

    I have eaten
    the plums
    that were in
    the icebox

    and which
    you were probably
    saving
    for breakfast

    Forgive me
    they were delicious
    so sweet
    and so cold

    Reply

    (crumped on her desk)

    Dear Bill: I’ve made a
    couple of sandwiches for you.
    In the ice-box you’ll find
    blue-berries–a cup of grapefruit
    a glass of cold coffee.

    On the stove is the tea-pot
    with enough tea leaves
    for you to make tea if you
    prefer–Just light the gas–
    boil the water and put it in the tea

    Plenty of bread in the bread-box
    and butter and eggs–
    I didn’t know just what to
    make for you. Several people
    called up about office hours–

    See you later. Love. Floss.

    Please switch off the telephone

  25. Dis pragtig Nikita!

    Ek ken nie daai swiets nie, maar enige tjoklit sal ek uitsnuffel😆

    Gisteraand was ek effe skuldig in gevoelentheid toe ek vir my sushi wegneem gaan kry het, maar hey, mens moet jouself soms bederf!

  26. Skoor! So pas die gelees op uk.lifestyle.yahoo.com
    Dus…lekker verskoning om ten minste donker sjokolade te eet!🙂
    Chocolate
    Granted, chocolate is not low in calories nor in fat so generally gets lumped with the ‘bad’ food label. But dark bitter chocolate is very high in health-promoting antioxidants which help to mop up harmful free radicals which cause cell and DNA damage. And if you are looking to shed a few pounds you can use dark chocolate as a way to curb any sweet cravings, just a few small squares to quell a full on chocolate pig out is well worth the modest calorie and fat intake.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s