Tuiste » Skoor Bek » Emily skryf weer skelm

Emily skryf weer skelm

Die anir aand kry ek my ma op haar knee en besig onder ons bed.  Met ‘n tertbord en ‘n kers in.  Sy vertel sy vang vlooie.  Sy het opi internet gelees jy moet water in die tertbord sit en ‘n druppel skoddelgoet wasseep en die kersie brand dan kom die vlooie en versuip in die water!  Ek lag vir haar in my jas wat nou te klyn is, se mou, want al die vlooie is op my!

Toe gaan koop sy vlooie goed hier by die winkel en sit dit agter my nek en sy koop suntan lotion want sy praat iets van my pienk neus en ons wat gaan duik en sonbrand en ek dink sy is seker bleddie mal as sy dink ek gaan duik want die anir dag toe was ek op die plaas toe is ek snaakse honkie en hol op die sement dam se wal en toe val ek in maar ek het so geskrik ek gani weer swem nie!  En wat is duik sy vertel van kreef en ek ken net die katte en as die kreef soos die wit kat is gaan ek nie saam nie.

Ek sien vir Alex maar min ek dink hy is in sy tiener stadium wat hy dink seunkies maggie met dogterkies speel nie maar sy voet ek het ‘n anir maaikie ini parkie en nog baie anir maaikies.  Dan speel ons mekaar so moeg ons le so en ons tonge hang yt.  Toe sien my ma noudie dag my pensie het baie vlekkies maar sy weet daar was net biekie vlekkies toe se sy ek moet hier kom en ma buk en kyk na my pensie ek dog sy gaan weer raas oor iets toe begin sy lag.  Ek en honne het die vorige aand ini parkie gespeel en daas ‘n groot moerbei boom dan hol ek onir die boom in en val plat om vi die anir honne weg te kryp dan vlek die moerbeie my pensie.  Aag jissie toe moes ek weer gebad word.

Ek haat bad.  Flippet die katte sit op die wasmasjien en lag vir my oor ek so bedroef daar staan maar as ek daar uitkom jaag ek hulle deur die huis en ek worry nie as mamma raas nie want hulle wou mos dis net die wit kat wat ek nie mee sukkel nie.  Ek hou nie van haar nie.

Maar snags trap ek lekker vir mamma van die dubbelbed af.  Sy slaap versigtig om nie vir ons diere raak te le nie, dan trap ek teen haar aspris dan sien ek sy skuif weg later le sy omtrent op niks bed nie dan lag ek stillekies.  In die oggend dan val sy amper af as die wekker afgaan en haal lyf is skoon styf gele van spanning.  Ek dink ek is nogal slim.

Nou moet ek gaan sy se ek moet nog my skoolwerk inhaal en as sy agter kom hier word getik, tik sy my agterstewe vuurwarm!

Oor en yt

6 thoughts on “Emily skryf weer skelm

  1. Heita Polieshônkie! Ek trap die oom H3 ook lekker snags van die dubbelbed af – hy’s soggens tot 10 uur toe nog stokstyf (en biiiiiiiietjie dikbek:mrgreen: ) – mind you, hy hét al afgeklim en annerkant weer ingeklim ini nag, maar dan lê en skop ek maar weer sountoe… ek dink nie ek’s aspris nie – ek laaik net van lepellê en doekvoeling en so – maar as ek eers daar lê dan begin ek oorverhit en dan moet ek so bietjie skop en so om spasie vir asem te kry. Die oom is afterall biekie groter as ekke – en hy versprei vreeslike liggaamshitte – amper soos die son…
    Sê groete da vir jouse mas *mwah*

  2. ek wou nog altyd weet – ek dog almal het dieselfde liggaamshitte – hoekom is my lyf yskoud as ek in die bed klim en manlief se lyf so lekker warm???

  3. hi em hoe lekker lag ek tog vir jou, se vir skoor sy moet dietjie meer blog ek mis haar maar eks darm bly jyt kom hallo se ek dink jy moet die swem ek duik nog n kaans gee dis baie lekker… jy moet vir my kom kuier hier by my is al die swembaddens lekker verhit dis die natuurlike warm water dis ook baie gesond

  4. O jitte Emily, jy klink na ‘n Zandie nr 2 – lekker bederf! Zandie het nou die dag ‘n skoen gekry wat sy moes dra, jy moet bietjie gaan loer waarom, maar sy is darem nou uit die skoen uit. Sy weet nou wat “seerpoot” is as jy vir haar vra “waar’s jou seerpoot”, dan lek sy haar ou seerplek – wat ook nie meer seer is nie. Ek dink julle twee sal goed klaarkom, sy het laas week [toe ek ook so bietjie “vakansie” gehad het] by my op die bed kom lê en my ook byna skoon van die bed afgelê, nes jy, julle honnes! Ek dink julle is baie aspris, as jy my vra.🙂 Kom tik gou weer skelmpies!

  5. O ja, en Zandie verstaan en praat Afrikaans ne! Die rooinekke hier vind dit baie snaaks dat sy Afrikaans kan verstaan – haha..die domgoete, het hulle nie geweet honnes verstaan alle tale nie. [hehe]

  6. Emily jy moet maar vir mamma sê sy moet ‘n groter bed koop dan pas julle almal nou lekker in. Ek het nou lekker gelag vir jou moerbei vlekkies – het jy darem van hulle geproe ook want dis vreeslik lekker – dan is jou tong ok sommer so pers – maar dalk gaan mamma dan dink jy verander in ‘n chow-hond😆

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s