Tuiste » Skoor Bek » Soms soek ek ‘n wiegelied

Soms soek ek ‘n wiegelied

Sou ek vanoggend kon opstaan en my toonnaels bloedrooi verf.  Vir jou.  En dan, met my hande uitgestrek, oor die laventel in volblom aan weerskante van die voetpad na ons vesting stap, sodat die nag se reendruppels bons na benede, en die suikerbekkies my laggend volg.

Sou ek vir ons ‘n tafel kon dek met die sexieste wit en die wonderlikste volronde glase soos ons liefde soms ook wil bars van lief he.  En bottels rooi neersit om asem te haal.

Sou ek ‘n handgeweefde Meksikaanse lap oor my kaal lyf kon drappeer as ek uit die stort kom, en die geur van ‘n oopmond parfuum deur die fyne gaatjies kon ruik.

Sou ek jou uitnooi om tussen die laventels deur te drentel op soek na my.  En sou jy my vind op die groot oordekte stoep vol kerse en kerswas wat kwistig die plek vol loop.

Sou ek my arms uitstrek en dit sou aand word.  En op ons stoep, onder die naglug, verskuil van die reen wat speels in die geute afloop, sal Melody Gardot, Luz Casal, Diana Krall, Madeleine Peyroux en Chris Isaac vir ons deurnag sing.  Jazz en Blues en sagte rock, en ons sou vergeet van die wereld daarbuite en die seer en die sondes.  Want hier binne sou dit net ons, die nag, die reen, die wyn en die stemme wees.

Sou ek.

Ek sou.

19 thoughts on “Soms soek ek ‘n wiegelied

  1. Skorie, jy weet mos al ek prys jou altyd vir jou skryf talent, soms grappig soms vrolik en skertsend, soms hartseer, jy kan dinge so presies raak beskryf,… en skryf kan en mag jy maar, ek bewonder jou manier van skryf in watter styl ookal.
    Skorie dit is pragtig geskryf … baie hartseer/ verlange, glip so tussen deur die pragtige woorde.

  2. Sou ek elke dag opstaan en lus voel om my toonnaels rooi te verf!
    Die lewe is so kort – waarom nie?
    Ek dink veral warm gesmelte kerswas in `n woning is heel sensueel.
    Dit bring `n boodskap dat daar geleef word – gevoel word – en dit sonder klaterblink liggies.
    En as mens `n bottel rooi kan neersit om asem te haal – kan mens regtig asem haal.
    Jou liefdes-skrywe laat my weer voel dat mens kan aangaan…al is dit net ook vir `n rukkie.
    Ek wil nie he dit moet aand word nie…aand is so donker.
    Ek hou van skemer.

  3. Dag julle almal. Graatjie, om te sug is goed vir jou! Haal net weer lekker asem agterna!

    Charms, ek het jou die plan gegee, nou kan jy dit ook doen.

    Annderster, sug is steeds goed vir jou😆

    Anna, go for it! Pasop net om die huis nie aan die brand te steek met die klomp kerse nie!

    Hallo Bella en Toortsie en Smurfi – almal met wie ek so baie klets – lekker dat julle hier kom inloer het. Fanks xxx

    Aaah, my gunsteling politikus en opsweper XP! Lekker om te weet daar’s nog ‘n hup in jou stap, en dat jy hierheen afgedraai het in ‘n oomblik van waansin😆

    Frankie, as jy iemand mis, is dit nogal hartseer. Maar dis darem nie hartseer soos in ‘die verhouding is verby nie’. En mens moet maar werk aan die ‘whooing’ selfs na amper 9 jaar want anders neem mens dinge later as vanselfsprekend, en eina, dit kan fataal wees. Dit is presies wat ek vir my Skoorlief sal wil doen. Ons het deesdae so min tyd saam met die dat ons noodgedwonge tans 2 ure van mekaar af woon, dat die verlange en die drome en die wense uit my vingers moet vloei sodat die hart weer ligter kan word.

    Hallo Seegogga (jissie julle, al die nuwe en vreemde name!) – verlange ja. Dis ‘n bits🙂

    Fanks Son.

    My liewelawwevriendin Sigeuner van die plaas met slange en ‘n kat en kids en stoute honde! Geen post comments is volledig alvorens jy nie verbygedrentel het en jou stuiwer ingeplons het nie.

    Aand Sigeuner, is wanneer jy op jou senses moet staatmaak. En ek wil aand he vir my Skoorlief, omdat ek nie CD’s speel nie, maar die regte kunstenaars op my verhoog het, met ‘n sagte blou lig wat skalks oor hulle lywe streel, terwyl hulle stemme die nag verlig.

    Skemer is mooi ja. Maar dis soms so disturbing.

    Gees!!!

  4. Sigeuner,
    So lekker om jou ook hier raak te lees! Ja, julle is die mense wat die mooi woorde en sinne so pragtig aanmekaar kan sit. Ek bewonder julle ouens se skrywers talent.

    Skorie jy stem seker dat Sigeuner kan die mooiste gedigte skryf… mens kan net lees en lees.

  5. Ek is nou so opgewonde. Ek vlie somma deur die dak. Nou kan jy vir my die link stuur waar jy dit gelees het, en ek is jou ewig dankbaar.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s