Tuiste » Skoor Bek » Emily skryf

Emily skryf

Moet nou nie dink ek is ondankbaar nie, maar demit, my ma het hierdie goete gekoop by die winkel wat my veronderstel is om te laat lekker ruik maar as ek sien sy spuit, dan hol ek dat ek so klyn word in ons huis.  Ek is ‘n hond nie ‘n dem model nie maar ma se ek stink.

Dis haar skuld sy gaan stap met my in die parkie en daar kry ek ‘n ou blik vis, nogal middle cut, en daar is nog in.  Toe traai ek die laastes uitkry.  Gits, toe sy my gewaar het ek noggie genoeg gevreet nie, en sy gryp die blik en ek hop hop om nog te kry en sy raas man.  Ma is kwaai.  Toe kom ons huis toe en sy was my bek maar sy se ek stink steeds na vis.  Dis toe sy die spray gryp en my bydam.  Ek ruik nogsteeds vis, en sy kan maar planne maak, maar ek het 2 dooie hadeda babas gesien le in die parkie, en as sy nie kyk nie, gaan ek daar amok maak!

Sy het vanaand DRIE maal met my gaan stap sy se ek het te veel energie maar jissie ek is nog ‘n jong hond en ek het ‘n nuwe maatjie WILD in die parkie gekry.  Ek noem hom soma MILO maar hy is Wild maar wie noem ‘n hond Wild?  Ek speel hom so moeg hy le later net en kyk na my deur die lang gras.  Dan gaan le ek ook maar.  Hy pie oral en ek moet net koes of hy pie op my.  Hoekom los seuntjie honne oral p-mail?

Eergister het iets ergs gebeur hier loop ‘n great dane hond ook maar altyd aan ‘n band dan spring ek teen haar op en ek perform.  Toe maak haar ma haar los, en ek skrik so, ek hol en hol en die great dane hol agter my aan ek dog die aarde skeur oop toe begin ek gil en hol ini rondte maar die hond is amper op my toe gil ek en my ma roep my en ek hol na haar.  Ek was skaam want ek het myself natgepie.  En toe word ek gebad en ek haat bad maar ma se ek moenie dink ek le met pieboukies in haar bed nie.  Daai nag toe trap ek ha lekker weer van die bed af en ek jaag haar gunsteling kat van die ‘prinsessie kussing’ want sy wil mos vir my bad!

Ek het nou net ‘n hou gekry want ek los nie die katte vanaand uit nie ma se ek dryf haar na drank maar sy lieg sy drink net rooibostee ek kyk mos.

Die vaal kat het my oor Sondag stukkend gekap oor ek hom wou vertel ek gaan hom vasdruk en vrekbyt as ek hom kry.  Ma se sy slaan my meer as een hou as dit gebeur.  En die wit kat lag, want ek het maar nie die moed om agter haar aan te blaf nie.  Sy het net nou so gestap, en ek agterna.  Dan gee sy ‘n tree, en ek gee ook een.  Maar ma het mos ‘n dem klokkie aan my nek gesit en dan hoor die wit kat ek bekruip haar en dis niks lekker nie want sy weet dan waar ek is.

Ek het vanoggend in die klein grys kat se bedjie gaan opkrul.  Dan kan hy nie daar gaan le nie en hy is maar lekker bang vir my tande!  Ma se ek moet so aangaan, sy trek my tande.  Nou grawe ek aspris haar simpel stukkie grasperk vol gate en ek het al haar alstromerias uitgegrawe want toe gooi sy rooipeper waar ek gate grawe lat ek kan ophou maar ek gaan grawe net op ‘n ander plek sy het toggie so baie rooipeper nie.

Ek gaan nou le op haar bed.  Haar top le daar en miskien kan ek bietjie daar kou.  Soos ek gisteraand die kombers op die bed gekou het!

24 thoughts on “Emily skryf

  1. jis em maar jys dam vol streke hierdie week, klink of jy my ou mater goed grys hare gee maar haha ek lag lekker vir jou.. sterkte met die bad en lekker ruik goed…

  2. o jong Emily!! Jy laat my aan Zandie dink. Sy’t op ‘n stadium haar eie poef geëet [sies man!] Ons moes heeltyd met haar uitgaan en by haar staan, gelukkig [!!] het sy dit gou afgeleer en omie veearts het ons gerusgestel en gesê dat baie honde dit doen – mense sien dit nie altyd nie – maar sies, ek wou nie dat ons honne dit doen nie, mapstieks man. Gelukkig is sy nou in haar tienerstadium en druk sy nie meer [soos babas maak] allerlei goete in haar mond nie. Maar ek hou tog sooooooooooo daarvan om grondboontjiebotter so 1x in twee weke [die lekker “gladde” grondboontjiebotter – “smooth” soos die souties sê] in haar bek te druk en dan smeer ek dit so oor haar verhemelte, sjoe! dis dan lekker om te sien hoe sy sit en lek-lek en lek en lek en lek en lek…haha…sies, Oubaas sê ek moet dit nie doen nie, maar ek kan my nie keer nie. lol hou JY van peanutbutter?

  3. O ginadi Emily, jy is baia stoutir as ekki. My pa laat my slaap tot twaalv ier as my ma by die werk is, dan gaan pp ek en kyk wat gaan byti aan. Dan klim ek op die sitkamirbank en slaap tot vannaant tot my ma hys toe kom.

    My ma speel met my mettie bal mar nie altyt nie, sy is nie altyt lis nie of sy kom ti laat bydie hys. Ek en Jonty mag nie in die parkie gaan speel nie, daar is ti veel vlooie en ongeskikte maaikies wat nie weet mens lees nie elki brievie op 4 beni wat virby kom nie. Ek hou nie daarfan as maaikies my brievie lees nie.

    Jy moet soet wees, jou ma gaan jou gad slaan.

  4. Ja Johanna en Nikita en Muffin – vanoggend is die klein pes se maag omgekrap en sy het al opgespoeg ook! Le nou hier en kry haarself jammer. Ek weet nie op watter punt mens die dier veearts toe vat nie, maar die kieme van ou vis moet hulself maar eerder uitwoed. Ek weet nie of sy haar les geleer het nie, want die dooie hadedas wag ook mos volgens haar…

    En sy het my pentie flenters gekou gisteraand! Wanneer hou dit op?

    Ja Muffin, haar ma gad haar gat slaan. En yuk Nikita, eie poefies eet?? Dis regtig erg die gevreet van enigiets. Ek moes haar maar HOOVER genoem het!

  5. Dogmatix is ‘n steekbaard Jack Russel en hoe meer sy van jou hoor, hoe meer wens sy dat sy jou kan ontmoet, maar haar ma sal dit nooit toelaat nie, want dit sal net double trouble afgee. Jy moet vir jou ma vra om ‘n slaggie die wit kat ‘n kans by die rekenaar te gee. Dit sal interessant wees om te hoor wat sy van jou eskapades dink.

  6. Emily ek gaan jou en ons klein swart kat saam in ‘n kamer toemaak en kyk wie oorleef. Ek hoop dis jy, want jy is gelukkig jou ma se probleem en nie myne nie. Weet jy dat die klein pes van ‘n swart kat vanmore my appeltert en room opgevreet het in die paar sekondes wat dit my geneem het om vir my koffie te maak? Nee, moenie vra wat maak ek met appeltert en room halfnege soggens nie. Dis dan in die yskas.

  7. Sjoe Emily maar jy het darem maar baie energie. Ek wens ek het soveel gehad. Jy moet oppas netnou begin jou ma jou ritalin voer. Jy nies seker vreeslik vir daardie spuitgoed?

  8. My Bluetjie het partykeer so ‘n lekker visasempie – en hy kry beslis nie vis om te eet nie🙄 maar oits!! Kan daai seuna vir jou heerlik op sy rug oppie bank lê en saam my LAink kyk en pooooooooooeeeeep😯 silent…. but violent seg ek jou!! en net daarna kom so ‘n lekker laaaaaaaaang sug. Dan kan ek nogal wipperig raak, hoor!! Maar ek dink Bluetjie weet dis al manier wat hy meer plek my sy daddy het, want ek’t skaars opgespring, dan kruip dit styf teen die H3 in – en raak heel moererig as ek eventually wil terug oppie bank. Hy reken sy pa slaap dan nou heelaand bo ini kamer by sy ma – vir wat wil hulle nog so lepellê voorie tv ok nog??
    Pssstttt…. Poelishonkie…. laa’k jou nou ‘n geheim vertel: jou se ma VREK oor jou!:mrgreen:

  9. Hallo Emily,
    My naam is Pottie, ja ek is Smurfi se honkie, en ek dink jy is ‘n bakgat op en wakker girl!! Lat ek nou eers vir jou vertel hoekom my naam toe nou Pottie is, my ma Smurfi vertel my, toe hulle my kom haal het daar by die anner mense, was ek nog somma so klein ou honkie, en was ek net Pens en totti nou toe noem hulle mos vir my somma “Pottie” (soos jy dan kan aflei is ek ‘n seuntjie honkie)

    PS: Ek smaak jou stukkend Emily! 😉 en ek hou ook glad nie van daardie pufume goeters wat hulle ons wil spuit nie, dit gee my hooikoors dan nies ek , ja dan moet ek weer gebad word want ek dink daardie purfume goette stink.

  10. Hi Emily.
    Ek is Bella se hond en kom loer altyt of jy weer op jou mamma se compoeiter geskreif het. My naam is Stormer. Ek dink dis ñ simpil naam, as my ma my roep dan lag die mense wat dit hoor. Hoekom wiet ek nie. Sal nog uitvint en jou kom sê. Jy moet maar liewerste nie daai hadidas eet nie. Jy gaan siek worre. Ek hou ook niks van bat nie. Okei Emily jy moet gou weer kom skreiwe hoor. STORMER. ( simpil naam )

  11. Om die waarhed te sê sou ek ook gate gegrou het oor daai klik-klokkie om jou nek. Dit is cruel om jou pret so te bederf (maar moenie vir ma sê ek sê so nie)

  12. Hilou Emili, my naam is Mags en ek is ‘n rifrug en as ek en my ma gaan stap dan vlug al die vools. ek maggie skape jaag nie, maar ek wag net tot my ma nie kyk nie. maar sy sê ek gaan doodgemaak word as ek skape jaag, want op ‘n skaapplaas mag honde nie skape jaag nie. maar die KATTE. eintlik is ons lekker maats, maar ek jaag hulle tog te lekker rond hier is so baie katte. maar as dit winter is en dis koud kom slaap hulle snags by my in my hok.

  13. Jy het my nou laat dink! Ek is ‘n miniatuur worsie (my naam is Jelly…ek weet snaakse naam vir ‘n hond, ek is al moeg verduidelik…kort-om, my baas is 3 jaar oud en sy het my die naam gegee).

    My ouma (my baas se ma) het vir my ook ‘n klokkie aangesit, en ek kon die hele tyd nie verstaan hoekom ek nie die voëltjies kan vang wat so lekker om my grasperk sit nie. Nou verstaan ek. Dalk as ek baie aan die ding krap sal my ouma dink die klokkie pla my, en dit dan afhaal!!

  14. Hi Emily
    Moenie vir hille se nie, dis ekke, Noodles hier, my ma het nie gesien ek het gou vir jou kom hallo se nie. Man jy gee my ‘n plan met daai Silly kat daar by ons huis, sy slaap mos op my ma se bed, ekke moet by Amber slaap, as ek die kans kry gaan le ekke op ma se bed, maar as sy daar kom en wil gaan slaap word Amber geroep: kom haal jou hond, nogal sommer net so, ek’s nie eers net Amber se hond nie, ek’s sommer almal se hond want so kry ek ekstra liefde. In any case, dankie viri tip met die kat, sal haar biekie my tanne wys.

  15. Emily – ek moet jou plaas toe vat, na Zorro toe, my meisiekind se hond. Zorro sal jou leer panty’s en sokkies steel. Zorro wag net tot Megan in die bad is, dan hol hy in die badkamer in en stamp die wasgoedmandjie om en steel ‘n panty of ‘n sokkie, dan gaan begrawe hy dit buite😆

  16. Anna, daai wit kat ne, sy sal so twak hier neerskryf, en sy het boonop reeds haar beurt lank terug gehad toe sy die kollig gesteel het op die blog! https://skoor.wordpress.com/2009/03/31/11-nagte/
    Dogmatix moet kom, hulle het ons parkie gesny, ons kan hol!

    Twilight, my ma se as jy vir haar appeltert met room pos, kan jy maar die klyn swart kat ook pos want sy soek ‘n maatjie vir die wit kat. Al die ander het baie kleure.

    Charms, ek nies ja! Dis erg. Hey en ek kry nou spoed dis mos die windhond in my wat my so laat hol.

    Ek sukkel nie met die WIND gedeelte in my hond samestelling nie. En ek kan ook mos op my rug le en dit doen tannie Poeliesvrou! My ma het vandag gese sy gaan die ormanente langs my kop afsny want dit biet net windweerstand as ek hol. Wat is ormanente he?

    Oe Pottie, ek hoop jou beenkies is nie te kort nie, want anirs sleep jou gun mos opi grond? Haal en as jy skelims jaag en ‘n boomwortel trip jou by die gun, gaan dit mos baai seer wees? Ek is mos weer Sondagaand gebad Pottie! Toe le die bruin skuime so ini bad ek was bikie skaam want ek gaan mos soos ‘n mal ding aan met gate grawe en ini parkie hol ek vreeslik ini gras en daas stof an.

    Demoerin my ma se die klik klokkie is oor ek nie ore heti dan kan ek die vibrasie voel om my nek en weet waar ekself is. Ek verstaan nie pirtykeer praat sy baie goete wat ek nie kop nie.

    Jelly, jy het die verkeerde naam hoor. As jy ‘n regte worsie was sou ek verstaan, want mens dril mos effe, maar ‘n mini kani dril nie. Het jy al gehoor van ‘wat het jelly in die army gaan maak….hy’t gaan dril!’ Nee ek het nou al geleer as ek baie krap, word ek baie gebad! Nou gaan krap ek waar niemand sien nie, en as my ma op my afkom, dan druk ek my pooikie sooooo voor my uit en kyk of my naels nie weer ‘n knip nodig het nie!

    Haai Noodles. Is dit gewone lank kook of 2minute soort? 😆 Ja man, wys vidi kat jou tanne. Katte is darem wheerd. Hulle kyk jou ook so kak (oeps, moenie vir my ma se ek ken nou daai woord nie, maar die bure se hond, die grote, blaf altyd in sy diep stem: ‘hies kak, hies kak’)

    My ma se Frankie, as ek soos hond ruik, moet ek nie dink ek gaan op ha bet le en slaap nie. En jissie, my ma het die coolste bet, en sy hou my sommige nagge styf in ha arms vas dan slaap ek met my koppie op ha bo-arm.

    Oe Son, my sakgeld is mos afgevat vir 3 maande oor ek in 6 dae, 3 van my ma se penties in hulle skeursels ingevreet het. Flentirs en tot niet. Nou moet daar niewes van my sakgelt gekoop word. Sucks.

    Watte naam is daai laaste ene? My ma het my noggie daai taal leer praat nie!

    Het julle gehoor van die Muis gesin wat sit en Mouse Survivor kyk het op Cheese TV? Toe komi kat ingestorm om hulle te pla, eni pa muis spring op en begin hard te blaf! En die kat skrik so, hy hol soos opi tekenprenkies so spinpootjies yt!

    Toe gan sit die pa weer. En hy kyk sy kinders en se: ‘sien julle donirs NOU hoe belangrik ‘n tweede taal is!”

    Kobaai van Emily

  17. Hey Emily, dis weer ekke, Noodles hierso, nee man ek’s van die laaaaaaaang soort. Dis tyd lat jy weer kom skryf. Wee jy mense is darim dom. My mense loop inni oggend los nogal vir my die patio deur oop sodat ek kan uit en in, so vir die natuur se dinge, Ma Ingrid wil niks weet van ‘n been wat innie huis gelig word nie. Dan kom hille by die huis en wonner hoekom die kat op die bure se garage dak sit, he he he ons weet van beter ne. Daai tanne idee werk baie goed, nou is ek so dan en wan in strooi, want ek vergeet om my pose te hou voor my mense en dan wys ek daai kat sy kan mos nie op Ma Hannie se skoot wil loop sit nie, maakie saak of ek lekker agter Ma Ingrid se rug op die bank lê nie, katte hoort buite nie op mense se skote nie of hoe dink jy?

  18. Emily, Ek hoop nie jy’s soos Zandie nie. [sy doen darem nie altyd wat sy vanoggend gedoen het nie]. Sy blaf en blaf en blaf – dis haar manier om ons te roep as sy wil uitgaan en gaan nr1 of nr2. Ek was [is steeds] doodmoeg [en Oubaas is na ‘n manne-oggend vroeg-vroeg al] en sy hou net nie op nie! Ek was toe verplig om op te staan vir haar. Sy’t sommer plat gaan lê toe ek by haar kom, want sy’t geweet ek gaan met haar raas. Wat doen jy? Moet net nie doen wat sy doen nie, sy het my die hoeners in gehad, want ek wou nog slaap – tot 10uur! en daar’s my lekker slapie daarmee heen.

  19. Noodles, ek werk nog aan ‘n plan met die kat, maar ek gaan nou eers biekie le en dink daaroor. Ek moet ook byte pie maar soms pie ek binne opi matkie!

    My ma se jys Frankie. Nee sy het nogie gan kreef dyk nie alle verskonings van lang beenhare en te vet vir die suit mar ek dink netie sy kan so lank onir die water wees en worry van my opi wal nie so sy moet sorg dat ekstra mense saamgan dat hulle na my kan kyk mar ek gan sommer die naweek karooplaas toe ek kan nie meer wag nie ek gan nou le en droom van dit.

    Haai Zandie is mooi geleer. Ek bollies sommer reg voor die kaggel. Ek vra nie. My ma moet mos weet!

    Wat vir ‘n naam is die laaste ene? My ma is mal ja. Sy se ek moenie soos brak ryk nie. Sy se sy kani snags slaap as sy in ‘n honnehok moet le nie! Wat is ‘n honnehok, he? Ek ken net van ‘n bed…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s