Tuiste » Skoor Bek » My rapord het gekom!

My rapord het gekom!

Kyk ek is mos in ‘n pirvaatskool.  Al is daar baie mixed breeds, is dit effe meer grent as staatskole.  En die onirwysers staak nie vir alle dinge nie.  Hulle moet anyway nie waag dans met hoppende holle nie, ons honde sal heel mal gaan en begin byt.

My jaaryntverslag het gekom.  Ma is nogal heel trots op my.  Ek kon vinoggend laat le.  En ek het sagte kos uit ‘n blikkie gekry.

My verslag lees so:

Aardrykskinde:  Emily neem AKTIEF deel aan GRONDVERSKYWENDE aktiwiteite.  Sy is veral geintereseurd daarin om te sien wat ONDER die grond se bo-laag versteek is.  Met die prakties van reenval, het sy weereens AKTIEF deelgeneem toe ons die platspreierkie gebruik het om reenval te demonstreer (ons sien dalk iets soos lewensredding/watergodin in haar toekoms)

Geskiednis:  Emily het gene van die ‘ou skool’ in haar.  Ongelukkig sukkel sy om aan te pas by die nuwe, gewysigde, verswygende geskiedenis van die nuwe SA, en is duidelik effe rassisties as dit by reaksie t.o.v. verskeie bevolkingsgroepe kom.  Dit is ‘n effe onverklaarbare fenomeen, maar steeds neem sy AKTIEF aan geskiendis deel.

Wiskunde:  Ai, die Emily is maar so dom soos haar ma as dit hierby kom.  Veral as daar koekie snackies uitgedeel word, en sy word meegedeel dat versadigingspint bereik is, lyk dit asof sy gladnie 1 en 2 by mekaar kan tel nie.  Emily sal hard moet werk aan haar wiskunde punt in die toekoms.

Biologie:  Emily neem AKTIEF deel aan die dissektering van allerlei verwerpe wat gebruik word om biologie verstaanbaar vir die klas te maak.  Sy het egter ‘n neiging om die onderwerp ter tafel, in haar keelgat af te laat verdwyn.

Kuns:  Emily se gunsteling aktiwiteit is kat-verf.  Hiervoor word ‘n kat agter die nek gegryp, en skreeuent oor die vloer gesleep.  Sy raak werklik meegevoer, en die arme kat moet gewoontlik gered word voor die kwas se hare deurgeskuur is.

Aanmerkings:  Emily slaag haar standerd.  Baie geluk Emily.  Ons vertrou dat die kommentaar jou sal aanspoor tot groot hoogtes in die toekoms, en dat jy jou huismense trots sal maak!

Nou is ma effe van my nek af oor leer.  Ek le nou maar meeste van die dag en hou haar dop.  Ma is oortyg ek is ‘n defektiewe hont van die DBV.  Sy se die goete langs my kop is vir balans en nie vir gehoor nie.  Ek is al dik vir die idee van haar.  Ma maak dit moeilik vir my om te lyster.  Want as sy my roep en sy kry my, gee sy my te veel soene en ek hou nie van so baie soene nie.  Sy soen tot my pienk pensie ek moet gan le op my rug dan soen sy my pienk pensie.  Simpel ma!

Oor en yt van Emily die geSLAAGte hont.

21 thoughts on “My rapord het gekom!

  1. BRAVO poelieshonkie!!! Dan mag jy nou maar amtelik met vakansie gaan!! Gee vir jou se ma en jouse M2 ‘n paar sopnattes van my, ja?

  2. Welgedaan Emily.
    Jy en Jonty moet bymekaarkom as jy klaar is met skool, daar lê ‘n blink toekoms vir julle in mynwese. Jonty se tonnel is nou al amper halfpad china toe, maar dit sal vinniger gaan as daar ‘n slim hont is wat die administrasie kan doen. Jonty het standerd ses al skool verlaat om sy myn te begint, so hy issie baie slim nie

  3. Hello Emily, onse Mags verkies ook aardrykskunde, mynbou, gate grou… ek wonder of siviele ingeniurswese nie die ding vir haar is nie??? ek dink jy sal ook daarvan hou

  4. Proes! Ja Emily, geskiedenis issie lekker om te leer nie. Mens leef mos vir NOU en dis om op Aarde te wees en dan is Aadrikskinde lekker! Dit leer polieshonkies van verskillendes van grond wat beskikbaar is, ne? Jy`t baja, baja mooi geleer en verdien `n been of `n Texan steak.

    Jy moenie worrie oor wiskunde nie, 2 en 2 was soms al tot 12! Glo my en die stoute kat Ma-katter.

    Myse Mango wil leer om eendag lugmag toe te gaan, want hy vang al die voelekies om te kyk hoe vlerke werk…ek dink hy`s yntlik stout en maak net of ons nooit kos vir hom gee nie.

    Hy druip ook hierrie jaar anatomie, want hy dink sy pieperkie is gemaak om die huis af te baken en ek moes al my beste kniebroek in die proses verloor.

    Soet wees en moenie jou ma se klere vreet nie!!!!! Jy maak ok of jy nooit kos kry, siesa!

  5. Emily – kom gou hier – ek wil iets in jou balansgoeters fluister: “Psst. Inni vakansie kan jy nou lekker jou ma se katte rondjaag!”

    Moenie vir jou ma sê nie hoor😉

  6. EM, JA EK HET MAAR OOK ALTYD GESUKKEL MET DIE WISK EN TOE LISA EN LALI NOG BY ONS WAS HET HULLE DIE ARRIES NETSO GENIET… DIE BURE SE HEINING WAS TOT IN SY GLORY IN OOP GEGRAWE…. LEKKER VAKANSIE EN HOOP OM VAN JOU TE HOOR VOOR KRISMIS… STUUR GROETE AAN JOU MA

  7. Shame… hoe’t my ouma altyd geseg as ons so skree: As jy so MOET skree – klim uit die boom uit!!!😕 ek weet tot vandag toe nie wat dit beteken het of waar sy daaraan gekom het nie – regtig nie… ek weet net dis wat sy gesê het:mrgreen:

  8. Sjoe, geluk Emily. Jou ma kan beslis baie trots wees op jou🙂 Moenie bekommerd wees oor die plus en minus nie – dit lyk ook nie of jou ma so goed kan tel nie want sy plant dan so baie soene op jou magie (sy moet mos weet 1 of 2 is genoeg tsk).

  9. ‘n BAIE talentvolle hond hierdie Emily! Dis gewoonlik te danke aan die ma’s nê -hehe… stimulasie ens ens. lol…[nou wonder ek oor die “stimulasie” wat Emily kry as ek lees oor die “kat”🙂 ]

  10. O ja, word daar nie meer geskryf “Word bevorder na…graad…” nie? lol! Is Emily nou klaar met skool of gaan sy nou “groot” skool toe?

  11. Emily is siek. Ek bid en vertrou dat sy gou sal herstel en die vermaak sal voor(t)sit! En dat sy sal ophou om my geld uit die sak te jaag….10uur saans kos ‘n veearts moer duur!

  12. Hi Emily
    jy moet pic stuur van daai katverf ding, klink na die beste pret nog, gaan dit ondhou vir my party as ek virjaar, wonner wanner dit is …
    Jy moet gou gesond word, jy kan nie lat die katte baas speel daarso nie.
    Noodles
    PS my ma het mos my pote loop pink verf, man so ‘n humiliating ding gewees daai, jy moes ons gejoin het😉

  13. Ouch!! 22h00 innie nag beteken geld niks!!!!!!!!!!!!!!Mens soek net lat darie kind gesond word. Skoor? Hoes Emily nou?

    Emily – get wealthy soon!

  14. Damn BB! Sit! Poot! Rol om! Sjjjjjjjjjjjjjjttttttt! Natierlik hoes die tjint, en ek hoop so sy hoes darem ma nou beter.
    Stoute BB – stoute BB – stoute BB!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s