Tuiste » Skoor Bek » TwintigTien

TwintigTien

2010.  ‘n Jaar wat sy gat gouer gesien het as ‘n erdvark op e!

Druk sy herinneringe in ‘n bruinpapiersak, en as die dae weer rustiger word, haal jy hulle een vir een uit, skud die stof en die trane van elkeen af, en file hulle in die laaie van jou hart.

2010 was vir my persoonlik ‘n uiters slegte jaar.  Dit gaan nie goed nie, maar dis besides the point.  Die is nie die agony aunt kolom nie, so ons file daai gedagte sommer onder ‘to shred later’

Hoogtepunte:  Die sokker.  En dat ons meer as een keer kon trein ry, en lekker kon rondloop in ‘n veilige Kaap.  Dat mense vir ‘n paar weke kon maak asof hulle manier het, en verdraagsaam kon wees.

Laagtepunte:  Ek besef dat ek goed vergeet.  Ek weet nie of dit sekere aspekte van my lewe is wat my telkemale platslaan as die skok her-toetree nie, ek vertrou dit is die trauma, want ek is surely nog te fokken jonk om nou my mind te wil verloor!  :lol:  En die feit dat die mense weer na die SWB, vergeet het van maniere en verdraagsaamheid!!!

Beste musiek vir die jaar:  Nee, die Wakka-kakka-hey-hey van Shakira nie.  Daar trek ek die streep dik en duidelik.  Ek het Rudi & Corlea se stemme ontdek, en ek is heeltemal in vervoering.  Stemme maak my week.  Mooi stemme.  Wat harmonieer.  En hulle doen.  Gaan kyk bietjie ‘n konsert van hulle, die wat nie weet van nie.  Dis regtig ‘n plesier, en die geld werd.  En Melody Gardot.  Sjoe.

Beste fliek:  Ongetwyfeld LIEFLING.  No jokes.  Ok, ek het min gaan fliek.  Onvoorsiene omstandighede, maar jissie, dit was die 3de SA fliek van die jaar, en lyk my dit was 3rd time lucky.  As ek dink watse flop Susanna van Biljon was, en hoe teleurgestel ek daarin was, en hoe bitter amper, en ek beloof dit met my hand op my kosblik, ek opgevlieg het in die bioskoop, met harde applous, nadat Jakkie Louw en Kevin Leo vir Voshaarnooi gesing het soos ek nie geweet het dit kan klink nie, dan moet jy weet ‘n fliek is goed!  Vir my om vir daardie oomblik ingesluk te word, en so meegevoer, dit wil gedoen wees.  Hoenirvleisies.

Beste boek:  Haha, nee, nie Deon Meyer se Spoor nie.  (en daar val sommige mense wat my goed ken, reg agteroor en kap hulle koppe dat hulle bekke wa-wyd oop val en ‘n waas van verbasing en verbystering oor die oe kom kruip….)  Kerssnuitsels.  Petronella van Heerden.  ‘n Skatkis vol woorde en vertellinge.  Anyway, enigiemand wat vir my vertel sy was ‘n tomboy, en klim toe op die wa toe haar pa-hulle gaan veg by MAGERSFONTEIN, en hulle merk haar eers veels te laat vir omdraai op, sy het die geveg gade geslaan op die wa, wel, sy het my volle aandag, my algehele respek, en ‘n nuwe slaaf!!!  Sommige mense het in exciting tye geleef.

Slegste dinge:  Behalwe vir die retoriek van bloed-eie probleme, die plaasmoorde wat ingeryg word soos uitgedroogde akkedisse op hakkiesdraad – komplimente van ‘n SWART Jan Fiskaal.  Dit maak my naar.  Dit maak my bitter hartseer.  Dit maak my regtig moedeloos.  Moes ons regtig in Afrika gewees het?  Ek is besig met ‘n geweldige tweestryd in my binneste.  ‘n Geveg en ‘n monoloog. 

Hier was nou net ‘n vrou by my.  Die Jan Fiskaal wat vir haar werk, raak 3 maande gelede uit sy ‘sokker-makheid’ wakker.  Terwyl sy bestuur, begin hy haar met ‘n mes in die arm en bors steek!!!  Vir haar beursie.  Wat hy gevat het, en uitgespring en mee verdwyn het.  Sy lewe.  Ja.  Moerse.  ‘Sy kan so bly wees sy lewe’  STRONT!  Sy het die reg om te lewe!!!  Daai Satanskotsel en die hele gespuis soos hy, hoort vrottend aan drade te hang.

Dis waar ek nou in my lewe is.  Dis nie goed nie.  Ek sal maar my Liefling klankbaan moet hard draai, en my ROXETTE kaartjies vir volgende jaar moet lamineer, anders gaan ek hulle voos vat voor die show nog begin het! 😆

Almal daar in die Kombuis, Graatjie, Die Worshonkies, Nikita, Sigeuner, Yskas kole, Charms, Ant Anna, Frankie, Johanna, Demoerin, XP, Twilight, Toorts, Helga en wieookal ek uitgelaat het…..wat was jou ups en downs en rights en wrongs van 2010?

Hoop 2011 is kick ass beter vir die wat gesuffer het die jaar.  Soos in ernstig beter.  En vir die wat wil moeilikheid maak en ander se lewens vernietig en versuur:  my wens vir jou, is 70 maal 7.  Mag jy dit 70 maal 7 terugkry.  Die wraak kom ons mos nie toe nie, maar ons mag blessings en wense uitspreek.  Kry vir jou.

En dan:  elkeen van julle met wie ek op blogs, of persoonlik, of per epos kon kommunikeer hierdie jaar – ek kan met eerlikheid se dat dit lekker was.  Nie een fight nie :shock:  En julle ondersteuning en woorde en mails en sommer net menswees, al ken ons mekaar nie, dis nogal silly special.  Silly soos in dis so laf en lekker, mens het nie woorde om dit te beskryf nie.  My ma het destyds in my Autograph boekie (onhou julle nog daai craze????) geskryf, iets soos:  Behandel geen vreemdeling stug of onvriendelik nie, want jy weet nooit of God dalk ‘n vriend na jou stuur nie.  Mag dit dan onse handel en wandel wees vir 2011

Groete van Skoor en haar stoute brak.

24 thoughts on “TwintigTien

  1. Ek gaan Liefling ook kyk! Ek moet! Die bietjies lusmakertjies wat ek op tv gesien het, het my skoon hondsdol. 😆 Dan seg Rian van Heerden mos die fliek is so gewild omdat ons terughunker na die “ou” Suid-Afrika…gmf.

    Oor my jaar sal ek eerder sharrap. Dit was ‘n jaar van moerse ups en moerse downs. Niks in moderation nie, en dit het my sweerlik oud gemaak. Ten minste het ek darem aangepas. 😉

  2. Ek kan nie glo almal pak noual op en sê cheers nie. Lyk my ek bly die jaar vingeralleen oor. Sug!

    Skoor, ek is seker dat volgende jaar weer saam met jou sal lag.

  3. Dit was nou nie die beste van jare wat ek ook al gehad het nie, maar ek bly mos maar optimisties. Hopelik is 2011 sommer ‘n gatskop lekker jaar. Die einde van 2010 is darem al klaar in elk geval beter as wat die begin of die middel was🙂

  4. Hmmm… Skoor. Van die beste goete wat dieselfde gebly het, is jou snykantskerp-niks-nonsensgeit. Ding hou tog so van daai.

    Ding is vanmore ene tandjies… nie net omdat Liefling vir Ding se gesin ‘n eie liefling gebring het nie, maar omdat Ding uiteindelik nie die nuwe Klipwerf CD langer op die rak kon afstof nie (Ding hou darem nou al ‘n paar weke uit, hoor) – o fok, hulle skopstof en Ding se voete jeuk – balke toe!
    Beste fliek: Natuurlik Liefling. Fokkit, nie gedink manman gaan ooit weer so trots kan staan en stap sedert die laaste keer dat manman die Stem gespeel het en die regte vlag sien wapper het nie. Ongetwyfeld. Elke man wie weer van vooraf op sy bruid van jare terug verlief wil wees, moet haar net neem om Liefling te loop sien (dit bring die mooiste, sagste in elke vrou uit) – nie eers ‘n Harley kan doen wat daai fliekie en ons nuwe Liefling doen nie!
    Beste boek: die een van Brink wat Ding nog nie gelees het nie, behalwe Ding se eie boek (haha).
    Skorie, Ding voel sommer ‘n sagte plek vir jou – van nou al lankal af. Die manier waarop jy opgetel het en bymekaar gehou het waar Ding seergemaak en gebreek het, het Ding vir jou laat groot respek kry en dit hou steeds.
    In die meeste opsigte was 2010 vir Ding ‘n jaar van grootword, opstaan en regop loop en dit maak dit ‘n stofskop-jaar ja. Vir die eerstekeer in baie jare kan Ding in die spieël kyk en hou van wat Ding sien. En die bonus: Ding het uiteindelik die punt bereik waar Ding ook glo die 30 silwerstukke is terugbetaal 70 x 7 keer – dis weer oog vir oog en tand vir tand…
    O danner, hou vas, Ding maak pad skoon! Vergete is staan sterk en sit stewig – dis nou skop stof en skiet sekuur!

  5. Ai ou Skorie,

    ek wens so ek kon vir jou met 120% sekerheid sê dit sal beter gaan, maar ek kan nie. Tog het ons altyd hoop – vir solank as wat ons asem het.

    Ek kan nie wag vir die dag/aand wat ons 4 weer onse voete saam in die sand kan druk nie . . .

    PS: Dankie vir jou teenwoordigheid in my lewe in 2010. Gee sommir vir daai liewe Emily ‘n klapsoen hier van die Wosonki’s af! XXX

  6. 2010 het (amper) sy g@t gesien
    of
    in 2010 het ek (amper) my g@t gesien
    of
    in 2010 het die H3 (ook amper) sy g@t gesien
    of
    in 2010 het ons (jip, jy’s reg:mrgreen: amper-amper) ons se g@tte gesien

    Op 2010 se g@t dan… Prost!

    Mag 2011 2010 se g@t behoorlik skop!

  7. Skoor, hoop jy het ‘n fab 2011.
    My geheue, wat eintlik my fogottery is, is werklik terrible. ek kan nie eens my ups en downs onthou nie. regtig, ek ploeter maar net aan ;0

  8. hi Skoor! Wel, ek het ‘n hele paar “ups” gehad – te danke aan jou. Daardie pragtige musiek/boeke/DVD ens. Ek kan jou nie genoeg bedank nie! Dan dink ek as mens jou familie nog by jou het, is dit ‘n groot “up” – my ma was een groot “down”, maar sy’s aan die beter word, dan natuurlik als wat ek altyd oor ons mooi land lees – jy het my al op Twitter “gehoor” glo ek🙂 en die liewe kindertjies vir wie ek NOU skoolhou [na verlede jaar se …] is een groot “up”. Mens moet maar deur al die “downs” probeer positief wees, al is dit nie altyd so maklik nie. Ek hoop dat die Nuwe Jaar vir jou als wat mooi/goed/reg/wonderlik is sal inhou. Ek dink JY was self vir MY een groot “UP” gewees!🙂

  9. Ek is seker maar ‘n helse pessimis wat menseverhoudinge aanbetref – ek weet nie hoekom ons ‘n SWB nodig gehad het om beskaafd teenoor mekaar op te tree nie. Dis vir my soos net vir jou liefde blomme koop op hulle verjaarsdag. Mens kan sulke dinge mos elke dag doen!
    My oorgang in die 40’s (41) het ook sy eie bedonnerdgeit gebring – ‘n hardkoppige swart of wit met geen grys tussenin, behalwe die in my bokbaard… Ek het geen geduld meer met arroganse, ongemanierheid, korrupsie, skynheiligheid, selfsug en hierdie wetters wat mense se lewens neem meer nie. Slaan my nou met ‘n lat en ek moer terug met ‘n stootskraper.
    Ek het wel myself beteuel om die slegte op my geliefdes uit te haal. Ek wil meer tyd met hulle spandeer. Tyd is min.
    Skorie. Vasbyt. Kyk wyd. Wees wakker. Bly veilig. Bly jouself.
    Geseënde Kersfees. Ek wil volgende jaar ‘n draai kom gooi daar in jou geweste.
    Groete
    Dion

  10. Ek is so bly 2010 is amper verby – dit was seker een van die goorste jare ooit. Ek sal bietjie moet dink oor die ups en downs…….

  11. Skorie….wel die jaar het my darem nie stief behandel nie. Ek was seker maar net gelukkig. Skorie dankie ook vir al jou lekker geselsies saam met ons daar in die kombuis. Die lekker repsepte en kos😆

    Ek het nog nie liefling gesien nie, maar ek belowe ek sal. Musiek…. Wel jy weet reeds……

  12. 2010 – Die jaar wat my kop moeg geword het en ook uiteindelik `n gevoel van volwassenheid ervaar het. Ek voel ek dink ek het ook groot geword.

    1n Jaar met “ups” en “down” ja, maar elkeen het my iets geleer. Behalwe natuurlik `n onbegrip wat ek vir ewig sal he vir massa wit-volkmoord en kindermishandeling.

    UPS!! Eya! Eya! Internet (bittermin, ma dis heerlik!) Blogs soos hierdie en ver-ver harsvriende soos Skoor en die simpel brak, Emily, wat wragtag vrot dinge jaag en vreet.
    My kinders. My kinders. My KINDERS.
    Ek ontdek my liggaam. Nee sis man! Julle is vieslik! Ek leer om met elke orgaan, klier en deel te praat wat my aan diegang hou, elke dag dankie te se en hulle te erken. Dis so sweet virmy, so heerlik om te weet ek het `n liggaam wat werk en dit nie as van self sprekend te aanvaar nie.

    Down – but just halfway down the hill – so mooi die kinder gesiggies wat dankie straal vir `n stukkie kos wat ek uitdeel by die skool. So damn hartseer dat die situasie in die eerste plek daar is.

    Down, but with a learning curve littlebit upwards – mens moet verantwoordelikheid vir jou eie geluk neem…en om besluite te maak, maak mens so ongelooflik gou groot.

    Very down? Nei man, mens briek nog laaaaaaaaaaaaank voorlat jy daso kom.

    Laasjaar het ek aan die einde van 2009 gesien mense rondom my is liggaamlik uitgeput – hierdie jaar is almal brienmoeg.
    Goeie raad, speel bordspeletjies met jou kinders of vriende, ligsinnige pret om angs, woede, hartseer en uitbranding hok te slaat. Ou Boereraat!
    Gees!
    Moerse Gees!

    ps, Geluk Ding – lees ek nou reg?
    pss. Ek is lief vir almal Heer! Veral almal hier!

  13. Ai Skoortjie, ek wil net iets hier vir iemand spesiaal sê asb: “Jy, Geesie, jy is nog ‘n méns! In een stuk soos net God hulle kon geskep het – Sy asem nog vlak in jou se kieste”.

  14. Dames en Here – hierdie was nie ‘n skrywe om te verneem hoe wonderlik ek ‘kan wees’ nie. Ek weet ek sit die pot liederlik mis as dit by daai deel kom. Heelparty dae sit ek sommer die pot stukkend😆

    Dankie egter vir julle volgehoue ondersteuning en vertroue in my!

    Speeches up side. Here goes:

    Vlam, ek moet skandelik met die ou saamstem: die oorweldigende WIT in die fliek is nogal skrikwekkend. Dis half unreal. Ek dink egter ek verlang terug na die ou dae oor al die ou gesigte wat mens begin vergeet het. En die liedjies waarmee mens grootgeword het. Miskien ‘verpolities’ ek nou my interpretasie wat Rian sou bedoel. Dunno. Ek hoop teen die tyd het jy al gaan terugsit en dit geniet.

    Ja, die ups en downs is nie meer in moderation nie – dis soos die flippen Cobra by Ratanga – jy kry weinig tyd vir asem skep!

    XP…wanneer laas het ons twee saam gelag huh? Ons is meester Bitches as dit kom by moan oor die ongeregtighede. Miskien moet ons volgende jaar verklaar as ‘n jaar waar ons ‘n belofte maak om meer jokes te plaas sodat ons met ‘n smile mekaar se blogs kan geniet.

    Son – jys die enigste een wat hierdie verklaring kom maak. So jy is in die pound seats. Geniet die wind. Geniet die warmte. Geniet Snobtown😆

    Ding. Ja. Liefling is ongetwyfeld iets wat ‘n merk gelaat het. Ek dink as mens kan, kan jy ‘n verhandeling skryf hieroor. Die emosies wat dit ontketen. Die gevoel van behoort. Die veilige omgewing. He? Jy verstaan wat ek probeer se? Iets in onse eige taal, met heelwat meer as wat ons deesdae moet klaarkom. Anyway.

    Brink. van Heerden. Opgehou lees aan hulle. They’ve lost me years ago. Geen boek kon weer by Duiwelskloof en die Swye van Mario Salviati kom nie. En die vroege ‘verbande’ Brinke bly vir my goud.

    Ek het nie besef jy sien my as die ‘optel en bymekaar hou’ soort nie. Fanks vir daai ene. Solank almal aan die einde van die storm iewers veilig op ‘n strand uitgespoel het, en kan terugkyk na wat moes gebeur.

    Hahaha PJ, daai is ‘n skerp ene. Amper so skerp soos die mes waarmee ek my eie duim ‘n moot ingekerf het gisteraand toe ek besproeiing ingesit het! We didn’t get KFC!!! 😆 Was die tou te lank, of was jou missies te kwaai?

    Oe Kriestas, daai dag wat ons weer in die sand kan sit met onse skurwe pootjies, dit sal ‘n heugelike dag wees. Verbeel jou die hele bloggers kom bymekaar vir daai ene. Ek sal niks hoef te se nie. Graatjie sal almal besig hou, en ek kan net bly skink! Dit voel soos jare terug wat ons mekaar gesien het.

    Graatjie…ja wel. Ek dink jou lovesongs rym beter. Jou angry white female probeerslag wil nie lekker gel nie. Maar dat daar baie gatte gesien is, is nie te bevraagteken nie! Soms het mense ook hulle eie gatte gesien deur al in die rondte hulle eie sterte te jaag. Gelukkig was ek nie een van hulle nie – can you imagine hoe dronk kop mens sal voel na daai!!!

    Fankie!!!! Ons is mos diesellejaarsekinders. M.a.w. dis ‘n ding van ons generasie, die fokollol onthou. Geezzz, dis nogal beter om te weet dis nie net ekke wat suffer nie.

    Ai Nikita – my oor in die verre. Jou lewe het darem ook lekker draaie geloop hierdie jaar. Maar nou is jy waar jy moet wees, soos dit moet wees. En daarvoor kan mens net Dankie seg. En ek is bly dinge met jou ma is beter. Regtig.

    Dion – steeds die man so na my hart! No nonsense eerlikheid. Ek is seker jou vyande voel erg geintimideerd deur jou teenwoordigheid. Ek het jou eerder as vriend, as wat ek met jou swaarde kruis! skoor@gmail.com my as jy ooit in my dorp is – sou ek binne ontvangs van die swartbessie sein wees, sal die mail my dadelik bereik, en kan ek vir jou ‘n koffie koop.

    Charms. 2011…sien dit as ‘n ‘her’ vir 2010. Miskien gaan dit beter.

    More Bella! ‘n Kombuis is ‘n plek waar daar toentertyd gekuier is. En die bietjie van ons wat kan onthou, moet dit laat voortleef. Al rook die vuurhert soms dat ons oe traan, en al val die brood soms van die draadrak af omdat die kat die hoender deur die huis gejaag het, is ‘n kombuis altyd ‘n kosbare plek. Fanks dat ons dit saam kan troetel en mekaar leer ken al ken ons mekaar nie!

    Sigeuner. Jy doen engele se werk op aarde. Mag jy dit eendag terug ontvang met rente.

    Graatjie – behalwe dat ek kort kort teruggestuurde mails kry omdat jou adres dit nie wil aanvaar nie (jy mis al die stoute Emily pics), vertrou ek jou woorde. Koester jouself. Want slegs wanneer jy dit gedoen het, sal daar koestering vir ander oorbly!

    xxx bly veilig julle almal

  15. Jissie Frankie, jy dink surely fiekerolfokkerol van my! My lisensie le hier neffens my, soos in op jou merke, gereed, duik!

    Skoorlief het laat weet daar teen die weskus is groot waens, maar hulle is so groot oor hulle so slim is – laat hulle nie sommer vang nie. Skoor se ‘nee wat, mens moet net weet hoe’. Grootbek ek😆 Maar as alles saamwerk, sit ons Sa’ragaand om ‘n vuurtjie met half gesnyde krefies en knoffelbotter wat hulle vertroetel…

  16. Skorie….wel die jaar het my darem nie stief behandel nie. Ek was seker maar net gelukkig. Skorie dankie ook vir al jou lekker geselsies saam met ons daar in die kombuis. Die lekker repsepte en kos

  17. BB – op so iets seg mens NOOIT, NOOIT dankie nie … jy – jy`s die ene wat die goed in ander sien, wat goed is in jouself. Jy`s soos ek graag `n bietjie sou wou wees.

    Hier reg voor die einde van nog `n mense jaar, voel ek so scary-happy-iets…
    It`s cause I found out I know that I don`t know – en my kop spin en spin en spin daaroor – en ek dink my kat love my language.

    I LOVE SKOOR!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

  18. Pingback: 2010 oorsig « Herriemerrie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s