Tuiste » Skoor Bek » Geen vakansie vir ‘n hond!

Geen vakansie vir ‘n hond!

Jissie tog.  Dis vakansie.  Maar ek moet met my een oog oopslaap oorlat my ma my toon naals wil knip!  Ek is al skoon i seniwee wrak oor haar en die naalknippurkie.  Sy se dis oorlat ek haar ‘n helse hou gekrap het my my derde naal van my linker agter pood die ander dag.  Sy se ek lyk soos ‘n hoeliekin maar ek het gan soek ini woordboek daas niks van hoeliekin in nie sys seker vol verbeel haar kop.

Ek is mos ini dingis.  Ek het op een dag haar R900 gekos aan veearts toe die by my gebyt het.  Jissie dit was sleg ek het soos ‘n boerboel gelyk eni inspytings was blettie seer!  Nou is ek so verveeld met my vakansie ek vreet wat voorkom.  Toe vreet ek Sondag die katte se leeukies waarop hulle le en ma skel my maar gistraant toe gryp ek nog ene en toe kry ek pak. 

Ma het gister nuwe spryers ini tuin gele toe wil sy my weer voetir want ek het lekkir die spykies se pypies afgekou toe sy my Sondag alleen gelos het vir ‘n hele 34 miniete.  En toe byt ek die groot pyp gaaikies in.  Jissie ek het gelag toe sy gisteraant so lelik praat en natgespyt wort van alie gaaikies.  Gelikkug het sy stoppies gehaat anirs het my boude seker weer gebrand toe kan sy die gaaikies stoppies insit.

Mar ek het soma gan wegkryp toe ek sien sy word so nat want toe weet ek hier kom dinge.

My niewe maaikie ini veld parkie is mos Wild en ek sien hom te min.  Want as ek hom sien dan speel ons tot ons tonge ythang mar Wild het nog al sy tools se ma en sy is bly my kas is leeg gemaak anirs sou dit springlewendige brakkies gewees het se ma.  Wat beteken kas leegmaak he?

Ek wonir hoe dit met al my honkiemaaikies opi internet gaan.  Of hulle ook vervelig is met die vakansie.  Ek slaap my dae om.  En snags ook.

Hiehiehie, ek het mos ‘nie ore nie’ en ‘daai goete langs jou kop is mos vir balans’.  Nou lyster ek net nog minir.  Ek steer my nie an my ma as sy roep nie.  Net as da kos is.

Ag jissie tog.  Nou het my naal die demitse letter afgekrap.  Ek gan nou wegkryp.

NS:  ek het die telefoon en faksmasien se draad afgekou, EN eie verleng draad middeldeur gekou.  Ma se ek gan my vrek skok as die goete an is.  Wat is vrek skok huh?

En tannie Frenkie ma se ons gan die naweek dyk mar sy droom sys nog te vet vir daai dykpak ek wil net lag as sy so lelik praat ek typ dit sommer op en speel dit vir julle!

Van Emily wat nou gan wegkryp vir naals knip

18 thoughts on “Geen vakansie vir ‘n hond!

  1. jinne Emily se vir jou ma sy moet jou parlour toe vat dat die tannies daar jou naels knip. en as jy eers daar is sit jy soet. dis ‘n annir triek daai. stout by die hys en soet by die parlour.
    blaf jy ook as jy ma oor die telefoon praat?

  2. Ek sal op parlour se voet pie as ek da moet naelsknip! En wie is parlour by the way tannie Frankie?

    My ma het mos ‘n selfoun, so ek kan mar blaf, sy loop net yt en maak die skyfdeer agter haar toe. Maar dan gryp ek vir Tigger kat agter haar nek en sleeeeep haar so ori vloer dat sy gil en my ma dit sien dan se sy gou koebaai en dan kom sy skelskel in, en ek kyk haar so skewekop aan en sys weer okey.

    Ek is ‘n begaafde honkie. Dis hoekom ek ‘n Poelishonkie is. Einlik is ek foerensiese honkie wat alles moet ontleed, ondersoek en ondergrawe!

  3. 😯 FAAAAWWWWWKKKKK…eeehhhhmmmm…ANSIE!!!😳
    Poelishonkie!! jy IS baie BAIE braaf!
    Parlour isse plek Poelishonkie waar hulle mens kwansuis ‘pamperlang’ – die Oom H3 wil mos ook by daai plek ‘n draai maak –👿 ek het hom aanbeveel om na die “Pink Peter” toe te gaan as hy dan nou voel hy moet… maar hy reken nou ewe mak ek kan maar sy pedi en mani sommer by die huis doen. (ek’t hom gesê waar hy ‘n ‘donasie’ kan neersit daarvoor (ek het ‘n spesiale laai in my bedkassie vir o.z. sjokolade, pretzels en… geld😉 ) – ek sallit loop tel. assit genoeg is kry hy sommer nog ‘n gratis wax oppie huis ook😆

  4. Emily – jy moet jou gedra – dis amper krismis en stout hondjies kry NIKS vir krismis nie. En jou ma klink al klaar vir my so omge-ellie. Dalk moet jy maar Januarie saam met my op die bus klim en vir Zorro gaan kuier? Daar ver inni Karoo. Daar is BAIE goed wat jy kan jaag – skape, bobbejane, koeie, slange, hase, muishonde. Wat sê jy?

  5. Hallo Emily, Dogmatix was nou die dag parlour toe en nou soek sy alles wat stink om in te rol want sy hou nie van die lekkerruik goed wat hulle op haar gesit het nie. Wanneer sy dan lekker stink, kom slaap sy op my skoon wasgoed. Het jy al daai een probeer. Moet liewers nie, want dan gaan jou boudjies ook brand.

  6. Emily, hoe bly is ek my naals is kort, my ma het mos annerdag die idee gekry om my naals pink te verf, wat dink sy. Ek weet nie van die lee kas storie nie, het gehoor daar word van tools gepraat wat uitgehaal is en ma sê sy’s bly ek’s gefix voor hulle my gekry het, mense is ook maar stupid, ek was nooit stukkend gewees nie.
    Hierdie vakansie ding is ‘n ander storie, ek hoor die naweek is daar een of ander party in die kombuis, nogals en vir Kersfees wou ma-hulle in warmbad gaan kamp het gelukkig bel ma net voor sy die geld betaal en hoor ek mag nie saam gaan nie, nou moet ek hoor dis my skuld dat hulle alweer Koster toe moet gaan, ek worry nie, was nog nie daar nie en die kinders sê daar’s lekker speel plek en ekke gaan saam met hulle in ‘n tent slaap, ek hoop net daai kat bly by nie huis, daar sallie plek vir ons altwee in een tent wees nie.
    Pleks jou ma is bly oor die gaatjies, dan kan ander dele van die tuin ook mos water kry, sien ek sê jou mense is dom.
    Noodles

  7. Ek het nou so lekker gelag vir Emily.Sy is pragtig en lyk stroopsoet daar waar sy lê en slaap.

    Emily ek glo nie jy het al daai stoute dinge gedoen nie. Jy lyk dan soos ñ gehoorsame hond😉

  8. Emily – maki saki wat al die mense prati ni – hulle almal laaik jou oor ‘n 100! Doet so voort anders raki mense vreeselik verveeld!😉

  9. Hallo Emily! Jy is die prastagste ou honne! Daardie foto is so oulik! Ek glo niks van die “stoute” dinge waarvan jy skryf nie. Jy lyk eerder of jy ‘n opvreet-honne is. Ek dink jy maak al daardie stories op, [hehe] jy lyk net te soet op daardie stoel! Ek dink jou ounooi moet vir jou ‘n kaartjie koop en hier kom kuier, jy sal net te lekker speel hierso…veral met die sneeu nou. Ek sien in my gedagtes hoe jy jou neus diep onder hierdie sagte goete indruk, jy sal lekker tonnels kan grawe hoor!🙂

  10. Oooo, dierbaarheid, Emily. Jy speel op AVBOB se stoep. Maar dit sal maar ‘n huurmoord moet wees, want jou ma sal dit tog nie oor haar hart kry nie. Ek ok nie, as ek so na jou foto kyk…

  11. Nee tannie Graatjie, my ma het toe my naals geknip. En ek gaan nie vertel dat sy per ongeluk my een naal te diep geknip het nie… Wax😯 ek hoop die oom hol dat hy klyn word want waar wil tannie hom wax??

    Ha-a tannie Son, my ma se ek moet my poote yt die karoo hou die tyd vani jaar want daar is te veel slange so ek mag nie eens na my oupa en ouma se plaas saam met hulle gan nie. Ek gan mar see toe. Ek gan nog daarvan skryf dis lekker daar.

    Tannie Anna, noudie dag toe trap die een kat mis ini boom en trap opi red top fly trep en toe val da van daai vrot vlieg water op ha stert en toe moes my ma haar was en jissie dit was so erg soos sy skree en ma sweet en toe beslyt ek om mar nie in stink goete te rol nie. Ek sal dit mar net vreet. Soos ek ma se g-strieng penties vreet😆

    Noodles! Ek moet ook oral saam. Dis nogal lekker, maar ek wil net skootsit as ons ry soos toe die spietkop my ma afgetrek het ek moes hom gebyt het mar ma het so vir my vasgehou ek het geweet ek moet my bek hou. Nou weet ek nie waar Koster is nie Noodles anders kon ek vir jou ‘n poskaart stuur mar jy moet weet dis ons reg om die gesinne omver te goi. Hulle wou ons mos red. Of dink hulle doen. Byt dit yt Noodles. Al moet jy sit vir naals verf. Dis hondsleg😆

    My ma se ek moenie vir my steer an mense se aanhitsings nie want hulle gatte brand nie. Wat bedoel sy he? En wat is DOET so voort? Ek het noggie van daai geleer nie.

    Sneeu? 😯 Ma se dis soos die goete wat sy uit die vrieskas gekrap het, net orals. Ek wil dit graag sien mar ek dink my poote gan baie kout kry. Ek het mooie fotokies van die naweek se see, en ek sal dit later opsit. En die storie skryf. Want daas altyd ‘n storie met my se ma. Ma se ook sy wil die foto sommer instuur omdat dit so mooi is. Ma dink ek is mooi en sy gee vir my hoopeloos te veel soene sy vry my op dan trap ek lekker in die nag haar van die bet af!

    Hallo vir die video dankie vir die hontmaaikie!

    AFBOB? Is dit soos ‘n hont wat van die stoel af moet klim en sy naam is Bob? Het hy dan ‘n stoep? Ek dog hy’t net ‘n stoel! Jitte jille mense se snaakse goeters. Soos ma wil heeltyd my pienk pensie soen. Sy is lastig.

    Lekker vakansie hou julle en wees veilig. Ek is ‘n kwaai brakkie. WOEF!

  12. Pingback: Vir almal in Blogland « Kouevuur

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s