Tuiste » Skoor Bek » My tag-brief vir my Skoorlief

My tag-brief vir my Skoorlief

Ek skryf vir jou met ‘n doring van ‘n doringboom, gedoop in bessiesap en boomgom

van die lied in my hart wat soos ‘n koel waterstroom om my enkels sjorr-sjorr

en van die lig in my lewe wat soos ‘n kersvlam alles mooi maak

ek skryf vir jou met die bessiesap van lag wat soms deur my are bruis

en van die lus in my wese wat onwrikbaar vir jou staan

maak oop my koevert van miershoop klei, sodat jy weet dat jy heeldag deel van my lewe bly

17 thoughts on “My tag-brief vir my Skoorlief

  1. Dit, Skoor, was nou vreeslik digterlik! en hole en piepol rym ook! En allie jarre glo ek jou as jy sê jy kannie ingels verstaan nie🙄

  2. 😯 hy wil hê jy moet vir hom ko’ kuier:mrgreen:
    Salam issie ‘n wors nie – dis ‘n groet
    en kenal is nie ‘n honnehok nie – dis om te ‘ken’ (weird hoe die indonesian woordjie nogal so ná aan Afrikaans is, huh🙄
    en saam beteken die twee woordjies dan rofweg: hallo! gaaf of jou te ontmoet.:mrgreen:

  3. Bly my maar glo, Graatjie, dis veiliger so.

    Emily het nou net ‘n hadeda gevang, sy wil he ons moet vir jou biltong maak daarvan en opstuur! Snaakse kind wat jou onthou…

    Son, ek is annerkant gatvol vir die hitte, ek se jou ek kan nie wag vir jeans en ‘n jas nie!!!

    Hallo Seegogga en Krista – fanks.

    En mnr. Salami ini honnehok…die Boer verstaan nie.

  4. Proes!! Bessiessap sal so mooi kleurvolle liefdesbrief maak, maar glo my – ek dink regtig na die 3de letter gaan darie doring – uhm…`n ding in jou vlees wees, want die gom wat jy si inmix meddie sap, hy gaan maak laat jou pen vashaak!

    Dis mooi…ek wens my muse is soos joune.

  5. Skoor jy mag maar dig hoor!

    Ek wil liewer nie sê wat ek lees in die sinnetjie van (mnr. Salami innie honnehok nie) dit sal te veel na “porn” klink veral daai laaste woord! 😉

  6. Aag nee Sigeuner, piez jy nou op my bettrie!

    Wat maak my muse anders as joue? Myne het nie ‘n plaas om op rond te dwaal, en lui te word nie…
    😯 Smurfi! Jy moet ook altyd die ergste hier kom soek! 😆

  7. Siesa Smurfffff….proes!
    Skoor – jou muse maak jou mond mooi woorde uitdink.
    My muse – ek soek haar, ek soek haar – ek kry haar, sy`s weg. Pfffffffffffff Moerland toe!
    Agh, ek meen ook nou nie my been teen jou te lig soos Emily se ras nie, maar kan jy nie next time, jy loop en verlieft raak of romtomtalie-romanties – `n seewier, dryfhout, steenkool en skulp of iets gebruik om te skryf? Boomgom? Mens eet dit mos…lol

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s