Tuiste » Skoor Bek » Worshonkies en chewies en tjoklits met die kyer

Worshonkies en chewies en tjoklits met die kyer

Die hele van laasweek hoor ek vir ma vertel van oom Jaco en tannie Krista van die Wosonki wat gan kom kyer en ek sien yt dana want ek hou van mense sien.  Mar Sarag aand toe gan ma hille yt, en los my alleen om die katte op te pas.  Toe gan le ek in my dam (ma se dis my sponsbed, mar ek hoor tannie Trillie praat van ‘n dam) en toe kyk ek op die bank en ma het vigeet om die siekspek boksmelk weg te sit, en dit staan op die leerbank waar mens inkom ini hys.

Toe gan byt ek ‘n hele gat ini een hoek en kom op melk af!  Ek het gevoel soos een wat ‘n prys gewen het toe drik ek my lang bek da in en drink ‘n hele halflietir yt!  Ma was lekir vies toe hille by die hys kom want sy het Jack gedrink en toe het sy nie lis vir sikke goete nie.

Toe kom Sondag en ma moet gan herrigistreer om teen die aaencee te stem en toe stap ons soma soontoe en toe ry ons weer in dorp toe en toe sien ek vi die Wosonkies!!!  Oom Jaco dra nogal Pitbull skoene mar hy knor nie eens nie!  Ek vistaan nie tannie Krista gee hom 3 pille vir gedrag mar ma vigeet skoon om vi MY pille te bring vir gedrag toe moet ek mar weer stikkies van die tramasienie eet en tannie Krista het vi my my eie chewie gegee so ‘n perse en ek is baie gelikkig en dankie tannie Krista en ma hille het gistraant vani tjoklit gehaat wat die Wosonkies vi hille gegee het mar ek kry NIKS toe kry ek darem biltong ek is gek oor biltong ma se ek vreet vi ha bankrot wat is bankrot?

Ek gan mar nie hier virtel van toe ek ma se penties Woensdagaand gevreet het nie mar toe het sy ook koktyls gedrink en toe is dit nie snaaks toe sy tys kom nie nou wil sy nie meer vir my sakgelt gee nie en ek moet nou in die ythoeke vani tyn my poewe maak anirs raas sy want sy se ek weet nou al van beter.

Ma het vir my ‘n kar gekoop Vrydag ‘n wit Corsa toe se sy nou moet die hond nog net by die bobjane gan liksens kry.  Ma praat pitymal baie deemekaar.

Ek moet vi jille vitel ek grawe mos ini tyn an ‘n gat!  Ma se ek sil nog so grawe dan grawe ek ‘n tjinees se voete raak!  Nou wat is ‘n tjienees?  Iemand wat baie nies deer sy nees?  Mar nou kyk ek elke keer visigtig of ek nogi die tjienees sien nie.  Ma het van my poewe in die gat gegoi so eintlik het ek nou nie meer lis vi grawe nie.  Ek weetie vi wat ma dit doen nie mens sal dink sy is ‘n kinir mishandeling.

Ma se netou sys nou so lis vi groente sy loop soma hanne viervoet opi grasperk!  Ek vistaan nie mar ek sil mar wag lat sy opi grasperk so gan loop lat ek kan sien wat dit met groente te doen het mar ek gan ha byt!

Ek moet nou eers gan want my poote los stof opi leptop en ma het gese sy gan my trig skool toe stier as ek weer morsig is!

Met aller groete van Emily wat nou al vi tannie Graatjie en tannie Krista en oom Jaco metti Pitbulls ken!

8 thoughts on “Worshonkies en chewies en tjoklits met die kyer

  1. Emily – jy moet drinint jou ma jelp en moeite spaar. Seg vir haar dit jelp nie sy gat loop staan in ryji en ryji en mors tyd om te rigistreer om teenaan die aainsee te stem nie, sy`t in die stillighyt `n terroris in die huis – ene wat in die land van melk en biltong is!

    En gelik met jou wit corsa – is dit die gedeelte buite brood wat my kinders so mors? Hoekom `n liksens kry vir brood? Ek eet altyd my corsa op, want ek het arim groot gewort. Soms het ek ook gaate in die tyn gegrou en dit was vir groente – jou ma soek op die regte plek!

    Ons het Sondag ons ouma groot in ons tyn begrawe – toe se ek ook vir oupa, hy gat later tjieneese uitgrou, toe stop hy so net voor `n ry skreevies ogies…ek sweer ek het hille gesien! Nous ouma diep…maar sy was nog altyd `n diep mens…ek virlang.

  2. ‘n Tjienese 7-gang maaltyd is : 6 bakke rys en ‘n diepgebraaide muis…
    MOENIE tot daar grawe nie, eMily!!! Hulle eet honne ok!!!😯

  3. En hulle praat snaaks eMily… hulle sê goed soos: “Flied lice” en “Loast duck”. En hulle honne sê nie “Grrrrr” nie, hulle sê: “Glllllll…”:mrgreen:

  4. Emily….ek kan maar net sit en lag vir alles wat jy aanvang. Ek is so bly jy het vir ons kom kuier in die kebuis. As jy weer kom sal ek vir jou ñ lekker stuk biltong daar op die tafel los.

  5. Emily, Ek het nou weer lekker gelag vir jou storie, jy skryf darem te oulik vir so slim hont, Hoop nie die “bankrot” het ietsie te make met ‘n rot in die bank nie! 😆 Miskien moet jy die ding loop soek? dan gat ma baie bly wees as jy daai rot kan uitroei want ek dink ‘n “bankrot” is ‘n lelike ding !

  6. Hi Emily, ek het gou kom kuier. Ek moet eintlik weer gaan, want oubaas gaan nou weer die bal vir my gooi. Ek het nou net op sy stoel geklim om sy aandag te kry. Hy spandeer te veel tyd met sy PC. Ek sit die bal onder sy stoel, maar hy ignoreer dit net!! Ek hoop nie jou ma doen dit nie! Dit is boelie!! Ignorering van balle vir honnes gooi is dieselfde as om my te boelie, ek se jou, ons honnes kry maar swaar ne! Lekker grawe! Dis so lekker om te grawe. Ek doen dit as ek buite is en niemand vir my ‘n bal gooi nie. Oubaas het my boude al lekker warm gepiets oordat ek die gras vir hom op ander plekke wou gaan plant het. Ek het bedoel om te help en nie geweet hoe om dit vir hom te se nie, maar hy het net sulke lang woorde gese wat ek nie verstaan het nie, nog nooit dit gehoor nie. En dit was ook in Afrikaans, maar dis woorde wat hy min gebruik as hy met my praat. Jy moet bietjie van daardie biltong aanstuur dat ek kan proe wat dit is, dit klink lekker! Corsa? Ounooi hier ry ook ‘n Corsa, ‘n donker bloue. Sy dink [behalwe haar Honda – daar ‘anderkant’] – dat ‘n Corsa die beste is voor biltong. Jou ma is somme baie slim – nes my ounooi.🙂 hoe lank terug het jy ‘n kat gejaag? Die katte hier sit vir my en kyk van anderkant die draad. Ek blaf en blaf en blaf, maar hulle hardloop nie weg nie, hulle ken seker nie my taal nie! toggie!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s