Tuiste » Skoor Bek » Ma se ek mag my mooiste foto hier sit!

Ma se ek mag my mooiste foto hier sit!

18 thoughts on “Ma se ek mag my mooiste foto hier sit!

  1. Nevermind mooi, lekker, ek wil ok daar speel, dalk verspuit al die vlooihe dan, ma koop alles maar niks wil reg werkie👿 ek’t geleer van prentjies. – Noodels

  2. Mar Noodels dan is iets vout met jou flooihe! Miskien oor dit anc mislikepalitheit is! Ma se ek mut vi jou se om vi jou ma te se om REVOLUTION te koop een keer, en dan ADVANTAGE. Nettie Frontline nie ma se die flooihe is al net so slim soos ek oor Frontline hille is verstewig dateen.

    En miskien kan jou ma ‘n alwyn kristal in jou waterbak goi dan is jou bloet bitter en die flooihe gril vi bitter bloet ek belowe. So se ma.

    Daai is op ouma en oupa se karooplaas ne. Toe op 1 Janeharie die jaar dit gereen het da. Toe hol ek alwee yt my nate yt. Dit was lekkir. Jy kan mar kom ons kan mal speel dan moet ons vi Zandie ook nooi en vi oom Jaco se honte. En tannie BB se hont kan ook kom en Sigeunir se kat!

    Ok baai Noodels

  3. Ooooooooooeeeeeee! Emily! ek kon nie ophou kyk vir die foto nie, ek lek nou nog my Ounooi se screen en sy bly vir my voetsek se, ek het nou eers van voetsek geleer, ek bring ook nou al my borsel vir Ounooi as sy my heukende rug wil borsel. Het jy ook ‘n borsel? Kan jy al goeters ‘bring’ – behalwe die ‘regmaak’ wat jy probeer doen op jou manier. Jy weet, jou miesies weet nie, maar jy is ‘n slim honne, want slim honnes is mooi. Ek gaan nou eers bietjie by Ounooi se voete le, sy hou daarvan as ek haar voete warm hou met my kop. Jy moet lekker daar in die Karoo rondhol, ek wens ek kon dit saam met jou gedoen het. Jy sal my baie dinge kan leer, ne!-ek ken niks van skape nie, ek sal jou nie kan leer van skape nie, net van balle en kleure van balle.

  4. Emily, Emily, Emily…ek wens jy was my 4-trek kind! Die foto is so mooi, maar dis omlat jy daarop is! Ek kan net nie glo die Karoo blink so mooi met water nie! Dis fantasties…..en die foto is perfek geneem.
    As ek die foto kan naam gee?
    Die windpomp en die windgat…..lol!

  5. Dankie Toortsie en Charms!

    Zandie! Ek doen NIKS wat ek nie wil nie. Soos in NIKS. Jy klink vir my te slim vir woorde. Maar ek wil grag weet: maak jou ma hille jou ingils groot in ingilant?

    Ja Sigeunir, ek IS ‘n windgat. Ma raas elke aant met my as my kop nie in ha rigting le nie😆 Ma wil die foto vigroot en opsit. Sy se dis die mooiste wat Ma al geneem het van my.

  6. Emily! Wat is ‘ingils’? ek ken nog nie van dit nie. Ek sal Ounooi moet vra. Ek het haar al daardie woord hoor se, maar sy het my nog nie geleer om ingils te gaan haal of te bring nie. Sy praat altyd mooi woorde met my en ek weet nie of dit ‘n lelike woord dalk kan wees nie. Ek dink dis dalk een van die lelikes, anders het ek dit al geken. Ek het Oubaas die ander dag gehoor se dat iemand by sy werk dink dis baie snaaks dat ek nie ‘ingils’ ken nie. Die mense hier praat baie keer so lelik, ek dink dis hoekom ek nog nie daardie woord ken nie.🙂 Is daar skape op jou plaas? As ek kom kuier dan moet jy my van skape leer. Ounooi se jy sal alles van skape ken. Oeee, ek het nou weer so lank na jou gestaar. Hierdie foto moet voorop ‘n boek kom, Ounooi se ook so.

  7. 😯 Oits Poelieshonkie… Ek dink nie Blue moet saamkom nie – hy’s ‘n knorrige, balhorige, baaaaaaaie bedorwe ou man. (soms dink hy hy’s ‘n poedel en soms glo hy hy’s ‘n tiener en dan spring hy rond in die water en jaag tennisballe oppe Sondag – maar Maandae is hy OP! En hy’s sommer vreeslik iesegrimmig oor dinge soos sy bank en sy kosbak. (Ons kuiermense moet ini eetkamer sit en kuier of ini lapa, hy gee net darem saans vir my en sy daddy biiiiiiietjie plek om saam tv te kyk.) En boonop doen hy lelike dinge met sy kombers in die gang op en af en op die gras voor die huis ook😳 – veral as daar mense kom kuier. Nee, hy gaan ons almal se name weggooi!!

  8. Emily, ek het nou vir Ounooi gevra wat ‘ingils’ is, sjoe! jy moes daardie kyk sien wat ek gekry het. Sy het byna op my geskree soos sy gevra het waar ek daardie woord gehoor het. Ek het my ore plat getrek en eenkant gaan le met my ken op my voorpote, my oe opgeslaan [na die blou berge]. Ounooi het gese ons gebruik nie daardie woord in die huis nie. Sy se dis genoeg dat sy dit daar buite moet hoor. Sy wil dit nie hier ook hoor nie. Nou weet ek nog steeds NIE wat dit is nie. Dit klink net of dit nie baie lekker is nie! Ek sal nooit weer daardie woord gebruik nie, want ek het Ounooi nog nie so gesien nie. [hihi – ek het vir haar eintlik gelag, sy trek haar gesig baie snaaks as sy kwaad is]

  9. Hallo Emily! Uiteindelik kry ek ook ‘n beurt! Jou foto is prastig hoor! Jy moet ‘n boek begin met al jou lawwe storietjies en jou ma vra om daardie foto voorop te plaas. Wat van ‘n album? Het jou ma al vir jou so iets begin? O ja, Zandie kan net mooi NIKS ingils verstaan nie, sy is baie, baie dom as dit by ingils kom. As jy vir haar ‘n woord in ingils se, dan dink sy jy wil haar ‘n nuwe woord in Afrikaans leer, dan kyk sy jou so skewe koppie aan om uit te maak wat jy se, maar ek dink sy dink eintlik jy vloek haar! Sy het nou die dag ook van ‘voetsek’ geleer. As ons vir meer as ‘n dag iewers heen gaan, pas die bure se twee seuntjies haar op – hulle geniet dit erg baie, want dan kan hulle die bal vir haar skop en sy word net nooit moeg daarvoor nie. Dan moet ons altyd die basiese woorde in Afrikaans vir hulle LEER! – die wat sy verstaan, soos – “gaan piepie” lol! ja, sy word vertel om dit te gaan doen, dan doen sy dit! net omdat jy dit vir haar se. – sy sal nog een uitwurg ook, al het sy nie een nie. ens. Gelukkig was dit nog net 2x nodig dat hulle na haar moes kyk, want die vorige keer toe sy saam B&B toe was, was dit ‘n nagmerrie met die eienaar se hond op dieselfde plek- en hy was ook haar soort. Nee jongie, moenie haar Ingilse woorde of maniere probeer leer nie, sy verstaan niks nie, miskien wil sy dit nie verstaan nie. lol

  10. Zandie, jy moenie daai taal van die onderdrikkir aanleer nie hoor! Ma se dit knoop jou tong en befaai jou bryn!!!

    Tannie Graatjie, Zandie is goed om dinge te gan haal so as Blue die name weggoi kan hy dit mos weer bring?

    Son, my ma raak vi my so vies oor daai Karoo kleer wat ek het as ek tys kom sy bat my dadelik dan is dit so rooi souse mar sy lag darem en vra of dit lekir was en dit was.
    😯 Frankie – EK is dan ‘n wyfie. Nee, ek werk an ‘n kalendir met pin-aps soos Marilyn Monroe vir die honne. Miss January, Miss February… en soe.

    Gogga, ma se ek hol soe vinag dis net swart maskara wat jy sien ankom mar dis mos die winthont in my. Hol soes ‘n winthont, grawe soes ‘n Jack. Ma vra hoe dit met jou hart gan?

    Dankie Bella ma se die kombys se vloere is gewas jy kan mar weer inkom😆

    Hallo Nikita ma het vi my ook geleer van piepie mar ek doen dit net as ek WIL want my ore is mos ornamente se ma. Sy se sy wili nog boeke ook maak nie want dan het ek haar hele lewe in beslag geneem mar ek vistaan nie want sy lees van beslag noudie dag in ‘n resep boek nou is ek ook ‘n resep? Soms dink ek die houmskooling werk nie want daas so baie goet wat ek nie weet nie dan le ek sommer opgekril. Ma se ek kan vinaant miskien saamgan as hille gan pizza eet mar dan moet ek vidag soet wees so ek gan nou opkril en verder slaap.

    Met groete van Emily

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s