Tuiste » Skoor Bek » Jammer Nikita!

Jammer Nikita!

Gisteraand was dit vir my moeilik om oortuigend hande te klap vir die Soweto Gospel Choir.  Net omdat Nikita op ‘n oomblik, kort voor die vertoning, my moed kom breek het met ‘n epos.

Ek is baie jammer vir julle familie.  Dit is ondenkbaar om so iets te moet ervaar.

Sterkte!

15 thoughts on “Jammer Nikita!

  1. Dankie Skoor! Dit is NIE maklik nie, ons harte is STUKKEND, Koos [my swaer] was ‘n WONDERLIKE man, SO baie gedoen vir sy medemens, vir boere in die omgewing. Ek kan net dink hoe woedend daardie boere moet wees. So baie boere het opgesien na hom vir raad en daad. Hy was ‘n WONDERLIKE gesinsman, familielid en Pa. Selfs vir my eie kinders was hy soos ‘n pa en het hulle hom aanbid vir die mens wat hy was. Wilmie se hart is stukkend waar sy alleen is, nie eens ons daar het om te troos nie. Ek verwens daardie mense. Jy kan manlief se kommentaar op daardie nuuslink gaan lees [ook sy neef Natie]. Ek admireer manlief vir sy positiwiteit na wat gebeur het [soos hy dit sien] en soos hy nou voel, gaan die Duiwel dit SWAAR he voorentoe he.
    Dankie vir jou inskrywing en jammer dat ek jou aand daar moes omkrap met die nuus. Indien ek geweet het, het ek nie jou aand so bederf nie!!

  2. Nikita, Nikita – vriende is DAAR om mekaar te bederf….ek seg so namens Skoor, want ek weet syse vriend uit `n squilljoen.
    Liefde, liefde en liefde vir julle familie en die wat moet agterbly.
    As jy aan die voorpunt staan om die duiwel te trotseer, ek is net agter jou.
    Liewe Nikita – almal is al baie, baie moeg vir die massa moorde op boere – die pilare van die samelewing – sout van die aarde en die kosmakers. Nou is nog een weg.
    Jammer.

  3. Hi Sigeuner, Dankie vir jou mooi boodskap. Skoor IS een uit ‘n TRILJOEN en ‘n wonderlike een ook. Dankie vir die liefde. Die Duiwel gaan dit sowaar moeilik kry, want manlief het sy broer verloor en hy is desperaat om nou nog meer mense na Jesus te lei as voorheen, dus moet jy weet hoe desperaat hy gaan wees en hoe swaar die Duiwel dit gaan kry. Ek wens net ek kon self in die protes gaan deelneem teen die plaasmoorde. Twee van my susters gaan dit doen en ek sou wat wou gee om ook daar te kon wees. Intussen kan mens net krag put uit gebede en God se genade. Baie dankie weereens! Dis wonderlik om mense soos julle te ‘ken’ – al het jy nog nie ontmoet nie, kan mens aanvoel dat mense soos julle ook ‘my’ mense is! Liefde vir julle ook!

  4. Baie dankie, Charms! Ek het gedink om ‘n gedeelte van manlief se boodskap op die nuuslink hier te plaas – en soos ek hom ken sal hy sy woord hou:
    “Ek is weereens trots op my ouboet. Hy het iets aan die situasie gedoen en die rowers aangeval. Hy is geskiet maar hy het sy vrou beskerm. Wat sou andersins gebeur het? Sou hulle dieselfde marteling deurgemaak het as so baie ander van Malema se slagoffers? By die aanhoor van die nuus was ek eers gevul met haat en wou net SA toe om te gaan veg maar ek het soos soveel vorige kere met hierdie negatiewe ding wat gebreur het na Jesus toe gegaan en voor Hom gehuil en my hart uitgestort. Deur Sy gees het Hy my wyshied gegee en my laat sien wie ek moet haat. Nie die moordenaars wat dit gedoen het nie, nie die ANC wat dit toelaat nie, nie Malema wat dit aanblaas nie, nee, ek moet vir Satan haat wat al drie hierdie partye manipuleer en met hulle balspeel. Ek kan nie enigiets aan die moodenaars of die ANC of Malema doen nie maar ek kan iets aan Satan doen! Ek kan vir soveel mense as moontlik vertel dat Jesus die seun van God is en dat hulle moet belei dat hul sondige mense is en Jesus hul koning maak. Dit maak die Satan seer want dan kan hy hulle nie meer saam neem as hy hel toe gaan nie want hulle is dan kinders van God wat vir ewig gaan leef by Jesus. As jy ‘n kind van God is, is jy ook nie bang om te sterf nie want jy weet die ware lewe begin dan eers.”
    Die begrafnis was vandag en dit was maar baie swaar vir hom/hulle. Dit sal nog baie jare vorentoe swaar wees aan die gedagte wat met sy ouboet gebeur het.

  5. Ek kan nie glo dit het met so nice Oom gebeur nie. Ons het op die Plotte in Randfontein gebly en my pa het vir Oom Koos sonneblom verkoop lank terug. My ma het my gebel en ek het later eers hier kom lees en agtergekom die is dieselfde mens.
    Baie jammer om te hoor.
    Nie veel wat mens kan doen as jy so ver sit nie.

  6. hi Gogga, Baie dankie vir jou boodskap. ‘Nice’ beskryf my swaer net so effentjies – jy het hom ‘n hele paar keer ontmoet en mense sal se hy is ‘nice’, maar Koos was baie meer as net die ‘nice’ waarvan ons ‘normaalweg’ praat. Ek kan eintlik nie aan ‘n woord dink om hom baie gepas te beskryf nie. Al wat ek weet, ons en die mense wat elke dag met hom saamgewerk het, se harte is [en sal] leeg bly. Maar miskien moet ek daaraan begin dink [soos my kind se] dat hy nou op die voorstoep van Jesus sit. [Sy ma is ‘n jaar terug – natuurlike omstandighede] en ek het toe gese dat sy by Jesus se voete sit – sy was net so ‘n ‘nice’ persoon. [onbeskryflik].

  7. Krista

    So lomp, maar ek try…
    N = Nie naywerig
    I = Innemend
    C = Christen
    en dan, en dan…..
    E = Engel, jip – oppie voorstoep, waar anders dan?

    Net wil ek darem biekie baklei, julle harte kan nooit ooit LEEG wees nie!
    Dalk sy plek wat hy gevul het in julle lewens,ja.
    MAAR juis al die mooi wat julle ooit van hom kan onthou, behoort julle harte altyd te laat oorloop. Die tye wat was, is nie skielik weg nie.
    Vertel vir my EEN mooi gebaar wat jy nooit van hom sal vergeet nie – deel dit met my. Ek waarborg jou jou hart sal nie leeg voel nie – onthou is beter as om nooit in staat te gewees het om memories te gemaak het nie.

  8. Al die blogs is stil oor Japan. Skoor?
    Ek se net dankie liewe moeder Aarde dat sy nie kwaad is vir Suid Afrika nie – al behoort sy te wees.

  9. Hi Sigeuner, Dit is soos jy se, jy’s reg. Ek gee nie om vir die ‘baklei’ nie🙂 Ek dink jy weet wat ek bedoel het. Ook sal hy in ons gedagtes bly voortleef. Ek het vandag ‘n pragtige storie vir my kinders gelees [ons doen ‘stories from other cultures’ en hierdie een was “The Wonderful Journey” deur Paul Geraghty – google die image – pragtige storietjie [agterna het van die seuns kom vra om die boek te leen om te lees -dis my eie]. Dit gaan oor die Ouma wat in die seuntjie se gedagtes bly voortleef het. Al die storietjies wat sy met hom gedeel het by die stasie waar hulle elke Woensdag saam gesit en kuier het. Ek dink die kinders kon aan die einde die ‘hartseer’ in my stem hoor, ek weet ek moes maar my stem nogal erg beheer om nie oor te gaan na ‘n te hartseer-stem nie. Dit het my nogal baie aan hom laat dink en dink aan hoe hy in ons gedagtes sal voortleef. -pragtige, maar sad storietjie. Dankie weereens vir jou ‘Nice’ ook, baie gepas.

  10. Sjoe! Nikita…dis nou `n mooi en ek dink – toevallige storie wat jy met die kindertjies gedoen het. Ek het presies geweet wat jy bedoel – wou maar eintlik troos – al kan ek nie.

  11. hi Sigeuner
    Dankie. Die storie sal my nou altyd aan hom herinner – altyd laat dink aan die tyd ens. Dankie, jy’s ‘n goeie mens!

  12. Pingback: Wie sal dit wees « Herriemerrie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s