Tuiste » Skoor Bek » Sigeuner se hartseer

Sigeuner se hartseer

Vandag is Sondag – 3 April

Alles voel effens aspris.  Die lewe, die dood, die droogte, die trane daarna….
Ek`t weer begin vloek.  Asof `n groot las van my skouers af is – as ek
se ek`t opgehou, dan voel dit so ingeperk, upstiff, beleefd…ek kan
nie – dis nie ek nie.  Dis nie te se ek vloek kliphard nie, maar
nogtans – ek hoef myself nie na elke woord in die rede te val en se
ek`t oormore opgehou nie.  Ek praat vlot Afrikaans.  Ek hakkel nie.
Foktog, ek`s so moeg, dan praat ek onsamehangende nonsens, maar dis
lekker – dis uit my hart uit.  Letterlik, want as ek dit nie uit my
hart praat saam met al die woorde wat ek ken nie, dan steek dit soos
`n steeks donkie vas.  Geen wortels voor my lippe nie, geen wag nie.
My hart raak leeg – dan raak dit skoon.

Gister so om en by 15h gee Ouma die honde kos.  Lynza en Jassie kom
nie.  Kyk ou Jas kom altyd eerste – hy`s permanent honger of dit het
iets te doen met die Honde Gourmet.

Meis is hier, Vonkie is hier, Leeu is hier (klein bliksim! Hy mag net
pille eet, anders vrot sy tande!) Langman die wors is hier – almal eet
…behalwe die twee wat weg is.
Wel, toe soek Boerseun en die kinders en kry vir Lynza net so neffens
die druiwe onder `n appelkoosboom le.  So bietjie onder `n bos
ingekruip nes `n hond wat wil vrek.  Hulle roep my.  Ek kyk en sien
haar agterlyf is bietjie kragteloos, haar mond is effens droog, maar
verder makeer sy nie.  Ek het water gegee en toe Panado + Jamaika,
want haar maag trek effens asof dit pyn.  Gee so halfuur kans en toe
begin sy erger lyk, le en le en le en le net.  Dis toe dat ons haar op
die bakkie laai en ek sit saam met haar agter-op.  Sy le met haar kop
op my skoot en ek praat met haar, raas met haar en paai en vryf en
kots so bietjie in my mond.  Die dorp is myle en myle en myle ver as
jy met `n hondekind se kop op jou skoot sit en hoop sy gaan dit maak.

Vyf kilometer word Kaap toe en terug….drie minute rek na dae – ek
verloor tred met die tyd en sluk die huil wat in my keel opstoot.
Kom by die veearts (die een wat altyd help) – papier op deur, hy gaan
op verlof en is die dag nie beskikbaar.  Ry op in strate en soek die
ander veearts (waste van ek net ken). Toe! Al diedamn honde-helpers is
toe!  Bel  hul noodnommer  dit maak pee pee peeppp.  Ry na DBV vrou se
huis (sy wat laasweek gehelp het met Leeu wat sommerso weggeloop
het…engele op my pad!) sy`s weg.  Bel Boetie by die huis om op my
foon wat daso le ha nr te kry – bel terug, bel DBV-vrou, sy se gee
water – is sy  mal?!  Wat sal dit help?  Ek vryf vir Lynza en se die
mense wil nie help – sy piepie op die bakwerk en die water loop oor ha
oe en uit ha neus en haar spiere begin ruk (vergiftig!)   Ek vloek so
bietjie.

Bel Boetie om Mev (animal anti cruelty)  se nr op my selfoon te kry –
bel terug – bel Mev AAC – se sy sal gou bel om te hoor of sy veeartse
in die hande kry, ons moet in 5min terugbel.

By die Draai (`n vakansieplek, naby waar ons nou met die bakkie staan,
is `n gedreun van musiek en dis die 1 kar na die ander wat daar in en
uit is – `n  jazz show of iets – ek se vir Boerseun dat dit net oop
veld voor ons is en dat hy moet skuif na `n beter omgewing in diedorp
totdat ons vir Mev AAC kan bel – ry…

Park reg voor Veearts 1 se spreekkamer en wat?  Daar  loop hy buite!
Storm op die ou af en vra help ons?  Ja.
Nie 2-step.  Maar vrot vergiftiging.  Soos in garbage-poisoning.  Spuit.
Spuitpoep Boerseun  toe hy hoor wat kos na-ure konsultasie! Ek`t
geweet dit gaan soveel kos en is net te bly my liefie ene leef.
Huistoe.
Dis donker.  Dit reen fyntjies.  Ek voel die koue wind op my gesig en
`n warm lyfkop op my skoot.  Ek hou vir Lynza vas en kyk hoe die dorp
se liggies blink en al verder raak soos wat ons plaas toe ry.  Ek voel
alleen – maar ek voel ook nie alleen met die pels onder my handpalms
nie.  Die lewe is wyer as wat mens dink – ek voel sommer net hartseer
en bly.  Ewewig.  Balans, maar dit maak my hart minder dans – ek
wonder waar is Jassie?

Boerseun  jaag en die wind waai jager oor my gesig, my hare word
deurmekaar oor my oe geblaas.  Ek hou net die hond vas…nog `n asem
saam net my in die donker nag…voel amper asof ek motorfiets ry
sonder `n helmet.

Op die grondpad moet ek klou aan Lynza dat sy nie seerkry nie en klou
vir my lewe. Sy klou aan haar lewe.   Ek haat mense!
My lyf voel vol haat.  Hoe de moer kan iemand diere vergiftig?  Ek hou
meer van diere.  Ek hou dalk net van diere.

 

Die bakkie skud amper die laaste kak en haat uit my – ek klou!

 

Ek verbeel my ek en Lynzahardloop @ 60km/h oor `n berg met klomp klippe – my verbeelding hoef nie hard te werk nie – dit voel darem so!

 

Ek voel haar sagte pels onder my handpalm en haar asem is oraait, sy druk haar kop styf teen my skoot.  Ek moet een hand los en die bakkie reeling gryp toe ons die
90^ draai maak.  Ek maak dit amper nie saam nie, hop en hik en
haat..my lewer sit aan my verhemelte vas, dis galbitter.  Giftig voel
my hart teenoor gif en giftige mense.  Mense wat diere se lewe minag.
Ek kots so bietjie en sluk.By die huis spring Lynza sommer so vanself af en eerste dinge eerste.

Sy gaan sit en piepie.  So damn mooi maniere my hartshond wat hoe lank
al knyp en nie praat nie?

Ek gee `n pakkie nat katkos en sy vreet als op.  Weier die melk.  Voel
seker nie helemal kat nie.  Sy le op een plek, wil nie eers 2 tree gee nie.  Ek los haar.

Vat `n flits en soek vir Jassie in die donker.  Niemand wil help nie.
Ek gil amper die kinders se ore tuitbek om ten minste net te help kyk
in die garage/afdak,w ant ek sien swak in die donker.  Hulle help,
maar Karina is hartseer – dis haar hond.

Kry niks – roep – kry niks.  Het spesiaal `n xtra spuit met medisyne
by veearts  gevra sou ek dalk vir Jas kry en hy`t ook simptome van
vergif.  Ek voel my hart het ophou dans.  Ek gaan slaap.

Staan op – soek eerste vir Lynza – kinders voor my op en se Lynza
hardloop en speel by Oupa in die tuin.  My hart klop so effens en my
lewer voel soos `n bang kind.  Ek kots weer so beitjie in my mond.
Ek begin langs elke lyndraad soek, onder elke boom, elke bos, in die
store, onder die trekkers.  Alleen.

Gaan huistoe – drink koffie, word naar, kots in my mond, sluk.
Vra die kinders om wee r te help soek.  Dink as ek net sy lyf kan kry
– al is hy dood, dan kan ons ten minste begrawe en aangaan.  Nou bly
ons soek.  Boerseun vervloek die veearts – klink lelik.  Dis sy manier
van iemand die skuld gee, dan voel hy in beheer.  Plaas dat hy sy kind
troos en stil raak en help soek….of iets.

Ons 3 meisies soek alleen.  In die groot gras 4-kant loop ek  eenkant
van die bome en die kinders aan die anderkant van die bome, dan loer
ons onderdeur die woud of ons iets sien.  Niks.  Net voelstjies.  Ek
vloek hulle saggies.  Ek soek vir Jassie.

Ek wil net huistoe gaan, toe se ek vir Prinses 1 en Prinses 2 ons moet
deur die druiwe gaan soek, daarna kan ons maar ophou as ons nie vir
Jas kry nie.

Reg by die druiwe se hek, so 4 tree na regs – le ou Jas – en hy waai
sy stert en lag so bietjie soos altyd.  Ou Jas wat altyd met die hand
groet…stokstyf, morsdood.

Toe kots ek groot en die kinders huil.  Prinses 1 huil haar gesig rooi
en Prinses 2 hou in, maar die oe rek groot en die mond word wit en sy
huil binnekant toe.  Ek vloek kliphard.

Kry `n graaf – grou amper `n uur lank aan diep gat – mooi plek waar
die Madonna lelies groei, tussen 3 suurpruimbome.  Prinses 2 huil, ek
huil, Prinses 1 huil.  Ons maak beurte.  Ek grou alleen en sweet,
vloek en kots om die beurt.

Boetie  kom darem help om die laaste graaf grond te grawe en Jas in `n
goingsak op te tel met die graaf.  In graf….gooi toe…gooi op,
verby is Jas se lewe – sy stert swaai – dis `n mooi leplek.  Ek groet
hom met die hand

15 thoughts on “Sigeuner se hartseer

  1. hi Skoor! Jy het my nou behoorlik in trane! Ek is BAIE jammer om van al die drama te lees. Dis baie hartseer. Ek dink sommer aan Zandie. Ek sal my morsdood huil as dit moet gebeur. Ek haat mense wat dit aan troeteldiere doen. Hulle is nie mense nie, hulle is duiwelskinders. Die duiwel se trawante. Mag hulle hulle ‘dag’ kry – elke dag!

  2. Diere raak soos ‘n lid van die gesin.

    Innige simpatie met die verlies

    As julle ooit die rotte wat diere vergiftig kry, laat weet my. Ek gaan help met graagte.

  3. Dankie dat jy die geplaas het Skoortjie! Ek’t saam met die Sigeuner gehuil annerdag toe sy my geskryf het. So ongelooflik vreeslik seer, hartseer dié.😦

  4. Damn – ek is kwaad…oor my kinders wat huil.
    Oor mense diere met opset beseer of doodmaak.
    Sommige mense doen dinge – dan word hulle met diere vergelyk.
    Stront! Diere is goed, beleef, saggeaard, natuurlik en altyd vol liefde.
    Sommige mense is ondiere.
    Dankie julle, dalk hierdie week of so, kry ons `n nuwe asem vir die kinders.
    Gees!

  5. Ek wil nie vloek nie, maar die bliksems. Mag hulle hul dag kry. Sterkte vir julle. Dit is erg om ‘n hondekind te verloor.

  6. Twilight – natuurwet…die lewe IS nie regverdig nie. Nou`s dit nog wreed ook.
    Fanks – Nikita – het wragtag `n nuwe asem gekry – vir 1 dag!!! Toe`s dit al die tyd die bure se wegloop babahondjie wat die pad byster geraak het. Het die bondel nog so ewe gebad en gevoer voor sy huis toe is!
    Xena – ek gaan jou kom loop haal, sodra ek die rotte kry!
    Zee – *dankie* Toortsie – *dankie*
    Pikkelik – ek glo nou na dese meer aan spoke as aan mense!
    Vlam, nee man Vlam – dan huil en en prinses 1 van vooraf!
    Linda – so bek kort heuning!
    Charms – ja, die mens moet maar so stelselmatig uitgeroei word – en dis blykbaar besig om te gebeur. Kyk nou net darie renoster-horing liefhebbers se plek ne?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s