Tuiste » Skoor Bek » Ma seg ek is joeslis

Ma seg ek is joeslis

Ma se mos ek is joeslis.

Net oor ek nie gehoor het toe hille my Lenrouwir se ryt ytgeslaan het reg voorie deer onir die straatlig nie.  Dit was Sondagaant.  Toe moet ons nou sommir biertwag pitrollie loep ry Woensdag aant ek staan soes ‘n poelishont ini middel met my pote opi kissie tissin die twee seats en as ek iets sien dan knor ek so ek het somir baie sterk gevoel!

Ma hille was mos laasweek Roxette ko’sert toe en ek moes by ouma en oupa en tannie iedie erkie gan slaap mar dit was glattie lekker nie.  Ma se hille het so ‘n jol gehaat ek weetie wat is ‘n jol nie ek ken net van ‘n mol.  Ek heti lekir geslaap nie want ouma soek nie honne in ha bet nie en toe sit ek heelnag regop by Iedie Erkie en sy is kwaat ek hoor sy bel vi ma vroeg die volgende oggend kom haal jou hont!  Mar toe daai deer oopgan hol ek vir ‘n piepie byte en trig by oupa ini bed toe kan ouma net niks se nie mar toe slaap ek lekker!

My een kat is siek.  Van sy tanne is weer gister getrek.  Ek wens hille wil sy naals trek.  Hy klap nogal hart.  Nou raas ma heeltyd as ek hom wil gan terg.  En sy maak vir hom ‘n warmwatir sak!  Dis mos bederf.  Ek mag maar net in die bed slaap en snags vir ma ini gesig trap en met my kop op ha kissing slaap soes ‘n mens se sy.  Dis al.  Ek kry nie warmwatir sakke nie.  Dis anfair.

Ma se sy het ‘n hont gekry lat sy snags kan slaap en ek moet die gelyde ytlystir, mar nou le ek soes ‘n kwien onir die duvet en my eie asim ryk en dis joeslis.  Nou wat wil ma he?

Ek het gistraant biki mekkerounie tjeez gekry om te eet.  Dis mos nou te kout vi roomys. Ma maak elke aant kaggel dan le ek da en dis so lekker mar soms kom daai moerige wit kat en dan klim sy in my bet dan moet ek stil le noudie aant toe begin ek die bed se spons yttrek toe slat die kat my somir net so yt die bloute ma het somir gelag en gese dis my praaiwit poelieskat.  Sies!

Ek gan nou eers weer le dis baie kout vinoggend en die duvet wag.  Groete van Emily die bewende honkie.

7 thoughts on “Ma seg ek is joeslis

  1. Jitte, disse slegte ding lat ander so sommer loop staan ennie Lenrouwir se ruit uitslaan! Emily, assit weer gebeur moet jy jou alarim laat oortyd werk, soodat jou mA die skelims moet van en hulle tanne uitslaan…..as hulle het.

    Oe! Ek sou die werolt wou versit om by darie Roxette konsert te kon wees. Darie tannie sing die mooiste liekies innie mooiste stem! Ek dink sy is die beste innie werolt om te sing!

    Dis jammer om te hoor van jou kattekwaad wat se tanne getrek is en nie die naels nie – kattekwaad doktirs maak ook foute….moenie worrie nie – eendag as mA nie kyk nie, dan slat jy die deerkoesyn HARD oppie kattekwaad se naels en hoop dit breek so biekie soes Poula van 7de Laan. Dan sal die mA moet maanikier en jy moet pliezz ekplyn. Die lewe is mooi! Veral as jy weer skryf.
    Groete aan die oupa en ouma

  2. Emily, dis so lekker om weer by jou te lees. Jy klink nog na pure honne! Jy moet bietjie gaan loer by Zandie. Sy was ‘n paar dae terug ‘n professor gewees en te lekker vir die foto gepose. Jy moet dat Ma vir jou Koningskind kry. In Koningskind praat die honne, Keiser, van ‘drade’ wat ‘Koos’ gehad het [die kat]. Daardie boek is so snaaks, die trane het by my wange afgerol. Zandie het ook al ‘n paar klappe weg van ‘n hierjy-kat. Sy kan katte nie verdra nie, jy slaap darem nog met hulle. Die kat sit hier anderkant die draad en vir haar koggel, sy kan dit nie verdra nie. Sterkte met jou buurtwag daardie kant! Jy moet maar daardie alarm stel, dis maar swaar as jy ‘n honne is en dis nog winter ook! Vra vir Ma om vir jou ‘n bietjie gin te gee vir die nag, dalk sal jy die skelms kan hoor.🙂 Jy moet daardie skelms gaan wys waar Dawid die wortels begrawe het. Grawe net ‘n diep genoeg gat [om die wortels te kry ne!] en dan dump jy hulle daarin!

  3. hi shame em…. dis ma hard as jy n hond is… shoe ma ek kan nie glo hoe groot jy geword het nie man…. ek het jou amper nie herken nie…

  4. Nee man jy kan nie joeslis wees nie jy is te oulik. Jy klink vir my baie slim om nie te gaan lawaai maak het by die Lenrouwir toe hulle hom gebreek het nie, netnou het hulle jou gevang en ook gebreek.
    Ek dink ma moet vir jou ‘n stukkie biltong gee vir jou wat so slim honne is

  5. Ai tani Worsonkie my ma se tannie is mensmoeiluk vi pirty mense, so ek sal plek maak dan kan tani hier ko le by my ja.

    Sigeenir my ma het hie gelees vani kat se naals en toe se sy ek skyt as ek dit waag. Wat is skyt huh? My ma se ook daai bend Roxette is die coolste sy se hille is soe cool hille kan op hille ye die winter ani gang hou!

    Hallo tani Zandie se ma my ma se sy het nou so gelag vir die drink en die gate sy se dit klink soos die potholes ini Tronsvol. Tani Zandie se ma, vertel asb vir my ma met ‘n emyl van daai boek asb

    Haai tani Anna my ma stier ook grute sy se sy lees baie da mar somir opi blekberie en dan sikil sy so om te antwoord pitykeer se sy die koeneksie is ap toe shut.

    Joehanna ek is nou ytgegroei hoor ek le net die bet so plat want dai kat klap somir vinag so le ek mar na dai kant toe.

    Gogga! My ma se jys oulik mar sys oulikir want sy het al vi my biltomkies gegee mar ma se sys so dik van biltom pribeer eet met my en die wit kat want ons sit haar toe soes bergies ‘n blikvuur toesit.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s