Tuiste » Skoor Bek » Proejekte

Proejekte

Ma het alweer ‘n proejek.  Sy het by tannie Trillie gehoor van ‘n ouetehys wat die oumense baie swaar kry en niks het nie toe beslyt sy om te probeer help.  Ma los my by die hys dan vreet ek haar kontinenthaale kissings stikkend dan kom sy hier in met pakke seep en ek hol want nettou wil sy my bad.  En tanneborsils se die katte vir my is dit.  En ma reel net vir goetirs.

Toe Sondag maak ma kaggil en ek le daar en ek sien ma dink turwyl sy so sjampoe in bottelkies ytgoi en toe stier sy vir ha vriende en vamielie emyls.  Honde emyls is as ons pie teen ‘n boom dan lees ander honde ons emyls maar ma haal haar leptop yt en tik.

Toe begin mense help en ‘n oom stier ma se brief na almal op sy adreslys en die mense begin emyl en bel en amal wil help vir die oumense!  Ma se sy is oorweldug wat is oorweldug huh?  Die oom se naam is Pieterjasie ek wonder hoekom sy ma vir hom so ‘n snaakse naam gegee het.

Van die blokkers het ook geld gegee se ma en sy is baie bly want hille is vir haar goeie maaikies en mense met harte!

Nou gan die oumense serpe en hanskoene en komberse en handoeke en betsokkies kry en nog goete.  Ma is baie bly.

Vindag was so kout ma het vir my ‘n rooi hempie by PiekinPei klerewinkel gekoop en die moue afgeknip en vir my angetrek onir my reenjas mar ek bewe so die drippilskanmy nie raakdrip nie!  Nou sit ma vir my die hietir an ini kantoor dan le ek daar en droom.  Ek bewe so ek salie eenskanlees wat oom Jaco se skoene se naam is nie.

Die wit kat wil net in die bokse hier by die hys klim ma se sy weetie die kat het seker geit en ma gee skelm vir die vaal kat tuna oor sy tanne mos geoepereer is en ma dink ons weet nie maar ek gan die vaal kat jaag oor hy so tuna kry ek kry net vis en biltong en koekies.  Dis anfair ek wil ook tunablikkies he.

Nou sit ma weer met ha prinsessie kat op ha skoot soos sy die kat noem sy is so vet daar hang ‘n maag wat opi grond sleep en soms jaag ek haar so dan vee sy die grond met haar maag dan raas ma met my en ek klim somir in my bedkie oor ek vies is oor die raas.  Ma se sy het ‘n stofsyer ek hoevie die kat te jaag om die vloer te vee nie.

Dis mos nou winter ek het gistraant nie opgekom vir lug yt die doewei yt nie ma se die doewei is so kout al is dit van skaapwol gemaak sy se sy weetie hoe bly skape warm met daai wol nie.  Ek gee nie om nie ek le styf teen ma en trap haar so biekie as sy op my bene wil le!

Groete yt die koue Stellimbos van Emily die hont wat kleere dra.

11 thoughts on “Proejekte

  1. Hallo Emily!
    Ounooi het my so pas van jou uitrusting vertel en toe moes ek na jou foto kom kyk! Sjoe! London sal darem impress wees met jou! Jy moet vir jou ma vra om jou in te skryf vir die fashion-show hier! Hulle soek modelle soos jy en daardie klere van jou is juis so in fashion soos koue weer hier vir ons is en die son vir julle! Jitte man, ek dink jy gaan sommer ‘n laaaaang term contract kry! Jy lyk stunning. [bewe en al- al die modelle bewe eintlik op die loopplanke, dit lyk net nie so nie!]
    Sterkte daar met die kouegeit. Ek kry jou so jammer as jy bewe, Ounooi se hier sneeu dit en dan bewe ek nie eers nie, sy verstaan dit nie, maar sy verstaan ook nie dat ek ‘n lekker dik pels het nie. O ja, Oubaas het nou net hier gelees, hy se honde het pee-myls. [hehe]

  2. Zandie!!!!!!!!!!!!!!!! ek kliek op jou naam mar ek kom nerins yt nie jy moet dit regmaak asb.

    Ek wou al vi jou i pee myl stier😆 mar toe onthou ek jy woon baaaaie ver en toe is ek somir hartseer want ma se al die goeie mense gan lant yt ek voel skoon hartseer want ma kry trane dan pribeer ek troos ek lek dan in ha ore en gan le met my kop op ha hart.

    Zandie iemand het gistir gese ek lyk soos krismis met die kleure toe virvies ek my somir ek sien mos jy het beterder smaak as die lot hier by ons siestog lyk my die stylvollis is lant yt en die dommis is agtir mar my ma is nog slim hoor!

    Hirhinnir tog fir jou ma van daai boek wat sy vir my ma van moet vitel van die vorige komment wat sy op die blok gelos het.

    Ok Zandie ek is liev vir jou. Van Emily die model.

  3. http://zandie.wordpress.com/2009/11/07/koningskind-1/
    Hi Emily! Ounooi het nou saam met my rondgeklik op die settings [ek het mos ook ‘n bril wat ek kan opsit, so ek kan mooi saam met Ounooi kyk, sy sien nie meer so mooi soos in die OU dae nie hehe] Ons sien nie wat die ‘fout’ is nie. Ounooi kon ook nie sien waar sy ‘verkeerd’ doen dat my bloglink nie wys nie. WP wys altyd ek is ingelog as ‘zandie’, ek weet nie wat is WP se ‘storie’ nie, maar daardie boek wat jou ma soek sal sy op hierdie link sien. Ounooi se sy glo nie dat jou ma sommer die boek sal kry nie, sy was gelukkig om dit 2ndhand te kry. Aanhouer wen se Ounooi, want sy het ‘n paar jaar op die internet elke nou en dan gesoek vir die boek. Sy het twee wat in SA weggepak is! Sy koop altyd boeke en as sy dink ‘n boek is baie baie goed, dan koop sy sommer twee – vir die wis en onwis, soos sy se. Mens weet nooit wie wil later ook een he nie. Sy se as sy weer SA toe gaan en sy kry haar baie bokse boeke uitgepak – as Noag met sy ark weer kom seker! – dan sal sy een vir jou ook stuur, dis nou as die muise nie al die boeke opgeeet het nie. Emily, as jy kan muise vang, dan moet jy vir Ounooi se! Dan laat ons jou tussen haar boeke slaap! [hehe] – Jong, ek moet vir London-fashion van jou vertel! Dan kan jy ook inskryf vir Britain-got-talent-fashion! [hohoho!]

  4. Hallo Emily
    Jongie, jy lyk prastag met jou rooi en geel. Dis soos Zandie se, jy ‘het dit’. Kyk nou hoe mooi lelie-wit is jy ook.🙂 Jy sal baie goed inskakel by die lelie-wit modelle hierdie kant. Rooi en groen pas juis so goed bymekaar. Ek sien jy ken jou kleurskemas ook! Sjoe, jy gaan ‘n wen-model wees! Jy’s net mooi skraal ook, net soos die modelle hier. Net die regte ‘lyfie’ [lol]

  5. Proes @ Oubaas wat se van pee-myls!
    Emily – jou mA se hart klop so mooi as sy omgee vir die kierie mense. Kierie mense is soms weerloos (nie altyd nie!) en wie sal dan omgee, wie sal sag kyk?
    Daarom is dit so ver verby spesiaal as daar sukke mense soes jou mA is, Emily. Die meeste mense is maar lekker zef en gerus solankaswat hulle behoeftes en begeertes bevredig word, gee hulle nie `n jitz om vir ander nie!
    Ek is bly jou mA is daso vir hulle – en BAJA bly vir mense soes oom Pieterjasie! Se vir oom Pieterjasie ek dink die werolt van sy attitude!
    En ek hoop die kierie mense se harte gaan so warm word, lat dit die Winter se koue moerland toe gaan klop.
    Ek dink nie daar word vir hulle gesorg nie – ek dink hulle word nou BEDERF!
    Mooi bly Em

  6. Son, my ma se ek ryk klaar soms soos ‘n rasta, ek kan nie nog lyk oek soes een nie!

    Nikita ma se ek het soes ‘n krismisboom gelyk vinogind het sy vir my ‘n fleece kleerkie se moue korter geknip nou kan ek le soes een wat net wil le en le en le. Ma se sy wens sy was ‘n hont.

    Sigeunir my ma se jy hou jou viniet so onskillig jy het net so hart gehelp om alles vir haar reg te maak en ek het tog al daai baie serpe gesien en ek het ook gesien die wit kat het oor die hoopies gekloutir jy moet weet daai wit kat het niks maniere nie hoor!

  7. Em! Nou gat daso kieries wees wat ga loop staan en nies! En dit vannie wintgat witkat se harri!
    Ons laaik jou flenters!

  8. Nee Sigeuner ma het die kat afgegoi toe klap die kat vir MY!

    Flintie – ma vitel sy het jou gan antwoord op jou site

    Zandie se ma – dis die mooiste honkie wat ek nog gesien het mar Zandie is mooier. En dai honkie vreet ook sy bed op nes ekke ma het my nou net gepiets oor ek my bed alweer ytgerafel het. Ek bly ini moeilikhyt.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s