Tuiste » Skoor Bek » Biegtyd

Biegtyd

Ma het gesê ek moet opou met my nonsins want syt als gelees wat ek beskryf het op die internet.

Toe sê ma mens moet die waaryt praat.  Nou moet ek vir jille die waaryt skryf.

My naam is nie Emily nie.  Ma sê sy wou ‘n hont gehad het en haar Emily noem mar toe sy vir my sien het sy niks anders kon dink as MUIS nie.  My ore was net so groot soos hille nou is.  Maar nou is my ore sterk en vol spiere alkanek steeds nie die diewens hoor as hille ons Lendrovir se ryt ytslaan nie!

My naam is Muis.  Ma raas soms met my dan noem sy my MUISHONT en dan lag die mense wat oppie parkie stap met hille honde.  Ma sê laasweek sy wil my sommir herdoop na Flooi oor ek dit op my gehad het.  Ek weetie van flooie nie.  Dan bat ma my met sjampoe dan sê ma ek is ‘n flooieteksie en my passisier gan nou vrek gan.  En toe proebeer sy vir my wirmpille in droëwors wegsteek mar ma dink seker ek is dom ek spoeg daai pille net so weer trig!  Ma sê ek sal ha bankrod maak van wirmpille koop en sy gee dit makliker vir die katte wat ha stikkent krap.  Ma sê sy het opie internet gan lees van how toe geeve jor dok pils mar hille is net so dom soes parlement sê ma.

Jakkirs ek haat pille.  Nou moet ek vitel hoekom ek dan Emily was want ek was mos met Alex maaikies mar ek sien hom nie meer nie want ma het my mos yt die skool gevat oor ek nie gevordir het nie toe sê sy ons sal houm skoeling doen mar ma heti tyt vir dit nie so ek lê heeldag en slaap. Ek was bang Alex lees dit en spot my dan by die skool.

Ek was laasnaweek mos weer plaas toe en toe was dit wonderlik want ek het in plaas van Bobtail, BOKtail gevreet.  Dis bokdrolle.  Ma sê ek het na bokdrolle en stof geryk en ek

moes gan bad voor ek in haar bed kon lê.  Ek was vlippen moeg.  Ek het heelnaweek gehol en skaduwees gejag en ek het darim nie ‘n pofadir gesien nie want oupa het die naweek voor daai ene by die hys dootgemaak.  In die winter ma het gegril.

 

Ma het vi my ‘n kleerkie gekoop wat kinnirs dra en die moue afgeknip vidi pooikies en dan bint sy sommir die lyfie met ‘n rekkie vas ma dink ‘n Boer maak ‘n Plan.  Ek kry somir horries want ek lyk soos ‘n bloubil en ek is pure Stormer ek het gistraant sommer ani blaf gegan vir Gio toe hy die bal so lelik angeslaan het en toe Brian Habana so hol toe wens ek hy kan vi MY sien hol!

Nou het ek vi jille vitel wie ek dan nou rêdig is.  My naam is Muis en ek gan nie ophou skryf nie want ma het gewaarsku dat as ek nie my regte storie skryf nie, ek nooit weer die leptop sal sien nie en ek hou van om met jille amal da byte te gesels.

Groete van Emily wat yntlik altyt Muis is.

10 thoughts on “Biegtyd

  1. Ek weetie ma se naam nie ek dink dis Skoor. Ek gan ha ID kyk. Mar netou vreet ek dit op dan is die grot weer naar of so iets se ma altyt. Grot. Gort. Ek weetie. Ek kry mossie houm skoeling nie. En ma het vitel jille het saam gekyer noudie dag. Ek weet alles. Jaaa. En ek weet ook jy skree vidie Stormers XP!!!

  2. Hallo Muis! Pikkie- Zandie se ‘voorganger’ in SA kon vir jou lekker muise vang! baie in die koshuis gevang. Pikkie het net gehoor van ‘muis’ dan het hy al aan die hol en blaf gegaan. Zandie weet nog niks van muise nie. Sy sal hou van jou naam! Sy kan net nie katte verdra nie. Daar was juis weer een in ons erf vandag, sy raak histeries oor die katte. Jy mag maar Emily ook gebruik, ons sal weet dis eintlik ‘Muis’.🙂

  3. Awe! Muis! Hallo Muis wat eintlik hond is. Ek dink jou mA het geweet disse goeie naam, dan like die katte jou!
    Op die 1ste foto lyk jy so kwaai soese bees wat wil storm en ek sien daso isse vrendlie wornieng agter op jou leplek. Dis cool!
    Die 2de foto is iets afgrysliks! Wat het jy daar doodgemaak, Muis? Dit is deffinitief nie `n mossie nie!
    Jy kan bly wees jou oupa het die pofadder doodgemaak voorlat julle gaan kyjir het – darie goed pik vinniger as wat jy kan se “Muis!’
    Ek is bly jou naam is nou openbaar – nou kan ons lekker gesels!
    Mooi bly meisie-Muis!

  4. Ag nee hel Muis, sê vir jou Ma sy moet vir jou klere koop wat pas – nie sulke weeshuis hempies nie!😆 Sê vir haar jy wil ook so truitjie hê soos Amigo in die Karoo😉

  5. O jitte! Ons sal `n fundraising moet begint om vir jou regte egte klere te koop Muis! Sjame – jou mA dink jy loop op jou agterpote!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s