Tuiste » Skoor Bek » HIS NAME IS TREVOR NORRIS – AND HE STOLE FROM ME

HIS NAME IS TREVOR NORRIS – AND HE STOLE FROM ME

Net ingeval iemand die ou google, het hulle sommer ‘n ingilse header en ‘n stukkie in my Moedertong wat hulle kan vertaal, om te sien die donir is ‘n skelm, en om NIE met hom besigheid te doen nie.

Die ding staan so:  ek loop maar weinig rond.  Die wat my ken weet die pad see toe en terug is getrap soos ‘n volstruis sy voetpad uittrap, maar vir die res doen ek maar aanlyn my aankope.  Ek het nog altyd Bid or Buy redelik betroubaar en veilig geag, en het deur die jare al my selfone deur die webwerf aangekoop.  Van regoor die land.  En is nooit teleurgestel nie.  Mens moet egter mooi lees om te sien of iets nie dalk tweedehands of uit die buiteland ingevoer moet word nie, maar jy ken later die dinge.

Op 16 Maart 2011 koop ek by ene Trevor Norris, ‘n wrought iron garden fire stand.  Die van julle wat my REGTIG ken, weet hoe laf ek is oor ‘n vuur!  Ek betaal hom sy R525.00, en ek begin wag.  Ek epos.  Ek bel.  Ek kry beloftes.  Ek word vertel dit is sopas gepos.  Dit is nog in ‘n container.  Dit word volgende week gepos.  

Nou ja.  Hierdie vark is ‘n leunaar en ‘n dief, en Bid or Buy kan nie veel vir my doen nie, “baie jammer, maar hier is die man se details wat ons van hom het.  Doen jy maar jou eie ding om jou geld te probeer terugkry.”

Nou, meneer Trevor Norris, ek hoop die lewe haal jou in en storm in jou hol op.  Want jy het van my GESTEEL.  Mag jy swaarkry en onthou dat jy mense soos ek ingedoen het, maar ons glo die wiel draai.  Jy is ‘n mens wat ek liefs nooit moes raakloop nie.  Ek hoop hierdie skrywe dien as waarskuwing vir almal wat van plan is om met jou te deal, en jou eers google.  Jou verliese in die res van jou lewe, gaan baie meer wees as die R525 wat jy van my gesteel het.  Onthou dit gerus.

Hier volg ‘n paar van sy details wat Bid or Buy goedgunstiglik vir my gestuur het om my soektog te vergemaklik.  As een van julle hierdie man ken, ek soek asb ‘n foto wat ek ook hierby kan plaas, sodat die land hierdie skelm kan systap.  En ek het sy bankbesonderhede by Nedbank, as daar ‘n hacker is wat my geld vir my wil terugsteel!!!  Enige hulp welkom

Please find the details of the seller as requested:

ogin Name (Alias):  treva19 (404 Rating score between 100 and 499)
eMail: treva.n19@gmail.com
User Id: 1790577
Name: Trevor Norris
Telephone1 (Day): 0828677265
Address:
PO Box 735
Buccleuch
2066
South Africa
Identity Number:  5704055126082
Company Details
Contact Person: Trevor Norris
Contact Telephone: 0828677265

16 thoughts on “HIS NAME IS TREVOR NORRIS – AND HE STOLE FROM ME

  1. Ek het hom gebel en voicemail gekry. hOEKOM BEL JY NIE DIE POLISIE NIE, OF GEE HOM AAN BY DIE BURGER SE VERBRUIKER SFORUM, OF FAIR DEAL? OF IS DIE ISABEL JONES?

  2. so skelm bliksem, maar elke hond kry sy dag (dis net lekkerder as mens daar kan wees vir daai dag)

  3. Ek weet nie of jy al intussen iets anders gekry het nie, maar ek wou al lankal so-iets maak – ek mos goed met welding rod en grinder! So, ek gaan een maak, vir jou ‘n pic stuur en as jy van hom hou, dan stuur ek hom vir jou. Genuine.

  4. Vat hom Skoor. Sulke bliksems moet teen `n muur staangemaak word, geblindoek!
    Ek koop niks op die Net nie want ek word dan oop oë bedonner as ek in die winkels koop, hoe sal dit gaan as ek blind op die internet koop!

  5. Jissie julle, ek is nou serious as ek hier kom bieg – maar moet mens se epos jou nie beduie as iemand jou antwoord nie?

    Hier stik ek in my lemoen toe ek sien hoeveel replies hier is, en die arme Dion weld sy gat af en ek se net niks! Dion, stuur die kiekie my dessit, ek kan nie glo ek sien NOU eers jou offer nie!

    Haai Louwie, ek kry jou sommer jammer, maar ek wil ‘n man in sy oe kyk as ek hom terugkry!

    Noutoe. Nou toe nou; ‘n onbekende avatar op my blog – welkom

    Nadia, Gogga, Charms, BB (die wiel sal vir hom draai en sy knhaturs knyp) XP, Olga, Flintie en SeeGogga, fanks vir die lank terug se inloer en my beter laat voel.

  6. Die bliksem skuld my ook geld ,tree op as middleman,betaal min deposito en hol dan weg met die geld as die werk afgehandel is.Sy adres as ek reg is.101 randpark drive,randparkridge,jhb

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s