Tuiste » Skoor Bek » Wapper die Groen en Goud

Wapper die Groen en Goud

Vier jaar gelede ry ek saam met my ma Somerset Wes toe.  By die verkeerslig verkoop hulle groot Springbok vlae.  Wapperend in die seebriesie.

Ek laat my ma stop.  Ek wil ‘n vlag koop.  My woorde aan haar is vandag nog deel van daardie vlag: ‘ma, vanjaar wen ons weer die beker’

Sy weet van beter as om van my te verskil, en boonop weet sy niks van rugby nie (sy het darem vanoggend gese die afrigter, Pieter Div staan met ‘n stywe kakebeen soos een wat stres, so ek neem aan sy weet hy’s coach)

Vandag wil ek egter, met die bemoerdgeid in my hart oor ‘n Bok embleem op die skouer, nie dieselfde gevoel kry as laaskeer nie.

Die twee mense in my kop is aan’t baklei:  verloor tog asb een moerse hou.  Sien julle gatte in elke game en kom huis toe, want vet kaptein John en useless Snorre en die politiek en die Bok wapen is net ‘n dem joke.  HULLE wil mos nou die laaste ‘wit bastion’ se pilare ook laat tuimel, dat daar niks meer oor is nie.

Shit, WEN tog net en speel die regering en die rassiste se monde toe.  Slaan hard en druk vinnig.  Maak ons trots.  Doen dit weer.  In flippen Nieu Zealand.  Jissie dit sal darem hart-bars oomblikke wees.

Ai, die Bokhart is woes deurmekaar.  Maar ek is ‘n flippen patriot, en ek gaan skree en skree tot ek nie meer kan nie.  En hopelik is dit tot wanneer die beker gelig word deur iemand in Groen en Goud.

GO BOKKE!!!

 

 

 

6 thoughts on “Wapper die Groen en Goud

  1. Ek het gedink Jake White is ‘n … wel ek het nie veel van Jake White gedink nie, en hy het my verkeerd bewys. Ek dink nog minder van P.Divvy, maar daar is min dinge wat my blyer sal maak as om vir ‘n tweede maal verkeerd bewys te word.
    Ek glo geen persoon wat ‘n springboktrui oor sy kop trek, maak nie saak waar die embleem sit nie, sal ooit in ‘n wêreldbeker op die veld draf sonder die intensie om 200% te gee nie. Doen julle beste boykies.
    En synde dat die eindwedstryd op my verjaarsdag is mag ek darem seker wens vir ‘n Bokke vs All Blacks finaal🙂

  2. Ek gaan so hard soos ek kan skree. Maak nie saak waar hulle daai bokkie op hullen truie laat sit nie die bok gees bly maar op die regte plek in ons borskaste.
    Kan nie glo dis al 4 jaar terug wat ek in die kroeg stok siel alleen tussen al daai klomp Engelse gesit en skree het nie. Dis seker die naaste wat ek al ooit was om gedonder te word. Ek en my SA vlaggies op my wange en groot bek. ONS VIR JOU SUID AFRIKA

  3. Dalk gaan dit wees soos die sokker verlede jaar. Ek het nie juis gedink ek gaan vreeslik daaroor worry nie, toe raak ek heel ballistic daaroor. Op die oomblik voel ek baie soos jy, so wie weet – dalk raak ek weer heel carried away;-)

  4. Ai PJ, happy bifday poer in sy moer in…

    Charms, hou maar op skree. Dis veiliger. Netnou kla die bure jou van rusverstoring aan😆

    Son, voor jy gecarry word, toe drop die ref ons. Dis ook maar beter. Soos ek begin drink het aan die bier die vrek warm naweek (jys seker in jou noppies) sou ek nogal gecarry geraak moes word, en jy weet mos ek is effe groter as die middelslag ui

    Ai Gogga, en ek lag en spog en spot toe die ingilse ini stof byt, en ‘n spoegdruppel se ure verder, toe is dit ons!

    Ja Graatjie, *sug*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s