Tuiste » Skoor Bek » Ope brief aan Mev Helen Zille

Ope brief aan Mev Helen Zille

Beste Mevrou Zille

Ek weet dat u kort voor lank hierdie brief sal lees, omdat u redelik ‘op die ball is met tegnologie’ en omdat ek weet u nie gras onder u voete laat groei wanneer iets onder u aandag gebring word nie.

My bekommernis vandag, mevrou Zille, en ek loop en broei eintlik al ‘n hele tyd met die pyn, is die opvoedingstelsel van hierdie land.

Meeste mense weet dat opvoeding nie regtig vir die regering ‘n prioriteit is nie.  Waarom wil jy jou kieserskorps opvoed om vir hulleself te dink, en dan TEEN jou te stem, omdat ‘n opgevoede persoon kan sien dat dinge vieslik verkeerd is in hierdie land! Daarom praat en praat die grootkoppe elke jaar, maar niks gebeur werklik nie.

Tog, en dis met groot kommer wat ek dit neerskryf, is dinge hier in die mooie Wes-Kaap nie 100% reg nie.  Ek verstaan nie hoe enige skool, 2 weke VOOR die skole sluit, leerders kan toelaat om ‘met vakansie’ te gaan nie.  En ek praat uit ondervinding oor dit wat op Stellenbosch gebeur.  Ek is heilig oortuig dat GEEN skool ‘n 100% slaagsyfer, en volleerde leerlinge het nie.  Nie eens hier in die Eikestad nie.  Eksamens word vroeger afgele, sodat onderwysers dit kan merk terwyl die kinders nie in die skool hoef te wees nie.  Is dit regverdig om onderwys tyd van leerders te neem, sodat rapporte en vraestelle binne skool ure afgehandel kan word?

Toe ek nog met my boude op die houtbankies gesit het, moes ons tot die laaste dag skoolgaan.  Heelwat kere het ons tot die laaste dag eksamen geskryf.  Niemand het gewaag om die skool voor 11 te verlaat op die dag wat die skool sluit nie.  Ons rapporte is gepos.  

Vandag is ‘n heel ander storie.  Hoeveel skooldae gaan altesaam verlore as skoolhoofde hierdie snert toelaat?  Ek voel bitter jammer vir kinders wat ‘n onderwyser se ondersteuning en leiding nodig het.  Hulle is die verloorders.  Die toekoms van hierdie land is die verloorders.

Ek hoop ek het aan die regte persoon geskryf mev. Zille.  Volgende keer skryf ek vir u oor dwelms.

Met groot waardering

Skoor

11 thoughts on “Ope brief aan Mev Helen Zille

  1. Skoor jy het maar net ‘n manier om die spyker vierkantig op die kop te slaan. Jy sal slapelose nagte hê as jy moet sien hoe dit hier in Limpopo lyk. Selfs die onderwysers wat nog omgee vir die opvoeding van die kinders kla. Dankie dat jy hierdie brief geskryf het, maar dit moes sommer aan die President gerig gewees het.

  2. Die president vee sy gat aan meeste van voorstelle af wat na sy kant toe kom. Onthou, opvoeding was ook nie hoog op sy lys van prioriteite nie!

  3. Dit is niks nuuts nie. Ons het op skool ook vroeg klaar gemaak en ons rapporte ‘n paar dae later gaan haal. Ek praat maar eerder nie van die streepsakke vol ekstra klasse wat ons gehad het (selfs in vakansies) om die werk in te haal nie. Jy kan amper sê ons het daardie dae af ingewerk.

  4. Baie waar Skoor! Skool is vir skool en Onnies het altyd ‘n paar dae NA die skole gesluit het, by die skool gebly om daardie dinge te doen – dit hoort so. Ek kan onthou laas toe ek ‘daar’ skool gehou het, het my kinders tot die laaste dag hul skoolgoed gehad – nog met my gemoan oor die ander hul tasse by die huis kon los op daardie dag, maar myne moes hul pennesakkies in die klas los, want ons het nog daardie laaste dag gewerk – al was dit ‘n blokkiesraaisel of a wordsearch, maar daar was steeds iets gedoen! Drie Hoera’s vir jou inskrywing, sal ek dit vir Helen tweet of gaan jy!?🙂

  5. AL Suid Afrika se probleme is onderwys gekoppel. Niemand het ‘n probleem om middelklas te wees nie. Eenvoudige opleiding op opvoeding waarborg amper ‘n middelklas lewe en goeie nationale groeikoers. Eintlik behoort ons al ons geld in opvoeding en opleiding te spandeer.

  6. Dankie Skoor. Met al hierdie ‘af’ dae wat hulle die kinders (lees hulself) gee, hoop ek hulle besef dat die bloedjies EN hulle ekstra klasse na-ure en in skoolvakansies sal moet bywoon om weer te probeer op dreef kom.

  7. Sien XP, daai stelling is my gat se deksel! Hoekom betaal ouers skoolfonds, en hoekom moet ekstra klasse aangebied word (meeste teen betaling = ekstra cash in die onnies se sak) as dit is wat hulle in die die eerste plek veronderstel is om te doen??? Dit maak my boos.

    Nikita, ek het jou al uitgekyk. Jy is van daai onnies wat die kids se tonge laat uithang van al die kennis wat jy aanbied! SA mis mense soos jy wat die ekstra myl, en meer, stap!

    Dankie Francois, back atcha!

    UnPC, opvoeding en opleiding maak vir ‘n sterk core. Ek dink nie dis wat die regering regtig wil he nie. Seriaas.

    Dis net nie reg nie Charms. Die stres wat dit op ‘n kind sit wat sukkel, om in ‘n vakansie iets te probeer inneem in ‘n oggend, is net nie reg nie. Dis ‘n bleddie wandaad. DIS vir my menseregte skending. Net soos wat daar in my dag kids was wat gesukkel het, is daar vandag ook. Miskien meer as toe. En wat gaan van hulle word?? Die arme ouers wat probeer om die gate te vul waar die onderwysers faal, is so ‘n jammerte. Want hulle is ouers. Nie opgeleide onderwysers nie.

    Ek kan sonder om te jok, vir jou vertel van onderwysers in swart skole wat eerder IN die personeelkamer sit en hoenderpote kook as om hulle leerders op te voed! Vir my is dit wat hulle doen, en dit wat die hoofsaaklik blanke skole doen deur leerders se skoolgaan tyd in ‘vroee vakansie’ om te skakel, presies dieselfde. Een ruik net slegter as die ander een, maar die uitslag is dieselfde!

  8. Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.

  9. Awe sista! Jajaja, ek weet ek’s stil, my hond ook, maar ons het ‘n anderster jaar. So seg maar as julle weer suid neig, dat ons kan klets.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s