Tuiste » Skoor Bek » As ‘n Muis verjaar…

As ‘n Muis verjaar…

Hallo julle almal

 

Muis verjaar mos 27 April.  Sy wil graag hierdie kennel he vir haar verjaardag, met die volgende vereistes:

 

Volvloer matte

‘n Binne-lig

Radio wat heeldag op BOK ingeskakel is

Selfoon

‘n Hamster hok met 2 hamsters

Koekies en Melk in oorvloed

‘n Kennisgewing wat lui:  GEEN KATTE WELKOM

Plaveisel rondom

 

Soos julle kan sien, is die vereistes hoog.  As dit vir julle moontlik is om finansieel by te dra, ek gee haar bank besonderhede met liefde!

 

Rekening houer:  Muis Hond

Rekening nommer:  1

Bank Naam:  Bedorwe Diere Beperk

Tak naam:  Boom Tak

 

Groete!

 

10 thoughts on “As ‘n Muis verjaar…

  1. Heita Plasie! Jy verstaan mos van bederwery. So om nie my kind, aag ek bedoel, hond, teleur te stel nie, moet ek die wereld en sy maat probeer betrek!

    Fanks Jagter! Die kiekie laat my dink aan ‘n bordjie wat om haar nek sal kan gaan: i will pose in funny clothing for your entertainment. You just feed me nice chewies…

  2. Muis in ‘n kennel? Slaap sy dan nie soos kinnirs innie bed nie?😯
    Ons sal vir Muis ‘n lekker ‘bersie bring wanneer ons weer Kaap toe kom – ongelukkig is dit na die winter, maar sal kan doen vir ‘n vroeë Krismispersent.😉

  3. Pingback: Blog-ontploffing « Kouevuur

  4. ja tannie Son, Muis IS sowaar cooler as Jack! Jy moet haar nuwe jassie sien wat haar peet tannies gegee het. Kyk, ewe met fur om die nek…

    Aag ou Krista, jy weet mos die kinder-geite. Dis maar net omdat sy haar ma bietjie op ‘n knop wou jaag. Daai kennel sal ‘n daddy longleg nes word. En die binnelig sal pap word van NIE gebruik nie. Ek kyk vanoggend (nou moet die wat gril, fast forward….) waar Muis in die bed le, is so ‘n strokie wit hare! Dis nou weer tyd om soos ‘n mens onder die duvet te le, met ‘n kop op iemand se kussing, uitgestrek en NIE opgekrul soos ‘n brak doen nie…

    Nikita, ek duld nogal NIE die hedendaagse kinders se gedrag nie. Muiis weet sy sal moeilikheid kry as sy dink ons kommunikeer dmv selfoonboodskappe!!!

    Charms, as jy maar net weet HOEVEEL die kjend ontvang. Van sakke biltong tot koekies en melk elke oggend. En natuurlik word die melkies eers warm gemaak dat die magie lomerig word en die ogies toedruk. Dan slaap sy weer bietjie.

  5. 😆 jy weet, hedendaagse kinders kan nogal ‘demanding’ wees. Hulle kommunikeer nou deur ‘face’ ook – moet my nie vra wat dit is nie, ek is in daardie opsig tegnologie-gestremd. – weet dis iets op die fone LOL… ek het ‘n BB en ek gebruik dit slegs om oproepe te ontvang en te bel. Ek haat sms’s stuur – ek email. So, ek sal ‘n slegte ‘hedendaagse kind’ uitmaak.🙂 Groete aan Muis. – gebruik sy dalk Morse kodes? [hehe]

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s