Tuiste »

Hoekom ek die NG Kerk systap. FamilieKerk se gat!

A-fkkenmazing!  Die rede hoekom ek jaaaaare terug al uit die NG Kerk gewaai het, en mens sou dink dat die mensdom grootgeword en aanbeweeg het in die twintig jaar, maar klaarblyklik NIE!

Verneem ek in Stellenbosch – gemeente Familiekerk – is daar soveel struweling en rugstekery, die jare lange predikant is met gedwonge ‘watookal’ terwyl die res van die gemeente klippe bymekaarmaak en eposse stuur en stories met moerse sterte las.  Halley se Komeet sou verdag onindrukwekkend voorkom as hy moes kompeteer met die skinderstories uit die Unieparkse hange en omliggende gebiede.  Twee faksies, so wil dit vir die buitestander voorkom:  Die (steeds ‘n jong man met jong kinders en jong vrou) predikant, teen die res van die gemeente en ‘n stok-ou predikant.  Redes onbekend.

Haai, nou wil ek as leek en NG kerk afsweerder, vir die klipgooiende hoog-heiliges en hulle leeraar, net bietjie die volgende vra:

Wattefk leer die Woord vir julle?  Moet ek aanhaal, omdat julle te STUPID en KORTSUGTIG blyk te wees?  LUISTER julle nie na die Woord nie, omdat julle dit anyway nie toepas in julle daaglikse lewe nie???

Rom 12:17-19

vergeld NIEMAND kwaad vir kwaad nie;  bedink wat goed is voor alle mense;  as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.  Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn;  want daar staan geskrywe:  Aan MY kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here

Sondag vir Sondag sit julle met julle titels soos witgepleisterde grafte en knik skaars vir mekaar, omdat groet te veel moeite is.  Ry in die straat by julle verby, en die koppe draai blitsig in die ander rigting, net om enige oorkontak of herkenning te vermy.  Julle menslikheid en hartlikheid moes plekmaak vir ‘n adres en ‘n voertuig model.  Julle dag bestaan daaruit om mekaar te beskinder, te verwens, te kompeteer.  Uit julle bitterbekke kan GEEN hartlikheid en vreugde kom nie.  Want julle is VALS.

Kry vir julle ander Bybels.  Want julle word verkeerd geleer.  Julle dien die verkeerde Jesus!   Julle weet  nie van nederig wees nie.  Julle weet nie om iemand by te staan en te ondersteun nie.  Julle vergeet dat die wiel net so gou vir JULLE kan draai soos vir daardie man en sy gesin, en  MOENIE dink die ‘vriende’ wat nou so in jou kring staan, gaan agter jou staan as jou lewe in ‘n hel op aarde omskep word nie.

 Julle is al so doof gegil aan ‘KRUISIG HOM’ dat geen sagte woord, of ‘n versigtige vermaning, ingaan in julle ore nie.  Julle is dronk van leuens, opstokery en after-af gekonkel!

Skaam julle, gemeentelede  die Familiekerk.  Julle is die rede dat hordes mense, en veral jongmense die NG Kerk verlaat.  Ons is gatvol vir bloeddorstige oumense wat soos donirse aasvoels sit en loer watter lyke hulle aan kan vreet!

Johannes 8:7

Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gese:  Laat die van julle wat sonder sonde is, die eerste ‘n klip op haar (hom) gooi. 

Jissie, ek weet hoeveel mense daardie man nag en dag bygestaan het.  Hoeveel laste, geheime, skandes hy moes help verwerk het.  Is ‘n predikant nie net ‘n mens nie, of is hy veronderstel om net so vlekkeloos en sonder menslikheid te wees soos julle walglike klipslingeraars?  Wie help  HOM om alles te verwerk.  Wie ondersteun HOM as sy dag donker begin?  

Dan is daar lelike tannies wat kliphard verkondig dat hulle die kerk sal verlaat as die man aanbly.  Wel tannie, gaan kruip terug in die drein, jou opgesweepte lyf weerhou mense om tot eer van Jesus ‘n erediens by te woon, het jy dit besef?  Met al julle duiwelse gedagtes en monoloe in julle koppe, blok julle anyway die Woord om by die res te kom, en maak julle net die predikant se lewe onnodig moeilik.  En dink jy REGTIG baie mense gaan jou en jou bitter spoeg mis?

Hy het duidelik in die hel beland toe hy jare terug die beroep aanvaar het, want satan se messlypers sit toe al die tyd op die harde houtbanke!  Met dieselfde maat waarmee JULLE meet, gaan julle gemeet word.  Mag die ellende soos pes op julle toesak, net omdat julle julself verhewe gestel het bo ‘n mens.  ‘n Medemens.  Daai ding wat jy moet optel, en ondersteun.  Maar ja, julle Bybel is seker anders.

En julle het hom die rug gedraai toe julle ‘n helpende hand moes uitsteek!

This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

17 thoughts on “Hoekom ek die NG Kerk systap. FamilieKerk se gat!

  1. Daai slaperige vent wat veronderstel is om wag te hou oor my vrot bek het bitter lanklaas so hard moes werk soos in die tyd wat ek ‘n kommentaar probeer formuleer hierop. Dankie dude, gaan rus nou maar. Jy lyk vodde.
    Dis hartseer, moer hartseer, dat daar so bitter min Gods diens (twee woorde met opset) voortspruit uit die organisasies waar daar soveel godsdiens gepleeg word. En ek beperk nie hierdie observasie net tot die ENGEE kerk of tot Christene nie. Met apologie natuurlik aan die klein persentasie van lidmate wat actually hulle geloof prakties leef. Vir hulle haal ek my hoed af.
    Die bedoeling van die begrip “kerk” het so vermink geraak dat dit skaars herkenbaar is. Is dit dan steeds ‘n raaisel hoekom die stroom mense wat hulleself losmaak van die georganiseerde geloof nie minder word nie?

  2. Dis jammer om van sulke dinge te lees. Die tyd waarin ons leef het mens regtig nie sulke dinge in ‘n Kerk ook nodig nie. ‘n Kerk is die Huis van God. Is dit wat in Sy huis gebeur? Ek dink nie Hy kan daarmee gelukkig voel nie. Dit sal in so ‘n Kerk ook nie goed gaan nie, want God – en Jesus – is nie daar ‘tuis’ nie. Jesus sou nie dit gedoen het nie, so waarom moet mense dit doen – of so wees? Sies vir hulle! Sies!

  3. Ek was so lank slegs op FB dat ek nou die LIKE knoppie gesoek het. Ek`t langer as 25 jaar terug reeds die kerk verlaat – as iets vir my `n bedreiging inhou of boos voel – so sonder positiewe energie – is dit seer sekerlik ook so. Ek is jammer vir diegene wat deur hierdie proses gaan en seerkry daardeur. Party mense het die kerk nodig – want niemand anders gee vir hulle leiding nie (of so voel dit vir hulle) maar juis in SA is die kerk besig om hulself te verlaat – totaal en al. Ek glo nie enigiemand het sulke leiding of die oeverblindery van kastig liefde daaragter nodig nie. ……dalk moes ek ook maar liewer stilbly.

  4. Enige “Kerk” is maar net ‘n samevoeging van mense en mense het foute. Mens sou beter van ouens verwag wat Christus moet verteenwoordig, maar nouja…🙂 Ek behoort aan die NG Kerk en in ons piepklein gemeente met sy sowat 30-40 mense wat Sondae kerk toe kom, is daar regtig ‘n klompie goeie mense. Maar daar is ok maar ‘n paar drolle. Nes daar buite – buite georganiseerde godsdiens. Dis jammer dat daar mense is wat deelneem aan georganiseerde godsdiens wat glo hulle is beter as ander mense, want hulle is nie.

  5. Georganiseerde Godsdiens? Hoe lyk ongeorganiseerde Godsdiens en hoe word dit beoefen?
    Die mens is vol foute en die hele wereld is vol ellende as gevolg van foute wat begaan word: bewustelik en onbewustelik. Mense gee mekaar aanstoot by die werk, kerk en sosiale vlak. Dit het sekerlik nie sy oorsprong in die NG Kerk nie! Ek se nie dat mens nie die GNK moet verlaat as jy nie meer daar tuis voel nie. Ek se net dat die oordeel van die NGK dan ook by God berus.So, hou jou mond en beweeg aan.
    Wat het Christus in die tempel met sy aankoms in Jerusalem gevind? Vrome aanbidders van God of ‘n deurmekaarspul van handelaars, boewe en tempelhoere? Was daar mededinging tussen die dissipels oor wie die grootste in die hemel geag sou word en hoekom?
    Georganiseerde kerklike samesyn het die tasbare sonde tussen die vier mure van die kerk uitgedryf, terwyl die mens inherent nog steeds dieseldfe skandvlek saam met hom in die kerk indra. Dis daar waar hy saam met ander gelowiges sy hoop en geloof versterk in die woord van God.
    Ek weet nie wat in die Stellenbosche kerk aangegaan het nie, maar sou dit nie beter gewees het om eerder die brief aan die gemeente te geskryf het nie? Dit sou immers deel van die oplossing gewees het.
    Ek hoop die skrywer het aanbeweeg en nie weg beweeg van: “Ek glo aan ‘n heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges en die vergewing van sondes” nie.
    Groete
    Le Roux

  6. Ook 32 jaar terug die Ng Kerk Gelos. Onthou my weermag dae waar ons Sondae masjeer na die kerk.Daar aan die slaap geraak om net buite weer gevloek en geskel word deur die offisiere om in lyn te staan. Slimkop ek het gou n ander kerk in die dorp uitgesoek om uit die marteling te ontsnap. Ons was geforseer om kerk toe te gaan van kindsbeen .Die sondagskool het altyd geruik na skoen politoer en vrot sokkies

  7. Julle almal vergeet klaarblyklik diegene wat werklik hul harte vir die Here Jesus oorgegee het, eintlik die kerk (ekklesia) is, soos wat julle nou die kerk as ‘n organisasie uitbeeld..afkraak, noem dit wat julle wil. As jy die gebou of organisasie verlaat het, maak dit jou nie minder ‘kerk’ nie. Sonder lede bestaan die kerk ‘organisasie’ nie, maar God se ware kinders funksioneer anyway waar jy ookal beweeg.

  8. Die kerk loop leeg in Europa en die tendens neen toe in Amerika. Die NG kerk is tradisie wat die jongmense ontgroei het. Geloof is maar n fantasie.Het jeus ooit bestaan?

  9. Ek le vanaand op my bed en huil terwyl ek almal se komentaar lees, en dis so hardseer om te lees dat daar nie meer ware liefde onder so baie kerkgangers is nie. Om te dink dat die Woord van God so gebruik kan word as n wapen van vernietiging teen mede kerkgangers, waar is die liefde? Ek praat van die liefde wat ons in die Woord leer, van dieselfde liefde wat Jesus aan die kruis gehou het? In Gal 5:22 lees ons oor die vrug van die Gees en ek lees ook dat die hele Wet van God saam gevat is in liefde, ek het ook so baie vloekke in sommegis se opinies gelees dat ek my geskaam het en te dink daar staan geskrywe” laat daar geen vuil woord uit jou mond gaan nie” en dit deur mense wat hulle self probeur verregverdig deur ander wat met klippe gooi met daai selfde klippe terug te gooi. In die kerk wat ek by woon is daar ook die kliks maar di is my plig om hulle in my gebed op te dra in my binnekamer waar ek intiem in gebed met my Hemelse Vader kan wees, staan daar nie dat ons almal een liggaam is in Christus nie? So as daar vout is met die vinger kan ek hom nie net afkap of met die oor net afsny nie want dan gaan die liggaam nie reg kan funksioneer nie so wat staan my as kind van die Here te doen?! Ek glo die probleem met die meeste kerke vandag is dat die mense fokus verloor en nie meer God die middel punt is in ons aanbidding nie en ook nie meer die rede is waarom soveel mense kerk toe gaan nie, dit gaan meer vandag oor wie die meeste 10de gee of die mooiste kan aantrek, die meeste kerke is meer mens gisentreer as God maar des te meer moet ek bid bid bid vir my broers en susters In die gemeente want dit is ons plig om mekaar te dra in die gebed, in plaas van om op te pak en sleg te se moet ons vir mekaar bid. Hoeveel van julle wat kommentaar gelewer het het werklik n ware oprege verhouding met God hoeveel van julle kan se dat uitnemendheid van die liefde is n werklikheid in sy of haar lewe en ek wonder hoeveel staan hulle knee deur langs hulle bed terwyl hulle ver mekaar en die kerk bid?

  10. Petrus, ek stem 100% saam. Die grootste is die LIEFDE. As ons nie mekaar lief het nie. hoe ver is ons dan nie van ons verdere naastes verwyder nie?
    Groete
    LRH

  11. Hier is ʼn vriendelike maar ernstige vermaning; moet asseblief nie ongered sterf en onder die oordeel kom nie, maar kom tot geloof in Christus en laat jou doop in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde, en jy sal uit genade deur jou geloof in Christus gered word en die gawe van die Heilige Gees ontvang.
    Want elkeen wat in Christus glo, behoort aan Christus, en as ons aan Christus behoort dan is ons die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename van die ewige lewe. Amen.

    Johannes3,16; Handelinge 2,38; Efésiërs2,8-9; Galásiërs3,26-29;

  12. Dit is baie hartseer, ek ken ook baie mense wat die N G kerk verlaat het. Ek het die die 1 vrou gevra hkm? haar antwoord was oor die geskinder ensv. ek vra haar toe hoekom gaan sy kerk toe? want oral in alle kerke is daar skindertonge, hooghartige mense esv. n Mens gaan kerk toe om na die Woord te luister om God te aanbid, gelukkig is ek n persoon ek groet almal en nog elke keer het oud en jonk terug gegroet.
    Ek besoek nie n kerk om gesien te word nie, ek bid eerder vir hulle, God sal hul wel op hul foute wys. Hulle is groot en weet wat reg en verkeerd is.
    Want die mense wat so kla doen nou eintlik dieselfde as die rede hkm hulle die kerk verlaat het. Nou skinder en praat hul kwaad van hul vorige kerke!
    N Kerk is in elk geval net n gebou waar mense bymekaar kom om God te aanbid. Dis die mense wat so hardkoppig en ongehoorsaam is. Mense moet na jou kyk en se ek wil ook so n Christen wees, dit moet uitstraal in jou lewe elke dag. Maak jy die veskil in ander se lewens? Help nie ons vlug van kerk tot kerk nie, mense is mense , van die Bybelse tyd af is ons nie tevrede met alles nie.
    Openbaring 6: 1-9
    God se oordeel oor die mense se sonde en opstand- gaan lees gerus oor die simbole van die perde.
    Matteus 19:26
    JESUS het reguit na hulle gekyk en gese, vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.
    Amen

  13. MENSE IS MENSE wat help dit jy gaan van kerk tot kerk orals is maar dieselfde probleem en waarom nou die NG KERK uitsonder ? Ons moet ons Chrislike plig nakom en mekaar lief he soos wat JESUS ONS LIEFHET.
    Bid ons nog vir ons naastes.

  14. Die NG kerk verdien om Uigesonder te word is julle almal totaal vertraag die kerk het die woord van God misbruik vir jaare kom ons kyk wat se die kerk op n dag en nou verdraai hulle die woord nog verder en se die ALMAGTIGE GOD IS VAN SY KOP AF HY IS is verkeerd Sy woord is nie waarheid nie Moffies mag trou mans maag sex het met mekaar God se woord is vals ons leer julle nou die volle waarheid en hou julle op die regte pad God se mans mag trou met mekaar en vrou met vrou man mag nou sex het met mans se die bybel nou skielik ek vra waar staan dit in die bybel hulle het werklik n ander byble NOU OP N DAG SAL HULLE SEKER WEER VIR HUL GEMEETES VERSKONING VRA EN SE ONS HET JULLE WEER VERKEERD GELEER NE Ons wonder net wie in die NG Kerk was só smart om al hierdie mag aan ‘n gruwel in God se oog te gee? Ek herinner my nog sterk aan die feit dat die NG Kerk in 1986 Kerk en … deur 1 sinodebesluit te hoor al die jare het hulle ons verkeerd geleer?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s