Tuiste »

Selfmoord. Sonder ‘n nota.

Dinge was amper lelik. Ek is gelukkig om my ma nog `n ruk by ons te he – om haar gister net weer t ekon sien – om aan haar te vat en sy`s nie yskoud-morsdood nie.

Dis `n lewensles – oogoopmakertjie – onnodig – maar steeds lees ek haar hulpsmeek daarin.

Nou ja – gister kom ek toe by Twane aan – beleefd en so aan en so aan. Navrae toonbank lewer `n wye-lee kantoortjie op. Gange op, gange af – ommmmmm die een plek, binne ongevalle in.

Lang rye – baie toonbankie – bankies vol van pasiente en mense wat half lyk. Half-seer, half-dood, half-lewendig, half-demoerin, half-hongerig of heeltemal aand die slaap (veral die agter die toonbanke) maar ek mind nie, ek dink steeds hulle werk baie hard.

Ek kies `n toonbank met slegs 1 oukie in die ry. Hy word aangese om ook half op `n bankie te gaan sit. Hy doen dit so half-half – dis nie juis asof daar nog plek oop is om iemand tussen die trollies vol mense en bankies in te kry nie.

Sy gluur my aan – “Eya?”

Middag – waar vind ek meer uit oor `n pasient wat moontlik hier in die hosp is?”

“Tawk iengliesh!”

Hu??? Ek meen, Suster! Ek neem nie orders hier nie – ek mag hulle dalk begint uitdeel – weet jy wie ek is? En ek meen nie ek hoort in `n ward waar hulle my moet toets vir alzheimer of iets nie? EK is `n Sef Efriken sittizaan! En I no my raaits!!!!!

So……”Ek verstaan nie – jammer – kan jy Afrikaans praat?”

Tawk iengliesh – *rol oe*

Hmmmmmmmmmm???????? O jitte susterkie….my geduld is korter as hierdie ry – en ek sien ek is alleen hier.

Sien wag wat aankom – Mamm?

Ken jy Afrikaans?

Ja?

Ek soek `n pasient.

Geen probleem – so amper sonder aksent nogals.

Davison.

Oh

Blaai deur die suster se boek

Oh

Sien mevrou die wit streep op die vloer?

Jip

Volg dit en u sal haar kry.

Huuuuuu??? Seerjas?

Ek meet die wit streep op die vloer wat so pylreguit in die middel van die gang geverf is – langs dit is daar ook `n rooie en `n bloue.

En dit verdwyn om die hoek van die draai.

Ek wonder?

Moet ek bo-op die wit lyn loop en probeer ballanseer of moet ek net met my oog meet en volg waarheen dit lei of moet ek ten minste in di e middel van die gang loop en nie hoeke sny nie en so bo-op al3 strepe gelyk loop. Hulle maak darem die ballanseer toertjie makliker as een streep, maaaaaar ek sien die blou verdwyn agter `n deur in waarop staan: Only staff – so ek belsuit om langs die oorblywende strepe te loop en hoeke te sny. My oog op die wit streep – om nog `n hoek en nog een….agter `n wit streep aan.

In `n gang met mense wat op bankies sit so al langs die muur af – 2 polsiemanne met groot gewere staan langs `n hopie wat in `n rolstoel opgekrul le en brul.

Die gang eindig in toe deure. Ek draai om (half vererg) die wit streep eindig so teen die toe deur.

Ek draai om en sien hierdie bekende gesig!

My ma staan met `n staff en praat. My hart hop so in my keel in – ek sluk die geklop terug.

Ma? Mammie!

Sy staar eers toe vat ek haar saggies en druk haar net so rukkie teen my.

Ek is bly ek kan weer aan har vat – dis al wat saakmaak.

Die staff is klaar en se sy moet ook op die bankie sit – die dr sal haar nou sien.

Ek vra uit oor hoe sy voel, het sy geslaap, ge-eet? Hulle het haar uitgepomp en gedrip, maar die drip is afgeknip met die naald wat steeds in haar arm sit.

Ek raak stil.

Ma?

Waarom het jy pille gedrink?

Sy begin die plastieksak op haar skoot gate uitskeur en haar voet klap-klap-klap op die vloer….senuweeagtige bewegings…

Ma? Ek praat vandag met jou – ek wil weet – alles – die lewe is kort – ek is vandag ook net `n kort rukkie hier – praat asseblief? Ek vra mooi.

Dinge moet uit – mens bly nie stil sommer net nie.

Ma? Asseblief…

Ek soek nie pille nie!!!!!

Ma – nee! Dit gaan nie werk om weg te skram met maak of Ma nie hier is nie.

Ek vra nou – waarom het Ma `n oordosis pille gedrink???!

Sy huil – en huil.

Ek vat haar in `n kamer in wat stil lyk – daar is 1 staff in – sorry mam, we need ` quite place – no problem – sy gaan uit – dis die sluice.

Ma? Waarom?

Pyn in rug, pyn in rug maak my so seer…kan nie meer – en eensaam….ek sien niemand meer, Marie kom nie meer soontoe – ek wil nie so lewe nie.

Ok, as dit al is, sal ons plan maak – maar die tehuis is op `n slegte plek – niemand wil sommer kort-kort so in die middestad ingaan nie – dalk moet ons kyk vir beter rustiger plek?

Nee.

Waarom nie?

Stilte – stilte – ek is ok daar.

Maar hulle kyk nie na ma nie! Sien wat het gebeur?

Ok, ek wil huistoe.

Loop by sluice uit – belowe om planne te maak en te praat – dink steeds `n stiller plek in beter omgewing sal die opsie wees.

Sit by op bankie – lees papier teen muur – Only staff – no visitors. Ek trek my gesig skeef – dalk lyk dit of ek half lyk.

Gesels en praat oor kinders en die gesoek na haar, nadat sy deur die ambulans gehaal was. Sy begint oogkontak vermy. Klop die bankie-ou langs haar (sy hande is opgekrul, hy`t `1 oog en sy ore is groter as sy kop.) Hy kyk om na haar en sy los hom. Hy sit weer voor hom en staar. Sy rek bo-oor my en vra die vrou of die deure kan oopmaak (waar die wit streep ophou) sy wil huistoe – die vrou lag beleefd.

Ek se sy moet stilsit – sy begint toe eers wriemel met haar sakkie op haar skoot – staan op en loop gang af – ek gaan huistoe!

Ek spring op en se vir een wat soos staff lyk – tjeck jy daai lady? Is my ma – syt Demensie – en sy loop weg – ek gaan haar groet, want ek ontstel haar, maar julle sal haar moet gaan vang.

Ek haal haar ind ie gang in, met staff op my hakke – Mammie – ek sal bel as ek vanaand hoor wat die dr gese het -hulle soek Ma nou daar – die mooi jong doktertjie gaan nou mooi na Ma kyk. Sy kalmeer effens – sy hou van mooi dokters wat sag praat en sag werk. Sy staan stil en loer my eers net so. Ek loop vinnig weg en die staff vat haar aan haar arm terug – hulle se sy loop kort-kort weg gange af of tot by die deur en wil nie luister nie, maar sal nie by hekke kan uitgang as sy buite sou ronddwaal nie – sekuriteit is gewoond aan pasiente wat wil wegloop en sy het net nagklere aan.

Ek is heavy moeg – loop blitsig uit en kyk nie om nie – ek wil niks meer sien nie. Nie my ma se gesig wat dalk agter my aankyk en eensaam lyk nie.

Ek wil amper stop by die counter met die kort ry en vir die susterkie sing Marry had a little lamb…. of iets moois in iengliesh, maar ek is moeg en bang ek spoeg dalk op haar skoon uniform.

Later moes die dokter my ma seker gesien het (ek hoop nie dit was die vet 1 nie!!) , want ousus bel en se sys ontslaan en hulle gaan haar na die tehuis vat.

En dis my hospitaal storie – my kop is seer van gister.

Liefde

 ek kan nie die eer vat vir die skryf van die brief nie, en die hartseer en vrae en skok is ook nie myne nie – ek het dit vanoggend gekry van iemand wat baie diep in my hart gewortel is.  en ek MOES dit net blog.  sys ok nou. haar hart is net moeg.

This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

8 thoughts on “Selfmoord. Sonder ‘n nota.

  1. Dis my grootste vrees omgesit in woorde hierdie Skorie… Hoe lief jy iemand wat nie meer weet om jou te lief nie. Jou eie goed, jou bloed en hartklop en asem…

  2. Hierdie skrywe het my nou koud en lam gelaat, ek kan amper nie hier tik nie, ek voel spasties. Mens besef nie hoe weerloos hierdie oumensies is nie. Ook hoe kosbaar hulle is nie. Ek wens elke dag ek kan my ma net HIER kry, wetende sy sal NIE wil kom nie – ook gesondheidsredes sal dit nie toelaat nie. Jy laat my nou erg na my ma verlang!

  3. …….ja, mense wat selfmoord pleeg of probeer pleeg – maak nie saak waarom, hoekom, hoe of wie nie – dit het `n wye invloed op die wat daarmee moet saamleef – agterna.

  4. Hierdie slaan my ‘n uitklophou. Ek het dit nou eers kom lees. En dis ‘n dag na my ma se begrafnis geskryf. Ek weet hoe dit voel, al wens ek ek het nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s