Tuiste »

Om koebaai te moet se

familieVanoggend het die kanker gewen, en is jy weg van ons. 

My liewe oom, wat vir my ‘n pa was.  Al was ek die ‘lelikste baba wat jy ooit gesien het’ in jou jong-seun oe, was jy die beste oom wat ek ooit voor kon vra!

Vandag oor ‘n jaar gaan ons onthou dat jy 2 dae voor oupa se verjaardag, en ook sterfdag, jou laaste asem uitgeblaas het.  Ons het gedink jy hou uit en aan vir 27 April, maar hoe sou jy kon weet wat vandag se datum is?   Ons wat agter sou bly, wou net die datum verder romantiseer.

Vandag oor ‘n jaar sal die hartseer minder wees, maar sal ons steeds sonder jou wyse woorde, leiding en insig wees.

Jou seun het sopas ‘n sms van jou foon gestuur:  Loutjie van Dyk 15 Junie 1957 – 25 April 2013

Ek het netnou geskrik toe ek jou naam sien op die sms wat van jou foon gestuur is.  Want dit kan tog nie wees nie.  En dit was nie meer jy nie.  Die – tussen die twee datums, is wat ons van nou af met soms ‘n glimlag, en soms onkeerbare hartseer oor ons verlies, aan moet vashou en onthou!

Jou lag sal altyd deur my hart vibreer, en ek weet jy en oupa sit vanoggend sekerlik voor die Jewel houtstoof in die hemel.  Wyl ouma soetkoekies bak omdat hulle jongste weer by hulle is.

Dankie my oom.  Dankie

This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

7 thoughts on “Om koebaai te moet se

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s