Tuiste » Skoor Bek » Soulmate – vir Mika

Soulmate – vir Mika

Maar môre gaan ek weer aan die bo-deur van jou hart kom hamer en deur die gleuf van jou kosyn loer
en opgewonde giggel as jy nader staan om oop te sluit en my in te nooi

Jy gaan n koppie koffie in jou een hand hê en n vuil kwas in die ander10dc48a93ffebaa18acbafec2b15ed43
en jou oë gaan wonder hoe jy my ken. 
Ek sal net smaail en jy sal die onderdeur oopmaak en my in jou damhuis trek 
waar slinkse sonstrale deur gaatjies in jou dak die sementvloere koggel
en miskien gaan ons voel dis soos soulmates is

Ek maak prentjies met my woorde van hoe ek voor jou kaggel lê 
en jy kosmaak en ek vir jou kyk 
en jy aanmekaar vra ‘wat? hoekom kyk jy so vir my’ 
en ek lag net en skud my kop want ek kyk. 
Eks n kyker. 
Waarnemer. 
Woorde denker. 
Prentjie kop

Ek sal jou kosyne olie gee en jou naam teen jou kamerdeur vasspyker 
jou skottelgoed vir jou was.
As ek net nog een dag kan sit aan jou voete en jy nie sal luister na my raaskop nie. 
Ek sal jou vensters was en jou spieels blinkpoets en jou foon inplug om te charge 
en jou kar kom start. 

Als net om uit jou oë te sien ek’s ok

3 thoughts on “Soulmate – vir Mika

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s