Tuiste »

Sop Dieet – Dag 3

sop3Die magic nommer in my lewe.

Drie.

Behalwe as jy sop vreet en bbm vir entertainment oor jou kos boring is en jy nie smiley faces daarmee kan maak nie omdat alles geblitz is tot ‘n oranje pulp!

My broek sit nog styf. Ek het nie ‘n skaal om te weeg nie so ek gaan nie kan bevestig nie, maar ek hoop om dit in my broek te voel. Of aan my broek. Tog, nou wonder ek die volgende:  hordes uie, kool, brocoli. Jy blaas op. Jou klere span. Jy blaas af. Jy voel beter. Jy verbeel jou jys ligter. Dunner.

Dit maak mos sin? 

Ek is vanoggend super geirriteerd. Moenie vandag met my swaarde kruis nie, ek haal ‘n gun uit en skiet. Nie tyd vir kliek-klak van swaarde nie. Just get it over and done with. 

Ek het honger wakker geword. Ek het ‘n enamel kom sop by die werk, en drogbeelde van juicy burgers en sout en asyn slapchips wat die walse van Strauss dans voor my geestesoog.

Ek cheat nie. Dis nogal cool. Nog NIKS. So nie ek nie!

Vanaand moet ek weer sop kook. O, en my honde wat alles vreet, wil nie ruik aan my sop nie, wat nog te se daarvan eet. Jissie dit se nogal baie.

 



This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

3 thoughts on “Sop Dieet – Dag 3

  1. Respekte vir enigeen wat die ruggraat het om die dieet ding te pleeg en te hou daarby, maar ek kan nie meer nie. Ek sal nie meer nie.
    Toe die son die eerste maal opgekom het oor hierdie jaar van ons jirre 2014, toe was ek klaar. Ek sal nie iets eet net omdat dit goed is vir my nie. As ek daarvan hou, is dit goed vir my. As my broek te knap of my kruisbande te kort raak, dan loop koop ek nuwes. As my dikgeit iemand onstel, kan hulle maar ‘n draai om my loop. As ek dood van dikgeit, dan dood en met ‘n smile op my bek en skaapvet in my baard.
    NIE. FOKKEN. WEER. NIE. Dieet is dood. Lank lewe dieet

  2. Ek haal my hoed vir jou af vir jou drif en passie KK. Jy is so tuis in jou eie lyf, daas nie plek vir ‘n sproet op jou vel nie. Jy kan mandela se NEVER EVER AGAIN as jou eie vat. Mind you, hyt dit seker ook nie self uitgedink nie. Politiek daar gelaat…

    Slapchips met Wimpy tamatiesous en mostert en ‘n koppie koffie. Laat daai souse so in die chips intrek… Of lekker crispy duck met ‘n heuning en soya sousie. Ek proe dit. En dis vrek lekker.

    Wonder of ou Sonnie vir my nie die Tim Noakes boek het dat ek kan begin karnivories raak nie. Ek gaan fokweet NIE kla as ek vleis gebruik nie!!!

  3. Ek volg al die Atkins/Tim Noakes dieet van lank voor Atkins en Tim Noakes self daarvan geweet het. Tot hulle gesê het aartappels in alle formate, brood, mac & cheese en suiker in my koffie is uit. Toe stuur ek hulle ook in hulle moer.
    Nou volg ek die plasie dieet. Dit het net 5 riglyne
    #1 Jy kook altyd met wyn, brandewyn, port of likeur. Jy kan daarvan ook in die kos gebruik sou jy daarna voel
    #2 Elke ete moet een derde vleis bevat. Bees, skaap, koedoe/eland/rooibok etc is vleis. Indien jy nie groente kook nie verhoog jou vleisinhoud na die helfte.
    #3 Elke ete moet een derde comfort bevat. Patats, aartappel mash, aartappel wedges, baby potatoes, slaptjips, brood en mac & cheeese is comfort. Indien jy nie groente kook nie verhoog jou comfort inhoud na die helfte.
    #4 Elke ete kan optioneel een derde groente bevat. Eend, seekos, hoender en vark is groente.
    #5 Daai groen goed is kos vir jou kos. Los dit uit. Eet nou en dan ‘n lemoen en drink jou vitamines sodat die skeurbuik jou nie oorval nie. Chillies, uiwe, mushrooms, knoffel en peppers is speserye. Jy mag dit maar eet.

    As jy al jou kos eet mag jy poering kry. Poering help met spysvertering, jy moet so gereeld moontlik daarvan inkry.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s