Tuiste »

Sop Dieet – Dag 4

pass2Los my. Eks moeg en knorrig. My broek sit effe ligter om die bo-bene. Maar my kuite span. Seker soos ek moet keer om nie oor die kos-tou te trap nie. Nou’s hulle gepomp.

Gistraand weer sop gekook. ALLES pulp geblend VOOR dit in die pot in is. As ek weer ‘n vingerlengte misgeblitsde verdomde seldery stingel vind doop ek hom in peanutbotter en vloek die dieet vaarwel. pass

Ek leef vir more-aand se steak. Dis wat my laat aangaan deur die dag. Al voel dit of ek kan neerneuk en vra vir ‘n drup…

Vandag kan ek piesangs eet. Maar ek was nognie in die boom in om te gaan pluk nie. So dis sop en koffie. Goddank ek het nognie ‘n weersin in my Boeretroos ontwikkel nie.

O, en aan my bure…. ek weet julle bliksems het gisteraand Burger Fair toe gery. Moenie dink eks bleddie DOM nie, ek het julle geruik toe julle stop!

Ek het dadelik Worcestersous oor my sop gesmyt. Vir substance.

This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “Sop Dieet – Dag 4

  1. Ek het ietsie om te help. Drie keer per dag eerste ding in die oggend op jou nugter maag voor die sopppies. voor middag ete en vannaand voor jy gaan slaap. Die resep: Eetlepel heuning gemeng met ‘n teelepel kaneel. Glo ou Bloudbek dit werk. Dit verbrand vet en help vir vele ander kwale ook.

  2. @Son somtyds het ‘n mens ‘n kickstart nodig en die sop werk. Gym werk ook, maar beslis nie in die eerste week nie dan gaan jy nog slegter voel, net eers kickstart.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s