Tuiste »

een van vyftien

Die liewe Son sit en drink my koffie terwyl ek haar boeke lees, en gooi hier ‘n challenge uit wat skielik herinner aan jare terug toe ons b(l)oggers mekaar se blogs verslind, en mekaar verskeur het in die proses.  Die ‘tag’.

Kan ek nie liewers 15 feite of geite oor myself neersit, en net 7 blogs noem wat my laat lees nie?

Ek het meer geite as feite. Behalwe vir die feit dat winter my alive laat voel – die hele 1.83m van my – het ek ook geleer om die somer te verduur ter wille van mallerige mense soos bogenoemde. We agree to disagree of so iets. Ek kan nie ongekompliseerd liefhe nie – daar is altyd ‘n frieken issue, maar die lente het weer liefde na my deur gebring. Ek is nerf-af geval vir ‘n mens wat maak dat ek hou van hoe ek voel. Op my ouderdom sal niemand seker voor jou deur kom staan, onaangeraak of ongeskend deur die lewe nie. Mens moet maar vrede maak daarmee en dit om-arm en koester. Of iemand vat wat eenvoudig nie diep leef nie. En vir laasgenoemde sien ek sowaar nie kans nie. 

Ek koop my eie groen koffiebone, en rooster en maal dit met sorg en drink te veel daarvan. Ek bons egter nie teen die mure nie, want dit gaan snaaks lyk. Ek vibreer kaffiene. En dis goed en reg vir my. Dood moet ‘n oorsaak he en as myne koffie related is, skryf so op my grafkelder!

Ek maak vuur vir alles. Teen hartseer en koue, vir liefde en lig. Miskien was ek ‘n brandstigter in my vorige lewe, maar ek dink dis maar die BoereBloed in my are. As ek als op die vuur kan gaarmaak, en die mense wat ek lief so kan voed, doen ek dit met oorgawe en is gelukkig. Ons het vanjaar die voorstoep ontdek om eerder vreugdesvure te laat brand, as in die agtertuin. Daar kan die hondespan lekker buite rondhol en skelms bevlieg, en ons maak soma 3 vure op ‘n slag net oor ons kan. 

Ek het al 3x op my kop geval. Een keer van ‘n stapelbed af, in my nuwe slaapsak, bo van die boonste bed, voor ek nog skool toe is. Ek het nie wakker geword nie. Ek dink ek was disnis geval! En eenkeer in die hoofstraat van Rawsonville, van ‘n ponie se rug – jajaja ek weet dit klink bekend, die vallery van ‘n perd se rug, maar ek het OOK. Reg agter-oor op my kop. En die derde kan ek nie vandag onthou nie. Ek dink dit is omdat ek al 3x op my kop geval het!

Ek lees gedigte. Op my selfoon. En ek is verslaaf aan Google…. Dit wat ek nie weet nie, google ek dadelik. Ek is dus heeldag aan’t google.

Ek is steeds rebels en laat my nie voorse nie. Ek trek dan sommer aspris dwars. Ek hou van die shock value van my tattoos en piercings wat ek heeldag aldag dra en love dit as mense se ‘maar jys toe uiteindelik nie so mean soos jy lyk nie’ want dan bevestig ek net mens takseer nie iemand op sy baadjie nie.

Ek loop graag snags rond as die wereld slaap. Dan praat ek met my eie kop. Ek weet dis gevaarlik om in die donker te loop, alleen, maar al glo ek nie meer in ‘n god nie, vertrou ek daar is engele om my wat uitkyk as ek voet vir voet monoloe en introspeksie het sonder om ag te slaan op my omgewing.

Ek dink dis meer dan 7 geite/feite.u17754957

Die bloggers wat ek deesdae in stilte gade slaan, omdat kommentaar lewer van ‘n selfoon nou regtig ‘n pyn in die gat is, is die kosbare vrou wat die ingilse probeer bekeer in die verre, maar met ‘n hart wat punt trek vir alles ‘huis’.  

Frankie. Frankie. Waar is jy. Ons het almal van mekaar vergeet. 

Die nimlike laggende liefhe mens Graatjie. Wat ophou skryf het. Maar vir wie ons lief is met ons hart, siel, en verstand. As ek aan haar dink, sien ek die ou grote met sy voete in die sand, en sy wat darem ‘ja’ gese het sonder om chips op die rotse te eet!

Charms. Wat te min skryf. Wat baie dinge kan se.

Christa en Jaco. Altyd online, offline. Ek mis julle woorde. Kwinkslae. Wyshede.

Anna. Wat ook gegroet het. Almal se woorde het op geraak.

Gesluit. Gone with the wind. 

Die vies een. Met goeie lewenslesse mits jy bereid is om te lees en leer. Nog ‘n af masjien.

Die ‘kind’ het altyd iets te se. Iets interessants. Van my favourite leesblogs ooit.

Serious serious goete soms. Mens.

Vreemdste prente. Ek kan lekker lag

Ek sluit af. Want ek gaan nie tel en skel en twakpraat om die blad vol te kry nie. Son. Jy het woorde wat soms my hart raak, my soms bedonirt laat, soms my laat lag. Moenie ophou nie.

Mede bloggers en boggers – vertel van jou  feite en geite as jy dan nie wil vertel wie se blogs jy op jou eie tyd verslind nie. En wees goed en mooi met mekaar. Dis nice. 

This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

5 thoughts on “een van vyftien

  1. Ja Son, iewers is ons tyd vir speel opgeslurp. Dink jy ons het meer produktief geraak, of ander techno stuff gekry om ons besig te hou mee….

    x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s