Tuiste »

Ek kook sagter

Ek onthou van my blog. Van die dae wat ek soggens opgewonde voor die rekenaar ingeskuif het, en gekyk het wie trend waar en wie soek kak met wie.

Ek woon in ‘n dorp saam met son en ons sien mekaar nooit. Hoe’t jy die plek genoem destyds? Snobtown?

Ek woon in ‘n huis saam met ‘n mens wat my happy maak, ek het sommer skielik 6 honde, my lewe draai om te werk om te voer. Maar ek is ultimately happy.

Ek wonder of daar nog ‘n uitstal blad is vir die Afrikaanse gedeelte van wordpress bloggers.  Soos van ouds. Of is daai close knit spul wat ons eens was, nooit vervang deur ‘n volgende klomp klipgooiers, skinnerbekke, jammergatte en fun lot nie?

Ek trek by tye briek in my kop om te kyk dat my groen koffie bone nie aanbrand wanneer ek dit met sorg en windgatgeit rooster nie, en ek wonder waar is ons tyd heen. Mense van my pertuurs lyk vir my oud. Dan skrik ek. Hol spieel toe, en sien myself soos ek maar altyd myself sien.

Ek kam steeds ‘n moer nie hare nie, en die haar droogblaser is nie vir MY kop ontwerp nie.

Ek knor steeds vir die somer en is maar by tye ‘n rassis.  Steeds.  En ek maak minder golwe. Fok eks moeg van golwe.  

Nou, is daar van julle werfdwalers wat nog blog. Wat nog loop en scavenge vir dinge wat nie sin maak nie. 

Beduie bietjie  man. Skoor wil verneem!

This entry was posted in Ongeklassifiseerd. Bookmark the permalink.

9 thoughts on “Ek kook sagter

  1. Hi, ek is nie ‘n groot blogger nie maar is altyd mal om jou brokkies te lees want jy speel besonders goed met woorde. Bly om weer ‘n post van jou te sien

  2. DHX, dankie vir jou kompliment. Ek het vir jou ‘n challenge, synde ek nou so amper antiek begin raak, en ek met my oe in jou blog se ingils loop inploeg het. Die wat my ken weet ek kan ‘n moer nie ingils besig nie.

    Ek sit met ‘n penarie. Jy lyk vir my na die jeug van vandag. Skryf dan daar in ingils hoe mens jou gat op ouderdom 20 moet lig en ophou aan jou ma se bors hang en ‘n lewe moet kry. Veral as jy te LUI is, en nie regtig WIL nie.

    Wat laat ‘n 20 jarige seun (want mans suig nie nog ma se bors leeg nie, doen hulle??) sy gat lig van sy ewige fokin rekenaar en LEEF, en nie vanaand letterlik by sy ma kom sit en huil omdat hy nie rigting het nie.

    Daais jou challenge. Ek soek n afskop plek om die jongheer se ore te laat luister. Anders gaan ek sy gat skop en hom dalk seermaak in die proses…

    So sal ek van nou af gereeld by jou blog loer vir die wysheid van die jeug, tot ek antwoorde kry, want ek weet nie meer nie. Lyk generasie baard en hare is fokin useless.

  3. ek sien nie by my settings hoekom ek jou moet binne nooi nie. jy het dan ‘n sleutel van die voordeur! LOL Ek sal gaan loer, dankie vir die vertel!

  4. hi Skoor! Sjoe, wat ‘n verrassing om weer ‘n inskrywing te lees en weereens het jy ‘n smile op my gesig geplak. Volgende keer kom ek Kaap toe en hoop om jou dan te ontmoet! Ons was op Vleesbaai – en het by Stilbaai gaan rondry – en kaasproe by Kasselshoop gedoen en Gin-proe by Inverroche (Stilbaai) en die Kaap is sommer ‘n ander wêreld as die een daar bo in Gauteng! Die Kaap maak my sommer lus vir daar bly! Ek wou bitter graag Kaapstad toe kom, maar was maar gebind aan die res van die geselskap en kon dit nie maak nie. Ons het wonderlike weer gehad die week by Vleesbaai en dit het dit sommer dubbel lekker gemaak. Ek sal so bietjie random foto’s plaas op my blog – moet net bietjie klaar uitgepak kry die kant! x

  5. ai ek het sommer opgewonde geraak en toe heel verniet. ja die wereld is mooi. net jammer vir jy weet wat. dis ‘n date en deal vir volgende keer!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s