Tuiste » Skoor

Skoor

skoorhempNee, ek is nie een mens wat agter twee name skuil nie, ek is Skoor van skoorblok.wordpress.com

Ek het net vanoggend opgestaan en besluit die ‘BLOK’ het geen waarde in my domain nie.

En ek kon dit verander na skoorBLOG, maar ek is maar net Skoor, en so ken die mense wat my ken, my ook.

Welkom daarom in my nuwe domain:  skoor.wordpress.com – steeds dieselfde Skoor, steeds dieselfde dinge!

‘Woorde soos Water’ – dit kan jou laat versuip, dit kan jou laat groei, of dit kan van jou afval.  As jy ‘n eend is…

 

Dankie BeeBee vir die T-shirt!

21 thoughts on “Skoor

  1. Hi ek is besig met n boererate boek. Ek wil net graag verguuning vra om die lennons Boek wat julle op die webtuiste het te publiseer of kan jy my asb die kontakpersone se inligting gee vir wie ek moet toestemming vra
    Duisende dankies
    Elize

  2. Ek glo jy ry ‘n BMW as jy dit kan bekostig, maar poepolle soos jy sal een steel om jou goed te laat voel. Jy is seker ook ‘n Blou Bul fan, want net poepolle kan hulle so gedra.

  3. Haai, ek neem aan jy`s nie `n Blou Bul nie…anders het jy regtig beter gevoel vandag. Fans is net iets wat mense wat geld het, koel hou innie Somer.
    Sommige mense (lees good people!!!!) ry BMW`s wat op bank terug gevatte veilings gekoop is. Seker NOG `n rede dat jy so sleg voel? Sjame. Haaslippie, betaal in die toekoms jou paaiemente en bly net stil…jy lispel.

  4. Ai ou Haaskakkies. Ek hoop regtig teen die tyd voel jy sommer stukke beter. Anders moet jy maar veearts toe gaan vir hulp.

  5. Die verwikkelinge in Suid-Afrika is bron van groot kommer. Vanoggend op TV Nuus moes skrywer verneem dat ons kinders nie meer veilig is in die land nie en allerlei reelings getref behoort te word vir hul veiligheid. Verder het krieket se administrasie no so verval agv geldsugtigheid dat die Minister van sport `n Regter gaan aanstel om korrupsie en bedrog te ondersoek. Ons Grondwet is ontoereikend on nuwe ontdekkings van die Skepper se Heelal in ons mens-stelsels te akkommodeer en skrywer stel voor ons stuur `n aksie van stapel.
    Skrywer kan nie sy saak in ons howe verhoor kry nie.

  6. Ek wil met jou saamstem David Spangenberg – hierdie huidige bestel IS ‘n bron van kommer. Dis nie soos ons die land van ons ken nie. Wat stel jy egter voor met jou aksie?

  7. Groot verskoning vir die laat reaksie. Wat wel moontlik is , is om `n groep van eensgesindes bymekaar te kry en `n projek van stapel te stuur. Gisteraand weer op TV Nuus word berig deur SKOOR dat R34 MILJARD die afgelope twee jaar verkwis is uit belasting betalers fondse. Geen mens met self respek laat so iets toe nie. Is dit moontlik om `n groep deur hierdie kanaal te aktiveer?
    David Spangenberg
    10 November 2011

  8. Die Beplannings-Kommissie onder Trevor Manuel se verslag oor die beplande Suid Afrika van 2030 is vrygestel. Soos aan Minister Manuel herhaalde kere gestel was/is hierdie proses onvanpas weens die nuwe COBE Satelliet ontdekkings, aangekondig op 23 April 1992 deur Professor George Smoot toe hy gese het: “What we have found is evidence of the birth of the universe. It is like looking at God.”
    Hierdie COBE Ontdekkings maak `n nuwe politiek ekonomie onderwys en religie sine qua non vir ons oorlewing in Suid Afrika.

  9. Heita Jagter!

    Maklik. Stadige kole, botter en knoffel. Kreef halveer, dermpie verwyder, en maak dit rustig gaar op die vleiskant, dan die dopkant, en so gaan jy rustig voort.

    Ek is altyd rusteloos, ek kook die kreef so 15 minute, sny deur, verwyder derm, en dan gee ek hom ‘n skroei met die botter en knoffel saam, natuurlik.

    GENIET!!!!

  10. Kan nie onthou hoe ek daai tyd op die blog gestumble het nie, maar ek is bly ek het. Geniet Skoor baaaaie!

  11. Het perongeluk op jou blog afgekom met die einste “boererate”! Moet se ek is verras! Hoe kan ek subscribe op jou blog?

  12. Skoor dankie vir jou blok dis pragtig. Hoop jy kan my ook help ek het COPD (het opgehou met rook) is nou 24 uur op oxygen ek het nou longvliesontsteking opgedoen help het antbotikas gebruik nog net so siek en roerloos soos n week gelede dis te seer as ek beweeg in my rug en longe Enige I met antwoorde kan my email asb baie dankie met raad dankie Cora

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s