Tuiste » SNVL18

SNVL18

Hierdie blad enter jy op jou eie risiko.  Dis my virtuele mondspoel wasbakkie, en as jy terugdeins vir lelike woorde of kru aanmerkings, draai dadelik terug en gaan na die ‘Boererate’ afdeling, of gaan lees my latest post!

 exit

 

 

skoor5Die Woordfees op Stellenbosch is verby, en behalwe die inhalige DE KAT tydskrif, wat wragtag Nov/Des 08 uitgawes vir die feesganger uitsit om te neem, en openbare toilette wat RUIK na gebruik soos die voete in en uit (mense, drink tog bietjie meer water dat die piepie nie ruik soos kreef water wat in die son gestaan en broei het nie!  Veral as jy openbare piepieplekke gaan gebruik…), was dit heel lekker.  Godsgenadiglik het die fees organiseerders dit goed gedink om net op een plek ‘n stage te he, ver weg van die cultivated shows, en is niemand gepla deur wat daar gebeur het nie.  Ek dink nie daar was drank te koop nie.  Die plaaslike inwoners kan anyway nie hulle drank handle nie, en bottelkop steek oor naweke is mos ‘n nasionale sport hier rond.

Shame, ek verneem die KKNK is weer binnekort.  8 Jare na mekaar het ek gegaan.  En kon ek sien hoe die storie meer en meer agteruit gaan daar.  Rooi-Rok-Bokkie-Sokkie-Kak seevier bo verhoog toneel, en dronk rubbish slinger oral rond.  Saans moet jy amper met lyfwagte loop, en dis net ‘n bleddie nes.

Sien ek dat neef Gert van 7de Laan se vet feetjie moerse excited is, want sy sing ook nou, en sy gaan by die KKNK haar CD bekend stel.  Jaaaasa, dis hoekom ek nie meer gaan nie, want kommin het nie brieke nie. 

Onthou om meer water te drink!

 skoor4Ek probeer nie voorgee ek is iemand wat ek nie is nie.  Jy sal my nie een ding hoor se tussen mense, en ‘n ander ding op my blog nie.  (Jaaaa, hier is sulke mense onder ons…)

My waarheid is ek nie voor bang nie.  En ook nie voor skaam nie.

Daarom kan ek vandag met oorgawe my moerigheid met die volgende ervarings uitspreek, en ek weier om sleg te voel, en as jy my van rassisme wil beskuldig, gaan lees hier bo, en trek.  Jy is nie gedwing om hier te lees nie.  Skoert.

Is dit nie genoeg dat hulle die parlement vol sit, die staatsdepartemente vol sit, die strate vol sit, en die beplak-bare aarde vol sit nie?

Nou moet ek fokkenwil nog van hulle hare in my kos kry!  3 Items.  4 Dae.  En dis net wat ek kon sien.  Die res is seker in!

Pick ‘n Pay brand se sliced mushrooms – ‘n lekker kroes in my sampioene

Piemans Pies – ‘n lekker kroes in my brekvis voor ek see-in gaan

Stellenbosch Spur – ‘n lekker kroes in my chips

3 Items.  4 Dae.

Dra die fokken mense nie kopgoed as hulle met kos werk nie, of is dit nie meer ‘n vereiste van die voedsel inspekteurs en gesondheidsdepartement nie???

skoor2Oe jinne, as jy ‘n ouer is van ‘n kind, veral ‘n meisiekind op Stellenbosch is, moet jy jouself maar kom vergewis van wat hier aangaan deesdae!  Sak die son, sak die plaaslike inwoners op die dorp, en sy hordes restaurante toe. 

Maar as die maan wil begin dink aan rondbeweeg middernag toe, is dit die studente se beurt om uit te kom…

Saterdag het ons ‘n nuwe restaurant probeer, en lekker gesit en kuier.  Toe kry Skoorlief dit in die kop dat ons klompie moet gaan drinks soek op ‘n ander spot.  Nou waar gaan die jongmense as die kinders die dorp geslaan het….

Ons sak af in Andringa, en dis hier waar ek my kop begin skud.  Jong, jong meisies, dood dronk op straat.  Sommige sit sommer teen pilare, hande in die kop.  Ander loop luidrigtig met super-kort rokkies die nag in.  Terwyl straatkinders hulle soos hienas van pilaar na pilaar agterna volg. 

Op die sypaadjies staan Nigeriers, selfoon in die hand, oe op die potensiele slagoffers.  Besig om die nag se entertainment te boek, besig om nog drugs te bestel.  Want die aand is jonk, en die drank vloei.

Ons maak ons tuis in Die Mystic Boer!  Ek was ‘n paar jaar laas daar en voel totaal nie tuis nie.  Miskien op die stoep sou beter werk.  My oe speel oor die ‘inhoud’ wat die plek aan die gang hou.  Mannetjies in 2 sizes te klein broeke hang dronk of high aan mekaar.  Meisies met steeds belaglike kort rokkies, gil luidrigtig soos jagse tefies om aandag te kry van manne waarvan die broeke beter sit, maar wat so behep is om die hare NOG meer ‘out of bed’ te laat lyk, dat die vroulike geslag vir eers vergete is.

My oe groet die ou Boeregeneraals teen die mure.  Opgeplak, vasgeplak, ‘n gloss vernislaag bo-oor, en daar sit hulle.  Uit hulle plek, ontuis op ‘n uitstalling waarvoor die dwelmbenewelde geslag nie ‘n fok voel nie.

My oog vang die van Generaal de la Rey.  Maar hy het nie hoop nie.  Ek het nie hoop nie.  En ek weet HIER gaan hy nie Boere kry wat hy kan ly nie.  Want hier lei die kinders.  Hier binne word hulle dronker en higher, en as hulle uitstap, gaan hulle miskien ‘n ander fase van hulle lewen binne. 

Dan moet die jong naiewe dogter uit die platteland haar bene oopmaak om haar dwelmskuld af te betaal aan haar Nigeriese verskaffer.  Word die dronk jongman katswink geslaan, besteel en sy ewe dronk meisie verkrag op pad huis toe.

Ek weet, moreoggend as die son opkom, gaan sommige van hierdie kinders se lewens onherroeplik verander het.  Of sal hulle nie bewus wees van wat gebeur het nie, want iewers het ‘n groepie jongmanne bespreek watter girl se drankie gedokter sou word, sodat sy vir seksuele plesier gebruik kan word.

Sommige mense sal wonder waar hulle die STD vandaan gekry het, of hoekom hulle skielik AIDS het.

Wel, hier op die Bos kry jy alles in een aand!  Kom kyk gerus as julle nie wil glo nie.  Maak dit net NA 12 in die nag… 

En moenie dink die SAP sal jou bystaan nie.  Hulle onbevoegdheid en weiering om Blanke lede van die publiek, en veral studente by te staan, word weekliks in die koerante vertel. 

Hier begin die generasie wat goed is vir niks…. hou dop!

skoorBonaqua 500ml water.  Ek koop elke week daarvan.  As ek gaan duik, stop ek by Die Boord Spar in Stellenbosch.  Hoe de donir is dit moontlik dat water een dag R4/bottel kan kos, en die volgende dag, R4.50!  Ek het al soveel keer gekry dat SPAR se rakprys en wat jy betaal, verskil.  Maar ‘n prysverhoging van 50c op ‘n botteltjie water is vir my ongelooflik!

 

skoor1As ek Karen Zoid op stage sien, is daar altyd ‘iets’ wat my opval.  Soos die keer, jare terug, toe ons op ‘n Sondag middag begin wyn het, en ‘n bottel Jack tussen drie by Dorpstraat geledig het, en KZ frieken BLOU was toe sy op stage kom!  Dit was by latere navraag, die beligting, maar dit was scary tye daai!  Jack en Zoid…

Of toe sy, hoogswanger, by Klein Libertas, op die verhoog gestap het, en ek gebid het dat daar ‘n dokter in die gehoor is, in case die baba wil kom.  Gelukkig het sy ‘n sittende akoestiese show gedoen, en het kleinding maar die snare-bak teen sy oor verduur. 

Maar Vrydag aand was ‘n ander aand.  Hier kom die Niknaks mascot op die stage gestap, met ‘n swart t-shirt met een of ander print op, ‘n swart baadjie van ‘n soort, vol pins en goetertjies, en fokken TIGHTS!  En funny yuk skoene met hakke, en sy lyk soos iets wat my beste pel vir my laat weet het toe hulle TVL toe getrek het:  ‘die girls hier is 10 jaar terug met mode’. 

Glo my, ek voel niks vir mode nie.  Ek, plaaskind van formaat, is op my gelukkigste in my kortbroek met genoeg sakke vir al my goete, en ‘n T.  So, ek is die laaste een om te comment.  Maar daar is niks met my oe verkeerd as dit lyk of Felicity van 7de Laan, se hairdresser (daai een wat haar hare soos ‘n aasvoel nes laat lyk), happy hour op Zoid se kop gehad het, en die result is dieselfde cut as die Niknaks mascot s’n!

Skoorlief se seun het dit briljant opgesom:   ‘dit lyk of sy ‘n mullet het!’  Iets wat ons Kapenaars nie juis ken nie, behalwe die kinders uit die Noorde wat Maties kom word, en met daai style aftrek.  Hulle ‘bekeer’ hopelik na die eerste beker wingerd nektar, en keer ongeskonde terug?

As jy wil rock, me. Zoid, dress the part.  Trek van daai sponsored Levi’s aan jou boude, gaan met plat skoene, en slaan die hel uit daai dure geskenk kitaar van jou.  Dan gaan ek jou glo.  Maar ek moes by tye my oe toemaak uit vrees vir die picture op stage!  Ek kyk jou van jy begin het, en hierdie ‘mamma rockster’ look werk nie.  Pasop vir Simon Rademan se lys van kaks-geklede vroue in SA.  Jy is immers famous.

Maar boy oh boy, toe jy jou mond oopmaak met ‘Halleluja’, het ek trane in my oe gehad, en die hoendervleis het gestaan.  Want daar is maar net een Zoid.  Daarom sal ek bly luister na jou, want jy mag maar.

Sorg dat hierdie song opgeneem word op jou volgende album, asb.  En kry daai look in line.  Jy kompeteer met kids deesdae, en daai hakke en hare gaan die kid audience laat scatter!

I still love you.

followme_rightAs een fokker nog een maal ‘jagse meisies’ op google search gaan intik, en op MY blog kom, SAL ek verplig wees om iets vir daai oliekop te plaas.  Get a life en kyk eTV op die naweek.  Daar is genoeg ‘jagse meisies’ om jou mee te vermaak.

Poepol!!!

followme_rightAntie Mandy – jy weet jy is my hero.  Maar los nou maar vir Kerkorrel waar hy is.  Ek kan sowaar nie elke show wat ek bywoon, dieselfde liedjie oor hom hoor nie.  Nie almal was ‘n fan nie.  Ek dink hy het die lelikste gesing van alle mans wat ek op draadloos al gehoor het.  Ek weet hy was jou buddy, maar laat hom nou gaan, toe.  Dis ‘n nice song en als, maar genoeg is genoeg.

Lovya!

 

 

 

45 thoughts on “SNVL18

  1. O ja, jy likes mos nie musiek nie Frankie. En verder het jy seker jou redes. Ek love Zoid, maar sy moenie kom babysongs op high heels vir my sing nie, dan raak my longe flou!

  2. Oh, ek kan so lekker vir jou sit en giggel Skoortjie! Jy’s ‘n ou wipperige enetjie nê??
    Eers klink dit soos ‘n bitch-ona-roll, maar jou serious concern vir dinge wat saakmaak hover net so onder die oppervlak… at least kon ons een ding bepaal: Helge reken: “daai ‘Skoortjie’ van jou het at least minder issues as jy, my Lief!!”🙄 Hahaha!! Laat hy maar glo wat hy wil, nê:mrgreen:

  3. Neeeee BeeBee, julle is hooploos te ordintlik om hier te kom lees as ek my issues uitgooi!

    Se vir jou-se-Helge hierdie Skoortjie het nognie eens begin nie, hierdie is nie eens die tip of the iceberg nie!😆

  4. Dankie Krista – ek is eintlik ‘n softie, maar sommige dae raak die wereld vir my te veel, en moet ek hierdie arbitrere goetertjies van my lewer afkry.

    Dan wend ek my tot my virtuele skietbaan, laai my magasyn en trek onbeheersd los!

  5. Hi Skorie, Ek luister GLAD NIE afrikaanse musiek nie, ek luister net na Karen Zoid se musiek. Ek hou daarvan dat sy so ‘kwaad’ is. Die musiek is so vol gevoel en emosies, afrikaners kry dit nie eintlik reg nie. Maar sy mag maar.

  6. Haai Boervrou. Wil jy nou meer. Vir jou kan ek net bid, en as jy verjaar, miskien ‘n CD’tjie aanstuur…

    Want enige Boervrou wat NIE Afrikaanse musiek luister nie, worry my.

    Ja, ek love KZ, ek gaan netnie vir haar baby se nappies betaal nie. Demit, haar kaartjiepryse het amper verdubbel. Sjoe. Koop maar eerder die CD. Dis cheaper dan die kaartjie.

    Jy moet bietjie Alanis ook luister. Nou nie Afrikaans nie, maar ook Angry Female Music. Lekkertes, daai!

  7. Hehe dag Skoor! Ek het self nou lekker gelag vir hierdie inskrywing. Moet sê ek het Zoid so ‘n maand of wat gelede by die Strabfest in Mosambiek gesien sing (let wel – gesien – want ek wou haar later nie hoor nie…). Ek weet nie of haar stem aan die taam is nie maar jislaaik sy het lelik gesing. Dalk maar ‘n af aand gehad.
    Groete.

  8. Jeez Duskant! Lekker om jou weer te lees.

    Jip, seker ‘n af aand. Of die kind het haar aandag afgetrek, of so iets.

    Dis darem jammer hoe ‘n ikoon totally kan verskiet sodra lewensverandering plaasvind. Soos trou en kinders kry en nie lekker die twee van mekaar kan skei nie.

    Dan moet mens maar liefs call it a day, en terugsit en iets anders doen.

    Die a legend. Don’t die a bore.

  9. whahaha hoekom het ek hierdie inskrywing gemis? Ek het nou baie lekker gelag!!! Daarsy Skorie sê hom soos hy is, mos my gevoel ook. Ek is wie ek is, deal with it of bou ‘n brug.

    Dit spyt my water nat dat ek probleme het met dinge in die lewe en dat sommige dinge vir my so af is soos vrotvleis en ek my gat vreeslik kan wip.

    Ek het met die Vodacom in Lifestyle centre hier om die hoek van ons probleme opgetel Saterdag. Die mannetjie het my belowe dit vat 24 uur dan het ek my selfoon….. 30 ure later en my foon is nie daar nie. Ek vlieg in daai winkel in en vra …… Is my selfoon hier? (Kyk hom toe ook stip in die oge) Nee, mevrou daar ….
    net hier knip ek sy relaas kort en sê baie kil en koud: “F*ckit cancell the phone, now!!! Staan die mannetjie my nog so en kyk: I’m waiting, show me the cancellation. My arme Teddie het my verdwaas aangekyk, nooit geglo sy vrou gaan gekruide taal in ‘n winkel gooi nie.

    Jammer om te sê dat was nog die nagevolge van die vorige aand se volmaan, die weerwolf is nog los hier-binne :mrgreen:

  10. Ou Wipstes, daai Vodacom se moere, ek is nou al 6 weke aan die baklei met hulle.

    Daar bestaan nie goeie diens by selfoon maatskappye nie.

    You go girl, jy moes sommer oor die mannetjie se voet gery het. Hulle kruip almal agter die volgende ou weg. Niemand vat verantwoordelikheid nie.

    Ken jy van hellopeter.com???? Sien jou daar!!!

  11. Diens en selfoon is nie twee woorde wat ooit in dieselfde sin hoort gebruik te word nie. Synde dat my 6 maande oue rekeningprobleem met Moerse Trae Narre in my guns is vir ‘n verandering, gaan ek nie meer agter hulle aanbel nie. Ek het my deel gedoen, die probleem herhaaldelik rapporteer en ek het die verwysingsnommer as bewys.
    Nou sit ek terug en kyk hoe lank dit hulle neem.

  12. Aag PJ, hoekom sukkel ons twee so met dieselfde probleme?

    Noudie dag het ek ‘n ‘sus’ email gekry, net om my kalm te hou. Toe antw. ek vir Vodacom dat hulle moet ophou k*kpraatjies maak, en ‘n slag competant service lewer.

    Nie lank nie, toe lui my foon. Baie verskonings. Nodeloos om te seg, ek het steeds nie ‘n opgeloste probleem nie!!!

  13. Goeie hel! Plaas lat ek lankal hierdie raakgelees het. Fris nogals. Soms voel ek net so.
    Skoor – ek weet nou jy`s nie rassisties en so aan nie, maar ek wil jou net waarsku…darie kroese ne? Dis nie noodwendig van die waiters en kitchen people nie. Dis vokkin pubishare! Ek het amper eendag ene gesluk! Amper gekots en die ding toe ondersoek. Dis waar!

    Ek like darie hellopeter.com

  14. Yuk Kots YukYuk!!! Nee Sigeuner. Dis amper te erg om te sluk. Gaan ek nou aan die hoes en kriewel my keel…

    Ja, hellopeter.com het vir my al heelwat probleme opgelos. Dis inderdaad ‘n handige webwerf.

  15. Hi daar Skoor, na Twitter moes ek net gou kom inloer.
    Die stroie van die studente wat so uithaak—– ja, dis so sad! Want Pô en Mô sit in Waterkloof of waar ook al, en spog met Ordentlike Sannie wat nou op stellenbosch is (of watter universiteit ook al) en hulle weet nie dat sy besig is om te verloor,nog voor sy begin het nie.
    Ek kry die jongmense jammer, dis ‘n reaken jungle out there!

  16. Gereeld sien ek nuwe en intersante goed hier oppie blog plaas hmmm. Dis soos om ‘n lucky packet oop te maak en die opgewondenheid om te sien wat is volgende. Moer dis lekker! Gelukkig word Bloemfontein se hekke nog teen sononder gesluit, so, Mo en Po is darem nie te erg geworried nie. Ek hou ook nie van die Zoid kint nie, nee wat beter om soms net te luister sonner om die mens agter die stem te sien.

  17. Anna, ek SIT as ek piepie. Dit vererger seker nou die taalgebruik kwessie net meer😆

    Antie Koekie, ek sluit nou maar vroegaand my deure, en gaan nie meer uit nie, want eendag, wie weet, as die pms skuins na my byt, bliksem ek dalk een van die teerpale waaraan die kinders so klou in die nag!

    Ai Bloedbek, ek het lanklaas hier kom nesskop en skreeu. Maar my gevoele is maar net soos dit was toe ek laas kom skree het.

    Jy is erg gelukkig dat Bloem nog hekke het. Hier by ons is dit lankal afgesteel en opgesny. Verkoop vir scrap. Vir Kentakky en vaalwyn!

  18. Mag mens dan nie sit en piepie nie? Ek het al, maar dis ‘n storie vir ‘n anner dag mmmm. Nee wag Liefie gaan my moer as ek dit vertel, sy wil nie he die mense moet dink ons is commin nie.

  19. Ag nee Sigeuner, moet jou nie hier kom staan en verbaas hou nie? Jy weet mos ek affronteer nooit. En as iemand seer is, storm ek met die salf wat JY my verskaf, nader en help.😆 😆

    Nee maar dis reg so Zet, welkom dan en dankie vir die innige sin.

  20. Ha ha ja ok moes dalk meer gese het ek ma eintlik ñ stil oukie ma ek lees jou blog al ñ hele jaar of 2 geniet jou onderwerpe en onderhoude met interesante mense ek is baie lief vir lees en geniet jou blog vreeslik baie nou ja groete uit die Vrystaat

  21. Eh , eh! Skoor – ek`s nie verbaas nie – ek trek Zet se been…en joune.

    Zet seg, “hel, ma ek like jou Skoor…….en Sig seg: Jimmil, ek ook! Ek ook!”

    So, hemel is dit dan.

    Gees! Moerse gees!

  22. Hello ou Graatjie. Skoor blog nie meer nie. En by die SNVL18 was ek so lanklaas, ek dink ek sal skrik vir my eie dinge! 🙂

  23. Dis `n siek grap en net vir kinders bedoel, ne? Blog nie meer nie? Blog nie meer nie? Ek sal mos helemal weer van vooraf begint vloek! Waarom nie, Skoor? Bliksim!

  24. HELLOPETER IS N DOOS HY BENADEEL PARTY INSTANSIES OM REDE HY NET DIE EEN VOKEN KANT VAN DIE STORIE KEN

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s