Ek kook sagter

Ek onthou van my blog. Van die dae wat ek soggens opgewonde voor die rekenaar ingeskuif het, en gekyk het wie trend waar en wie soek kak met wie.

Ek woon in ‘n dorp saam met son en ons sien mekaar nooit. Hoe’t jy die plek genoem destyds? Snobtown?

Ek woon in ‘n huis saam met ‘n mens wat my happy maak, ek het sommer skielik 6 honde, my lewe draai om te werk om te voer. Maar ek is ultimately happy.

Ek wonder of daar nog ‘n uitstal blad is vir die Afrikaanse gedeelte van wordpress bloggers.  Soos van ouds. Of is daai close knit spul wat ons eens was, nooit vervang deur ‘n volgende klomp klipgooiers, skinnerbekke, jammergatte en fun lot nie?

Ek trek by tye briek in my kop om te kyk dat my groen koffie bone nie aanbrand wanneer ek dit met sorg en windgatgeit rooster nie, en ek wonder waar is ons tyd heen. Mense van my pertuurs lyk vir my oud. Dan skrik ek. Hol spieel toe, en sien myself soos ek maar altyd myself sien.

Ek kam steeds ‘n moer nie hare nie, en die haar droogblaser is nie vir MY kop ontwerp nie.

Ek knor steeds vir die somer en is maar by tye ‘n rassis.  Steeds.  En ek maak minder golwe. Fok eks moeg van golwe.  

Nou, is daar van julle werfdwalers wat nog blog. Wat nog loop en scavenge vir dinge wat nie sin maak nie. 

Beduie bietjie  man. Skoor wil verneem!

Posted in Ongekategoriseerd

een van vyftien

Die liewe Son sit en drink my koffie terwyl ek haar boeke lees, en gooi hier ‘n challenge uit wat skielik herinner aan jare terug toe ons b(l)oggers mekaar se blogs verslind, en mekaar verskeur het in die proses.  Die ‘tag’.

Kan ek nie liewers 15 feite of geite oor myself neersit, en net 7 blogs noem wat my laat lees nie?

Ek het meer geite as feite. Behalwe vir die feit dat winter my alive laat voel – die hele 1.83m van my – het ek ook geleer om die somer te verduur ter wille van mallerige mense soos bogenoemde. We agree to disagree of so iets. Ek kan nie ongekompliseerd liefhe nie – daar is altyd ‘n frieken issue, maar die lente het weer liefde na my deur gebring. Ek is nerf-af geval vir ‘n mens wat maak dat ek hou van hoe ek voel. Op my ouderdom sal niemand seker voor jou deur kom staan, onaangeraak of ongeskend deur die lewe nie. Mens moet maar vrede maak daarmee en dit om-arm en koester. Of iemand vat wat eenvoudig nie diep leef nie. En vir laasgenoemde sien ek sowaar nie kans nie. 

Ek koop my eie groen koffiebone, en rooster en maal dit met sorg en drink te veel daarvan. Ek bons egter nie teen die mure nie, want dit gaan snaaks lyk. Ek vibreer kaffiene. En dis goed en reg vir my. Dood moet ‘n oorsaak he en as myne koffie related is, skryf so op my grafkelder!

Ek maak vuur vir alles. Teen hartseer en koue, vir liefde en lig. Miskien was ek ‘n brandstigter in my vorige lewe, maar ek dink dis maar die BoereBloed in my are. As ek als op die vuur kan gaarmaak, en die mense wat ek lief so kan voed, doen ek dit met oorgawe en is gelukkig. Ons het vanjaar die voorstoep ontdek om eerder vreugdesvure te laat brand, as in die agtertuin. Daar kan die hondespan lekker buite rondhol en skelms bevlieg, en ons maak soma 3 vure op ‘n slag net oor ons kan. 

Ek het al 3x op my kop geval. Een keer van ‘n stapelbed af, in my nuwe slaapsak, bo van die boonste bed, voor ek nog skool toe is. Ek het nie wakker geword nie. Ek dink ek was disnis geval! En eenkeer in die hoofstraat van Rawsonville, van ‘n ponie se rug – jajaja ek weet dit klink bekend, die vallery van ‘n perd se rug, maar ek het OOK. Reg agter-oor op my kop. En die derde kan ek nie vandag onthou nie. Ek dink dit is omdat ek al 3x op my kop geval het!

Ek lees gedigte. Op my selfoon. En ek is verslaaf aan Google…. Dit wat ek nie weet nie, google ek dadelik. Ek is dus heeldag aan’t google.

Ek is steeds rebels en laat my nie voorse nie. Ek trek dan sommer aspris dwars. Ek hou van die shock value van my tattoos en piercings wat ek heeldag aldag dra en love dit as mense se ‘maar jys toe uiteindelik nie so mean soos jy lyk nie’ want dan bevestig ek net mens takseer nie iemand op sy baadjie nie.

Ek loop graag snags rond as die wereld slaap. Dan praat ek met my eie kop. Ek weet dis gevaarlik om in die donker te loop, alleen, maar al glo ek nie meer in ‘n god nie, vertrou ek daar is engele om my wat uitkyk as ek voet vir voet monoloe en introspeksie het sonder om ag te slaan op my omgewing.

Ek dink dis meer dan 7 geite/feite.u17754957

Die bloggers wat ek deesdae in stilte gade slaan, omdat kommentaar lewer van ‘n selfoon nou regtig ‘n pyn in die gat is, is die kosbare vrou wat die ingilse probeer bekeer in die verre, maar met ‘n hart wat punt trek vir alles ‘huis’.  

Frankie. Frankie. Waar is jy. Ons het almal van mekaar vergeet. 

Die nimlike laggende liefhe mens Graatjie. Wat ophou skryf het. Maar vir wie ons lief is met ons hart, siel, en verstand. As ek aan haar dink, sien ek die ou grote met sy voete in die sand, en sy wat darem ‘ja’ gese het sonder om chips op die rotse te eet!

Charms. Wat te min skryf. Wat baie dinge kan se.

Christa en Jaco. Altyd online, offline. Ek mis julle woorde. Kwinkslae. Wyshede.

Anna. Wat ook gegroet het. Almal se woorde het op geraak.

Gesluit. Gone with the wind. 

Die vies een. Met goeie lewenslesse mits jy bereid is om te lees en leer. Nog ‘n af masjien.

Die ‘kind’ het altyd iets te se. Iets interessants. Van my favourite leesblogs ooit.

Serious serious goete soms. Mens.

Vreemdste prente. Ek kan lekker lag

Ek sluit af. Want ek gaan nie tel en skel en twakpraat om die blad vol te kry nie. Son. Jy het woorde wat soms my hart raak, my soms bedonirt laat, soms my laat lag. Moenie ophou nie.

Mede bloggers en boggers – vertel van jou  feite en geite as jy dan nie wil vertel wie se blogs jy op jou eie tyd verslind nie. En wees goed en mooi met mekaar. Dis nice. 

Posted in Ongekategoriseerd

In Memory of Emily die Sirkushonkie – ons is almal rescues

My naam is MUIS

muisEk staan ook bekend as NUMBER ONE. Ek is sexi. Ek meen my lyf is to die for. Dis net spiere en spoed.

Ek is ‘n Windhond wat my ma elke dag verbaas want ek verstaan woorde soos Biltong, Droëwors, mmuisStappies, WPK, en Eekhoring.

Ek verstaan baie dinge en is gladnie lief vir my sussies nie.muiskar

Maar ek is mal oor my eie kiepieses. Ek het twee grotes wat kiepie eiers lê wat ek dan mag rou eet, en ma het vir my 3 nuwe kiepieses gekoop wat babas is.

Ek huil en dans om met hulle te speel. Ma se ek gaan hulle eierloos sing voor hulle nog begin kiepieses eiers lê.

Mense ken my. Mense noem my Poelieshonkie. Mense wonder watse mens noem hulle hond Muis. Maar ek gee nie om nie, ek is ‘n bekende Muis.

 

My naam is MAGGIE

mags1Ek het in Maart verlede jaar voor ma se werk opgedaag. Toe neem sy my DBV toe. En toe ‘n paar maande later, op ‘n Saterdag, daag ek voor ma se!cid_DF61E9565DD743ACA4B3F56D1A5CCBD6@LENOVO huis op. Ek het weggeloop by die DBV want ek is ‘n rondloper. Toe vat ma my terug. Eendag in Oktober verlede jaar was ma weer by die DBV en stap deur die hokke en sien my lê. Met ‘n cone om my nek en ‘n geopereerde been. My knie is vervang.

Toe se ma vir die DBV ek moet in die dag by haar in die kantoor kom lê om aan te sterk en om met mense te gesels. Net vir ‘n bietjie. Maar ek is ‘n reuse windhond, en ma love windhonde, en toe kom dit so dat ek steeds hier is. Ek slaap nou ook skelm op haar bed in die nag. Ons is ‘n reuse gesin. Ek is soms knorrig en as ek lawwe hondjie word hardloop ek dat die aarde onder my oopmaak. Ek is vinnig, yoh!

Ek was ook al ‘n model vir ‘n fotografie student. Ek is baie fotogenies en saggeaard en het mooi fotos gemaak soos julle kan sien!

 

My naam is DOIKI

doiki babaAi. Ma het my gered uit die kloue van ‘n drol wat gedreig het om my dood te skop! Hy het my enbabadot my boetie op sy bakkie gegooi na sy vrou ons probeer red het van plaasmense, en my boetie is by die DBV dood want hy was baie siek. Die man het sy vrou ook geslaan, en vir haar gese hy sal my doodskop as ek terugkom op sy plaas. Hy het ook al ‘n skateboard op ‘n ander hond stukkend geslaan hy is ‘n regte vark. Toe gaan die vrou en kry ‘n hofbevel dat die man my nie mag skop nie en ma was WEER by die DBV en hoor daarvan.  Daardie aand toe bel sy die vrou en sê haar as jou man so ‘n vark is, sal ‘n stuk papier hom nie keer nie. As die hond geskop word, is sy geskop. Toe huil die vrou en se ma mag my maar vat. Nou woon ek met haar en horde ander diere. Ek is mooi.

  

My naam is LILI

liliAi. Ek woon in die jimmil.

Die DBV veearts het vir ma whatsapp gestuur en gesê ma moet opkom en kom kykkleinlili wat sy het. Toe se ma as dit ‘n wit hond is, kan die veearts maar lekker self kyk, sy stel nie belang nie. Maar ma is ‘n vrou en nuuskierig.

Toe gaan sy op en sien my. Sy het begin huil in so ‘n toestand was ekke. As jy met my praat het ek my kop teen ‘n muur gaan druk en gebewe.

Toe gaan ek saans saam met Carmen van DBV huis toe, en in die dag is ek by ma want ek was so verskrik en tragies, ek moes 24 uur mensekontak hê. En toe bly ek een naweek ook by ma, en toe gaan ek nie meer met Carmen huistoe nie, en ma kry my present by die DBV om dankie te sê toeslaapieses sy vir FielaVlooi en haar 4 babas vir 6 weke huis gegee het.  Ek is verskriklik gelukkig. Doiki het my grootgemaak en baie liefde gegee. Ons is onafskeidbaar. Ek is mal oor swem! Ek gaan vir ma hierdie jaar mal maak in die splash dammetjie. Want eergister aand het ek uitgevind ek kan spring dat die water so trek, en dan hol ek met my nat pote deur die huis soos ‘n Formule Een Resieshond. My hol kom verby my kop en al die diere sit net en kyk vir my en maswem staan en lag. Sys nie kwaai nie.

Ma mag nie meer in die DBV hokke gaan loop nie…..

 

My hond Emily wat kanker wreed kom haal het nadat ons net een jaar mekaar kon liefhe.  Jekkelensie Sirkus Hondjie wat vandag nog ‘n gat in ons almal se harte laat. Muis mis haar Njaffie. En ek mis my ou bedmaatjie. 

sirkus

 

Posted in Ongekategoriseerd

Our Poem

I am not the first person you loved.
You are not the first person I looked at with a mouthful of forevers.

We have both known loss like the sharp edges of a knife.
We have both lived with lips
more scar tissue than skin.
Our love came
unannounced in the middle of the night.

Our love came when we’d given up
on asking love to come.
Lovers-Statue-Ghana-L952747

I think that has to be part of its miracle.
This is how we heal.
I will kiss you like forgiveness.
You will hold me like I’m hope.

Our arms will bandage and we will press promises between us like flowers in a book.
I will write sonnets to the salt of sweat on your skin.
I will write novels to the scar
of your nose.
I will write a dictionary of all the words I have used trying to describe the way it feels to have finally,
finally found you.

And I will not be afraid
of your scars.

I know sometimes
it’s still hard to let me see you
in all your cracked perfection,
but please know:

whether it’s the days you burn
more brilliant than the sun
or the nights you collapse into my lap
your body broken into a thousand questions,
you are the most beautiful thing I’ve ever seen.
I will love you when you are a still day.
I will love you when you are a hurricane.

– Clementine von Radics

Posted in Ongekategoriseerd

Dagboek van ‘n Foster

Ek het nie ‘n naam nie maar dis vir my nie nou belangrik nie.

Ek het ‘n warm veilige bed, en ek slaap teen ‘n paneel verwarmer en ek kry kos om te eet, sodat ek genoeg melkies kan he om my vier kinders kos te gee.dbv

Ek is ‘n goeie ma. Al is 3 van my kinders dood, is ek ‘n goeie ma. Ek lyk treurig. Ek het ‘n velsiekte wat die ingilse ‘mange’ noem maar ek kry behandeling daarvoor. Ek weet nie hoe lank dit gaan neem voordat ek beter voel nie. Ek jeuk vreeslik en my ore bloei op die punte van die krap en skud. Die hare op my lyf is min en my vel is rooi en opgehewe, maar steek nie my rugstring of ribbes weg nie.

Ek kry baie liefde, en my stertjie swaai kliphard teen die matras as iemand nader kom met ‘n sagte stem en kossies.

Ek kom van Eersterivier. Ek is gelukkig waar ek nou is. Niemand skop en skree op my nie. Als is sag nou. My bed, my kos, die stemme wat kom kyk na ons.

Dis lekker

Posted in Ongekategoriseerd

Sonkind, kom ons vreet vleis

Toe sussie, kry vir ons die gids of vertaal dit sommer in AFRIKONS vir ons, want as ek moet ingils lees en in Afrikaans kook, maak ek netnou maar eerder weer sop!sop5

Wat seg jy? Moet netnie neuk met te baie eiers nie want my een kiepie het ophou le, so ek is op ‘n eier per dag in die nes.

Toe jys mos innovative, energetic en bedonird genoeg om te gym.

En mag ek kaasworsies eet?  En rooiwyn drink?

I challenge you om vir ons ‘n BLOG DIEET uit te werk en dan kry ons ‘n klomp wat wil saamspeel en kyk hoe ons kan vaar en of vleis mens beter laat voel as fyn sop.

Countdown begin …..

NOU!

Posted in Ongekategoriseerd

Sop Dieet – Dag 5

Mmmm. Is ek ‘n failure? In my oe ja. Maar dis nie die restaurant se skuld dat hulle nie ***sop op die menu het nie.

Gistraand sussie se verjaardag treat gehad by Grand West met ete en ‘n show. En die groepsdruk was te erg. Ek moes vis eet. Sjoe maar toe voel ek goed hoor! Yoh. Beter as die bruinrys wat bestem was vir die keelgat.sop4

En vanaand, in die woorde van Barry Roux: VANAAND GAAN ONS BRAAI!!!!

Steak le en wag. Maar om die dag om te kry, le voor: sop sop sop. Want ek wil darem nie nou sommer moed opgee nie. Nie oor ek soos ‘n vis in die water voel vanoggend nie, maar oor my commitment getoets word – oukei, ek het gefaal op ‘n manier, maar dis ‘n wroeging vir ‘n ander nag.

En more moet ek nursery bou, want ek gaan ‘n mama hond en 4 van 7 babas foster. Die ander 3 reeds is hemel toe. Watch this space. As die honde dit maak, skryf een dalk net ‘n nuwe dagboek op my blog.

Nou moet ek my sop warm maak om die knorrende maag te stil voor een van my honde my byt. Klink hier is ‘n leeu in my derms…

Posted in Ongekategoriseerd

Sop Dieet – Dag 4

pass2Los my. Eks moeg en knorrig. My broek sit effe ligter om die bo-bene. Maar my kuite span. Seker soos ek moet keer om nie oor die kos-tou te trap nie. Nou’s hulle gepomp.

Gistraand weer sop gekook. ALLES pulp geblend VOOR dit in die pot in is. As ek weer ‘n vingerlengte misgeblitsde verdomde seldery stingel vind doop ek hom in peanutbotter en vloek die dieet vaarwel. pass

Ek leef vir more-aand se steak. Dis wat my laat aangaan deur die dag. Al voel dit of ek kan neerneuk en vra vir ‘n drup…

Vandag kan ek piesangs eet. Maar ek was nognie in die boom in om te gaan pluk nie. So dis sop en koffie. Goddank ek het nognie ‘n weersin in my Boeretroos ontwikkel nie.

O, en aan my bure…. ek weet julle bliksems het gisteraand Burger Fair toe gery. Moenie dink eks bleddie DOM nie, ek het julle geruik toe julle stop!

Ek het dadelik Worcestersous oor my sop gesmyt. Vir substance.

Posted in Ongekategoriseerd

Sop Dieet – Dag 3

sop3Die magic nommer in my lewe.

Drie.

Behalwe as jy sop vreet en bbm vir entertainment oor jou kos boring is en jy nie smiley faces daarmee kan maak nie omdat alles geblitz is tot ‘n oranje pulp!

My broek sit nog styf. Ek het nie ‘n skaal om te weeg nie so ek gaan nie kan bevestig nie, maar ek hoop om dit in my broek te voel. Of aan my broek. Tog, nou wonder ek die volgende:  hordes uie, kool, brocoli. Jy blaas op. Jou klere span. Jy blaas af. Jy voel beter. Jy verbeel jou jys ligter. Dunner.

Dit maak mos sin? 

Ek is vanoggend super geirriteerd. Moenie vandag met my swaarde kruis nie, ek haal ‘n gun uit en skiet. Nie tyd vir kliek-klak van swaarde nie. Just get it over and done with. 

Ek het honger wakker geword. Ek het ‘n enamel kom sop by die werk, en drogbeelde van juicy burgers en sout en asyn slapchips wat die walse van Strauss dans voor my geestesoog.

Ek cheat nie. Dis nogal cool. Nog NIKS. So nie ek nie!

Vanaand moet ek weer sop kook. O, en my honde wat alles vreet, wil nie ruik aan my sop nie, wat nog te se daarvan eet. Jissie dit se nogal baie.

 



Posted in Ongekategoriseerd

Sop Dieet – Dag 2

Slaapterapie. Ek oorweeg slaapterapie. Dan eet ek mos anyway nie.

2.1 – die sop is heerlik. Njam die sop is heeeerlik. Behalwe is dit is wat jy MOET eet. En die halwe kool wat vandag se rantsoene aanvul, is on-aptydwekkend, maar darem beter as daai groen appels. Vrydag kan ek steak eet. Ek gaan vandag steak koop vir Vrydag. Ek gaan elke dag daaroor streel. Vrydag kan ek steak eet… girts girts girts wat gaan die kool aan my konstitusie doen??sop2

Ek moet nog brocoli ook eet vanaand. Sal dit stoom. Met suurlemoen sap oor. Ek veronderstel om op dag 2 te begin detoks en sleg te voel. Maar neehee, ek is die ene energie en planne. Nou wonder ek of ek nie beter doen met gesonder nie.

Dankieliewevader ek mag koffie want anders het ek al geswaai van ‘n eik in die buurt!

Ek dink teen Donderdag gaan ek geel skyn van die wortels. Alweer wortels.

Ek kan nie quit nie. Te veel mense weet nou wat ek doen. My buurman kry my glo jammer. Maar vra vreeslik uit. Miskien inspireer ek mense. Laat ek ‘n smaail opplak en girts girts die dag vat. Kool. Rou. Voel ek soos ‘n haas vandag. Wonder wat dit doen aan die seksdrang…. nee wat seker boggerol. Ek piepie uie en met kool in die sweetgate gaan niemand anyway twee keer kyk nie.

Update: ‘n halwe kool is vandag gepolish, ek is besig om my betreklik tee te knars aan vele dinge. En dit was ‘n moerse halwe kool…. All in the mind. Koolsap is verdomp osim vir ‘n mens – google bietjie.

2.2 was n reuse sukses – sommer vol borrie gegooi vir afwisseling en ek weet borrie is net goed vir ‘n mens, en lyk my ek is goed met mindf*** so ons gooi maar als wat kleur het.

Nou: Gerrie se jy verloor spoed oor die detoks teen dag 2. Hierdie langgat het nou net mooi spoed opgetel soos ‘n reisiespert wat maats geruik het. Kyk, keer my of ek gaan aan die hardloop!!! But then again, ek hol ook nooit want niks jaag my nie.

Ek wou maar net se. Ek dink die groente is nogal nie ‘n bad plan nie. En ek gaan die nuwe batch se wortels NIE fynmaak nie, dat iets darem knars in die soppies.

Vraag aan myself:  hoekom Purity maak daarvan as my maag besluit het hy rebelleer teen die fyn kos?

Posted in Ongekategoriseerd

Sop Dieet – Dag 1

Lengte is genadig, geduldig en versteek baie. Maar die ‘mak slang’ om my middel is besig om genadeloos te krul en my jeans sit stywer as laasweek – en dis nie oor my hamstrings geoefen en meer bultend raak nie.

Gerrie Pretorius se sop dieet le al vir maaaande in my ‘saved messages’ boksie soos ‘n vergete tjoklit (ja, ek praat tjoklit, ek probeer als so normaal moontlik hou, mens neuk nie jou etes EN brein gelyktydig op nie) en toe se ek vir myself: ‘myself, hierdie jeans gaan jy NIE vervang deur groter nommers te koop nie. Hou op vreet’

sopEn daar sak ek af Food Lovers toe en lyk soos een wat hase gaan kosgee. Oukei, daar was 3 groot bene ook in die mandjie, nee ek lieg, trollie (dis moerbaie groente as mens begin inlaai) vir die honde, maar verder loop ek ‘kyk na my eks vegetaries’ deur die rakke.  By die tills kyk ‘n tannie grimmig na my en dink ‘dis definitief Gerrie se sop’. Haar probeerslag het duidelik mislik…

Als in die pasta pot tuis, en dit ruik heel vriendelik toe die borrels begin blob-blob in die pot. Handblend ek na ‘n goeie keteltjie gluhwein die storie en die geur slaan te lekker op al wat neusgat is.

Dag 1 breek aan. Skoor draai shakers se koppe af (jaja shakers vir meal replacements, ek het van hulle, wat lag jy?) en vul met sop, soos mr Bean, met ‘n soort genoegdoening en voel hoe die jeans relax om my middel. Die stres op die boonste knoop pleeg spontaan selfmoord toe ek die sakkie Granny Smith appels onder die arm druk – dis mos nou vandag se ‘ekstra’ – fokin Granny Smith suurgat appels wat my tande skurf maak en my maag gaan laat pyn.

Die oomblik breek aan. Gerrie noem dit ‘HEKSEBROUSEL’ en ek bly dink hy is simpel. Ek skeut sommer byvoorbaat ‘n lekker lyn gedroogte capsicum by vir die wis en onwis, die verhoogte endorfien afskeiding en sommer ingeval dit sleg smaak – hy waarsku dan.

Nou ja, les een:  soos jy nie moet drink en bestuur nie, moet jy ooknie stickblenders gebruik na te veel gluhwein nie. ‘n Heel stuk ui (en glo my, daas vrek baie in) le en waai vir my onder in die sopbakkie. Le soos ‘n duvet. Groot, oop en skynbaar onbewus van sy lot. En ek proe seldery. Ek hou nie daarvan om seldery te proe nie mamma.

Dag 1 is hier. Sop 1.1 is in. Dankie tog vir capsicum. En dankie tog ek mag koffie drink. Want die babakos gaat dalk hier teen moreaand my laat drogbeelde van HEEL groentes sien, en nie purity style kossies nie.  My oesoefaggis gaan vassteek soos ‘n kind van 2 wat muur vasgryp wyl pa hom badkamer toe sleep om te moer.

But then again, groente gee jou krag. Groente is goed vir jou. Groente is sexi. Groente is nie net groen nie. Daas alle kleure en geure. Dis lekker. Maar hou net die stickblender weg van dit!

Pas besluit… next batch rasper ek al die groente in my Bosch voedersel-ding sodat dit ewe groot is. En nikse blending nie.

My asem proe na ui. Ek het nou net ‘n mr Bean-about-to-meet-the-queen asem reuktoets gedoen….

Sop 1.2 – kyk man, ek kan regtig ‘n naweek sonder kos bly. Gee my net koffie en eks happy.  Gewoonlik teen Sondagaand is ek so rasend, ek vreet ‘n poort deur Salticrax, maak nie saak of daar caviaar, kreef of kudubiltong is om op hulle te loop le nie, o nee, ek gryp en kou 3 koue en sluk af. Net so droog, en sodat my maag kan settle en my bloedsuiker terughelp op haar high horse.

Maar dieet nou net. Dan wil jy net vreet. Ek het van pure moedeloosheid darem al 2 appels in. Appels help niks. Se moer met die kos fundies wat dit en dat van appels, en dieetkundiges wat dit en dat van appels. Se absolute moer. Appels met suiker omhul en soma in tjoklit en peanuts gerol is vir my die beste appel. Ek sal daai buite slaapsakkie liefkoos tot hy in my binneste nes geskop het, en dan kan daai maer ongelukkige vrugte-advokate maar die appel kry.

Roer nou deur die ligte oranje-bruin kleur, en soek na iets met substance….nie ‘n vleis vliesie wat belowe na die bodem kry jy sy ma, pa, ouma EN ouma se nuwe boyfriend nie. Nee. Niks. Geen niks vleis. Jys gefnuik. Soek ‘n ou stukkie ertappel wat darem die tande meer van mekaar lig as hierdie ligte beklemming om die kaak wat ek ervaar. Niks. Bokkerol. Ek raak moeg gesoek. Die sop word al hoe dunner geroer.

Capsicum. Sout. Maak dieper die smaak. Shit ek moet nog 2 liter water ook drink. Maar ek mag koffie drink. Wie de hel gaan dan water drink. Nie ek nie se die gansie.

Hello jy. Blessit stuk groot greenpepper. Misgeblits. Het jy dalk ‘n vleisie saamgebring?

Posted in Ongekategoriseerd

die klimaks in ‘n hallelujah. die kos in die pot

Wonder hoeveel mense al hierdie lied probeer doen het soos die meester homself.  Nietemin sukkel ek nog om ‘n lelike vertolking op te spoor – cohen2mense wat die song aanvat, het darem min of meer die ability om iets moois uit die keelgate te slinger.  Of die ordentlikheid om nou nie te wil opfok en simpel lyk nie.

Liewe maaikie kom noudie dag tuis en maak my SIT (met force) en druk klank in my ore. “LUISTER!!!”

Tweede keer toe le ek op die naat van my rug met my oe toe soos ‘n gekruisigde, en hoendervleis wat hulself in vlae herhaal op my liggaam.  Susan Boyle se poging.  Eks ‘n stem mens.  Sucker vir ‘n voice.  Sing vir my mooi, en ek sal jou kar vir jou was!

Cohen laat my bietjie aan Anthony Bordain dink. Of is dit andersom? En daai ou is moer sexy – dis nou Bordain. Een van daai na wie ek sommer drie maal sal kyk!ab Vir hom sal ek rooiwyn skink terwyl hy vir my bone en vleis stowe in ‘n warm vuurhert. Of so maak hy my voel. En dan moet hy vir my poems lees in sy smelt-tjoklit stem. Ek dink nie hy kan sing nie – of hy was nog altyd net te skaam om dit op tv te doen as ekke kyk.

Maar hy mag praat. En kook. En smile. En skryf. En ek dink soen ook, as ek daai bekkie so beloer! Ek sal sommer sy voete vir hom vryf terwyl hy vir my hallelujah pleeg in woord.

Wie weet, miskien brand die pot aan. Mens is nooit te oud om ‘n Boeremeisie te verlei nie.

“Hallelujah”

I’ve heard there was a secret chord
That David played, and it pleased the Lord
But you don’t really care for music, do you?
It goes like this
The fourth, the fifth
The minor fall, the major lift
The baffled king composing Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah

Your faith was strong but you needed proof
You saw her bathing on the roof
Her beauty in the moonlight overthrew you
She tied you to a kitchen chair
She broke your throne, and she cut your hair
And from your lips she drew the Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah

Baby I have been here before
I know this room, I’ve walked this floor
I used to live alone before I knew you.
I’ve seen your flag on the marble arch
Love is not a victory march
It’s a cold and it’s a broken Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah

There was a time when you let me know
What’s really going on below
But now you never show it to me, do you?
And remember when I moved in you
The holy dove was moving too
And every breath we drew was Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah

Maybe there’s a God above
But all I’ve ever learned from love
Was how to shoot at someone who outdrew you
It’s not a cry you can hear at night
It’s not somebody who has seen the light
It’s a cold and it’s a broken Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah

You say I took the name in vain
I don’t even know the name
But if I did, well, really, what’s it to you?
There’s a blaze of light in every word
It doesn’t matter which you heard
The holy or the broken Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah
Hallelujah, Hallelujah

I did my best, it wasn’t much
I couldn’t feel, so I tried to touch
I’ve told the truth, I didn’t come to fool you
And even though it all went wrong
I’ll stand before the Lord of Song
With nothing on my tongue but Hallelujah

Hallelujah, Hallelujah

Posted in Ongekategoriseerd

Amen

 

I-believe-that-everything-happens-for-a-reason

I believe that everything happens for a reason. People change so that you can learn to let go, things go wrong so that you appreciate them when they’re right, you believe lies so you eventually learn to trust no one but yourself, and sometimes good things fall apart so better things can fall together.

Die ding met stemreg is stem reg!

Sannie sê Hans se oupa wat die slaghuis se stoep vee, het die stuk geskryf, maar toe kom Bongani en vertel sy ouma wat ‘n prof is, het dit saamgestel, en colonel Havergal, die ou veteraan uit die tweede wereldoorlog is oortuig dat sy agterkleinkind, die een vol tattoos, se eks, die feite kwytgeraak het.

Hoe dit nou ookal sy, hier is ‘n brief wat in my inbox geland het, wat nogal heel mooi sin maak. Maar dis seker oor ek kan lees en opvoeding gekry het toe die staat nog van opvoeding nie ‘n klug en kakspul gemaak het nie.  Toe kiesers opgevoed is, nie onderdruk is en ‘dom’ gehou is nie. Want ‘n onopgevoede, oningeligte kieser bly onnosel, kan beheer word met ‘n Kojak stokkielekker en t-shirt, en ‘n massa is ‘n massa te veel..apie2

Die name van die karakters is vervang met ander name omdat ons niemand te na wil kom, beledig of dalk oë wil oopmaak met allerhande naarhede en waarhede nie. Alle ooreenkomste met karakters is bloot toevallig en Skoor neem nie aanstoot as jy wil aanstoot neem en moeilik raak nie. Moet netnie met my kom strontsoek nie. Ek soek nie skoor nie, EK IS SKOOR!

My hond Muis, moet die Koei, Suiplap, loop melk. En ek wil my erdwurms tel vandag. Koebaai fellow citizens of Brazania.

Hello fellow citizens,

If like me, you don’t have a passport from another country and you quite like living in South Africa, now is quite an important time for you.

Instead of using clichés like “the future is in your hands….” or “make your mark, let your voice be heard!” and other ineffective drivel, I am going to just draw your attention to the following:

Bob Mugabe had to amend the constitution of Zimbabwe to allow him to remain in power as president, long after he had reached his intellectual sell-by-date. (Before this, as in all “democracies”, there was a limit to the number of terms which a president could serve). Having changed it once, he did it again. Then he was on a roll. The rest of the story we all know very well. With hindsight, we can see that had he been prevented from taking the first step, the whole sub-Saharan part of Africa would have been spared quite a lot of bother.

When Hitler took over Germany he systematically turned it into a fascist police-state, where no-one (no, not even German citizens) had any freedom. He did this by passing one piece of legislature after another. Slowly he started to ban things (like women shaving their legs and underarms). Next he formed a special police force which was under his personal control (the infamous Gestapo) to enforce these new laws. Then he banned some more things, like jokes, clever books and talking about him behind his back. By the time he had mobilised his army, and banned being Jewish or trying to stop him from invading your country it was TOO LATE! He had gained too much momentum.

“How did Hitler and Bob manage this?” you may ask. 
I’ll tell you how: Baby steps. 
Each time they changed something, they convinced all the stupid people that it was for the greater good. Clever people, who could tell that it wasn’t, thought to themselves “Surely they won’t get away with this” over tea and rusks, but did nothing. By the time someone decided to stand up and make a scene, his house had been burned down and his head was firmly wedged between an S.S. boot and the pavement outside.

Now, I’m sure we all agree that one “Jacob Gedleyihlekisa Zuma” possesses neither the intellect, balls or charisma to start a world war. However, he has somehow managed to wangle his way into a position where he can very well take the first baby step towards making a complete pig’s ear of our country. Old-school racist whites are always on about our country going to the dogs and ending up like Zimbabwe…… Of course they did this because they were narrow-minded and ignorant, not because they were keeping a keen eye on actual political developments. Our downfall will not be racism as everyone predicted in 1994, it will be corrupt politicians driven by greed and a hunger for power. And people drinking tea saying “surely they won’t get away with that?”.

Now, 

JZ’s trial has been scheduled for August (which is AFTER the election). After winning the election, the ANC plans on amending the constitution to prohibit the acting president from being prosecuted in a court of law. Just like with Bob Mugabe, the most fundamental law of the country will now be changed to suit the whims of a criminal with no brain. (Never mind the fact that this would actually mean that he could literally commit murder and get away with it until he steps down as president). Our constitution is literally the anchor which stops our country from drifting down river and over the edge of a waterfall. It leaves ultimate power in the hands of the courts and judges and prevents government from raising itself above the law. To allow anyone to mess with it is equivalent to committing a slow national suicide.

The ANC no doubt thinks they will again get the two thirds majority they need to tinker with the constitution in the April election.

I beg to differ. 

I hope and believe that, unlike the sheep of the past in Germany and Zimbabwe , the average person who receives this mail has actually had enough of all these shenanigans and would like to see the appearance of justice, logic and efficiency in government.

Unfortunately, we are in the minority. However, to prevent things from getting worse really fast, all we have to do (for now) is:

VOTE !!!!!!!!

And then, when the election comes, vote for anyone except the ANC. You can vote for Vernon Koekemoer or Skippy Peanut Butter for all I care, just as long as no one gets a two-thirds majority!

I swear on my grandma’s grave… if I hear someone (who didn’t vote or couldn’t vote because they were too lazy or hungover to register) complaining at a braai about the government I will come in from the side with a flying head-butt which will leave you so brain-damaged you’ll join the ANC youth league and vote for Julius Malema in 2013.

This country is genuinely amazing, lets not let a small handful of people use it as their personal monopoly set and turn it into another post-Collonial African 3rd World sad story.

Vote, dammit! People are willing to die fighting for the right to vote. If you don’t, and you end up watching as the country slowly slides into an abyss it will be “on you”.

VOTE RIGHT !!!

lyric

I can understand how the edges are rough

And they cut you like the tiny slithers of glass

And you feel too much

And you don’t know how long you’re gonna last,

 lyric2

But everyone you know, is tryin’a smooth it over,

Find a way to make the hurt go away,

But everyone you know, is tryin’a smooth it over,

Like you’re trying to scream underwater,

But, I won’t let you make the great escape,

I’m never gonna watch you checkin out of this place

I’m not gonna lose you

Cause the passion and pain

Are gonna keep you alive someday

Gonna keep you alive someday

 

I feel like I could wave my fist in front of your face

And you wouldn’t flinch or even feel a thing

And you retreat to your silent corner

Like you decided the fight was over for ya,

 

Everyone you know, is tryin’a smooth it over,

Find a way to make the hurt go away,

Everyone you know, is tryin’a smooth it over,

Everyone needs a floor they can fall through

I won’t let you make the great escape,

I’m never gonna watch you checkin outta this place

I’m not gonna lose you

Cause the passion and pain

Are gonna keep you alive someday

They’re gonna keep you alive someday

 

Oh, Terrified of the dark, but not if you go with me

And I don’t need a pill to make me numb

And I wrote the book on runnin’,

But that chapter of my life will soon be done

 

I’m the king of the great escape

You’re not gonna watch me checkin outta this place

You’re not gonna lose me

Cause the passion and pain

Are gonna keep us alive, someday

Yeah the passion and the pain

Are gonna keep us alive someday, someday